Shakespeare

Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Ramkat Erasmus

Ek stap Groenkloof SPAR binne (ja, die een in die Jac de Priester liedjie) en dwaal in die rigting van die yoghurt, kaas en botter yskas. In die hoek staan twee meisies. Albei lank, donkerkoppe en lenig gebou. Die een het ‘n jogabroek en oefentoppie aan, die ander ‘n kortbroekie en ook ‘n oefentoppie. Identiese pienk hardloopskoene en fiksheidshorlosies aan hulle gewrigte. Ek soek na my gunsteling jogurt en sit dit in die trollie. As ek opkyk om na die botter te soek vleg die twee hulle lywe om mekaar en begin diep en innig soen. Ek steek vir ‘n oomblik vas en kyk dan verbete na die botter. Ek sit ‘n blok botter in my trollie en beweeg aan na die wynrak toe. As ek by hulle verbyloop sê die een met die jogabroek vir my: “Hallo Prof, how are you doing?”

Ek kyk vir haar en besef sy is een van tweedejaars en glimlag terug. Dis moeilik, want hulle staan nog steeds om mekaar gevleg en my koerasie het sommer dadelik die hoogte ingeskiet.  Sy lig ‘n wenkbrou en ek sê: “Great, thank you.”

Ek beweeg verby en hulle begin weer soen.

My naam is Johannes Petrus Maritz. Professor Johannes Petrus Maritz. By die universiteit noem my kollegas my “Japie” en die studente noem my Prof. Ek is professor in die Departement Engels en Shakespeare is my ding.

Ek het nog ‘n naam. Maar dis net die ouens by die klub wat my so noem. Vir al my broers en hulle wyfies saam met wie ek motorfiets ry is ek “Varkie.” Big Joe en Van the Man het my so gedoop omdat ek kwansuis ‘n snorkie gee as ek lag. Ek doen dit lankal nie meer nie,  maar die naam het vasgesteek.

Ek kry vir my ‘n bottle wyn en kyk oor my skouer. Die twee meisies soen mekaar nog steeds. ‘n Ou Joodse tannie kom aangestap met haar trollie en kierie, gewaar die twee en begin sonder om te aarsel op hulle te skel.

Hulle lag en verdwyn in die rigting van die uitgang terwyl die tannie nog agter hulle aanskel.

Ek kry nog ‘n ding of twee, betaal en gaan klim in my kar. Ek ry ‘n blou Fiesta en ek geniet hom nogal, maar my passie is die Honda Fireblade wat in my garage staan. Ek ry by die parkeerterrein uit en sien die twee meisies van flussies wat hand aan hand in die rigting van die Groenkloofkampus stap.

Ek ry tot by my plek, druk die knoppie en ry in. Die Fiesta parkeer ek onder ‘n afdak. Ek vat my inkopiesakke, sluit die agterdeur oop en gaan in. Ek sit alles wat moet in die yskas en die ander goed op die spensrakke en dan gaan ek na my slaapkamer toe. Deesdae trek ek nie meer ‘n pak aan as ek klas gee nie, maar daar was vandag ‘n fakulteitsvergadering en daarvoor trek ek altyd ‘n pak aan. Ek pluk my klere uit, sit die pak op ‘n hanger in die hangkas. Hemp, sokkies en onderklere gaan in die wasgoedmandjie in en dan trek ek ‘n kortbroek aan (sonder onderbroek) en gaan sit op my stoep.

Na ‘n ruk gooi ek ‘n glas wyn in en gaan sit weer buite. Ek is bewus daarvan dat ek met ‘n semi-horing sit en kan nie besluit of dit is oor die twee meisies in die SPAR, Blom of die wind op my ballas is nie.

