Ken jou kink: Rimmelary (rimming)
Whale se nuwe Katja-storie wat jy HIER kan lees, het my laat dink dat julle dalk so bietjie meer inligting oor “rimming” wil hê.
***
“Draai om,” fluister jy vir my. “Ek wil jou sirkelsoen.” Jy glimlag stout.
Ek kan voel hoe ek warm word van skaamte, maar ek draai op my maag langs jou in die bed. Eers soen jy my nek, my skouer, my rug. Al affer en nader beweeg jy aan jou klein bruin teiken. Jou hand streel oor my boude en tik die een dan liggies. Ek lig my heupe van die bed af en voel hoe jy ombeweeg sodat jy agter my op die bed kniel. Jou hande is nou een op elke boud.
“Maar jou bene wyer oop,” vra jy en jou stem is skor.
Ek skuif my knieë oop en voel hoe jou warm hande my boude van mekaar af trek. Jou asem is warm op my poesie en ek weet jy kan die vog van afwagting daar sien, maar dis nie waarin jy vandag belangstel nie.
Jou tong streel eers so saggies oor die verbode plek dat ek dit amper nie voel nie. Maar dan lek jy harder. Oor en oor my holletjie beweeg jou tong en dit is taboe-hemels. My boude slaan hoendervleis onder jou hande, wat hulle steeds oopgesprei hou, uit. Ek kreun wanneer jou tong in sirkels om my sirkel beweeg en dan in die middel van die rosyntjie vashaak.
Jou asem jaag. Ek voel dit oor die nat wat jy gelek het. En dan druk jy jou tong al dieper in daardie verbode gaatjie in ….
Moontlike Afrikaanse terme vir “rimming” is anaallingus, holsoen, rosyntieproe, rosyntiepeusel, horale seks, hollering, taboeproe, rimmelary, hommelrim, hollangs, kringkink, gatgenot, kringfluit, tongaat, ringknibbel, plooiproe, krater-knutsel, gatgeniet, ring-verslind, sirkelsoen, rimlek, kringlek, holjol, soomwerk, gatglip, krinkelknoopknaag, gatlek of tjoklitbokstegnikus. (Ek is seker jy kan aan nog dink!)
Vir hierdie artikel kies ek om die Kombiekiehier Afrikaanse erotiese nuutskepping Rimmelary te gebruik.
Rimmelary is basies orale seks in en rondom die anus.
Wikipedia beskryf die anus as “(van die Latyn: ānus, “ring”) die eksterne opening van die rektum. Die sluiting word deur die sluitspier beheer. Die primêre funksie van die anus is om afvalstowwe tydens ontlasting uit die liggaam te skei. Die meeste lewende wesens, van sywurms tot olifante en mense, het ‘n buisagtige derm, met ‘n mond aan die een punt en ‘n anus aan die ander. Die anus speel ook ‘n rol in seksualiteit, alhoewel kulturele, spirituele en persoonlike houdings teenoor anale seks verskil en dit selfs in sommige lande onwettig is. Die anus word dikwels as ‘n deel van die liggaam wat taboe is beskou, en staan ook onder ‘n aantal slang-terme bekend, waarvan die meeste vulgêr is.”
Soos met amper alles wat lekker is, is dit lekkerder as jy voor die tyd eers so bietjie voorberei.
Ek het geweet jy wil my holletjie lek toe ons net-nou gestort het. Jy seperige hande het nie net op my lyf gebly soos gewoonlik nie. Jy het ekstra spesiale aandag aan die vuilste plekke (as jy nie my brein tel nie 😉 ) aan my lyf gegee. Reeds voor jou tong daar begin speel het, was dit die skoonste plekkie aan my lyf.
Terwyl my heupe van lus begin beweeg, voel ek die basiese tegniek van rimmelary – op en af en al in die rondte beweeg dit.
Gebruik baie spoeg en hou jou tong los en plat. Lek jou seksmaat se anus op en af en wissel dit elke nou en dan af met ‘n draai om die gaatjie. Fokus meestal op haar anus.
My bene begin bewe van die lekker. Ek gee nou nie meer om dat die idee vir baie mense taboe is nie. As jy dink jy het lank genoeg hom mal gemaak, kan jy na die tweede fase van die tegniek beweeg. Ek sal dit sommer die “tongtippietoetsfase) noem.
