
Kampeerdinge
deur Pinocchio
Dis vroegaand. Die herfsbriesie is koelerig teen my vel waar ek op die koppie sit. Dit was ‘n lang dag gewees en die pad nog langer …
Vir die eerste keer in ‘n paar jaar het ek besluit om n naweek af te vat. Die baas was nou nie juis gediend daarmee nie, maar as ek dit nie gedoen het nie, het ek so waar as wragtig iemand te lyf gegaan. Ek voel hoe my bloeddruk rys en besluit om aan iets anders te dink.
Dis mooi hier. Droog, maar mooi. Mens kan dink hoe dit in die somer sal lyk. Lowergroen wilgerbome wat teen die kabbelende rivier staan, gras wat so lui-lui in die wind waai, die gelag van kinders wat in die swembad baljaar. Dis die eerste keer dat ek by die oord is. Dit lyk vir my asof die vinnige Google vrugte afgewerp het.
Die son begin sak en met n bietjie heimwee staan ek op. Ek sou graag langer wou bly, maar ek het nie n flits saamgebring nie, en die paadjie teen die koppie af is gevaarlik.
Ek stap deur die karavane deur na my tent toe. Op sulke kort kennisgewing is dit al wat ek kon kry… ‘n kamp staanplek hier teen die Vaalrivier.
Die geure van die braaivleis vure laat my dink aan kos. Ek het net geraap en skraap, so ek weet nog nie wat ek kan bymekaar krap vir aandete nie. Ek sal maar moet kyk wat ek kan doen. Soos wat ek stap, sien ek die blondekop voor die karavaan sit. Sy drink ‘n beker koffie, en dit lyk asof sy my dophou soos wat ek verby stap. Soos ek naderkom, wil dit my voorkom asof ek haar oog vang. Ek kan nie seker wees nie, want die karavaan se lig is agter haar. Ek lig my hand so halfhartig op. Ek mis amper die knik van haar kop. Soos ek verby stap, loop daar ‘n lang donker man by hulle kamp in. Hy groet haar, maar ek is net te ver om uit te maak wat hulle vir mekaar sê.
Ek kom by my tent aan. Dis nou goed donker, maar gelukkig is die bure se ligte nogal skerp. Ek sit die lig aan in my tent, en trek my koelerboks nader. ‘n Verdwaalde braaipakkie, amper te oud, rolletjies en ‘n bakkie aartappel slaai. Dit sal maar moet maar doen.
Ek krap in die kostrommel, rond en besef met n skok ek het nie vuurhoutjies nie. Ek is nou nie een om te loop bedel by vreemde mense nie, so ek vat maar my beursie en slaan koers na die winkeltjie toe. Die vrou by registrasie het mos gese hulle maak eers so sewe uur toe. Ek moet jaag, ek het net vyf minute. Dalk is hulle nie so stiptelik hier in die bos nie. Ek hoop maar so.
In die gejaag merk ek amper nie op dat ek verby die blondine se kampplek stap nie. Ek sien die lang man by die vuur staan met ‘n bier in die hand, maar ek gewaar haar nie. Dis jammer, dit het gelyk asof sy iets vir die oog kon wees.
Gelukkig lyk die winkel nog oop. Ek stap in en besef dadelik hierdie is net vir die nodigste. Ek sal maar more gou moet dorp toe gaan. Ek stap na die toonbank toe en die jong vroutjie glimlag vir my. Sy lyk goed, maar die myle lê duidelik en diep op haar gesig … swaar myle …
“Hoe kan ek help?” vra sy en hou my stip dop.
“Het julle dalk vuurhoutjies?” vra ek en leun op die toonbank.
“Verseker,” sê sy en druk haar hand onder die toonbank in. “Vyftig sent,” sê sy en stoot ‘n boksie Lion-vuurhoutjies na my toe.
Ek haal my beursie uit en krap daarin. Al wat ek kry is ‘n eenrand muntstuk.
“Kan ek dalk twee kry?” vra ek.
Sonder n woord haal sy nog n boksie uit en sit dit bo-op die ander een neer.
“Kan ek dalk ‘n bier of iets hier koop?” vra ek. In my haas het ek nie eers by die bottel stoor gestop nie.
“Nie hier nie,” sê sy, en hou my dop. “Jy kan wel by die restaurant kry. Dis net hier
langsaan.”
“Ek maak so,” sê ek en sit die vuurhoutjies in my sak. “Lekker aand verder,” sê ek en draai om.
Sy sê niks nie, maar ek voel haar oë op my as ek uitstap.
Die restaurantjie het ‘n bietjie meer lewe. ‘n Paar tafels is vol en van iewers af speel musiek. Klink soos country, maar ek ken dit nie. Ek is verbaas om die blondine alleen by ‘n tafel te sien sit. Sy lyk diep in gedagte en kyk nie op toe ek verby stap nie.
Ek reken sy is in haar laat dertigs, sy lyk goed. Dit lyk asof sy fiks is, en haar borste laat die truitjie styf span. Sy suig aan die strootjie in die glas voor haar. Al haar aandag op die TV. Die bokke speel. Dis ‘n tawwe game. Almal wat kyk se aandag is stip op die TV voor hulle. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om te bly. Soos die noodlot dit het, is daar ‘n tafel skuins agter die blondine. Ek gaan sit en wink vir die kelner om oor te kom.
Hy vat my bestelling. Soos gewoonlik is dit ‘n whisky. Nie dat ek baie drink nie, maar dit begin ‘n gewoonte raak. Daar is net niks anders om met myself aan te vang nie. Werk en drink … dis hoe my lewe nou is.
‘n Oorverdowende gejuig bring my met ‘n skok terug na die hede toe. Habana het vir sy soveelste drie oorgeduik en die bokke loop voor. Ek sien uit die hoek van my oog hoe die blondine opspring, haar hande in die lug gegooi. Haar denim sit goed. Ek dink sy het dalk n bietjie gesukkel om dit aan te kry… wragtig pragtig, dink ek, terwyl ek haar van agter af bekyk. Haar middel vertoon klein, en die figuur wat dit maak bo haar denim, laat my dink aan ‘n ou king-size glas Cokebottel. Daar steek ‘n klein stukkie van haar middel uit soos wat sy haar hande omhoog hou. Ek vind dit moeilik om van haar af weg te kyk, maar skielik is die kelner weer by my.