Ek besluit dit moet oor Blom wees. Blom se naam is eintlik Iris Wessels, maar ‘n week na sy in Erika-koshuis haar intrek geneem het is sy “Blom” gedoop. Haar kamermaat en boesemvriendin, Petunia Vilakazi, het “Blommetjie” geword. Blom en Blommetjie is albei Honneurstudente in my klas en hulle is uitblinkers. Saam met Dirk, ‘n baie aantreklike dramastudent, is hulle my hoop vir die toekoms. Toegewyd, passievol en baie intelligent. Mal oor Shakespeare en in hierdie digitale tyd waarin ons leef is dit nogal baie raar om drie studente; ‘n wit Afrikaanse meisie, ‘n swart Zulumeisie en ‘n jong wit man uit ‘n Engelse huis, te kry wat mal is oor Shakespeare.

Ek het die drie van hulle genooi om die naweek saam met my na die Aardklopfees te gaan om na ‘n nuwe Afrikaanse Shakespeare-produksie te gaan kyk. “Hamlet – Gedekonstrueer.” Die groep het by die Woordfees en by KKNK groot opslae gemaak met hulle werk. Twee groot name in die rolle van Hamlet en Ophelia en nog ses minder bekendes wat al die ander rolle speel. Dirk kon  nie saamgaan nie aangesien hy ‘n rol in ‘n Kyknet-kortfilm losgeslaan het en Blommetjie het gesê sy kan net oor seks in Afrikaans praat en die produksie sou heeltemal oor haar kop gaan. Dis toe net ek en Blom wat wou gaan. Sy’t ywerig ingestem en toe vra ek of sy sou omgee as ons met my motorfiets ry eerder as die motor. Sy’t so vir ‘n oomblik gehuiwer en toe gesê dit sal lekker wees en dat sy lanklaas motorfiets gery het.

Ek het vir haar twee leersaalsakke gegee en gesê as haar goed nie in die saalsakke pas nie bly dit by die huis. Sy’t net geglimlag en gesê dis reg so…

Ek raak lekker stemming en sit naderhand Beethoven op. Omtrent agtuur daag Van the Man op en sit ‘n bottel whiskey op die kombuistoonbank neer. Ons gesels oor bikes en girls. Sy kapteintjie, nou ‘n majoor, se ma is oorlede en sy kom terug Pretoria toe. Ek kan sommer sien ou Van is uit sy vel uit, want soveel as wat hy probeer om dit te misken is hy smoorvelief op die klein soldaatjie.

Ons praat kak tot in die nanag, en dan klim hy op sy Busa en ry versigtig by die hek uit en en straat af. Ek stel my selfoon se wekker en val in die bed. Amper onmiddellik maak die wekker my wakker en ek staan vir lank onder die stort. Na die badkamerding pak ek my tenksak, wat op die Blade se petroltenk vasgespe, met ‘n ekstra denim, onderklere, ‘n mooi hemp of twee en my toiletsakkie. Ek trek aan, stewels, denim, t-hemp en my leerbaadjie en stap dan garage toe. Ek maak die sak op die tenk vas, maak seker hy sal nie afdonder iewers op die pad Potch toe nie en trek my pride and joy uit die garage uit.

Nes alles toe en gesluit is stop die Uber voor my hek. Blom klim uit. Denim wat baie mooi styf om daai boude sit, cowboy stewels, ‘n blommetjiesbloes en ‘n leerbaadjie. Haar lang blonde hare hang in ‘n dik vlegsel teen haar rug af. Onmiddellik is ek jags, maar soos ek eenkeer aan Van verduidelik het, die gouste manier om uit die akademie uit geskors te word is om ‘n student te naai.

Die Uber drywer maak die kattebak oop en Blom trek die saalsakke en ‘n klein rugsakkie uit. Sy gooi die rugsakkie oor haar skouers en dan buk sy weer in die kattebak in. Die keer kom sy met ‘n swart full-face helmet uit. Sy maak toe, klop op die bak en die Uber trek weg.

Soos sy aanstap hoor ek Beethoven in my agterkop speel. Fok, maar sy is indrukwekkend. Mens kry verskillende blondines in Pretoria. Die klein, fyn enetjie wie se droom dit is om met ‘n Blou Bul speler uit te gaan en dan later met ‘n prokureur of dokter te trou. Dan kry jy die Blom-tipe. Sy ‘n lank, netbalspeler lank. Breë skouers en breë heupe. Lang bene, en ‘n gesig vol karakter en geen plooie nie. Soos hulle ouer word, word hulle, na my mening net mooier. Party van hulle word vet,  maar die wat hulleself oppas is indrukwekkend.

