Die sagte hand
deur Alter Ego
Soos alle dae is ek in my kantoor besig met die daaglikse roetines. My ontvangsdame steek haar kop by die deur in: “Hier is ‘n dame wat opsoek is na een-of-ander plek waarvan ek nog nie gehoor het nie. Kan jy haar help, asseblief?”
“Stuur haar maar in,” sê ek.
‘n Dame stap in. Nie die maerste van ons spesie nie, maar selfs vir my as vrou, aantreklik. “Goed versorgd,” dink ek. Dit is egter nie haar “looks” wat my oorrompel nie, maar die totale vriendelikheid waarmee sy haarself aanmeld.
“Goeie môre, mevrou,” sê sy in ‘n heuning-soet stem. Haar oë praat saam met haar mond en ek bewonder stilweg die vorm van haar lippe – soveel so dat die stilte my in die rede val.
“Ekskuus tog,” sê ek. “My gedagtes is elders” – en ek besef ek bloos en ek kan niks daaraan doen nie! “Kan ek help?” vra ek terwyl ek opstaan.
Sy offer my haar hand.
“Simonè” sê sy.
Haar hand is besonder sag en ek wonder watse handeroom gebruik sy. Vir ‘n oomblik wil ek net haar hand vashou. Vir die tweede keer vanoggend bloos ek.
“Cynthia,” sê ek.
Ek kon haar ook nie help met die plek waarna sy gesoek het nie, altans nie dadelik nie, maar ek het net die behoefte gehad om haar te help. Na ‘n paar oproepe het ons die fisiese adres gehad en ek kon haar beduie. Terwyl ek navraag gedoen het, het ek haar ‘n stoel geoffer. Iewers, terwyl ek op die foon besig was, het my oë haar lyf verken.
“Besonderse borste” het ek gedink . . . en onmiddellik skaam gekry omdat ek vir ‘n ander vrou se borste kyk. Nog ‘n bloos! Ek kon nie veel van ons tussen-in gesprek herroep nie. Wat ek wel duidelik onthou, is dat sy heeltyd hierdie fyn glimlag het wat mens aan ‘n engel laat dink.
Nadat ek na die beste van my vermoë verduidelik het, bied ek aan om saam met haar uit te stap. Buite groet ons en sy bied my weer haar hand. Daardie ongelooflike hand. Met haar ander hand vryf sy so teen my arm op tot by my skouer. Daar gaan ‘n vreemde tinteling deur my hele lyf. Nog vreemder vir my is dat dit ‘n seksuele tinteling word.
“Baie dankie” sê sy. Sy het nog iets gesê, maar ek het nie eers mooi gehoor nie – ek het ‘n ongekende dog intense behoefte gehad om haar te soen.
Terug in my kantoor, besef ek ek het ‘n ligte bewerasie. Ek sukkel om te verstaan wat nou gebeur het. Ek meen, van skooldae af was ek nogal uiters bewus van die seksuele. Geen onskuldige studentedae gehad nie. Getroud – gelukkig getroud. Nogtans al ‘n “affair” of twee gehad – net omdat ek kan. Kon nog nooit verstaan hoe mense van dieselfde geslag aangetrokke tot mekaar kan wees nie. En nou? Wat het dan nou gebeur? ‘n Wildvreeemde vrou het sopas my hele verwysingsraamwerk ontspoor!
Vir die res van die dag sukkel ek om my gedagtes by my dagtaak te bepaal. Tewens, ek sukkel om myself by enigiets te bepaal. Ek dink onder andere aan Simonè, die naam Simonè. Ek dink dit is ‘n besonderse naam. Ek gaan soek die betekenis. “The meaning of Simone is ‘she who hears’. It is a biblical name.” Ek het mos haar Engel-kwaliteite aangevoel . . . en ek wonder wat het sy nou vanoggend “gehoor”? (Die antwoord hierop, het ek wel later gekry.)
. . . . en net so uit die bloute kom versteur sy weer my saligheid die volgende oggend! Sy sweef my kantoor binne met ‘n reuse bos blomme. Dit is egter nie die bos blomme nie maar haar kort en ligte lente-rokkie wat my opval.
“Pragtig” sê ek.
“Ja” sê sy. “Dit is om dankie te sê vir al jou moeite gister.”
“Ek het eintlik na jou verwys” dink ek terwyl ek my beste glimlag opsit. Sy loop om die tafel, soen my saggies op my wang.
“Dankie” fluister sy. “Jy is ‘n ster”.