“Iets om te eet, meneer?” vra hy.
“Nee dankie,” sê ek en merk uit die hoek van my oog hoe sy gaan sit. Het ek my verbeel, of het sy in my rigting geloer?
“Meneer moet eet as jy wil drink … dis die reëls,” hoor ek die kelner sê.
“Bring vir my ‘n burger met chips, asseblief,” sê ek. Ek mag net sowel hier eet en die braaipakkie spaar. Dit is immers nog gevries.
Die kelner sien ek is nie by nie, en verdwyn met ‘n mompel weg.
Die blondine sit weer, haar aandag by die spel. Sy sit op haar hande en wieg vorentoe en agtertoe, haar aandag by die stryd op die TV. Die stryd duur voort en soos ‘n weegskaal verander die punte kort kort. Ek kan sien sy word meegevoer in die stryd.
Halftyd. Daar is n sug van verligting in die lug. Drankies word hervul. Mense lewer kommentaar oor die ref en die spelers. Kort-kort is daar ‘n man by haar tafel. ‘n Kort gesprek en dan loop hulle weer. My burger is lekker … maar ook net omdat ek honger is.
Hulle sê mekaar weer die stryd aan. ‘n Mens kan die spanning in die lug amper met ‘n mes sny soos die weegskaal werk. Daar is twee minute oor. Die Bokke is agter met ses punte. ‘n Verdoelde drie wen vir ons die beker. Daar is ‘n skrum op ons tien-treë lyn. Die bal is in en die twee pakke woed om mekaar te oorheers. Skielik kom die bal by die agste man se voete uit. Die skrumskakel mik na die steelkant toe en gee die bal uit vir Habana. Soos ‘n wafferse windhond trek hy sy ore plat en versnel soos ‘n koeël teen die kantlyn af. Soos ‘n suiker korrel miere aanlok sien jy net hoe die swart truie hom omsingel. Swart net waar jy kyk … ‘n losgemaal op die doellyn en soos ‘n droom duik ‘n groen trui oor die lyn.
‘n Oorverdowende kreet styg in die lug op. Almal in die restaurant is op hulle voete. Ek is in my eie wereldjie soos wat ek haar dophou. Sy het soveel energie. ‘n Mens kan sien die adrenalien druis sterk deur haar are. Kort woorde met ‘n paar mans hier en daar.
Die ref wil weer kyk. Een na die ander kamerabeeld word gewys. Was daar ‘n fout? Die restaurant word stil … afwagting hang in die lug.
“You may award the try,” kom die stem en die restaurant ontplof soos die mense skree.
Jantjies treë vorentoe en vat die bal by die skeidsregter. Die restaurant raak stil terwyl hy die bal stel. ‘n Sug rys saggies op terwyl hy kenmerkend prewel. Hy treë vorentoe en tref die bal. Dit voel soos ‘n ewigheid wat die bal in die lug is, maar dit seil suiwer oor die dwarslat. Die vlae skiet omhoog en die restaurant ontplof weer soos die mense gil. Almal spring op en af, juigend en jubelend. Selfs ek staan regop. Die atmosfeer is elektries en vir die soveelste keer kyk ek
oor na die blondine toe.
My hart sak as ek sien haar tafel is leeg. Iewers in die geharwar het sy opgestaan. Dis nou jammer, dink ek. Ek sou graag ‘n kans wou vat om met haar te gesels, nieteenstaande die kolos van ‘n man by hulle kampplek.
Dit voel onwerklik. Hier tussen die jubelende en juigende mense voel ek skielik nog meer alleen as wat ek in maande gevoel het. Hoe kan ‘n wildvreemde vrou so ‘n uitwerking hê op my?
Die kelner stap per toeval by my tafel verby en ek vra die rekening. Hy sê ek moet by die kassier betaal, terwyl hy ‘n strokie uit sy boekie uit skeur. Daai kant toe, beduie hy, en verdwyn dan in die mensemassa in. Die dame by die kassier sê nie veel terwyl ek betaal nie. Ek los n stewige footjie vir die kelner en stap uit.
Die aand is koel. Ek moes ‘n baadjie gebring het, dink ek en stap deur die deur.
Ek sien glad nie die figuur in die donker raak nie.
Soos ek verby stap, hoor ek ‘n stem. “Is mens nie veronderstel om rugby te kyk in ‘n restaurant as die finaal aan is nie?”
Ek skrik verward uit my gedagtes uit. Hier sit die blondine. Het sy vir my gewag?
“Dit wil vir my voorkom jy kyk eerder girls as rugby?” Gaan sy aan.
My gedagtes is nou heeltemal deurmekaar. “Ekskuus?” vra ek, terwyl ek probeer om haar uit te maak in die donker.
“Jy hou my al heel aand dop. Hou jy nie van rugby nie?”
“Ek is jammer, ek het na iets beter gekyk,” mompel ek. Dis nou nie juis macho nie, dink ek. Ek wil my hand voor my voorkop slaan.
Sy sê niks nie en ek voel sy wag vir my.
“Ek kyk rugby, ja. My gedagtes was maar nie hier gewees nie,” sê ek.
“Ek kon so sien ja. Jy het na my gekyk soos ‘n hond na braaiwors kyk. Loop die kwyl nog teen jou wang af?” sê sy.
Onwillekeurig vryf ek oor my mond. Haar spontane lag is soos ‘n vars bries in die nag.
“Ek kon sien jy is ingedagte” sê sy.
“Hoe kon jy dit sien?” vra ek. Ek het mos agter haar gesit, of hoe dan nou?
