Die Nutsman
deur Milfomaan
Die voordeurklokkie lui. Dit moet die nutsman wees. My man het twee linkerduime en ek moes my na die Internet wend om ‘n handige ou te kry om ‘n paar dingetjies in die huis te kom regmaak. Read more “Die Nutsman”
deur Milfomaan
Die voordeurklokkie lui. Dit moet die nutsman wees. My man het twee linkerduime en ek moes my na die Internet wend om ‘n handige ou te kry om ‘n paar dingetjies in die huis te kom regmaak. Read more “Die Nutsman” →
deur Jan Pielewiet
(Lees die vorige episode HIER)
Vandat ek vanmiddag in die huis ingestap het is my gat aan die jeuk dat die mense moet gaan slaap. Ek weet daar is nie ‘n kans dat ek kan uitglip terwyl iemand nog wakker is nie, ek sal moet wag tot al die mense slaap. Ek het gehelp om skottelgoed te was na aandete en het sommer eerste gaan stort en my slaapklere aangetrek. Pa wou nog hmmm en ha, maar ek het sommer vinnig vertel dat ek vuil en moeg en taai is na die hoop boksies wat ek by die poskantoor moes inhandig. Ek het sommer bietjie aangedik en vertel dat die tannie my gevra het om haar te help deur klomp ander bokse ook deur te skuif van die toonbank area na die laai area toe. Op pa se vraag of ek darem ietsie by die tannie gekry het om dankie te sê het ek net gemompel dat sy my belowe het dat sy my ietsie later sou gee. As hulle darem kon weet dat ek vanaand my ietsie gaan haal …
Read more “Die Tannie van die Poskantoor” →
Read more “Bloufoto vir ‘n bloumaandag” →
deur Jan Pielewiet
(Lees vorige episode HIER)
My vrou is nou al ‘n paar dae weg met die kinders na haar ouers toe. Ons het ‘n lekker lang spyker sessie gehad die dag voor hulle gery het, maar ek is nog steeds so jags soos kan kom. Daar was vandag hierdie sexy rep met ‘n stywe pakkie en bonsende tieties en ‘n klomp suggestiewe aanmerkings by ons kantoor gewees en ek moes net mooi keer vir my wickets.
Read more “Porn kyk en draad trek (2)” →
deur Bosvelder
(Lees eerste episode HIER)
“Sandy is jy hier?”
Sandy bly doodstil sit. Flip, Mike moes haar gehoor het. ‘n Sagte klop aan die deur. Sandy reageer nie.
Mike draai verlig weg. Seker maar ‘n kat of iets.
Sandy het die twee probeer vermy, maar dis net natuurlik dat hulle mekaar by tye moes raakloop en sy baie hard probeer het om haar ongemak weg te steek. ‘n Paar dae later stap Trish in haar kamer aan.
deur Bosvelder
Die hele kantoor was verlief op haar, eintlik nie verlief nie, meer belustig, selfs die asters en die gays. Sy was net so sexy, lang bene, donker hare, blou oë. Haar vel sag en skoon. Boonop hoogs intelligent en artisties. Sy het graag hoë hak skoene gedra, haar klik-klak stappie bekend in die gange.
deur Boshcak
Ek is so net na sewe by Arista se woonstel. Sy maak vinnig die deur oop toe ek klop, glimlag op na my en haar hande gaan om my nek en agter my kop. Sy trek my gesig af na haar toe en die soen is vinnig, diep en in oomblikke glip sy haar parmantige tongetjie in my mond in.
Dis met baie lus en groot gelukwensing dat ek die wenner van Kombiekiehier se skryfkompetisie aankondig. Die wenner het baie meer stemme as die naaswenner gekry – daar is dus geen twyfel watter storie die lesers die meeste lus gemaak het nie. Read more “Skryfkompetisiewenner!” →
(Hierdie was nog ‘n inskrywing vir Kombiekiehier se storiekompetisie. Onthou om vir die finaliste te gaan stem!)
deur Avanni
Ons ken mekaar al ‘n paar jaar en ons gesprekke was nog altyd vriendskaplik, maar vanaand het daar n ander toon ingesluip. Read more “Onthou” →
deur Wille Will
Ons is ‘n klompie wat saamdrom om ‘n plakkaat wat seker die vorige aand op die lamppaal by die skoolhek opgeplak is.
