Perfek

0
Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Wille Will

Douw, ‘n speurhoof by ‘n SAP-dienskantoor in Johannesburg, sit saam aan tafel met Daleen in haar meenthuis, besig om aandete te nuttig. Daleen is ‘n kliniese sielkundige met ‘n kantoor in die Marshalltown-SAP-gebou, waar Douw ook gestasioneer is.

Douw plaas sy mes en vurk neer op sy bord, terwyl hy ‘n happie afsluk. Hy lig sy wynglasie na haar.

“Sjit, ek moet jou komplimenteer, ek’t geglo net my oorle ouma kon ‘n skaapboud so sappig en sag gaarmaak.” Hy gee ‘n innemende glimlag en kyk in haar oë.

Daleen strek haar slanke hand uit oor die tafel en gee sy ander bruingebrande, groot hand ‘n drukkie waar dit rus langs sy bord. Sy glimlag beskeie met: “Dis toevallig mý ouma wat my leer kook het.” Sy vryf met haar vingers saggies oor sy kneukels.

“Ek’s bly jy eet weer ‘n slag by my – ons kom al ‘n lang pad saam. Jou skerp speurwerk en my insetsels van ‘n verdagte se denke het al menige misdadiger aan die pen laat ry.” Sy verwoord die blik in sy oë: “Maar wat pla jou? Ek ken jou as iemand wat nie sonder rede my sommer sal skakel en jouself uitnooi vir ete nie … as daar nie iets anders ook op jou gemoed is nie.” Sy gee sy hand weer ‘n drukkie.

Douw gee met sy duim haar hand ‘n drukkie terug, maar trek dan sy hand onder hare uit en tel sy servet op en pik aan sy mondhoeke.

“Ek’s eensaam, Daleen.” Hy kyk weg van haar oë en neem ‘n slukkie wyn. Sy gelaatstrekke verstyf. “Ek het myself geïsoleer, sover dat Dora my na 20 jaar se getroude lewe verlaat het. Om ‘n polisieman te wees het bepaal wat ek doen – nie wat ek is nie. Nou is dit asof dit al is wat ek is … al is wat ek oor het. Polisieman wees is soos ‘n sterfsiekte, of so iets. Dit verorber jou, geheel en al, stadig maar vir seker. Ek het toegelaat dat dit alles uit my lewe uitmergel. Ek is nou by die versadigingspunt waar dit my belg. Niks is meer perfek nie.”

Sy staan op en stap tot langs sy stoel. Sy druk sy wang teen haar bors vas en streel met haar warm hande deur sy hare.

”Kommunikasie in ‘n verhouding, selfs net vriende, is so noodsaaklik soos asem om te kan lewe,” merk hy op terwyl sy hom steeds vashou.

“Ek voel jou desperate leegheid aan, Douw.”

Sy voel sag en goed vir hom en hy hoor haar nog iets onsamehangend fluister terwyl sy nog steeds sy hoof teen haarself druk. Hy steek sy hande uit en onbeholpe probeer hy hulle om haar middellyf vou. Hy hoor haar hartklop in sy oor, maar dan is dit ook asof haar liggaam effens ruk. Hy besef dat sy saggies snik.

Douw trek haar af na hom toe dat hulle van aangesig tot aangesig is. Hy soen die trane weg van haar gesig en sy fluister sy naam oor en oor en skud haar kop heen en weer.

Hy skop die stoel onder hom uit dat dit neerklater. Sy uiter ‘n effense giggel en begin sy hempsknope losmaak. Hy knoop die groot knope van haar bloes los, van agter haar rug. Toe die bloes oop is, laat sy dit grasieus afgly van haar arms, dat dit soos ‘n hopie materiaal lê op ‘n Edgars-uitverkoping. Hy besef sy’s braloos as hy haar sagte wit borste sien met die regop dik tepels daarop. Hy voel iets wat ontwaak in hom. Hy wil verdwyn binne haar, in haar gedagtes insmelt en alleen daar dwaal met haar denke en haar teerheid.