“Dit help nie as daar ‘n muur van spieëls teen die kroeg is nie. Ek hou jou dop vandat jy ingestap het …”
“Nou voel ek soos ‘n pervert,” sê ek. “Jammer as ek jou ongemaklik laat voel het, alhoewel ek moet sê ek het dit nogal geniet …”
Ek probeer om haar gesig uit te maak, maar sy is te ver terug in die skaduwees.
“O, ne, en wat het jy nogal soveel geniet?” Vra sy.
Ek is seker ek kan hoor hoe sy glimlag. Hierdie is tipies die stadium wat ek myself uit die voete uit sou maak, maar dalk gee die twee whiskys my ‘n hupstoot.
“Nee wat, ek het maar net gewonder hoe moeilik sou dit wees om daai stywe denim af te kry,” skerts ek. Natuurlik het ek glad nie eers sover gedink nie, maar sy hoef dit mos nie te weet nie.
“Glad met die bek ne?” Sê sy. “Wat dink jy? Dink jy hy sal maklik afkom?” Skerts sy.
Hierdie een is besig om te flankeer, dink ek by myself … wat sou haar man sê?
Ek moet versigtig wees, alhoewel ek hier is om te rus, nie om pimpel en pers geslaan te word nie.
“Wat sal jou man sê as hy jou nou sou hoor?” Sy is mooi, maar ek hou van my gesig soos hy lyk.
“My man?” Vra sy, en dit klink asof sy verward is.
“By die karavaan, nogal n reus van ‘n man?” vra ek.
“Is jy bang?” Is haar antwoord en weereens kan ek amper hoor hoe sy glimlag.
“Ek hou van my gesig, dankie,” sê ek, en begin wonder of ek nie eerder myself moet verskoon nie. Sy bly vir n rukkie stil. Die aand is besig om koeler te word en ek kan hoor hoe die kampeerders besig is met die aand se roetine.
Na wat soos n ewigheid voel, sug sy en sê: “Nee wat, dis maar net Kobus, my broer. Ek wou kom kamp, maar ek kan nie alles by myself opslaan nie. Hy het my net kom help. Hy het seker nou al gery.”
“Dink jy nie dis gevaarlik om vrou alleen te kamp nie?” Vra ek, en wonder hoe waar haar storie is.
“Ek kan goed na myself kyk, dankie. Ek het net nodig gehad om weg te kom van die werk af. Lang storie …”
Skielik klink sy moeg, asof die gedagte aan die werk vir haar n fisiese las is.
” Ek sien …” sê ek en besluit om ‘n kans te vat.
“Dit is besig om koud te raak … kan ek vir jou koffie maak?” Vra ek, met hoop in my stem.
“Ek dink dit sal baie lekker wees, dankie. Watse koffie het jy?”
“Nescafe vir ‘n vinnige koppie, maar as jy lus is, kan ek ‘n pot moerkoffie brou?”
Ek weet nie waarnatoe hierdie gesprek heen gaan nie, maar dit is so lekker om net met iemand van die ander geslag te gesels, dat ek nie omgee nie.
“Kom ons begin met Nescafe, en dan kyk ons van daar af. Wat sê jy?” Vra sy, en hou haar hand uit sodat ek haar kan optrek. Ek vat haar hand en trek haar op. Op een of ander manier trek ek te hard, en trek haar teen my vas. In n breukdeel van ‘n sekonde oorvloei my gedagtes van beelde van haar. Ek asem haar parfuum diep in. Haar hande kom op teen my bors en vir die eerste keer sien ek haar gesig in die lig. Ek verdwaal in haar oë en wil haar teen my vas druk.
My sinne keer terug, en ek staan terug. “Jammer, ek weet nie wat gebeur het nie.”
Ek kan voel hoe my wange gloei.
“Nee wat, ek kan sien jy wou my vasdruk” terg sy. “Dis OK, ” sê sy. “Ek het net my balans verloor… No harm done” sê sy. “Waar is jou kamp plek?”
Ek kan myself skaars beheer, so opgewonde is ek. “Net hier af met die pad. Ek is in die groen canvas tent daar onder,” beduie ek en wys vir haar om te stap.
Dis n kort entjie om te stap, en ons sê nie veel nie. Elkeen duidelik in gedagte.
“Hier is ons,” sê ek toe ons by my tent aankom. “Laat ek vir jou ‘n stoel kry” sê ek, en maak die Landy oop. Ek bring gewoonlik ekstra.
Ek kry die stoel uit, en sit dit vir haar neer voor die tent. Terwyl ek werkskaf met die gas stofie en koffie, gesels ons oor dit en dat. Sy is n rekenmeester van beroep, is nou vir twee jaar geskei, en het nie kinders nie. Sy kom van Pretoria af, en wil graag daar weg trek.
Een koppie koffie raak twee, dan drie, en kort voor lank is die kamp doodstil.
Ons gesels land en sand, en merk nie eers die tyd op nie.
Die gesprek raak stadigaan meer persoonlik. Verhoudings, nukke en grille, alles word
bespreek. Dis lank laas wat ek so gemaklik was met iemand. Ons sit met die soveelste koppie koffie, toe die gesprek by seks begin draai. Vir haar is dit nou
nie iets om oor huis toe te skryf nie. Haar man het nie regtig belang gestel nie en na meer as tien jaar wat hulle bymekaar was, het sy nie meer omgegee nie. Nadat hulle geskei is,was daar niemand anders nie.
“Hoekom?” vra ek.
“Ek was seker te besig met my eie dinge gewees” sê sy. “Vir een of ander rede het ek nog net nie weer gekliek met iemand nie …”
Haar stem dwaal.
Ek kry die gevoel dat sy diep dink. Haar oë is stip op die vuurjie wat ek gebou het. Die vlamme dans lui-lui oor die kole. Die vuur is besig om dood te gaan,en die geselsie het opgedroog. Ek wonder in die stilligheid … wat nou?
Die aand het so natuurlik gevloei, ek wil hê sy moet saam met my in die tent in kruip, ek wil my hande om haar vou, en met die reuk van haar hare aan die slaap raak.
“Jou vuur is dood … The tribe has spoken” sê sy. Wat hoor ek in haar stem?