“Ek hou die meeste van die sweefstok artieste!” roep een stem. “En die ouens wat op die draad loop,” sê ou Dawie opgewonde.
“Nee, die leeus en die bere …en-en-en die poedels, soos my Fifi by die huis, wat so dans en trieks doen,” hoor ek Janice, die snip, haar stuiwer ingooi.
“Let’s face it julle, sonder die hansworse is ‘n sirkus nie ‘n sirkus nie,” maak Groot Neels almal stil. Hy is nou die derde jaar, opeenvolgend, in Matriek. Ek stap weg van hulle en herinner my die vorige keer toe die sirkus ook in die dorp was …
Read more “Die Sirkus kom dorp toe” →
deur Wille Will
Nonnie soek en kry my hand naaste aan haar lyf en plaas dit op haar een bors. Die tepel is nog kliphard onder my handpalm. Daar is ‘n kalm na-gevoel in my brein. Read more “Ommekeer (3)” →
Read more “Oom Potjie se gas” →
deur Ramkat Erasmus
Sy word wakker en is vir ‘n paar oomblikke nie seker waar sy is nie. Dan onthou sy. Op die dakbalk onder die grasdak sit ‘n geitjie vir haar en kyk. Dan skielik beweeg hy blitsvinnig oor die balk na ‘n gat in die muur en verdwyn.
Sy kyk stadig na haar linkerkant toe. Hy slaap, met sy mond effens oop, sy grys stoppelbaard langer as wat sy onthou. Sy trek die laken versigtig van haar af en sit regop. Dan swaai sy haar voete van die bed af en staan op. Sy loop na die badkamer toe en druk die deur agter haar toe.
Sy klim in die stort en wag dat die warm water die muwwigheid uit haar kop spoel. Sy was die taaiheid tussen haar bene sorgvuldig en druk haar vingers tussen haar lippies in om seker te maak sy is skoon. Sy onthou die gevoel van hom binne in haar. Sy piel is dik. Cokeblikdik, soos sy daarvan hou. Dit gee haar ‘n gevoel van volwees. Dit laat haar vinniger kom.
Hy’t by haar restaurant ingestap en ‘n alkoholvrye bier gedrink. Sy lenige lyf het haar dadelik opgeval. Die welige bos swart-en-gryswordende hare en sy grou oë het haar ook welgeval. Sy hande groot, sterk.
Hy’t ‘n verslete denimbroek gedra, met ‘n hemp waarop daar allerhande logo’s van vliegtuie en vliegmaatskappye aangebring is.
Hy’s ‘n helikoptervlieënier het hy vertel. Doen meesal anti-renosterstroop werk. Na nog ‘n bier het hy gevra of sy dalk wil gaan saamvlieg. Sy’t nog altyd van helikopters gehou en het ja gesê. Hy noem toe dat hy ‘n pakkie Skukuza toe moet vat, en as sy kan, kan hulle sommer nou vlieg.
Sy lag toe en verduidelik dat sy ‘n restaurant het om te bedryf en dat sy reeds verskeie besprekings het. Toe nooi hy haar om die volgende oggend vroeg saam te vlieg om die sonsopkoms uit die chopper te sien. Afgespreek.
Die volgende oggend het sy warm aangetrek. Leerbaadjie, wolhemp, leerbroek, serp, handskoene en ‘n kadotjie om haar weerbarstige rooi hare in toom te hou.
Toe haar Landy by die vliegloods stop het hy uitgestap gekom en haar met ‘n brëe glimlag verwelkom. Haar sommer ook ‘n terloopse soen op die mond gegee.
Toe’t hy haar na die kleinste helikoptertjie toe gevat, die deur oopgemaak en haar ingehelp. Hy’t haar gehelp om die sitplekgordel vasgemaak te kry en toe omgeloop na die ander kant toe, waar hy behendig ingeklim en sy gordel vasgemaak het. Hy’t vir haar ‘n stel oorfone gegee wat sy oor haar kop gesit het, en toe het hy onverstaanbare goed gesê vir iemand aan die anderkant van die lyn. Hy’t vorentoe gebuk en knoppies gedruk en toe begin die rotor bo hulle kop draai.
