
Die eerste en laaste
deur Whale
Ek weet sy kyk vir my, ek kan dit voel. My oë brand al, ek is moeg, ek voel vuil en stink. Vanoggend uit die Kaap gery, heeldag op die pad. Sy beweeg liggies, die sitplek platgeslaan, sy lê op haar sy na my en kyk. Sy glimlag en kuiltjies verskyn in haar wange.
“Hy weet nou nog nie van die e-mails nie, ook nie die boodskappe nie.”
Dis ‘n stelling wat sy maak. En wat my jags en kak laat voel op dieselfde tyd. Want sy is my beste vriend se verloofde en die “hy” na wie sy verwys. Maar sy wil hom los oor sy besitlikheid en gebruik hierdie geleentheid om by ‘n vriendin te gaan kuier om ‘n breek te vat – sy voorstel. Ek besef sy wag steeds vir ‘n antwoord. Ek sluk.
“Hy mag ook nie weet nie,” is al wat ek uitkry.
Want daardie e-mails is warmer as enige hygroman; ons maak liefde op alle denkbare maniere daarin.
-0-
Drie ure later strompel ons die gastehuis binne, skynheilig en smetterig. Want ek het nog nooit op enige plek oorgeslaap as ek ver ry nie. Maar vanaand doen ek, want ek het planne. Sy weet nie dat ek spesifiek vir ‘n kamer met ‘n dubbelbed gevra het nie. Sy sê hoe mooi alles is terwyl ek ons inteken. Die oorywerige ontvangsdame vat ons na die kamer, ons tasse se wieletjies ‘n hol gerol op die plankvloere. Ek kan nie help om vir haar stywe boude wat teen die kortbroek beur te kyk nie …en onthou weer die foto wat sy ‘n week gelede vir my gestuur het. Sy kaal in die bad, skuim op die regte plekke gepak, en daai skalkse kuiltjie-glimlag. Die ontvangsdame los ons alleen en ons pak ons oornagtasse in stilte uit in ‘n toffie-taai atmosfeer, gelaai met wellus en onbeantwoorde begeerte. Sy praat eerste, sê dat sy gaan stort. Ek merk op dat sy nie die badkamerdeur sluit nie en ek weet vir ‘n feit sy sluit altyd die deur, selfs by haar eie huis. Die water begin loop, ek hoor hoe sy die kortbroek se zip aftrek. Sy het vroeër vandag in die kar vir my vertel hoe nat sy word as sy aan ons e-mails dink. Ek voel my horing harder word en stap na die badkamerdeur. Dan lui my selfoon en my verloofde se naam flikker op die skerm …
-0-
Sy lê op die bed as ek uit die stort uit kom. Selfs die bytende koue van die koue stort help nie vir die volbloed ereksie wat ek het nie. Ek sien sy sien dit raak, maar sy sê niks. Sy hou die bottel handeroom wat sy uit haar tas haal na my toe uit. Ek vat dit en verwens die duiweltjies wat in haar bruin oë dans. Sy raai op haar maag, tel haar t-hemp op en trek dit dan uit. Vir ‘n halwe sekonde sien ek die roospienk knoppie op haar regterbors voordat sy weer op haar maag lê. Sy het groot borste vir haar liggaamsbou. Ek gaan sit wydsbeen op haar stuitjie en begin haar lyf met die room insmeer, begin onder by haar stuitjie waar die slaapbroek se rek begin. Werk stadig op boontoe, die effense rondings van haar borste uitlokkend langs haar. Ek masseer haar skouers en sy kreun. Ek is nie seker of dit van die prominente horing is wat ek teen haar boude druk en of dit van die massering is nie. Ek beweeg my hande teen haar arms af, raak aspris aan die ronding van haar borste. Sy haal hortend asem. Ek vat nog room, konsentreer nou skaamteloos op haar borste. Toe ek my hande daarom skulp van agter lig sy haar borskas op, en kan ek uiteindelik die roosknoppies tussen my vingers voel. Haar asem jaag, en die klop in my lendene begin pyn.
Sy moes dit voel, want sy vra dat ek asseblief moet afklim. Ek skrik, haar stemtoon is vreemd en ek besef ek het dalk die grense oorskry. Sy draai skielik op haar rug en trek my aggressief nader. Sy begin my soen, en my tong begin met hare dans aan die eeu-oue dans van grotman en -vrou. Sy hyg, ek kreun en begin my hande stadig teen haar maag af beweeg. Haar broek se rek gee vinnig mee en verbaas voel ek sy het niks onder aan nie. Haar liggaam ruk die oomblik toe my hand haar kortgeskeerde skaamhare raak en sy kreun. Ek verloor al my selfbeheer en terwyl sy haar nog lê en verlekker in haar orgasme raak ek in een beweging van my broek ontslae en stel my prominente lid ten toon. Haar oë is half toe, maar ek kan sien sy begeer my horing. Haar broek skeur toe ek dit van haar lyf af wegruk en vir die eerste keer sien ek haar in volle naakte glorie. Haar labia is geswel en haar binne-lippe hang blink en nat uit die gleufie tussen die stoppels op haar mons. Ek kyk vir haar, sê met my oë vir haar sy kan nog stop, omdraai. Maar sy maak haar bene stadig oop tot haar knieë amper op die bed rus. Haar lus loop in ‘n dun nat straaltjie teen haar boud af. Ek beweeg nader en vir ‘n oomblik huiwer sy. Ek stop. Gaan dan weer nader. Hierdie keer nooi haar oë my in en ek sit my voëlkop teen haar nat. Sy is inteendeel so nat dat geen vattery aan haar vy nodig is om die sappe te versprei nie. Met een beweging stoot ek myself heeltemal in haar in en sy kreun, byt haar lip stukkend.
Ek sien die bloed op my voël toe ek hom uittrek om die tweede stamp te gee. Ek skrik, kyk na haar. Sy lê toe oë en kreun. Versigtig druk ek dit weer in en ek sien hoe die skielike brandpyn haar gesig laat vertrek.
“Harder!” gebied sy egter met ‘n skor stem en ek begin haar hard en diep ry. Sy gryp my boude vas en kom met ‘n gilletjie, haar liggaam rukkend terwyl die sappe uit haar uit spuit. Ek voel my voel swel en weet ek is naby. Ek trek dit net betyds uit haar uit en spuit ‘n dik straal daarvan oor haar maag, op haar ken en teen haar wang. Haar liggaam ruk vir oulaas en dan begin sy huil.
Die volgende oggend praat ons nie met mekaar nie. Haar oë is dikgeswel, ek kon haar hoor huil iewers deur die nag. Toe ons voor haar vriendin se huis stop druk sy haar hand in haar broek en sit die twee nat vingers wat sy uithaal teen my lippe terwyl haar oë myne tot stilstand dwing. Ek weet reeds wat sy gaan sê en knik.
Sy weet ek weet. “Ek moet met hom trou, ek het hom belowe. Maar ek sal my eerste keer nooit vergeet nie.”
En ek ry sonder ‘n woord uit haar lewe uit, die soet-sout van haar lus nog op my lippe.