Ken jou kink: Menskoeie

Daar is onlangs ‘n storie deur Uther in Kombiekiehier Vreesloos gepost wat handel oor vroue wat soos koeie gemelk word. En hoewel die idee onsmaaklik en selfs skokkend vir sommige mense mag klink, is dit vir heelwat ander ‘n kink wat hulle geweldig aandraai.

In die normale Kombiekiehiergees van alles-is-aanvaarbaar-as-almal-betrokke-saamstem, wil ek graag die “menskoei” (human cow/hucow) kink bietjie verduidelik. Selfs al is dit nie iets wat jou lus maak nie, glo ek dat kennis oor iets die sies-reaksie teëwerk. Kennis is gif vir oordeel en oordeel is die enigste sonde wat nie hier aanvaar word nie.

Die menskoei kink val beslis in ‘n niche hoekie van seksuele fantasieë, maar daar kan ook, afhangende van die redes waarom dit ‘n spesifieke persoon prikkel, ‘n klomp baie meer algemene kinks daarin gevind word. Dit is nie te moeilik om menskoei porn op te spoor nie. Daar is heelwat webwerwe daaroor en een hucow tumblr het meer as 10 000 volgelinge. Op Reddit is daar ‘n gesprekslyn daaroor met meer as 23 000 ingeskrewe lesers

Soos met alles seksueel is niks ooit eenvoudig nie en verskil alles van individu tot individu. Vir sommige sapio-seksuele persone is dit juis die intellektuele nuances en ingewikkeldheid wat die groot prikkel is.

Die menskoei kink sluit, soos reeds genoem, verskeie kinks in waaroor ek later ook opleidingsartikels 😉  soos hierdie sal skryf. Hulle sluit die borsmelk fetish, dominasie, onderwerping, objektivikasie, sommige “teel-” of swangerskapfantasieë sowel as diere-rolspel in.

Ons samelewing probeer so hard om die seksualiteit uit borste te haal wat vir borsvoeding gebruik word. Dis waarom aktiviste wil argumenteer dat ‘n borsvoedende ma maar net so in die openbaar kan borsvoed, want dit gaan mos dan oor ‘n ander biologiese imperatief as die seksuele. Dalk juis as gevolg van hierdie poging of miskien as ‘n bewys dat hulle die onmoontlike probeer vermag, is die borsmelk fetish een van die mees algemene in die kategorie. Die borsmelk en borsvoed fetish is so groot dat daar prostitute is wat daarin spesialiseer.

‘n Bors vol melk is natuurlik ook groot en geswel wat nog ‘n aspek van die kink kan verduidelik. Sommige vroue geniet ook die gevoel van groot borste en hoe dit voel wanneer hulle gemelk word of wanneer daar aan hulle gedrink word. Dit kan ook inpas by die baie algemene kink wat mense het om soos baba’s of klein kindertjies behandel te word.

Dit is nie moeilik om te verstaan hoe ‘n fetish waarin mans aan vroue se borste drink na een waarin vroue as koeie gemelk word kon beweeg nie.

Kukla skryf: “They are the ultimate animals produced specifically for consumption… bred into highly artificial-looking consumer products. In HuCow, the cow-woman is simulating an object produced specifically to be consumed by her partner.”

 

Dis hier waar dominasie en onderwerping inkom. In diere rolspel gaan dit dikwels daaroor dat ‘n komplekse mens verander word in ‘n dier wat net kan dien. Die koei sal haarself onderwerp aan die boer wat haar melk soms met geweld “steel” en soms selfs haar deur die bulle (ander mans) laat dek.

(Natuurlik vind alles plaas binne die safe, sane en consensual raamwerk van so verhouding.)

“Remember this is just fantasy role play where turning humans into fantasy cattle is fetishized. And just like any other kind of BDSM or fetish play, this is carefully negotiated by all participants and done consensually. Treating a woman—or anybody—as just a mere object is very wrong… if it’s done without their consent,” she continues. “But if objectification is mutually desired by both partners, they’ve thoroughly and clearly talked about it ahead of time and then they play it out in a healthy fun fantasy sense, then that’s different.”

As jy die storie oor die vroulike melkkoeie wil lees, sal jy ongelukkig by Kombiekiehier Vreesloos moet aansluit. Die meeste kinks wat hier bespreek word word daar in storievorm uitgeleef. Daar is ook meer eksplisiete foto’s daaroor as wat hier gedeel word.