Hy’t die klein choppertjie eers ‘n ruk teen die aanloopbaan laat afgly en toe het hulle skielik al hoër en hoër begin beweeg. Toe hoor sy, sy stem in haar oorfone.
“Alles reg by jou?”
“Ja. Dis lekker,” het sy terug geantwoord.
“Kyk daai kant toe. Jy gaan nou die son sien,” het hy met sy linkerhand beduie. En ‘n minuut of wat later het die heldergeel son sy kop oor die horison gesteek.
Dit het haar asem weggeslaan. Die opkoms van die bosveldson was vir haar nog altyd spesiaal. Maar om dit so, hoog uit die lug uit te sien was regtig besonders. Hy’t nog ‘n rukkie na die opkomkende son toe gevlieg en toe het hy links gedraai en laer begin vlieg.
“Kyk daar!”
Sy’t gekyk na waar hy wys en die trop olifante gesien. Een of twee van hulle met hulle slurpe in die lug terwyl hulle die helikopter probeer verjaag. Hy’t verder gevlieg en nog diere uitgewys. ‘n Trop buffels, ‘n paar renosters, baie rooibokke en by ‘n watergat vier leeus.
Toe het hy weer iets onverstaanbaar vir iemand deur die mikrofoon gesê en ‘n rukkie later op ‘n oopte op ‘n koppie geland.
“Kom. Brekvis …” het hy gesê.
Hy’t ‘n klein luikie aan die kant van die choppertjie oopgemaak en begin om ‘n gasbraaier en ‘n koelboks uit te haal
Gou het hy spek, varkworsies, eiers en roosterbrood opgetower en toe ‘n fles met koffie uitgehaal. Hy’t vir haar ‘n verkyker gegee en sy kon die bosveldprag rondom hulle verken.
Na ete het hy alles teruggepak in die chopper se luik en haar weer ingehelp.
Twintig minute later land hulle weer by die dorpie se vliegveld en hy help haar uit.
“My bakkie word gediens. Sal jy omgee om my huis toe te vat?” het hy gevra na alles uitgelaai is.
“Natuurlik,” het sy gesê en aangestap na haar Landy toe.
Hulle het lekker gesels al die pad na sy huis toe, en toe hy uitklim het hy sy arms om haar gesit en haar weer op die mond gesoen. Sy stoppelbaard het bietjie gekrap, maar dit was vir haar lekker. Sy’s ‘n lang vrou, maar hy was net lank genoeg om te moes afbuk om haar te soen.
Toe die laaste gaste die aand die restaurant begin omtruim, lui haar foon. Dis hy.
“Onthou jy nog waar ek bly?” vra hy.
“Ja”
“Nou kom drink ‘n nightcap …”
Sy’t geglimlag en ingestem.
Sy huis is ‘n eenvertrek, grasdak, rondawel-tipe plek onder ‘n groot kremetart. Toe sy ingery kom loop hy by die voordeur uit.
Sy stop langs die boom en stap nader.
“My moer! Nou sien ek vir die eerste keer jou hare!”
Sy onthou dat sy die vorige dag ‘n doek om haar kop gehad het soos wat sy altyd in die restaurant dra en vanoggend die kadotjie. Haar hare is welig rooi en feitlik onbeheerbaar. Op laerskool al het sy die bynaam “Gemmerkat” gekry. Haar naam in Milaan, New York en London tydens haar modeldae was toe ook Ginger.
“Sorrie. Dit is wat dit is.”
“Ek is mal daaroor,” sê hy met ‘n glimlag. “Kom in …”
Sy plek is duidelik ‘n man se plek met hout en leermeubels, ‘n Groot TV en ‘n kroeg. Eenkant in die oopplanhuis in ‘n kombuisie, ‘n kroeg en ‘n trap wat na ‘n slaapvertrek lei. Sy kan ook ‘n deur op die verdieping sien wat vermoedelik na ‘n badkamer toe lei.
