
Wafels asseblief
deur Gladdebek
Maak julle wafels vra die ou tannie aan die kelner. Sy was besig om die diamantring aan haar vinger blink te vryf. Die kelner het sy stoppelbokbaard ingedagte gevryf. Hy het haar nie geantwoord nie maar net na haar ore gestaar. Sy het geglimlag.
Die twee jongmans wat haar omsingel het, het hulle hande van haar bene verwyder en dit op die tafel geplaas. Hulle diamante was klaar blink. Die kelner het sy oë op ‘n uitstappie geneem en na die tannie se ander oor gekyk.
Julle maak wafels het die tannie gepleit en haar seuns het haar bo-bene ritmies masseer. Die kelner het gedink aan sy broer wat amper tuis is. Die tannie se ligblou oë en en blonde hare was nie opgewasse teen die kelner se trotse swart poele wat geblink het van die bose.
Die tannie se tepels was ligroos en halfvaal teen die twee diamante wat beurtelings daarteen gerasper het. Sy het die kelner gewaarsku om wafels te bring, maar die diamante het in sy poele geswem.
‘n Polisiemotor het kanariegeel verby gesmart terwyl die jong konstabel met sy verwilderde uitdrukking by die venster uitgehang het. Amandla awethu amandla awethu amandla awethu amandla awethu. Dit het by sy mond uitmarsjeer. Die tannie se kraakvars roomkleurige kardoesbroek het vlagpaalstadig teen haar bene gesak. Sy het haar bekken na vore gebeur en die kelner het begin om die bestelling te neem.
Wafels, wafels met baie room en stroop het sy skreeuend gestotter terwyl haar seuns geglimlag het. Die kelner het saggies gehuil, sy rug op hulle gedraai en na die kombuis gestap.