Blom groet my met die hand en gee die saalsakke vir my. Ek sit hulle oor die Blade se sitplek en maak die gespes aan die kant aan die raam vas. As ek klaar is, is haar helm op en haar baadjie toegezip. Ek klim eerste op en dan kom sit sy agter my.

Ek kan haar boobs in my rug voel vasdruk. Sy sit haar arms om my en trek haarself nader. Ek kan die hitte van haar vroulikheid teen my boude voel.

Ek ry versigtig hek uit en teen die afdraende af. Sy leun gemaklik saam met my die draaie in en uit en dan’s ons op die hoofweg. Ek hou by die spoedgrens en ry so versigtig as ek kan. Dan pomp sy my in die ribbes en skree: “Jy ry soos ‘n ouma, Prof!”

Ek laat my nie tweekeer nooi nie  en draai die Blade oop.

As ons by die Danie Theron Monument verbygaan ry ek stadiger, want die verkeer word al swaarder en daar is nie plek om te koes as iemand iets kak doen op die pad nie.

Ons ry Potch binne en ek kies koers na die gastehuis waar ek vir ons bespreek het. Tannie Hannie staan op die stoep as ek voor die hek stop. Sy draf nader en maak oop. Ons is ou vriende en ek bly elke jaar by haar as ek Aardklop toe kom. Blom klim eerste af en na ek my helm afgehaal het kry ek ‘n vet klapsoen by Hannie. Dan draai sy na Blom toe en soen haar ook sommer.

Ek gooi die saalsakke oor my skouer, haal my tenksak af en ons stap in agter Hannie aan. Sy maak Blom se kamerdeur oop en ek stap in en sit die saalsakke op die lekker dubbelbed met die koperraam neer. Hannie sê sy moet haarself tuismaak en ek gaan na my kamer toe. Ek trek die leerbaadjie uit, zip my tenksak oop en pak alles in die outydse hangkas. My toiletsakkie gaan badkamer toe an dan stap ek gang af na die kombuis toe waar Hannie reeds skons en tee uitgesit het. Blom kom ook in en sy slaan my asem weg. Sy’t die vlegsel losgemaak en haar blonde hare hang in ‘n kroon om haar gesig. Droom prinses… Fok.

Na die tee en skons stap ons na die feesterrein toe en gaan soek ‘n kaartjiekantoor. Ek het reeds vir ons kaartjies vir Hamlet gekry en ons kyk deur die feesgids om te sien wat ons nog wil sien. ‘n Halfuur later stap ons na die wyntuin toe en drink ‘n glasie. Daarna dwaal ons deur ‘n paar kunsuitstallings en dan vra sy of ons terug kan gaan na Hannie toe, sy wil vinnig stort voor vanaand se Hamlet.

***

Die vertoning is asemrowend. Die spelers in die hoofrolle laat die rymende koeplette in Tjaart Potgieter se vertaling sing! Die byspelers is sjarmant, vaardig, nydig en snaaks na gelang van die teks. Waneer die vertoning verby is gee ons ‘n staande ovasie en ek gaan sit en kyk na Blom. Sy sit met haar hande tussen haar borste gevou en trane rol oor haar wange. Voor ek myself kan keer steek ek ‘n hand uit en vee die trane van haar wang af. Sy kyk my in die oë, vat my hand en soen my vingers.

“Dis seker die mooiste ding wat ek nog ooit gesien het,” snik sy dit uit. Ek sit my arm om haar skouers en gee haar ‘n druk. Oral in die ouditorium sit ander mense ook hand om die skouers en staar na die leë verhoog. Soos Blom huil party maar ander kyk net. DIT is teater. As hy jou aan die knaters gryp en draai tot jy nie kan wegkyk nie, tot jy dit in jou siel voel, tot jou asem wegraak en jy so meegvoer raak dat jy nie kan opstaan en huis toe gaan nie. DIT is die krag van Shakespeare.