“Dit is so, ja” sê ek, en probeer haar gesig in die donker uitmaak. “Wat nou?”
“Sê jy vir my,” sê sy… Ek kan hoor hoe sy sluk… “Is jy moeg?”
Sy word stil, en ek kry die gevoel sy wag.
Hoe antwoord ek? Ek ìs moeg, maar ek wil nie hê sy moet gaan nie. Hoe kan so simpel vraag so moeilik wees om te antwoord?
“Ek moet eerlik wees … Ek is moeg,” sê ek, en hoor hoe sy haar asem in trek.
“Maar ek wil nie hê die aand moet verby wees nie.”
Sy blaas haar asem stadig uit en sê met ‘n hees stem “Nou wat gaan ons daaromtrent doen?”
“Ek moet eerlik wees, ek sou nou daarvan hou om saam jou in die bed in te kruip …” sê ek.
Fortune favours the brave … so het my pa altyd gesê.
“My karavaan of jou tent?” Vra sy.
“Kies jy,” sê ek, en voel hoe my broek styf word. Down boy, dink ek.
“Ek dink die karavaan is ‘n beter opsie … dit gaan dalk koud word vanaand,” sê sy.
“Nou maar goed … dit klink na ‘n plan,” sê ek asof ons al jare lank bymekaar is. In werklikheid wil my hart by my keel uit spring van opgewondenheid.
“Ek wil net gaan stort,” sê ek “ek ruik skoon stroois na hierdie vuur.”
“Ek ook,” sê sy. “Kry jou goed, dan maak ons dit sommer een trip.”
Ek laat nie op my wag nie. Ek skraap ‘n t-hemp, broek en onderklere uit my tas uit, gryp my handoek en skeersakkie en maak die tent toe.
“Gaan ons so maak?” vra ek en ek is seker sy kan sien hoe opgewonde ek is.
“Beslis,” sê sy en staan op.
Ons loop in stilte na haar karavaan toe. Dis ‘n ouer model, maar goed opgepas. Alles is netjies in die kampplek, nie soos by my nie, dink ek. Skielik kry ek skaam … wat dink sy van my?
Ek wag buite terwyl sy binne rond krap. Na vyf minute kom sy uit met n sportsakkie en ‘n handoek.
“Hier is ek” sê sy.
Ek steek my hand uit asof dit die natuurlikste ding onder die son is. Sy kyk af na haar voete toe en vat dit. Ons loop in stilte na die ablusie blok toe. Die vroue deur is eerste. Ons stop vir ‘n sekonde … dit lyk asof sy iets wil sê, maar haar moed begewe haar.
“Kry ek jou hier?” Vra ek.
Sy knik haar kop en loop in die badkamer in.
Ek stap om die gebou en by die mans badkamer in. Dit is heeltemal leeg. Dit is skoon en netjies, en die storte lyk nogal groot, met blou deure. Daar in ‘n aantrekhoekie en n blou blommetjies stortgordyn voor die stort. Ek laat nie op my wag nie. Ek spring uit my klere uit, en draai die kraan oop. Kort voor lank is die stort vol stoom en ek klim onder die warm water in. Ek is diep ingedagte terwyl ek was en
hoor nie die stort deur oopgaan nie. My kop is vol seep en ek is besig om dit af te spoel, toe ek voel iemand klim onder die stort in saam met my.
Ek skrik my boeglam en gly amper. My oë is vol seep en ek kan niks sien nie.
Ek voel die liggaam teen my. Haar borste druk teen my bors en ek voel haar hande op my rug. Sy trek my teen haar vas, en ek probeer verdwaas die seep uit my hare en oë uit kry. Ek maak my oë oop en kyk in haar nat gesig vas.
“Shhh” sê sy, en vat my kop in haar hande. Sy plant haar lippe op myne, haar tong soekend…
Ek voel hoe ek styf word en hoe ek teen haar maag druk. Ek omsingel haar met my arms, en trek haar teen my vas. Haar lyf voel sag en glad teen my, en ek vryf my hande oor haar rug. My hande ondersoek haar naakte liggaam. Ek voel hoe haar naels in my rug in druk. Ek voel nie meer die warm water op my lyf nie, my aandag ten volle gespits op die lyf wat teen my druk.
Ek voel hoe haar hande oor my boude vryf en ek trek myself terug soekend na die gaping …
Skielik staan sy terug en die water stroom oor haar lyf, haar borste en haar maag.
“Nie hier nie” sê sy. ” Ek wil jou eers geniet … ”
Die water stroom ons af en ek voel amper duiselig, so hard is ek. Sy kyk my stadig op en af, haar hande langs haar sye. Ek wil haar hê soos ek nog nooit iemand wou gehad het nie. Sy tree vorentoe, en staan amper teen my. Haar hande op my skouers…
“Staan doodstil”, sê sy en vryf my arms stadig op en af.
Sy vryf haar hande oor my bors, en maak stadige sirkels met haar naels oor my maag,
bewegende afwaarts … Haar hande op my heupbene … sy krap haar naels oor my boude … ek voel haar borste teen my,
haar asem in my nek. Sy krap haar naels oor my boude, teen my rug op terwyl sy my nek soen, al in die rondte. Sy vat my adams appel in haar mond en ek voel hoe haar heupe amper aan my raak … ek voel hoe my manlikheid deur haar hare vryf en ek moet myself keer om vorentoe te beur. Ek moet myself keer om my hande langs my te hou. Sy soen my bors en vat my een tepel in haar mond. Sy begin saggies suig, terwyl haar hande oor my boude vryf… Sy byt liggies terwyl ‘n enkele nael teen my rug op krap … ek voel asof ek
kan bars … Sy byt my ander tepel en byt liggies opwaarts teen my nek op … Sy byt my kakebeen liggies en beweeg haar mond na myne toe… haar mond vind myne en ek kan nie meer myself keer nie…
Ek druk haar teen my vas en soen haar diep en innig. Sy trek weer terug en stoot my terug in die water in.
