Om ‘n vrou te bevredig

deur N
Ek sê byna meeste van die tyd goed wat eintlik nie sosiaal heeltemal aanvaarbaar is nie, maar wanneer ek dit sê is dit gereeld nie bedoel om iets oor myself oor te dra nie, maar meer om te sê dat daar miskien meer uitsonderings is tov ‘n stelling waarin jy glo, as waarvan jy bewus mag wees. En jou gunsteling onderwerp (myne ook) is van so ‘n aard dat slegs persoonlike kennis relevante bydraes kan lewer, maar nou is dit sosiaal taboe om meeste van hierdie bydraes te maak, omdat hulle oor jouself gaan, en meer belangrik, jouself in ‘n positiewe lig aanbied.
Dit was al vantevore ook die onderwerp van een van ons gesprekke. Ons het gepraat oor die feit dat mens nooit mag sê dat jy ‘n groot voël het nie. Vandag het jy ‘n gesprekslyn gehad waarin die deelnemers skynbaar almal oortuig was dat net een man nie ‘n vrou kan bevredig nie. Ek het geen idee wat ander mans in die bed aanvang nie en kan gevolglik nie van die stelling verskil, tensy ek persoonlike ervaring of kennis ontbloot nie. Maar, weereens sonder agenda, moet ek totaal verskil van die stelling dat een man te min is vir een vrou. En om mý stelling te staaf kán ek geen ander bewyse gebruik dan persoonlike ervaring/s nie.
Ek kan nie (ek dink niemand kan nie) met enige mate van sekerheid sê dat ek goed is in die bed nie, ek voel nog elke keer onseker oor wat om te doen, wat om beslis met party partners te doen en wanneer om daardie selfde ding met ander partners beslis nie te doen nie. Ek moet nog ‘n taboe in sy moer stuur (maar net omdat dit ‘n spesifieke doel moet dien), ek gaan sê dat ek al met baie vroue geslaap het. Ek het nooit name neergeskryf nie, maar nou en dan, nou al jare gelede laas, in my kop optelsomme probeer maak. En ek onthou dat dit op ‘n stadium verby ‘n honderd gegaan het, en dat daar altyd nadat jy klaar getel was, nog name in jou in jou geheue opgekom het. So, my beste raaiskoot moet iewers tussen 130 en 150 wees. Ek twyfel of dit meer as 150 kan wees, maar dit raak irrelevant soos jy ook uit die eintlike verduideliking sal kan aflei.
Ek kry ‘n moerse gly as ek van iemand hoor wat ‘n vreeslike goeie lover is omdat ervaring hom geleer het hoe om ‘n goeie lover te wees. Dis bullshit, soos om te sê dat omdat jy dalk ‘n bra kan losmaak met net een hand en dit so soomloos/saggies doen dat sy glad nie agterkom nie. Sulke tricks (is seker oulik) maar het min tot niks te make met die kwaliteit lover wat jy uiteindelik is nie. ‘n Honderd verskillende bedmaaitjies het my net een ding geleer, dat almal van mekaar verskil en daar dus geen resep kan bestaan wat vir almal werk nie. Wat ek wel geleer het is dat byna almal (met bitter min uitsonderings op die reël), dit geniet om iewers gedurende die sessie, wanneer die graad van die lus, eers enige inhiberende behoefte om een of ander skyn te skep verby gesteek het en al wat oorbly die instinktiewe behoefte is om maksimale genot te ervaar, so hard as moontlik, net kort van pynlik, gestamp wil raak. En dat daar ‘n groot persentasie is wat eers by orgasme kom indien jy hulle inderdaad só hard stamp dat dit wel seer is. Daar is slegs ‘n baie klein minderheid wat orgasme gaan bereik terwyl jy met hulle ‘liefde maak’. Die meerderheid wil GENAAI wees, maar dis noodsaaklik dat hulle jou genoegsaam vertrou om hulself toe te laat om voor jou heeltemal beheer te verloor en net meegesleur te word.
