Die Tweeling
deur Bosvelder
Twee broers, gebore op dieselfde dag, presies 24 maande uit mekaar. Ons lyk soos ’n tweeling, tree
baie dieselfde op en in die bosvelddorpie waar ons groot geword het, was ons bekend as die Bossie
boeties. Hans was die kwaaijong, immer besig om iewers kattekwaad aan te vang. Ek was die volgeling. Hy was ouer, vinniger, slimmer en sterker as ek. Eerstespan losskakel in standerd 8, rugbykaptein in matriek, terwyl ek twee jaar later gesukkel het om die span te haal.
Is dit nodig om te sê dat ek meermale aan die ontvangkant van sy streke was, en by tye was dit gemeen. Ons verhouding het ʼn kwaai knou gekry toe hy in sy Matriekjaar my meisie, drie jaar sy junior, afgevry en toe soos ‘n ou lap eenkant toe gegooi het. Dat sy boonop op my skouer kom huil het, het my wrewel teenoor hom net vererger. Read more “Die Tweeling”