Oud, maar nog nie koud

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Bospatrys

Ek het ’n paar jaar gelede afgetreë en ’n huis gekoop in een van hierdie nuwerwetse leefstyloorde. ’n Leefstyloord is eintlik maar net ’n mooi naam vir ’n aftree-oord. Noem dit net wat jy wil, maar almal wat hier bly is oud! Die reëls bepaal dat jy ouer as vyftig moet wees om hier te mag bly. Nou ja, synde stewig in my sewentigs pas ek dus goed in.

Die oord is in die bos met pragtige natuurskoon en heelwat wild. Dit is ’n hele entjie van die dorp af en daarom baie rustig en stil met uitstekende sekuriteit. Dit is een van die groot redes hoekom ons hier kom bly het.

Ek is gelukkig nog gesond en kan nie kla nie, want anders as meeste van die ander manne hier in die oord, kry ek nog gereeld ’n behoorlike pielstyf. Nou nie soos in my jong dae toe ek my 303 daaraan kon ophang nie, maar styf nietemin. Ongelukkig is seks met my vrou nie meer moontlik nie, want haar gesondhied is nie meer so goed nie. Sy was op haar dae ’n onderkleremodel wat gereeld in Milaan en Parys gewerk het. Haar sterk punt was haar pragtige tiete en selfs nou dat sy in haar sewentigs is, is hulle nog mooi, al hang hulle nou so effens.

Weens een of ander toestand word sy nie meer nat nie en al gebruik ons ’n smeermiddel is penetrasie erg pynlik. Dit maak dat sy nie eintlik meer belangstel in seks nie. Ek is dus meestal op myself aangewese, maar as ’n uitsondering sal sy my so nou en met haar mond uithelp. Gelukkig hou ek van draadtrek en sy gee ook nie om as ek dit doen terwyl ek met haar tiete speel nie. Daar is darem ook die ou blonde meisietjie by wie ek teen betaling gaan kuier wanneer ek stad toe gaan vir besigheid.

Wat talent aanbetref is hier nie veel nie en die paar weduwees wat hier woon is regte kloosterkoeke.

Hier is heelwat sport- en ontspanningsgeriewe, maar ek is nou nie vreeslik sportief nie. Ek stap gereeld op van die wandelroetes wat hier in die groen dele uitgelê is. Ek geniet veral die een roete, want nie net is dit besonder mooi nie, maar dit is effens moeilike terrein sodat nie te veel van die mense dit meer kan stap nie. Dit is dus stil. Op die een gedeelte het ek ’n plekkie ontdek waar jy agter ’n klomp groot rotse en tussen die bome totaal alleen kan wees. Ek breek dus gereeld hier weg en trek dan kaalgat uit en spandeer ’n uur of twee so op my eie in die son. Dit eindig noodwendig altyd in ’n lekker draadtreksessie, maar dan kan ek weer vir die volgende paar dae die normale roetine hanteer.

My buurman is net so oud soos ek, maar het ’n heelwat jonger vrou. Hy is amper 35 jaar ouer as sy.  Ek onthou die skandaal wat oral in die koerante was oor die maatskappydirekteur wat sy 18-jarige sekeretaresse op die paal gesit het. Dit het hom sy huis, helfte van sy skatte en sy vrou gekos. Hy het die eerbare ding gedoen en met die meisie getrou. Hulle is baie gelukkig en hulle  twintgjarige dogter is beeldskoon.

Sy vrou is nou 39 en hy het al teenoor my gebieg dat hy dit nie meer kan opkry nie. Selfs met die hulp van ’n handvol blou pilletjies kom hy nie reg nie. Dit bekommer hom, maar op die oog af lyk dit nie of dit haar plan nie. Sy is baie seksie en hou haarself in goeie vorm deur tennis te speel en gereeld te gym. Sy is nie groot gebou nie en het die mooiste paar boudjies waaraan jy kan dink. Die paar tiete wat sy onder haar klere wegsteek lyk verruklik en ek droom van ’n kans om hulle te sien.

Een oggend pak die behoefte my weer en ek stap vinnig en doelgerig na my plekkie toe om weer lekker kaalgat te ontspan. My piel is sommer klaar styf net aan die gedagte daaraan. Toe ek die plek nader verbeel ek my ek hoor ’n geluid maar is nie seker nie. Na nog ’n paar tree hoor ek ’n gekreun. Ek dog iemand het geval en seergekry en stap vinnig om die rots. Die gekreun is nou baie duidelik en toe ek opkyk sien ek ’n paar opgetrekte bene en ’n poesie met drie vingers wat verwoed in en uit beweeg. Dis buurvrou! Haar oë is bot toe en sy is nog nie bewus van my nie.

Ek word nog stywer en raak van al my klere ontslae en begin myself streel. Haar tiete betower my heeltemal. Haar nippels is stokstyf en haar tiete is baie mooier as wat ek ooit kon droom. Ek staar skaamteloos. Sy raak bewus van my en maak haar oë oop. Ek vra haar of ek maar mag kyk.  Haar enigste reaksie is dat sy vir my piel kyk en nie vir een oomblik ophou om haar poesie te bewerk nie. Dit is duidelik baie lekker, want al wat sy kan doen is om instemmend te knik. Ek voel my orgasme naderkom en toe my liggaam begin ruk van die lekkerkry sien ek dat sy ook by fyndraai is. My orgasme is intens en ek moet my piel nog vir ’n hele rukkie streel voordat dit bedaar. Teen die tyd is sy ook oor haar hoogtepunt en leun sy net terug teen die rots agter haar.

