Die Huurder
deur Uther Pendragon
Ek het ‘n tuinwoonstel wat ek uithuur. Deur die jare het ons seker al tien of twaalf huurders gehad, soms mans, soms vrouens. Dit is ‘n klein woonstel en dus huur ek dit slegs aan enkellopende mense uit. Deur die jare het ek egter agtergekom dat die mense wat belangstel dikwels deur ‘n rowwe tyd in hul lewens gaan en besig is om te skei of juis blyplek soek omdat hulle geskei is en uit die huis geskop is.
Enkellopende mans is die ergste, want hulle wil meisies oornooi, wat nie ‘n probleem is nie, tot die meisie vir langer en langer tydperke begin bly – wat natuurlik ‘n probleem met die water en elektrisiteitgebruik en parkering in die erf veroorsaak. Die eindresultaat was dat ek besluit het om slegs studente in te neem en so het Sonja ingetrek.