Hul naakte bolywe raak aan mekaar en die ontwaking groei in hom. Hy soen sy pad af, verby haar borste, en voel haar liggaam sidder as hy haar onderste lippe kus. Haar vingers wurm krampagtig in sy hare. Dan is sy lippe weer op haar mond en dis asof sy met hernieude, intense passie vervul word.

Sy gedagtes verdwyn. Hy is nêrens anders as by haar nie. Haar sensitiwiteit oorweldig hom, oordonder hom tot die piek van alles verlore in hul gesamentlike waansinnige soeke na intimiteit. Hul pogings ontwikkel in ‘n teruggehoue stoeiery. ’n Lompe, deernisgevulde, byna pynlike bod tot harmonie.

Hulle rol onder die tafel in en Douw stamp sy voet teen ‘n tafelpoot. Daleen lag wanneer sy sy broek en onderbroek gelyktydig van hom afpluk, terwyl sy haar kop stamp teen die tafelblad. Na sy van haar broekie ontslae geraak het, werp sy haar liggaam op syne en druk sy penis in haar op. Vir ‘n sekonde voel hul albei effens verdwaas oor hul intimiteit, maar dan ontwikkel dit in ‘n speelse, uitdruklike rite – ‘n ritueel genoop uit wederkerige lus en jagsheid, en nie liefde nie.

Toe hulle saamsmelt, vermurwe Douw met die heuningsoete, sy-gladde warmte wat hulle omvou. In hul sorgelose toegeneentheid word hulle een, kortstondig. En niemand kan dit ooit wegneem van enigeen van hulle nie.

Sy begin ritmies beweeg bokant hom, al stamp haar hoof nou en dan teen die tafelblad. Sy glimlag vir hom en dan buk sy af en soen hom inniglik soos haar ritme versnel. Hy verkneukel hom aan hulle fisieke lewenslustigheid en die smaaklike intensiteit daarvan. Hy moedig haar aan om te ontlaai saam met hom, sy hande gesluit onder haar arms sodat hy haar ritmies lig en hard laat val op sy liggaam. Sy tong soek na die harde, ontwykende tepels van haar bonsende borste. Hy smeek stil vir haar klimaks en word beantwoord met golwende kontorsies wat sy sinne fokus op die diepste kol van hulle eenwording. Dit trek sy hitte van binne uit en dit vloei in haar in. Sy gee ‘n kortstondige gil en gryp hom ferm vas. Die oomblik is verby en sy sink neer in sy arms, hul velle klam en souterig, hul longe wat in hortende lang teue lug soek.

Hy wonder of dit die seks is wat mens so goed laat voel. Of is dit die basiese bewustheid dat ons gewilliglik deelgeneem het aan ‘n gedeelde emosie … en dat elkeen daartoe bydra?

Hy besef hy’t hardop gewonder as sy saggies en teer in sy oor fluister: “ Ek dink dis die tweede een, maar ons moet dit nog voltooi.”

“Jy is nie verplig om te sê jy’s lief vir my nie, as dit jou pla.” Sy plaas haar hand besitlik oor sy nat, slap penis. “Ek sal ook nie so iets sê nie, as dit jou ongemaklik sal maak, selfs al sou dit die waarheid wees.

“Maar wat so pas gebeur het, oortref seks ten volle. Soveel so dat die woord sy mening verloor in vergelyking. Ek was skoon weg van hierdie kamer. Ek was weg saam met jou, maar bewus van jou in ‘n verenigde volbringing van epiese afmetings.”

Sy begin saggies met sy penis speel.

“Toe ons begin het, netnou, Daleen, het dit gevoel dis die verkeerde weg om te volg. Dit was lomperig en selfs effens freneties.”

Sy voel sy ereksie is weer aan die bou en sy skuif haar liggaam weer oor syne.

“Maar die vader weet, Douw …” Sy wikkel haar heupe tot hulle in een lyn met syne is. “Dit was wonderlik.”