Ek kan nou kalm vir haar kyk en besef dat daai lyfie heelwat meer seksie is as wat ek ooit kon droom. As sy op 39 so lyk moes sy as jong meisie onweerstaanbaar gewees het en kan ek verstaan waarom buurman oor die tou getrap het.

Daar word nie veel gepraat nie en na ongeveer ’n halfuur stel sy voor dat ons maar aantrek en huis toe stap. Op pad kom ons ooreen om meermale so te ontmoet. Sy maak dit duidelik dat kyk en draadtrek al is wat ooit gaan gebeur – ek kan kyk, maar vat en/of naai is totaal uit. Sy hou ook daarvan om te kyk daarom sal dit haar ook pas. Ons werk ’n kode uit sodat ek kan weet wanneer sy wil ontmoet en ons kuier minstens eenkeer ’n week, maar soms meermale so saam

Hierdie proses het vir ’n paar maande so aangegaan en eendag toe ek om die rots stap was sy soos gewoonlik reeds kaalgat en sy het rustig met haar klit gespeel. Nadat ek uitgetrek het, het sy opgestaan, haar rug op my gedraai en teen die klip geleun. Haar bene was wyd oopgesprei en haar poesie sopnat. Ek het die uitnodiging aanvaar en my hande om haar lyf gesit en daai verruklike tiete begin brei. Ek was in die sewende hemel en tot breekpunt toe styf. Ek rol haar tepels tussen my vingers en druk in haar in. Sy is stywer as wat ek verwag het en ek naai haar ritmies en hard. Ek voel hoe sy saamtrek en besef dat ek nie lank gaan hou nie. Sy ook nie en ons kom gelyktydig. My knieë is lam en my asem jaag maar my piel bly styf. Sy staan steeds teen die rots maar sak dan op haar knieë en neem my in haar mond. Uiteindelik staan sy op en soen my innig en sê saggies, dankie. Haar oë is vol trane en ek besef dat die situasie met haar man haar meer pla as wat op die oog af duidelik is. Ek hou haar vir ’n rukkie styf vas. Sy druk my weg en begin aantrek en voor ek kon roer stap sy weg.

Daarna het ons maar weer op die ou roetine teruggeval en ek het nog nie weer die geleentheid gehad om haar te naai nie. Gelukkig het ek baie tyd en geduld!

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

11 thoughts on “Oud, maar nog nie koud

  • Avatar
    Jun 15, 2019 at 9:14 am
    Permalink

    Praagtig en dit laat my nie alleen voel met my drome en lekkerkry nie. Die natuur doen net n ding aan mens wat jy nerens anders kry nie. So kaal in die natuur is ongelooflik lekker. Mooi storie, pragtig geskryf

    Reply
    • Avatar
      Jun 15, 2019 at 10:12 pm
      Permalink

      Baie dankie. Ek verstaan nie mense wat nie daarvan hou om kaal te wees in die natuur nie

      Reply
      • Avatar
        Jul 9, 2019 at 9:12 pm
        Permalink

        Uitstekende stukkie leesstof, dankie. Om in die natuur kaal te wees, is onbeskryflik. Om in die natuur te spyker!, ontwyk my nog soos n aap n tier. Eendag is eendag……… kannie wag nie 😜

        Reply
  • Avatar
    Jun 14, 2019 at 10:21 am
    Permalink

    Dis ‘n realistiese storie goed en duidelik geskryf en met goeie woordgebruik en spelling. Ek sou dalk net een verbetering kon voorstel ter wille van duidelikheid: Omdat “stywer” in die betrokke situasie verskillende betekenisse kon hê, sou “stywer passend” of “knapper passend” die betekenis — van daardie gewoonlik meer behaaglike gevoel van die vagina om die penis — beter uitgebring het. (Terloops, dit kan dalk sinvol wees om eendag op hierdie werf bietjie gedagtes te ruil oor die groot aantal wyses waarop hierdie konsep beskryf kan word — en ook die teenoorgestelde.)

    Weer eens welgedaan, Bospartrys.

    Reply
    • Avatar
      Jun 14, 2019 at 9:50 pm
      Permalink

      Baie dankie. Ek is bly dat jy dit geniet het. Goeie punt oor styf, stywer, styfste. Sal ‘n bietjie dink daaraan

      Reply
    • Avatar
      Jun 13, 2019 at 10:01 pm
      Permalink

      As ek droom, droom ek van die dogter…..

      Reply
  • Avatar
    Jun 13, 2019 at 4:32 pm
    Permalink

    Bospatrys – jou storie is absoluut puik.

    Reply
    • Avatar
      Jun 13, 2019 at 10:26 pm
      Permalink

      Dankie. Ek het dit nogal geniet om dit te skryf. Bly jy het dit geniet. ek het nogal gewonder hoe mense sal reageer oor ons oues se manewales!!

      Reply
    • Avatar
      Jun 13, 2019 at 10:27 pm
      Permalink

      Dis darem nie alles dromery nie 😉

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)