Mense praat gewoonlik daarvan dat ‘n man ‘n considerate lover moet wees om ‘n goeie lover te wees en dit is ‘n feit dat jy nooit ‘n goeie lover sal wees indien jy selfsugtig is en jou eie orgasme al doel voor jou oë is nie. Maar ‘considerate’ moet nooit na opsigtelike moeite lyk nie, ek probeer myself geniet in die proses om haar te kry by die punt waar sy haarself vir jou gee en van daardie punt af is dit moeilik om op te fok, hul oë gaan gewoonlik net oop in verbasing dat daar iets nog lekkerder kan gebeur as wat dit reeds was, en dis min of meer van hierdie punt af wat jy self maar mag naai omdat naai, naai is.
Paulo Coelho skryf oor ‘eleven minutes’, maar elf minute is eintlik maar net ‘n quickie. Tyd gaan so ongemerk verby wanneer julle behoorlik dierlik is (logies want diere het nie horlosies nie), dat dit moeilik is om te sê hoe lank so ‘n sessie sal wees. Party vroue vra nie veel nie en dis dalk 30 minute, maar gewoonlik, indien jy wil seker wees dat sy behoorlik genaai is, en maw wanneer jy gekom het en afgeklim het, sy net so in dieselfde posisie bly lê, minute lank, letterlik soos, ‘n lappop, ledemate in alle rigtings, roerloos en tjoepstil, totdat sy dalk stadig haar oë oopmaak, eers met ‘n ‘blanc stare’ gefokus op ‘n punt wat net reguit vorentoe is en eers wanneer sy jou hoor, miskien soos wat jy terugkom in die kamer met die koue water wat jy vir haar gaan skink het, haar oë in jou rigting draai. En soos sy sien dat jy vir haar water gebring het, met moeite begin beweeg, sodat jy haar gewoonlik moet ondersteun om regop genoeg te kom om te drink.
En sy nog só ‘pose’-loos is dat sy half morsig, soos ‘n baba drink en net teruglê as haar ergste dors eers weg is. Nie een van julle nog ‘n woord gesê nadat die onwillekeurige seksgeluide van vroeër opgehou het nie, klim jy terug en draai haar op haar linkersy, skuif styf teenaan haar rug en vat met jou regterarm oor haar lyf en soek met jou regterhand totdat dit haar linker tietie en nipple ‘cup’. Dan kan jy miskien vir haar sê: ‘Lekker slaap, liefding’. En jy voel nie eers afgeskeep indien sy niks terugsê nie, maar in die donker met haar kop op die kussing probeer knik, dan kan jy maar jou oë toemaak en vir ‘n kort rukkie dink dat dit is hoe geluk voel voordat jy slaap. En die volgende oggend, wat dan net ‘n paar kort ure weg is (want 11 minute is regtig nie genoeg nie), gaan sy nie vir jou enigiets in die lyn van “Dit was wonderlik” sê nie, want dit sal heeltemal, heeltemal onnodig wees. Net soos nog ‘n man om haar te bevredig, heeltemal onnodig sal wees. Daar is niks spesiaal aan die storie nie. Dit kan egter uiteraard nie elke aand gebeur nie en mens hou dit gewoonlik vir naweeksaande. En mens hou dit vir mense met wie daar ‘chemistry’ mee is, maar vir die res is dit maar hoe mens naai.
Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Om ‘n vrou te bevredig

  • Oct 12, 2016 at 6:35 pm
    Permalink

    Uitstekend geskryf! In my ervaring is daar tye waar najaag van plesier en eie fisiese bevrediging verseker wel plek het en al die knoppies druk. Meerendeels egter is die deel van genot en bevrediging die tye is wat langer onthou word. Daardie kontak met die ander siel en wedersydse erkenning dat ons vir mekaar iets beteken verdiep die fisiese ervaring.
    Ek dink daardie noue kontak maak dit makliker om jou seksmaat se lyftaal te lees en verseker daardie terugvoer dat jy regdoen en heerlik doen verhoog jou eie plesier.
    In my geval verdiep plesier met deling en afwagting van my maat se behoeftes.
    Dit is egter ook waar dat elkeen se behoeftes en top genot verskil nie net in wese nie maar ook van tyd, geleentheid en speelmaat.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)