Hy soen haar lippe eers liggies. Hul harte en asemhaling het begin normaal word. Haar vingers maak krulletjies in sy hare en haar borste gly nat oor sy bors wanneer sy voël begin hard word en sy haar lyf aanpas sodat haar poes by sy voël is. Haar vel is sag, haar boude ferm en haar heupe kragtig wanneer sy begin reageer op die verruklike, golwende bewegings wat hy maak terwyl sy penis swel en in haar ingly.

Met sy hande op haar ribbes en met ‘n verrassende snelheid, swaai hy haar liggaam om, sodat dit nou onder hom is. Sy trek hom in met haar heupe sodat hy amper vasgekeer is in haar. Elke beweging wat hy sou maak, sal onmiddelik na haar toe oorgedra word, dink sy tevrede.

Sy knyp hom vir ‘n oomblik so vas, maar gee dan effens skiet wanneer sy haar arms bo haar hoof opskuif en in elke hand ‘n tafelpoot vasgryp. Sy geboë rug laat hom afkyk op haar bloesende en gloeiende borste. Hy kan nie beweeg sonder dat sy saam beweeg nie. Enigiets wat hy voel, voel sy ook. So diep binne haar vasgepen, is sy bewegings minimaal maar gesmee in krag. Hy plaas sy handpalms op die knoppe van haar heupbene en begin met sy meneer ritmiese klein draaisirkels maak teen haar geswolle vulvalippe. Dan is dit op en af, op en af. Haar bewegings eggo syne met ‘n teenstoot elke keer as hy afgaan. Haar bors gloei nou ‘n nog dieper rooi skakering en haar hande klou aan die tafelpote dat haar kneukels wit uitstaan. Haar tepels is nou so sterk en uitdagend dat dit smeek vir aandag, wat hy dadelik om die beurt gee met sy mond. Haar mond gaan oop en sy uiter keelklanke wat hom laat besef die oomblik is naby. Haar bene druk nog stywer teen syne. Dis ‘n sagte sponsgevoel. Hy en sy begin saam wieg op haar soepel boude. Hy ervaar weer die swymelende delirium soos die eerste keer. Die volslae vryheid daarvan.

Van onder hom gooi sy haar heupe nou in hom in, harder en harder. Die geluide wat sy maak word luider en angstiger.

Dis woorde en emosies wat in ‘n gebrabbel uitkom.

“O ja,” uiter hy hees uit.

“Ja, ja,” sê sy deur geknerste tande, “nou is als weer vir jou pérfék … en vir my.”

0

7 thoughts on “Perfek

  • Avatar
    Jun 13, 2019 at 6:13 am
    Permalink

    Eendag as ek griotbis wil ek ook sulke mooi stories kan skryf!

    Weereens eens welgedaan Willewill

    Reply
    • Avatar
      Jun 13, 2019 at 11:06 am
      Permalink

      Jy weet jan, ek skryf die stories om dit self te geniet. Dan gee ek dit deur na julle en my grootste beloning is wanneer julle dit ook geniet!
      Dankie vit die kompliment.

      Reply
  • Avatar
    Jun 11, 2019 at 8:43 pm
    Permalink

    Die perfekte balans tussen wil, beheer, lus en verlossing.

    Dankie Will – jy mag maar.

    Reply
    • Avatar
      Jun 12, 2019 at 5:38 am
      Permalink

      Vidar, dankie vir die aanmoediging, dis vir my meer as ‘n kompliment van iemand wat so’n goeie debuut gemaak het op hierdie werf.
      Ons doet voort, dit is ons nering.

      Reply
      • Avatar
        Jun 25, 2019 at 4:58 pm
        Permalink

        Hoe bloos ek nou. Dankie Will (Amper sê ek Oom)

        Voel my ek oor-skryf goed – daar is gewoonlik te veel agtergrond wat ek wil inwerk…

        Reply
  • Avatar
    Jun 11, 2019 at 4:27 pm
    Permalink

    Sjoe die oubaas is terug, wel gedan ou Will, kan wraggies sien jys n ou meester met die skryfwerk.
    Ekt dit erg geniet en sien uit na die vervolg.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)