***

Ons kry ‘n kroegie vol raserige feesgangers, maar met ‘n tafel vir twee. Sy kan nie uitgepraat raak oor die vertoning nie. Sy haal aan uit die stuk, vergelyk die vertaling met die oorspronklike en haar oë glinster in die halfdonker. Deur haar bloes kan ek sien hoe haar tepels orent staan van die opwinding. Na twee glase wyn bestel ek ‘n platter en die twee van ons eet saam saam met ons hande. As ek ‘n repie vleis optel is haar hand ook daarop. Sy glimlag vir my en sê: “Myne.” Ek hou vas en sy trek. Dan skeur die repie in twee. Ek kry die groter stuk en lag vir haar. “Nie fair nie!” lag sy terug. Ek tel nog ‘n repie vleis op en hou dit voor haar mond. Sy leun stadig vorentoe en vat die stukkie vleis tussen haar lippe. Sy trek dit stadig in haar mond in en as haar lippe teen my vingers raak trek sy my vingers ook in haar mond in.

***

Dis laat. Hannie en die ander gaste slaap lankal. Ek lê op Blom se groot wit koperkatelbed. Ek het op haar aandrang my skoene en kouse uitgetrek en wag nou vir haar. Sy kom uit die badkamer uit. Ek het gehoor hoe sy tande borsel. Dan gaan staan sy aan die voetenent van die bed en begin haar bloes stadig oopknoop. Sy laat dit teen haar skoeurs afgly. Dan maak sy die denim los en wikkel dit oor haar heupe. Sy het ‘n bypassende wit bra en broekie aan. Haar tepels staan styf teen die material van die bra uit.  In my gedagtes begin ek my bedankingsbrief aan die universiteit skryf.

Sy sit haar hande agter haar rug en maak die bra se knippies los. Haar borste is groot en mooi. Fok, dis mooi. Die groot tepels staan penorent. Sy laat die bra langs haar voete val en dan trek sy haar broekie oor haar heupe en laat dit ook val. Sy het ‘n klein klossie blonde hare net bokant haar vulva. Sy sit haar hande agter haar kop en tol stadig in die rondte.

“Is ek vir jou mooi?”

Fok ja… Maar ek sê dit nie.

“When to the sessions of sweet, silent thought,

I summon up remembrance of things past,

I sigh the lack of many a thing I sought,

And with old woes, new wail my dear time’s waste…”

Sy kyk my met groot oë aan.

“Wat beteken dit?”

“Dat ek wens ek kon jou lankal in my lewe gehad het.”

Sy maak ‘n geluid wat iets tussen ‘n snik en ‘n laggie is. Dan kom sy na my toe.

Sy trek eers my hemp uit en dan my denim. Sy terg my met die rek van my onderbroek , maar dan trek sy hom oor my enkels af.

Sonder enige seremonie begin sy my piel streel terwyl sy my diep in die oë kyk.

“Hoe hou jy  daarvan? Hard of sag?” fluister sy.

“Hoe hou JY daarvan?”

Sy glimlag en sak dan af en neem my piel in haar mond. Ek fokken kom sommer amper dadelik, maar ek byt vas en konsentreer. Haar warm mond omvou my, sy suig my diep in en stoot my dan weer uit. Haar tong speel om my pielkop. En dan suig sy my vinning in en uit tot ek begin kreun. Sy stoot my uit en hardloop liggies net haar tong om die riffie onder die kop. Rillings spoel oor my en ek snak na my asem. Dan klim sy op die bed en oor my. Sy draai haar pragtige boude na my kant toe en sit haar een been oor my gesig. Ek vat haar heupe vas en lig my kop tot en my tong in haar vlesige natheid kan indruk.

Terwyl sy my suig, lek en knibbel ek haar geurige doos. Sy ruik na lente. Magnolias en jasmyn. Haar boude druk harder en harder teen my mond vas en dan ruk sy en kreun. Ek kan nie meer hou en kom in haar mond en sy sluk gulsig.