Ons het ‘n kortstondige gesprek oor klein gunsies wat nie ‘n dankie nodig het nie en onbaatsugtige mense en dankie-sê mense en die lente wat in die lug is en die absolute waarde van blomme .
“Weet jy, dit voel vir my of ons mekaar al jare ken. Jy moet bietjie by my kom tee drink,” sê sy en ek voel so warm gloed in my nek opstoot.
“Klink na ‘n goeie idee,” sê ek en dit is asof ek myself dit hoor sê sonder dat ek dit regtig wou sê. Sy swaai haar bene netjies en styf teen mekaar by die motor se deur in en ry by die hek uit so asof dit ‘n alledaagse besoek was.
Terug in my kantoor kan ek letterlik voel hoe die lewe weer terugkom in my wange en in my bene en ander plekke wat sy lam gemaak het. Met baie meer vrae in my gemoed as gister, vat dit nogal ‘n tydjie om my dagtake te hervat. Vreemde vrae. Soos ek wonder watse panty sy nou onder die rokkie aangehad het . . . en of sy ‘n panty aangehad het . . . en hoekom wonder ‘n normale vrou oor ‘n ander vrou se onderklere . . . en nog ander sulke wonders. Wat eintlik vir my die ergste is, is dat sommige van die gedagtes my met ‘n glimlag laat. Hoekom? is natuurlik die retoriese vraag.
Twee weke later, op ‘n sonnige Vrydagoggend, lui my foon. Dit is Simonè!
“Ek het gedink, met sulke pragtige weer is dit ideal vir tee saam met ‘n spesiale nuwe vriendin. Môre-middag so twee-uur sommer by my huis,” sê-vra sy.
Normaalweg sou dit vir my maklik wees om so aanbod van die hand te wys, maar dit is asof my verstand op ‘n staking gegaan het. Ek weet Liefie werk en sal eers ounag tuis wees.
“Dit sal tog lekker wees,” sê ek en weer is dit so asof dit nie regtig ek is wat dit sê nie.
Ek kan nie onthou of ek al ooit vantevore in my lewe so gesukkel het om op ‘n uitrusting te besluit nie. My normale klerekas voel skielik vir my so outyds. So oud-modies. Selfs die keuse van onderklere het ‘n probleem geword. Ek wil formeel aantrek, want dit is ‘n eerste afspraak en die adres is in ‘n gegoede gedeelte van die dorp. Maar dit is ‘n tee-afspraak, dalk in die tuin. Ek wil iets ligs aantrek – soos wat sy die laaste keer aangehad het. Op die ou-end is ek daar uit met ‘n korterige romp met ‘n ligte toppie en sandale. Nie omdat dit reg gevoel het nie, bloot omdat dit die finale besluit was.
Ek stop voor die hek by die adres wat ek gekry het. Voordat ek kon skakel om my aankoms aan te kondig, skuif die imposante groot hek voor my oop. Sy het duidelik vir my gewag. Dit is ‘n indrukwekkende groot huis met ‘n ewe indrukwekkend groot en netjiese tuin. Sy kom by die voordeur uit terwyl ek in die oprit opry en ek besef as ek vir haar kyk, gaan ek vandag in iets vasry. Sy het weer ‘n ligte lenterokkie aan. Enetjie wat so wip as sy stap. Ek maak my venster oop.
“Kan ek maar hier stop,” vra ek.
“Jy kan stop net waar jy wil,” verseker sy my.
Ek voel baie selfbewus toe ek uitklim en ek verstaan dit glad nie.
“Jy lyk pragtig,” sê sy so asof sy geweet het wat gaan in my gemoed aan.
Voor ek kon reageer, is sy by my en soen sy my saggies op my wang.
“Welkom,” sê sy en so in die omdraai vat sy my hand om my na die voordeur te begelei. Ek kry so snaakse onbeskryfbare oomblik of ek regtig is waar ek wil wees.
In die voorportaal hang ‘n gesinsfoto. Ek kyk daarna.
“Dit is my man en ons seun. Hier is my seun se gradeplegtigheid. Hy is ‘n prokureur,” sê sy en ek kan die moeder-trots aanvoel. Dit laat my ietwat gemaklik voel.
“My man is tans in die buiteland. Hy is ‘n sakeman.”
Dit is ‘n indrukwekkende huis en dit is duidelik dat hier geen tekorte is nie.
Ons maak ons tuis op ‘n groot stoep. Dit is beskut teen die elemente en ook baie privaat. Die tuin se vreedsaamhied maak dit ‘n perfekte kuierplek. So tussen vrugtesap en tee en klein-gebak, verloop ons gesprek maar soos enige normale vroue-gesprek – ons mans; ons kinders; siektes; en die gewone. Eintlik kuier ons heel lekker en buitestaanders sou waarskynlik dink ons ken mekaar al jare. Dus ook niks snaaks toe haar voorstel vir ‘n glasie wyn gemaklik aanvaar is nie.