Dis net ongeveel R50 per maand, as jou nuuskierigheid die oorhand kry. 😉

 

*‘Roman Charity’ by Johannes Cornelisz Verspronck

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Ken jou kink: Menskoeie

  • Nov 21, 2018 at 11:14 am
    Permalink

    dankie Uther, uit die mond van ‘n Meester
    baie van ons sal nou ander persepsies kry van borste, dis verseker !

    Reply
  • Nov 20, 2018 at 11:16 pm
    Permalink

    Die voortplantingsdrang word gedryf deur die diepste instinkte wat elke organisme besit. Ongelukkig word daardie drange so deur kultuur en godsdiens onderdruk dat sommige mense baie selde seks het en selfs selibaat word.

    Die Westerse kultuur se houding rondom soging, masturbasie en seks is maar net voorbeelde van hierdie onderdrukking. Soging is inderdaad daar hoofsaaklik vir die voeding van babas maar dit is nie die rede vir die bestaan van borste nie. Borste is daar om die man te noop om eerstens met die vrou seks te hê sodat sy dan kan ‘n baba kry wat sy dan soog.

    Kortliks: borste mimiek boude. Hierdie kenmerk het ontstaan om die menslike mans aan te draai wat van voor met die vrou kopuleer. Die oorspronklike seksuele programmering bepaal dat die man eerstens deur vrouens se boude aangedraai word. In chimpanzees en ander ape swel die wyfies se boude soos groot pers-rooi ballone op wanneer hulle in hitte kom. Toe die voorsate van mense begin regop loop het, het hulle dikwels van voor af begin kopuleer en dus was die visuele prikkel van agter na voor oorgedra. Om dit in jou kop te toets – verbeel jouself hoe dit vir jou sal wees om van voor met ‘n vrou seks te hê wat ‘n plat borskas soos ‘n man het. Vir sommige van ons sou dit nie moontlik kon gewees het nie. Tog ontwikkel chimpanzee wyfies slegs borste wanneer hulle soog en nie andersins nie. M.a.w. as jy borste van vrouens verwyder sal die mensdom waarskynlik verdwyn.

    Dink net daaraan: daar is geen rede op aarde hoekom melk-klier organe veronderstel is om seksueel prikkelend te wees nie. Net soos ‘n vrou se neus, of ore, of knieskywe is melkkliere nie verondersel om spesifiek as seksuele prikkelaars te dien nie. Maar as die melkkliere in groot rondings van vet voorkom, dan verander die storie. Terloops – dis ook hoekom mans hulle oë nie van ‘n tietgleuf (cleavage) kan wegskeur nie. Die ironie is dat daar niks in daardie tietgleuf is nie – maar hoe dieper die “niks” hoe meer opwindend vir mans. Hoekom dan?

    Toe ons hoof-prikkel nog boude was (in baie mans se geval is dit nog steeds) was daar natuurlik die groot beloning wat vir die mannetjie onder aan die boudgleuf wag. Die hele doel van die aap-wyfies se opgeswolle boude is om d.m.v visuele seine die mannetjie aan te lok wat dan die ewe opgeswolle labia en gapende vagina onderaan die boudgleuf sou sien. Die hele doel is om hom so aan te draai dat hy dan met haar kopuleer. Dus is borste nie so onskuldig soos wat hulle voorkom nie en hulle is defnitief nie daar vir die voordeel van babas nie.

    Op organiese vlak is die enigste rede vir die bestaan van enige organisme om voort te plant. Dus is individue wat op die oog af lyk asof hulle goeie teelmateriaal is, seksueel meer aantreklik as dié wat nie is nie (ek praat nou van die gewone, gemiddelde heteroseksuele persoon). Dit is dan ook hoekom vrouens met groot borste vir die gemiddelde man seksueel meer aantreklik voorkom as vrouens met kleiner borste. Vir sekere mans wat so geprogrammeer is, is ‘n lakterende vrou seksueel onweerstaanbaar en die drang om haar weer te impregneer amper ononderdrukbaar.

    Uther Pendragon

    Reply
  • Nov 15, 2018 at 3:33 pm
    Permalink

    En doen julleself n guns en kyk na Dakini ook….

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)