Ek kan voel hoe my holletjie onder sy tong beweeg so asof ek hom wil innooi en dis presies wat hy doen. Hy punt sy tong effens en probeer my anus daarmee penetreer. Dis nie regtig moontlik om jou tong baie ver in te druk nie so dit sal die hele tyd skoonbly.
Jy maak ‘n geluid agter my en dit voel asof jy in my in wil klim. Dit maak my net lusser. Ek maak my rug krommer en vou my hande oor my eie boude. Ek hou myself nou vir jou oop terwyl jy een van jou vingers saggies in my poesie ingly terwyl jy steeds my holletjie lek.
Jou tong sal na ‘n rukkie moeg raak en dan kan jy die lek afwissel met soentjies. ‘n Mondjie op ‘n mondjie kan mos net lekker wees.
Nog ‘n manier om jou seksmaat nog lekkerder te laat kry, is as jy jou naels stadig en saggies oor sy boude trek terwyl jou tong besig is in sy dieptes.
Jy kan ook in die tyd wat jou tong rus, jou vinger gebruik om dieselfde paadjie te loop as wat jou tong geloop het. ‘n Vinger is ook sterker as ‘n tong en kan dieper in ‘n anus ingaan.
Dis presies wat jy nou doen. Terwyl jou tong nog my aandag aftrek glip jy daai nat vinger vanuit my poesie in my holletjie in. Ek snak na my asem van lekker.
(Moenie van ‘n vrou se holletjie af na haar poesie toe beweeg met jou tong of vinger of penis nie. Sy kan ontsteking kry so. Dis egter heeltemal veilig om die reis na die teenoorgestelde kant toe aan te pak.)
Dis duidelik dat krinkink nie vir almal is nie. Vir baie is dit net ‘n stappie te intiem. Maar vir die wat wil probeer en die wat dit geniet kan daar verskeie redes wees waarom dit prikkel.
- Dit kan ‘n intense manier wees waarop jy vir my geliefde wil wys hoe baie jy omgee.
- Dit prikkel omdat dit taboo is – dieselfde rede waarom sommige soort fantasieë ook jou prikkel.
- Dis fantasies vir verhoudings waarin met mag en dominasie en onderwerping gespeel word.
Ek voel ‘n harde hou op my boud. Seer. Dan stoot jy my om op die bed dat ek op my sy val. My poesie klop nog van lus en lekker, maar ek weet dis tyd. Ek wil nie. Maar die hou en jou gesigsuitdrukking wys vir my dat ons in ons ander rolle ingeglip het. Daardie waarmee ons soms speel.
Jy weet ek hou nie daarvan om jou daar te lek nie. Dis hoekom jy my nou beveel.
Jy gaan lê op jou rug en trek jou bene oop. Jou bruin kreukel sper oop voor my waar ek nou tussen jou knieë kniel. Ek wil nie, ek wil nie. Jy trek my aan my hare af – saggies maar beslis.
“Lek,” sê jy.
Ek steek my tong bietjie uit en lek versigting.
“Ordentlik,” sê jy.“
Ek lek oor jou hol tot teen jou balle en weer af. Ek hou aan. Ek lek om jou ring en op en af en oor. Jou hand teen my agterkom keer dat ek nie kan opkom nie.
“Binne,” sê jy.
Ek druk my tong teen die middel van jou gaatjie en druk-druk so hard ek kan. Ek voel hoe dit bietjie ingly. Ek voel jou kringspier onder my tong beweeg. Ek gly my tong uit en my vinger in. Jy hou daarvan as ek aan jou prostaat liefde gee.
Dit vat nie lank voor ek jou rasend het met my vinger en tong nie. Ek mag nie daarvan hou nie, maar ek weet wat ek doen. Ek doen dit vir jou.
Jy kom lang slierte oor jou maag. Jou hand agter my kop verdwyn. Ek weet jy sal nou-nou my weer omdraai en klaarmaak wat jy begin het. Ek kan nie wag nie, maar vir nou luister ek eers hoe jy jou asem stadig-stadig terugkry.
Jy kan HIER op kombiekiehier Vreesloos video’s kry van waar ‘n vrou ‘n man kringlek asook een van waar die guns deur ‘n man gedoen word.
Jy kan HIER op kombiekiehier Vreesloos fotos sien van hoe dit as dominasie en onderwerping in BDSM-toestande gedoen word.