“Ek het gese nie hier nie,” glimlag sy. “Jý gaan my eers was… en dan gaan ek jou was … dan gaan ons terug karavaan toe … ”
Sy draai om, en tel ‘n koekie seep en ‘n spons op.
“Waarvoor wag jy?” Sê sy en hou die spons en seep na my toe.
Ek sluk. Sy is beeldskoon … Ek kan sien sy het nie n stukkie vet aan haar nie, haar maag is plat en haar boude ferm. Haar borste hang so bietjie … beslis nie vandag se kind nie, maar sooo uitlokkend … Ek vat die seep en spons by haar en leun vorentoe. Ek soen haar weer.
Ek draai haar om. My stywe manlikheid druk liggies teen haar boude. Sy plant haar linkerhand teen die muur en vat my vas met haar regterhand. Sy gee my n drukkie, en krap met ‘n lang nael van my testes af tot by my kop. Dit voel asof ek in haar hand kan ontplof.
“Stadig … “ sê sy. “Daar is baie tyd daarvoor.”
Sy plant haar regterhand ook teen die muur en sê… “ Ek wag …”
Ek vat die spons en vryf dit met die seep totdat dit vol skuim is. Ek begin haar rug was. Klein sirkeltjies, terwyl ek haar liggaam bewonder. Ek was haar rug, en begin haar boude was. Ek gaan af, maar voordat ek kan begin met haar
bene, sê sy: “Jy moet mooi was,” en sprei haar bene ‘n bietjie. Ek maak die spons vol skuim, en druk hom tussen haar boude in. Ek was ordentlik en sy kreun liggies.
“Genoeg?” vra ek, en sy knik haar kop.
Ek gaan staan op my knieë en begin haar bene was. Sy spreiy weer haar bene en ek was haar lieste. Eers links, dan regs … kort-ort skuur my hand teen haar vroulikheid en elke keer gee sy ‘n sagte kreun. Ek maak haar bene klaar agter en draai haar om. Ek vat haar kop tussen my hande en soen haar lank voordat ek wegtrek en weer die spons vol seep maak. Ek begin by haar skouers en beweeg af na haar borste. Haar tepels staan stokstyf, en ek moet myself keer om een van hulle in my mond te sit. Ek was in sirkels oor haar maag en haar heupe. Ek kniel weer voor haar en sy maak haar bene weer oop. Ek trek my vingers deur haar krulle bos en bak my hand oor haar vroulikheid.
Sy snak na haar asem en ek trek my hand weg. Haar hande is in my hare en ek voel hoe sy my kopvel masseer. Ek was haar bene klaar en staan op. Ek vat haar om haar middel en druk haar onder die stort in. Ek spoel die seep van haar lyf af en geniet elke oomblik en sentimeter. Ek het nog nooit so intiem gevoel met iemand in die stort nie.
“My beurt, “ sê sy en vat die spons by my. Sy draai my ook om en begin my rug was. Met lui sirkels was sy my rug, my boude en bene. Haar aanraking is elektries.
Wanneer sy klaar is, draai sy my om en soen my ook eers voor sy my voor begin was.
Sy kyk my in die oë en begin haarself vol seep smeer. Ek kan nie verstaan hoekom nie, maar dis sexy om haar so aan haarself te sien vat. Sy is vol skuim en treë vorentoe. Sy gebruik haar hele liggaam om my voor te was. Haar borste, maag en bene is teen my, wriemelend. Ek voel hoe my stywe lat haar soek.
Sy besef dit seker ook, want sy trek my onder die stort in. Sy soen my, haar tong speel in my mond terwyl die skuim wegspoel.
Sy trek weg en draai die kraan toe. Sy leun om die muur en gee my handoek vir my aan. Ons droog onsself af. Elkeen besig met ons eie gedagtes.
Sy trek ‘n sweetpak aan, sonder onderklere. Ek hou haar borste dop soos hulle rondspring onder die sweetpaktop. In stilte borsel ons tande, asof ons dit al jare doen. Nie een van ons dink aan wat sal gebeur as iemand nou sou in kom nie.
Ons is klaar en stap hand aan hand by die ablusieblok uit. Die aandlug is koel op my vel en ek probeer myself tot verhaal bring.
Daar is nie ‘n woord tussen ons nie, maar tog weet ons wat gaan gebeur.
Soos wat haar karavaan naderkom, word ek al hoe stywer. Ek is seker ek gaan ontplof as sy aan my vat. Ons kom by die karavaan aan. Sy sluit die deur oop en gaan binne. Ek huiwer vir n oomblik, en volg haar na binne. Sy het die binnekant duidelik oorgedoen. Die karavaan het n smaaklike kleurskema en die bed lyk heel uitlokkend. Sy sit haar sak en handdoek op die tafeltjie neer. Sonder n woord, draai sy om, en soos ek vir haar kyk, trek sy die ritssluiter van haar sweetpak stadig af. Ek sien hoe sy stadig die top losmaak en laat val my sakkie net daar by die deur. Sy het die top heeltemal oopgerits en ek kan haar borste deur die klein gleufie van haar top sien. Sy treë vorentoe en steek haar hand uit. Soos wat sy beweeg, gaan haar top oop en ek sien
haar borste duidelik. Ek kan nie my oë van hulle afhou nie, ek is so hard, dit voel asof ek drie bene het.
Sy lei my na die bed toe, draai my om en stamp my sodat ek op my rug op die bed val.
Sy klim wydsbeen op my en ek sien hoe haar borste rondswaai soos sy beweeg.
Sy gryp my t-hemp en trek dit oor my kop. Sy druk my teen die bed en begin my nek soen. Sy beweeg na my bors toe, terwyl ek my hande oor haar boude vryf, en dan onder haar sweetpak top in druk. Ek vryf my hande oor haar heupe en teen haar rug op terwyl sy my tepels een na die ander suig en knibbel. Haar rug voel warm soos wat ek haar betas en terwyl sy af beweeg na my maag toe, vat ek haar vol borste in my hande.