“Sit. Wat skink ek?”
“Het jy whiskey?”
“Ha. Het ek whiskey. Monkey Shoulder goed genoeg?”
Sy knik en hy gooi ‘n stewige dop in ‘n swaar kristalglas in.
Sy het die sterk, geurige vloeistof in haar keel laat afgly en vir hom gekyk oor die rand van die glas.
Defenitief haar tipe man.
Hulle het oor ‘n wye reeks onderwerpe gesels. Onder andere oor sy dae in die lugmag en haar tyd as model. Toe het hy opgestaan en ‘n boksie van ‘n rak afgehaal. Hy’t begin om ‘n sigaret te rol.
“Hoop nie jy gee om nie?”
Sy’t haar kop geskud. In haar modeldae het sy en haar vriendinne gereeld dagga gerook om die hongerpyne te verjaag.
Hy’t ‘n diep teug gevat en toe die sigaret vir haar gehou. Sy’t ook ‘n diep trek gevat en dit so lank as moontlik in haar longe gehou voor sy dit weer uitgeblaas het.
Na ‘n paar trekke het hy dit wat oor was doodgedruk in ‘n asbakkie en toe agteroor gelê in sy stoel.
“Dis nou fokken lekker …” het hy gesê.
Haar kop was deurmekaar, plesierig beneweld en rustig. Sy’t van haar stoel af gegly en na hom toe beweeg. Toe’t sy sy denim se gulp oopgeknoop, sy onderbroek afgetrek en sy voël uitgehaal. Hy was nog pap, maar na sy hom in haar mond geneem het, het dit nie lank gevat voor hy hard en dik in haar mond geword het nie.
Sy’t hom eers net gesuig en toe hy begin kreun het sy haar tong van bo na onder oor sy skag laat gly. Sy’t aan die sagte vleisies net bokant sy balle geknibbel, sy kanters in haar mond genaam en saggies gesuig., Toe weer na boontoe en sy, nou pers-geswelde, pielkop omvou. Terwyl sy hom lek en suig het sy haar hand teen sy skag laat op en af beweeg.
Hy’t diep gesug en haar mond vol geskiet. Sy’t gesluk en gesluk en toe verder gesuig tot sy seker was dat hy heeltemal leeg is.
Toe’t sy hom aan die hand opgetrek en teen die trap opgelei.
Sy’t hom eers uitgetrek en toe op die bed neergedruk. Toe’t sy vining van haar klere ontslae geraak. Sy’t sy piel vasgevat en hom gepluk tot hy weer styf was. Toe’t sy oor hom gaan sit en sy dik vleispaal in haar sopnat poesie ingedruk.
Sy’t stadig vorentoe en agtertoe begin beweeg en toe effens op en af. Die gevoel was intens. Sy het nooit as model seks gehad na sy dagga gerook het nie, en die benewelde lekker en lus van sy cokeblik in haar het haar vinnig orgasme na orgasme laat kry.
Toe hy uiteindelik weer kom het sy van hom afgerol, haar arms om hom gesit en aan die slaap geraak.
Iewers in die nag het sy wakker geword van sy tong op haar poesie en weer en weer gekom. Toe’t hy haar bene oopgedruk en haar ordentlik en hard genaai.
***
Die stort se water spoel oor haar en wat ‘n reinigings oomblik was word toe sommer gou-gou ‘n seksdaad.
Sy vryf haarself tot sy weer rukkend ‘n klimaks bereik.
Sy klim uit die die stort uit en droog af. Dan loop sy terug slaapkamer toe.
Haar chopper-pilot lê nou op sy rug, sy ereksie duidelik sigbaar onder die laken. Sy trek die laken af en buk oor hom. Sy onthou die eerste keer toe sy Sergei se piel gesuig het. Sy, die jong onskuldige meisie van die platteland in Suid-Afrika. Hy, die gesoute mode-fotograaf uit Praag. Hy’t haar gevolg, blomme gekoop, na die duurste en beste restaurante toe gevat en uiteindelik in sy bed ingepraat. Hy’t haar van haar maagdelikheid ontneem en haar toe geleer hoe om te naai. Sy eerste les was om haar so ver te kry om sy voël in haar mond te neem. Daarna het hy haar geleer hoe om te suig an al die ander dinge waarvan ‘n man hou.