Op ‘n stadium het sy opgestaan om vir ons iets te skink. Die wind het laf met haar ligte rokkie gespeel. Ek was oortuig sy het niks daaronder aan nie. Dit het my gedagtegang gekaap en my op onbekende weë geplaas. ‘n Voorspel waaroor ek geen beheer gehad het nie.
Iewers in ons gesprek maak ek toe ‘n uitlating oor haar mooi huis.
“O, maar kom ek gaan wys jou,” sê sy so in die opstaan en sy vat my hand. Inderdaad ‘n indrukwekkende huis. Nog groter as wat dit van buite lyk.
Die tweede slaapkamer lyk soos ‘n hotelkamer met sy eie dubbelbed en on-suite badkamer. Sy stap voor my in en wil omdraai om die lig aan te skakel. In die proses loop sy tromp-op in my vas. Ons gesigte is teen mekaar. Ons kyk vir ‘n oomblik diep in mekaar se oë. Ons lippe ontmoet kortstondig . . . en toe met oorgawe. Haar lippe is sag en ‘n onbekende lamheid spoel oor my hele liggaam. Sy gee ‘n tree agteruit en die engel-glimlag trek my soos ‘n magneet nader. Ek wil nog hê! Sy skuif die twee bandjies oor haar skouers en haar rokkie val om haar voete. Sy het nie ‘n bra aan nie en haar borste is meer aanloklik as haar lippe. Sy het toe wel ‘n broekie aan – weliswaar die kleinste van g-strings denkbaar!
Ek is op ‘n ander planeet! Ek staar met ‘n lus na haar wat my total lam laat. Sy kom tot my redding en trek my uit totdat ek ook net in my broekie daar staan. Sy vat my borste in haar hande en ek kry hoendervleis. Dit is ‘n hemelse gevoel wat die lekkerste tinteling dwarsdeur my lyf stuur. So sag. So lekker. Ek vat aan haar borste. Ek kon nie dink dat dit so lekker sou wees om aan ‘n ander vrou se borste te vat nie. Ons lippe vind mekaar en dit voel vir ‘n oomblik of ek ‘n klimaks gaan bereik.
Sy trek my broekie uit. Ek wil hare uittrek, maar sy het dit reeds self gedoen. Ons land op die bed, maar dit voel vir my of ek op ‘n wolk is. Waar sy ookal aan my vat, is die begin van ‘n tinteling wat dwarsdeuur my lyf gaan. Toe sy haar sagte hand saggies op my vrouwees sit, kon ek nie die plesier-gilletjie keer nie. ‘n Onbeskryflike lekkerte! Ek volg haar en ontdek haar skulp wat by haar perfekte borste moet pas. Haar vinger is sag op my klit. Sy weet so absoluut presies wat om wanneer waar en hoe te doen en sy doen dit met hierdie sagtheid wat my heeltemal wegvoer. Sy roer byna nie eers ‘n vinger nie, maar die golwe van plesier spoel heeltyd oor my. Ek moet myself met tye herrinner dat ek ook ‘n taak het. En toe gebeur dit. Loshande die grootste klimaks wat ek in my hele lewe gehad het. Dit voel of dit net nooit gaan eindig nie – die een groot golf op die ander. My rug trek krom en ek kan myself hoor skree.
“Wow,” is al wat ek kon uitkry toe dit stilte weer oor die kamer neerdaal. “Dit was ongelooflik lekker. Wat nou van jou.”
“Dit was vir my net so lekker,” sê sy en ek weet nie of sy ook ‘n klimaks bereik het nie, maar ek is in elk geval te lam om haar te help! Vir lank het ons net so gelê. Toe trek sy my nader en ons lê vir nog ‘n tyd so in mekaar se arms. Ongelooflik. Ek wens vir ‘n oomblik dat ek hierdie onbekende dog perfekte gevoel kan verewig.
5 COMMENTS
Visa Priceless
Skitterend. Ek wag al lank vir so een
Daar is darem nog so twee onder die “vrou lief vrou” kategorie onder die stories.
Ek het nog nooit self so iets probeer nie maar ek glo dat dit lekker sal wees, want vroue weet mos waar om te vryf en lek om plesier te gee. Mooi boob foto.
Sjoe! Ek is totaal en al ingetrek in hierdie verhaal in!