Haar tepels is hard, en ek masseer hulle met my duime terwyl sy by my broek se rek kom. Sy soen my maag terwyl sy haar hande onder my broek se rek in werk.
Sy begin dit af trek en ek lig my boude op om haar te help. Sy skuif haar bene en trek my broek en onderklere gelyktydig af. Soos wat sy beweeg, glip haar borste by my hande uit en ek skuif hulle na haar kop toe. Ek vryf my vingers deur haar hare soos wat sy my broek aftrek. Sy staan op en kyk af na my toe. Stadig trek sy haar top uit. Ek voel asof ek nou dadelik wil ontplof soos wat sy stadig haar top uit trek.
Sy gooi haar top op die tafeltjie en draai om. Kokketerig kyk sy vir my oor haar skouer, glip haar hande in haar broek en kyk my in die oë terwyl sy haar broek aftrek. Ek sien hoe nat sy is terwyl sy uit haar broek uit klim. Met haar rug steeds na my toe, gaan staan sy met haar voete skouerbreedte uit mekaar uit. Sy buk en ek sien hoe haar vingers tussen haar bene ingaan. Sy vryf een, twee, drie keer oor haar nat vroulikheid, en glip dan twee vingers in. Ek sien die pienk van haar binneste soos wat sy dit vir my oop rek. Duidelik weet sy hoe om n’ man op te klits, dink ek, terwyl sy vir ‘n laaste keer vryf en dan opstaan. Soos wat sy na my aangestap kom, sien ek hoe wieg haar borste heen en weer.
Sy steek haar hand uit en sit die lig af.
“En nou?” vra ek. Ek het van daardie show gehou …
“Ek hou van die maanlig,” sê sy en trek die karavaan se gordyne oop.
Buite is dit doodstil en die kampeerplek se flou ligte skyn dowwerig.
Sy staan by die bed se voetenend en kyk vir my. Die flou lig val op haar borste en vroulikheid. Weereens gaan sit sy wydsbeen op my bene. Sy krap met haar naels my bors, afwaarts oor my maag en stop by my harde stok. Sy vat hom met albei hande vas en druk hom … ek voel ek wil kom en maak my oë toe. Sy hou my so vas vir n oomblik wat soos n ewigheid voel. Ek voel hoe sy vorentoe beweeg en hoe sy haar lang hare oor my maag laat streel … heen en weer … heen en weer ….
Skielik voel ek hoe sy my lat laat los en haar mond oor my sit. Sy sit dit amper heeltemal in haar mond en suig hard. Ek skrik my amper boeglam soos ek voel hoe sy haar kop op en af begin beweeg … met haar hande hou sy drukking op my lat se basis en eiers. Ek voel hoe my boudspiere saamtrek.
“Neeeeeeeee,” sê ek en ontplof in haar mond … sy druk my net stywer vas en sluk die kom wat soos n vulkaan in haar mond in spuit … soos wat ek begin ruk, beweeg sy haar mond op en af, op en af …. stadiger en stadiger. Ek sug soos wat sy ophou haar kop beweeg. Sy lek my kop af en byt liggies al rondom my kop totdat ek dit nie meer kan hou nie.
“Wag, wag,” sê ek met ‘n skor stem. Ek kyk af na haar toe en vat haar kop in my hande.
“Hoekom?” vra ek en kyk haar stip in die oë.
“Want ek wil jou geniet … en ek wil nie hê dit moet so gou oor wees nie … I have needs too, you know.” Sy glimlag vir my en strek haarself oor my uit. Haar gewig voel welkom, en haar hitte is lekker. Sy ruik na seep. Sy kyk my in die oë en soen my. Ek kan van my kom in haar mond proe, maar ek gee nie om nie. My hande vryf oor haar boude en haar rug … ek voel hoe haar borste teen my druk…
Vir wat soos ‘n ewigheid voel, lê ons en soen mekaar. Ek begin myself weer voel hard word en ek trek haar heupe bo myne. Ek voel hoe sy stadig haar heupe op myne begin beweeg. Ek skuif my hande na haar rug toe en druk haar hard en lank. Ek trek my kop terug en sê: “My beurt.”
Ek rol haar af van my af en sy lê op haar rug langs my. Ek draai op my sy en soen haar diep terwyl my regterhand oor haar maag vryf. Ek sirkel haar borste en gee vir haar ‘n drukkie op haar skouer. Ek sit regop en klim wydsbeen oor haar.
Ek vat haar gesig in my hande … my lat lê op haar maag en haar hande lê langs haar sye. Ek begin stadig haar oor haar skouers vryf en beweeg in sirkels totdat ek haar borste in my hande het. Ek skuif my hande na die kante van haar borste toe en buk af. Ek vat haar linkertepel in my mond en speel met dit met my tong … ek voel hoe haar tepel ferm word, en begin dit liggies te byt. Ek voel hoe haar hande oor my rug en boude beweeg soos wat ek my aandag aan die ander tepel wend. Soos wat ek haar tepel klaar suig, skuif ek my mond af na haar maag toe en vou my hande weer oor haar borste. My mond beweeg afwaarts na haar naeltjie toe. Ek lek sirkels om dit, vir n paar keer en druk skielik my tong in haar naeltjie in. Ek hoor hoe sy skerp asem intrek, en beweeg my hande af na haar heupe toe. Ek druk haar boude soos wat my mond haar naeltjie los, en af beweeg. My mond kom by haar hare uit en ek beweeg regs na haar heupbeen toe. Ek vryf my mond en wang oor dit en maak my mond oop. Ek voel hoe sy skrik, toe ek haar heupbeen liggies byt.
“Haai…” lag sy. “Dit kielie …”
Ek beweeg my mond af na haar lies toe. Ek lig haar linker been op … ek bly doelbewus weg van die grot van genot af … ek soen haar binnebeen en beweeg stadig af na haar voete toe. Terwyl ek n duisend soenjies op haar gladde bene plant, vryf ek haar bene met my hande … ek kom by haar linkervoet uit en soen haar tone een vir een. Ek skuif my aandag na haar regtervoet toe en doen dieselfde met haar regtervoet en been. Stadig maar seker beweeg ek op met haar been … op pad na haar sopnat vroulikheid toe. Sy het ‘n ligte muskus geur, en ek geniet myself gate uit. Ek kan nie onthou wanneer laas ek n vrou se liggaam so intiem ondersoek het nie.