Sy was verknog aan hom, maar toe ‘n nuwe, jonger, meer onskuldige meisie op die toneel verskyn het hy haar met ‘n glimlag laat val.
Die volgende paar mans in haar lewe was almal ryk, gesofistikeerd en aantreklik. En sy het hulle piele gesuig met al die kennis wat Sergei haar gegee het.
***
Terug in Suid-Afrika het sy met ‘n boerseun getrou. Dit het nie lank gehou nie, want na hy haar die eerste keer geslaan het, het sy hom met sy eie pistool weggejaag en ‘n saak teen hom gemaak.
Toe’t sy haar restaurant oopgemaak, dit die “Gemmerkat” genoem en rustig met haar eie lewe voortgegaan.
Die chopper pilot is die eerste man in drie jaar.
***
Sy ry hom en ry hom tot sy oë oopsper en hy met ‘n diep brul binne in haar kom.
Dan val sy vooroor en vind berusting in sy grys borshare en sy lyf.
deur Max Lombaard
Haar kaal lyf druk teen myne, beide bedek met die enkelbedduvet.
“Hoekom het jy by Nicky se huis gesê ek is net oukei in die bed?” vra Luna met gekneusde note in haar stem, terwyl sy die langbruin hare weg van haar deurdringende staar vee.
Met ‘n sug draai ek op my sy, terwyl die vraag moeisaam deur my troebel gedagtes swem.
“Waarom vat dit jou so lank om te antwoord? As ek net oukei is, sê net.”
Sy praat driftige en haar skerp wenkbroue frons. Die lig van die kers – op die melkkrat langs die bed – maak ‘n warm gloed oor haar hoë wangbene en vol lippe.
“Ek het nooit gesê jy’s net oukei nie. Ek het verwys na ons liefdemaak as nog groen. Oukei beteken middelmatig, groen beteken nog nie ryp nie,” verduidelik ek geïreteerd, my hand op haar arm.
Ek hoor hoe kortaf my stem klink en is spyt, want sy vlieg op en slaan die lig aan.
“Toe ons begin het was dinge nog, wel … ons was nuut, ons lywe …,” sit ek regop en probeer vredemaak. “… maar die afgelope – vandat ek hier ingetrek het … jy’s goed in die bed.”
Sy trek kwaad haar swart panty oor daai verruklike boude en haar borste bons soos sy klere in haar rooi toksak smyt. Ek staan op.
“Een ding waarmee ek geseën is, is dat ek die ongelooflikste lovers gehad het … ” probeer ek verduidelik.
“Ek’s so bly om dit te hoor!” spoeg sy en rol daai smaragkykers in daai groot oogkaste.
“Jammer, dit het verkeerd uitgekom … ”
Sy gooi die laaste paar kledingstukke in die sak en draai na my. Trane maak blink spore oor haar wange en drup op die stowwerige ou houtvloer. Sy laat my dink aan ‘n karakter uit ‘n Tolstoy-roman, ‘n hartseer Russiese skoonheid en dis onweerstaanbaar.
“Ek kon vroeër maklik wegstap,” bewe haar onderlip en ek wil my mond teen haar hartseer druk. “Maar nou het ek vir jou die mag gegee om my te affekteer. Ek weet dis simpel, maar ek wil so graag die enigste een wees.”
Ek gee ‘n tree tot teen haar en forseer my arms om haar. Sy draai haar kop weg en stoei om weg te kom. Ek kry haar in ’n greep en hou haar ferm teen my. Ná ’n ruk sit sy nie meer teë nie en kyk versigtig na my, haar asem onskuldig teen my gesig.
“Ek sê die verkeerde goed,” probeer ek verskoning vra. “Jy’s so goed in die bed. Jy weet dit. Vergeet die verlede. Kom ons ervaar nou. Hier. Jy kan mos voel hoe fantasties ons saam is? Vertrou jouself.”
