Mymeringe van ‘n weduwee (4)

Hoe lank gaan ek lees: 2 minute

deur Wille Will

(Lees vorige episode HIER)

** Maria sug hoorbaar met die laaste gedagtes en staan op en besluit om te gaan stort. Na sy die lou-warm water lank oor haar lyf laat spoel het en haar natgeswete hare welig gereinig het met Amajola sjampoe het sy haar kop en lyf vinnig drooggevryf met ‘n growwe handdoek en ‘n wit kant geborduurde broekie aangetrek. Haar lyf het getintel toe sy vogroom oor haar hele lyf begin insmeer, haar een voet op sy tone. in die warm sonnetjie wat by haar kamervenster instroom.

Sy herinner haarself dat sy onderhoude op hande het vandag nadat haar vorige chauffeur skielik kennis gegee het. Sy trek ‘n wit bloesie aan oor haar naakte buuste en dan ‘n swart, met goud geblomde versierings, broekpak. Sy loer na haar polshorlosie en skuif gou agter haar grimeer-tafeltjie in en blos haar wange en glansverf haar lippe en smak hulle vining.

Vir oulaas trek sy ‘n haarborsel deur haar kuif.

Sy stap deur na die lessenaar in die voorkamer, gaan sit en blaai vinnig deur die dagboek na die onderhoude wat voor-lê. Daar is ‘n swartman (Nkosi) eerste, dan ‘n kleurling (net Suid-Afrika kan ‘n van soos ‘Geelbooi’ vir iemand gee!)… Die Rëenboognasie, glimlag sy by haarself. Laaste op die lys is Van Beek (seker ‘n Afrikaner).

Die eerste twee onderhoude is vining verby en sy’t ‘n regmerkie langs Nkosi se naam gemaak. Sy staan op en rek haarself bietjie uit.

Die voordeurklokkie lui weer en sy roep ‘Kom binne!’ en gaan sit weer agter die lessenaar. ‘n Blonde reus van ‘n man met felblou oë kom ingestap.

“Ek is Willem van Beek. Vir die onderhoud as chauffeur.”

Haar oë som sy netjiese klere, sy simmetriese liggamsbou en sy oop gesig in ‘n oogwink op. Sy voel ‘n effense tinteling deur haar gaan. ‘n Noot wat iewers weerklink.

Sy CV is indrukwekkend en die amper nonchalante manier waarop hy haar vrae be-antwoord met ‘n amusante blik in die bloue kykers, boul haar onder en sy plaas die goue Mont Blanc pen in die gleufie van die tafelkalender voor haar neer.

Maria kyk in sy oë en sê: “Jou onderhoud is suksesvol, wanneer kan jy begin?”

Van Beek kry ‘n effens kleur in sy wange en sê dan met ‘n tevrede glimlag:

“Baie dankie, as dit vir u voldoende is, eers oormôre. Ek moet nog verblyf rëel nader aan u woning en ook nog intrek.”

Sy absolute beleefde taalgebruik in die melodieuse, donker sag stem veroorsaak dat sy ‘n besluit neem voor sy dit nog oorweeg het.

“Daar is ‘n ruim kamer met ablusie en al die geriewe hier op die perseel wat jy as deel van jou pakket kan in gebruik neem as jy wil?”

“Dis baie tegemoetkomend van u ek sal beslis van u aanbod gebruik maak.”

Hy staan op en steek sy hand uit na haar. “Baie dankie.”

Sy staan ook op en neem sy uitgestrekte groot hand in hare met ‘n drukkie.

“Is daar ‘n uniform betrokke?” vra hy, maar hy los nog nie haar hand nie. Sy gee ‘n borrellaggie en sê: “Welkom, W-Wil-lem …ek sal jou maar altyd só noem …en, nee, jy kan net daagliks netjiese gemaksklere aantrek buiten as ‘n formele funksie moet bywoon. Okay, só?”

Hy knik sy kop en skud dan haar hand met ‘n vermetele drukkie terug.

“Noem my sommer net Will, dis baie gemakliker”

Sy blou oë vonkel, hy draai om en stap by die vertrek uit.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

8 thoughts on “Mymeringe van ‘n weduwee (4)

    • Avatar
      Dec 12, 2018 at 1:33 pm
      Permalink

      Ek sal die res van die storie in 2019 vir julle verder post – dan is daar iets om na uit te sien. 😉

      Reply
  • Avatar
    Dec 12, 2018 at 4:56 am
    Permalink

    Kêrels ( & girls ) êrens het ‘n misverstand opgeduik en heel waarskynlik en gewis, my fout. Toe ek hierdie storie na Annelise aangestuur het was dit nie in episodes opgedeel nie en die res v/d storie het dalk sodoende nooit by haar uitgekom nie ! Hierdie (bg,) aflewering was maar bladsy 23 en ek het 36 bladsye geskryf !
    Ek sal dit met haar opvolg en dan kan sy dalk, al loop dit in volgende jaar in, die res van die verhaal plaas na haar goeddunke.
    Sorry maar die beste gedeeltes moet nog verskyn maar dankie vir al die positiewe terugvoer sovêr !

    Reply
  • Avatar
    Dec 11, 2018 at 5:36 pm
    Permalink

    Blikemmers briljant; ek het dit nie verwag nie…Will jou windhond.
    Ons gaan encore vir ‘n opvolg…..jy kan ons nie so los nie!!

    Reply
  • Avatar
    Dec 11, 2018 at 3:34 pm
    Permalink

    Hierdie is al die episodes wat Wille Will vir my gestuur het. Die storie eindig so. 🙂

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)