Ek soen haar knie en my mond beweeg teen haar binnebeen op. My mond kom by haar lies uit en ek druk haar bene oop. Ek kyk op en sien hoe sy met toe oë in die maanlig lê. Haar hande langs haar sye. Ek neem die beeld in vir ‘n sekonde en sit my mond op haar hare neer. Ek soen haar hare en beweeg stadig afwaarts. My tong druk haar lippe van mekaar af, en ek hoor hoe sy ‘n diep asemteug neem. Ek skyf my hande weerskante van my mond toe en trek haar lippe oop. Sy snak weer na haar asem en sit haar hande op my kop. Soos wat ek haar klitoris in my mond neem, voel ek hoe sy my kop in haar in druk. Ek suig haar klitoris en maak my mond ‘n bietjie groter oop. Ek suig haar lippe, en ek voel hoe sy haar naels in my kopvel in druk. Ek trek weer haar lippe van mekaar af en rek haar oop. Soos wat ek my tong in haar diepste binnestes druk, druk sy my kop vas met haar binnebene. Ek sit my hande onder haar boude soos wat ek en sy vorentoe en agtertoe beur. Ek wikkel my regterhand
onder haar boud uit. My mond beweeg weer op na haar klitoris toe en ek druk my wysvinger in haar in. Ek buig dit opwaarts en ek voel die growwigheid in haar binneste… ek vryf op en af terwyl ek haar klitoris in my mond in suig … ons beweeg soos een en ek kom agter hoe haar
boudspiere saamtrek. Ek suig harder en beweeg my vinger in sirkels, vinnige en vinniger … sy rits haar heupe , haar hande weer in my hare, my kop toegeklem tussen haar bene soos sy ry. Sy kreun skielik en die drukking op my kop wil my amper laat duiselig voel. Ek sit my middel vinger ook in en vryf haar g-spot in sirkels. Dit voel soos ‘n ewigheid wat die orgasme haar in golwe laat ruk. Ek voel hoe sy begin bedaar en trek my vingers uit … my tong lek saggies afwaarts in die rondte om haar ingang soos wat sy stadig weer aarde toe kom. Na n rukkie laat sy haar bene oopval en haal diep asem. Ek lig my kop op, en sit my hande op haar lieste. Ek vryf haar bene stadig, maar seker afwaarts… en toe my hande by haar knieë kom, trek ek haar bene na mekaar toe, en gaan lê langs haar.
Sy draai op haar sy en trek my teen aan haar. My linkerarm is onder haar nek en my
regterhand vryf rustig oor haar borste en maag. Ons lë rustig langs mekaar en ek kom agter hoe haar asemhaling al hoe reëlmatiger raak. Ek
druk my kop in haar hare in en verloor my in die reuk van haar hare.
Ek hou haar bors vas en my manlikheid lê tussen haar boude … ek voel hoe ek weer styf raak … ek maak my oe toe en die donkerte oorval my…
… later…
Ek word bewus van voëltjies wat tjirp en sy warm lyf teen my. ‘n Hand op my bors hou my ‘n bietjie warm, maar ek voel tog die koue aan die res van my lyf. Sy asemhaling is rustig en ek voel hom tussen my bene. Terwyl ons geslaap het, het hy so bietjie laat lek, want ek voel hoe my vel saamtrek waar dit droog geword het.
Ek probeer om so saggies moontlik oor te leun. Ek kry die kombers in die hande en sprei dit oor ons. Dis beter. Ek sit my kop op my kussing neer en maak my oë toe.
Ek kan nie glo wat gebeur het nie. Vir maande was ek alleen … seer oor alles. Toe Kobus voorstel ek breek n bietjie weg, het ek gedink hy is van sy sinne beroof. En toe … vanaand …
Dit was sy oë wat my gevang het, terwyl ek hom die eerste keer sien aanstap het. Ek kon sien hy gaan ook deur dinge. Toe hy my so by die rugby uitgekyk het, was ek eers ongemaklik, maar ek het later besef hy is op sy eie planeet. Dit was seker die paar drankies wat my so voor op die wa gemaak het om vir hom te wag.
En hier lê ons. Ek was nog nooit seksueel baie goed nie. Daar was net een gewees, en ek was maar dom met die dinge. Vir een of ander rede, het ons in n groef geval en daar gebly. Dit het ‘n weeklikse afspraak geword … en toe maandeliks …
Ek het lank laas die emosies beleef soos vanaand. Om deur iemand geliefkoos te word, om gedagtes te deel en om weer soos ‘n vroú te voel. Ek dink beslis die alkohol het aan die begin gehelp, maar toe ek by daardie badkamer instap, het ek geweet wat gaan kom … by wyse van spreuke, natuurlik.
Ek speel die aand soos ‘n rolprent af in my gedagtes … forward, rewind, pause .. zooom …
Hy is goed gebou, maar nou nie n spiertier nie. Ek dink nadat ons met mekaar begin gesels het, het ek dit nie eers meer gesien nie. Dit was sy oë gewees en later, sy hande. Sy hande wat n simfonie op my lyf gespeel het. Sy hande wat elke sentimeter ondersoek het. Sy hande wat my betas het, asof dit al was wat hy wou doen, dat daar niks anders belangriker was nie. Sy mond, wat my so innig gesoen het, sy mond wat my tepels so styf laat staan het soos wat hy my…
Sy mond tussen my bene. Ek voel hoe ek begin nat word. In die slaap het hy geskuif. Ek wikkel my boude om hom weer te voel. Ek kan voel hoe ek swel soos wat ek daardie laaste paar minute oor en oor in my gedagtes speel. Sy asemhaling is rustig. Hy moes seker ook moeg gewees het, want na daardie orgasme wou ek net my oë toemaak. Ek het die golwe geniet wat nog lank daarna deur my liggaam getrek het. Sy hitte en hand op my bors het my weer soos ‘n vrou laat voel. Soos iemand wat iemand
het.
