Jou privaatheid

Kombiekiehier

by http://kombiekiehier.co.za.

Watter soort persoonlike data ons “versamel” en waarom

Kommentaar

Wanneer besoekers aan Kombiekiehier kommentaar wil lewer op stories, ontvang ons die data wat in die kommentaar-vorm gewys word. Ons kry ook die besoekers se IP adres. Hierdie word deur die program gebruik om spam uit te sny. ‘n Webwerf soos hierdie ontvang duisende spam-kommentaar per dag wat deur programme beheer word.

Kontak ons – cookies

As jy kommentaar op Kombiekiehier se stories wil lewer kan jy kies dat jou naam en epos adres en cookies gestoor kan word. Hierdie is alles vir jou gemak sodat jy nie elke keer van voor af die vorm hoef in te vul as jy kommentaar wil lewer nie.

Inhoud van ander webwerwe

Soms publiseer Kombiekiehier video’s en artikels wat van ander webwerwe af kom. As jy hierna kyk (al vat dit jou nie na die ander webwerf toe nie) sal dit wees asof jy dit op daardie webwerf gaan kyk het. Op Kombiekiehier Vreesloos post ek dikwels video’s van Pornhub af.

Hierdie webwerwe mag wel data soos cookies versamel, derde partye goed laat track en jou interaksie met die gedeelde inhoud (video) “dophou.” As jy dus wil sekermaak dat dit nie gebeur nie of as dit vir jou ‘n probleem is, stel ek voor dat jy nie daardie video’s kyk nie.

Alle stories en artikels wat jy direk op Kombiekiehier lees (en so paar video’s op Vreesloos van selfies wat direk net hier gepubliseer is) is egter oorspronklik en geen data word bymekaar gemaak of gehou as jy daarna kyk nie.

Hoe lank hou ons jou data?

As jy kommentaar lewer hou ons die kommentaar en sy metadata vir solank as wat Kombiekiehier sal bestaan. Dit is sodat die stelsel jou kan herken en ook opvolgkommentaar kan hanteer.

Gebruikers wat registreer op die webwerwe (veral vir Gemeenskap en Vreesloos) se persoonlike informasie (wat meestal vals is in julle gevalle 😉 ) en wat julle self gegee het word gestoor. Alle gebruikers kan hulle eie informasie sien en verander net wanneer hulle wil. Jy kan net nie jou skuilnaam (username) verander nie. Niemand anders kan dit sien nie. Net jy en Annelise. As jy wil hê ek moet jou besonderhede en basies vir jou van die webwerf af verwyder, vra my gerus. 🙂 Kontak my by kombiekiehier@gmail.com

Lus en liefde

Annelise

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)