Kombiekiehier

Seks in Afrikaans. Want lus.

Nuut op Kombiekiehier

Nuut op Kombiekiehier

Kliek vir nuutste inhoud

Is jy lus vir waaghalsiger onderwerpe, oper bene, wilder video's en meer direkte interaksie met ander lede wat allerhande kienky moontlikhede kan inhou? Kombiekiehier Vreesloos is amper soos 'n private klub en sluit toegang tot Klitklets op Telegram in. Als vir net R100 per maand.

Visuele plesier

Kyk onder “warm multimedia” op die kieslys vir erotiese beelde vir mans en vroue, seksie video’s en erotiese kuns.

Erotiese fotosErotiese kuns
Visuele plesier

Skryf vir ons by kombiekiehier@gmail.com vir enige navrae.

Sapioseksueel

Sapioseksueel

Onder “sapioseksueel” op die kieslys kan jy meer oor kienks leer, seksie wenke vir ‘n opwindende sekslewe kry, loer na ons wulpse woordelys wat jy kan gebruik om stories vir ons te skryf en ook op hoogte bly van seksnuus.

Erotikaans literêre verhaleKienky filosoof

Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hulle hou van vry – en dan doen hulle dit in Engels. Of hulle doen dit “ordentlik” volgens gebooie. Of in die binnekamer.

Dit is nie meer nodig nie. Kombiekiehier gaan dit verander. Hier gaan ons vry vry.

In die ware gees van mededeelsaamheid nooi ons enigiemand om “saam te slaap” – so to speak.

Stuur vir ons jou sexy Afrikaanse storie of sommer net enige gedagtes oor seks, seksualiteit en erotiek.  Die volgende kategorieë kan dalk ‘n idee vir ‘n skryfsel stimuleer: Menings (oor enige aspek van seks, verhoudings, seksueliteit), memoires (hierdie afdeling kan biegstories ook bevat, maar bieg impliseer skuld – hier is skuld en “verkeerd” nooit ter sprake nie), erotiese kortverhale, foto’s (eroties, sexy, sensueel, smaakvol sonder gesigte), diep filosofiese musings of raadvra. Vertel vir ons van sexy Afrikaanse songs of video’s. As jy in Afrikaans vry en jy is lus wil ons van jou hoor.

As dit goed genoeg is sal ons dit publiseer. (Onthou om ‘n skuilnaam te verskaf as jy een sou verkies)

Kom ons gesels en redeneer en deel en charf en word lus en vry en flikvlooi en soen en wys.

In Afrikaans. Want lus.  Maar …

Kombiekiehier het twee doelwitte. Die eerste is om ‘n ruimte van belusting te skep wat al jou sintuie sal verlei en jou fantasieë sal aanwakker – spesifiek in Afrikaans sodat ons in ons taal kan vry. Die tweede is om Afrikaanssprekendes buite die kassie te laat dink oor seks en verhoudings. Want hoe ons daardie nou doen, werk nie so goed nie – ons moet van voor af besin. Om dit te kan doen moet ‘n mens egter so bietjie  buite jou taal en kultuur gaan lees – veral as die behoudende kultuur juis deel van die probleem is. Dit gaan daarom soms nodig wees om Engelse artikels te plaas, al is die hele  punt van hierdie site dat dit seks in Afrikaans is. Hierdie Engelse artikels sal net in die kinky-filosoof afdeling verskyn. 🙂 

O ja, kombiekiehier hou van seks en alles wat daarmee saamgaan. Daardie passie kom sonder reëls en voorskrifte, want ons glo nie regtig in sonde nie. Want seks. 😉 So alle vorme van die liefdesdaad sal hier besing word behalwe die wat onwettig is. Dus twee op hierdie stadium. Geen sweempie van iets wat skimp op kinderpornografie sal geduld word nie en ons sal maar die troeteldiere ook vermy. Verder kan julle gooi! Ons wag. 🙂

Kontak ons by “kontak ons” of stuur ‘n possie aan kombiekiehier@gmail.com

Kombiekiehier is slegs vir vreeslose volwassenes. In hierdie ruimte praat ons oor seks en alles daarmee te doen en soms wys ons ook seks en dinge daarmee te doen. Hier word woorde soos naai en poesie gebruik en nog passievolle woorde wat sensitiewe lesers en kykers mag ontstel. Onthou dis net so maklik om back-click te druk as wat dit is om met die remote die TV-kanaal te verander. Doen dit nou as jy weet jy gaan later ander mense vir jou belustings die skuld wil gee… (ons sal vir jou ‘n oomblik gee om die deur saggies agter jou toe te maak …)

…..

ok, hulle is weg… wie is lus vir vry?

Jou privaatheidAdverteer