Ek kom agter hy word stywer. Sy asemhaling bly reëlmatig, so dis seker maar net n natuurlike reaksie soos hy slaap, dink ek. Ek wikkel myself sodat hy teenaan my spleet is. Ek weet nie of dit ek of hy is nie, maar dit is sopnat. Saggies beweeg ek my boude en millimeter vir millimeter wikkel ek hom tussen my
lippe in. Ek voel hoe sy kop teen my klitoris raak en ek moet net myself keer om hom binne-in my in te laat gly. Ek raak bewus sy asemhaling het verander en sy greep is anders op my bors. Ek voel hoe sy lyf vir n sekonde verstar, asof hy nie weet waar hy is nie. Ek hoor hoe hy sy asem intrek en voel dan hoe hy my met sy arms toe vou. Stadig voel ek hoe sy heupe begin beweeg en ek gee my oor. Ek druk my boude teen hom vas, sodat ek hom teen my klitoris kan voel. Ek sit my hand tussen my bene, sodat ek hom kan vryf terwyl hy my klitoris stimuleer. Hy ry my reëlmatig, beide van ons stil, besig om dit te geniet. Die geluid van ons nat bewegings, maak my net meer rasend.
Ek trek my rug vorentoe vir n beter hoek en met die volgende glybeweging help ek hom in. Ek voel hoe hy my vol maak. Hy druk sy voorkop teen my rug en met sy arms omvou hy my. Hy voel hoe ek hom in begelei met my hand en ek voel hoe hy harder begin druk. Dit voel soos ‘n ewigheid wat dit vat voordat sy heupe teen my boude stamp. Ek het nog nooit so vol gevoel nie. Hy brei my bors met sy regterhand terwyl hy homself binne in my stil hou. My hand is nog tussen my bene en ek vat aan my klitoris. Stadig begin ek dit met twee vingers vryf terwyl hy my vasdruk. Ek voel hoe hy ‘n bietjie uittrek en in ‘n stadige ritme begin wieg. Ek begin my klitoris harder vryf,
soos wat hy harder begin wieg. Die klimaks begin stadig maar seker opbou.
Ek wil hê dit moet langer aan hou. Ek wil nie hê dit moet stop nie. Hy soen my nek, en ek voel hoe hy my harder begin ry.
“Wag,” sê ek.
Ek trek my stadig van hom af weg en hy kreun …
Ek draai om en kyk vir hom. Die son is besig om op te kom en ek begin sy gesig uitmaak.
“Ek wil jou sien” sê ek. Ek leun na hom toe en soen hom diep en innig. Ek voel sy linkerhand is onder my vasgekeer en sy regterhand op my boud.
Soos ons soen, druk ek hom op sy rug en klim wydsbeen oor hom. Ek sit terug en staan op my knieë. Ek kan sien hoe hy na my borste kyk.
Sy hande is op my bene en ek vat hulle vas. Ek druk hulle teen my borste vas en kyk hom in die oë. Ek reik af tussen my bene en vat hom vas. Ek gee hom ‘n druk rondom sy skag met my een hand, terwyl ek sy testes in my ander hand hou.
Met sy hande op my borste, ons oë wat stip na mekaar kyk en die voeltjies wat buite fluit, help ek hom binne my in. In een egalige beweging gaan sit ek bo op hom. Hy maak my vol soos wat ek nog nooit was nie.
Ek sit my hande op sy skouers, kyk hom stip in die oë en begin hom ry. Ek voel hoe hy saam met my beweeg, en hy skuif sy hande na my heupe toe. Hy hou my swaaiende borste stip dop, soos n bok vasgevang in die ligte van ‘n kar.
Soos wat ons saam beweeg, voel ek die klimaks opbou. Ek kners op my tande en leun vorentoe sodat my borste op hom plat druk. Ek vou my arms om sy nek, en ry.
Ek het dit nog nooit so gedoen nie. Ek was maar altyd ‘n stil, diensbare seksuele maat. Ek weet nie wat dit is nie, maar ek hou myself nie in nie. Nie hierdie keer nie…
Die reuk en geluide van ons liefdespel hits my net aan en vinniger beweeg ons. Vinniger, harder,
vinniger, vinniger.
Die klimaks bou op soos ‘n tsunami.
Soos ‘n damwal wat breek, ruk die orgasme deur my. Ek voel hoe sy warm saad in my inskiet en hoe sy hele liggaam verstyf. Vir wat soos ‘n ewigheid voel klem ons mekaar vas, en ry die golwe van die klimaks saam. Tussendeur dink ek … hier is kinders wat slaap … en dan volg die volgende golf.
Dit voel soos ‘n ewigheid en ek raak weer bewus van ons vestrengelde lywe.
Ek val van hom af en lê op my rug. Ek kyk na die son wat breek deur die blare van die kareebome en trek hom vas teen my rug. Ons lê in stilligheid … die vuur geblus vir nou, terwyl ons sappe afkoel tussen ons bene. Sy arm vind sy pad om my lyf, sy hand op my bors. Die nag was té kort gewees. Soos wat ek wegraak, wonder ek, wat hou vandag in.
4 COMMENTS
Baie mooi geskryf – dit het die dier in my wakker gemaak……..
Dankie. Baie lekker gelees. Gaan beslis met ander oë na kampeer kyk.
Wow! Sjoe, briljant! Ek sal self nogal daarvan hou om só iets te beleef!
Pinnochio, ek wetie of jy al vantevore bygedra hettie. maar hierie storie is Bo-Baas !
Uitstekend en so beskrywend ek kon elke gedagte,beweging, vertroeteling en aksie sien afspeel !..baie geniet…die lekkerste kinkel was dat jy dit uit altwee se oë laat afspeel het…WELGEDAAN…skryf nog, asb.