***

Sy lê op haar rug met haar bene opgetrek en oop. My kop is tussen haar dye en ek lek haar klit terwyl sy my kop tussen haar hande vashou en luidkeels kreun. As sy vir die soveelste keer kom, trek ek terug en kniel tussen haar bene.

“Wat het Shakespeare dit genoem? Seks … wat het hy dit genoem?”

“The Beast with Two Backs,” fluister ek terug en dan gly ek in haar in.

Sy is papnat en warm. Ek druk my hande onder haar boude in en lig haar heupe effens. Ek mik vir die bo-kant van haar poesiewand en druk stadig harder en harder teen haar vas. Haar oë rol terug in haar kop as ek die g-kol raakslaan en dan begin ek haar ritmies vaspen.

Sy gryp en klou krampagtig aan my arms en hande vas. Ek behou my ritme en dan begin sy weer hardop kreun. Haar kop rol van die een kant na die ander en sy byt haar onderlip tussen haar tande vas.

“Oh my god … “ kreun sy en ek begin vinnger stoot.

En dan sper haar oë oop, sy gryp my hare in haar hande en kreun: “Naai my hard, jou wonderlike fokker, Naai my!”

En ek voeg daad by die woord.

***

Aardklop word ‘n mengelmoes van teater, musiek, kuns en seks. Ek verdwaal in haar oë, verstik in haar hare en asem haar vrouwees in asof ek nooit weer die geleentheid gaan kry nie. Sy suig, soen en lek my asof sy weke laas iets geproe het.

En dan is dit verby.

Ek ry Carletonville oor om die pad langer te maak.

In Pretoria laai ek haar voor Huis Erika af en ry weer sonder om haar te soen of selfs ‘n druk te gee. ‘n Professor mag nie sy student naai nie, selfs nie eers as hy verlief is nie.

***

Ek sit in my gewone kortbroek op die stoep en drink wyn. Beethoven maak my melankolies en ek wonder of ek klub toe moet gaan en kakpraat met Van en Big Joe.

Dan lui die interkomklokkie …

Ek maak vir haar oop. Want ‘n professor is ook met net ‘n mens.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

10 thoughts on “Shakespeare

  • Avatar
    Mar 7, 2019 at 10:31 am
    Permalink

    Julle laat my bloos. Dankie vir al die mooi woorde!

    Reply
    • Avatar
      Mar 8, 2019 at 1:21 pm
      Permalink

      Bloos? Jy? 😉 🙂 x

      Reply
      • Avatar
        Mar 8, 2019 at 10:20 pm
        Permalink

        Presies wat ek ook gedink het

        Reply
  • Avatar
    Mar 6, 2019 at 4:16 pm
    Permalink

    Pragtige aansluiting by Kaptein. Goed gedoen Ramkat.

    Reply
  • Avatar
    Mar 6, 2019 at 3:34 pm
    Permalink

    Ai die studente in ons lewe…

    Kan duidelik die stem van die “Prof” hoor – anders as Van s’n.

    Dankie Ramkat.

    Reply
  • Avatar
    Mar 6, 2019 at 2:55 pm
    Permalink

    Heerlik heerlik menswees

    Reply
  • Avatar
    Mar 6, 2019 at 10:13 am
    Permalink

    Skitterend dankie- en Kapteintjie kom terug? Some guys have all the luck…..

    Reply
  • Avatar
    Mar 6, 2019 at 9:43 am
    Permalink

    Uiters goed gedoen Ramkat, en beslis is die prof nog nie klaar met die blond nie.

    Reply
  • Avatar
    Mar 5, 2019 at 9:56 pm
    Permalink

    Dit was nou ‘n lekker lees. Dankie, Ramkat!

    Reply
  • Avatar
    Mar 5, 2019 at 5:26 pm
    Permalink

    Baie geniet. Oopkop, loslit en modern geskryf met die kenmerkende Ramkat finesse.
    Dankie, ou Grote.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)