Sy verlep snikkend teen my, haar rug ruk van die huil. Trane loop oor my nek en skouer. Ek hou haar vertroostend vas, raak bewus van haar lyf se hitte en die reuk van haar vel, die reuk van Weskus-see, van vars koljander en nog ‘n misterieuse element. Sy kom eindelik tot bedaring, lig haar kop in ʼn dromerige waas en draai uit my arms uit weg.
“Ek wil na Leonard Cohen luister,” sê sy strak.
Kaalvoet, net in haar panty, kniel sy swaarmoedig by die enigste tegnologies gevorderde toestel in my kamer, ‘n ou ghetto blaster.
“Sal jy vir my nog wyn skink?” vra sy droewig.
Ek knik. Leonard begin sing. Ek sit die kamerlig af en die kersligatmosfeer keer terug. Sy gaan lê dwars oor die bed – haar rug teen die muur gestut deur ’n kussing. Kerslig streel oor haar aantreklike dye en bene. Haar weerlose voete hang ’n ent bo die vloer. Sy tel Anaïs Nin op en verberg haar gesig met die boek. Jane came by with a lock of your hair, sing Leonard. Ek gooi in die swaar atmosfeer, goedkoop wyn in ’n koffiebeker en gee vir haar. Sy vat dit sonder om op te kyk en lyk op haar mooiste so, met woede en hartseer wat in haar ronddwaal. Die wekker wys vieruur. Ek skink die laaste bietjie wyn en gaan sit op die rand, langs haar.
Sy lees. Leonard sing. Tyd tik. Dit voel asof die kamer uit die bestaan wegsink, na iewers tydloos, na niks, die niet. Ek proe kraaie in die wyn en laat die musiek tot in die murg van my bene in vreet. Luna draai na my en sê sy’t die laaste bladsy van Anaïs Nin se dagboek verloor.
“Dis net weg. Nou eindig die boek met, “I won’t rest … ”
“Gepas vir vanaand.”
Ek wil meer sê oor vroeër, maar die woorde verdor voor hulle uit my keel kan vlerk vind. Die boek val as haar hande na my toe kruip. Ons draai na mekaar, my ereksie wat groei voor ons aan mekaar raak. Honger en haastig klim ek op haar, ons lywe sweis saam en ons verjaag die smart, jaag desperaat ‘n beduiwelde klimaks na.
“Ma-haaaaa-mal … daaroor as jy ooe-oe-oe-oe-op-hhh-hhh,” sy probeer in onreëlmatige asemrukkings woorde uitkry tussen diep stampe. “… op my klim ah-ah-ah … ek jou volle gewig o-o-o-op my … ah … v-v-v-voel.”
Ek is versot daarop om te sien hoe my harde fallus diep in haar pyl, onversadig naai ek met woedende lus. Haar poeslippe peul druppende oop om my stam. Ons het geen meer beheer, ons lywe is oorgeneem deur die swaartekrag van die son – aan die ander kant van die wêreld – en die maan – bo ons koppe – wat ons op en af pluk. Haar heupe vonkend in opwindende wriemelinge. Sy kry stuiptrekkings. Sy gaan kom, ek gaan kom, ek hou terug. Met die plesier diep in beide geanker trek ek met ‘n slurpklank my gelaaide voël trillend uit. Sy smag om die pulsende vleesstok terug in haar te voel. Dierlik gryp sy my, druk my hard tussen haar swetende dye in. Met elke stamp bons haar borste. Haar warm, gladde dooswande gly verrukslik om my manlikheid. Haar donker hare skut as sy onder my spartel soos ’n vis op land … meteens word sy stil, haar mond rek oop, haar begeerlike vol tong lig na bo en haar nek span styf.
Aaaaaaaaaaaaaaaahhhhhhh, skree sy haar orgasme in klanke van kleur oor die plafon.
Eindeloos vlieg gille soos bont vlermuise uit haar diepste wese. Ek hou dop, verstom oor hoe min verskil daar, op die oog af is, tussen ’n gil van pyn en een van genot – maar in klank is hulle wêrelde uitmekaar.
My plesier bly looiend roep. Ek stamp weer, harder. Met elke botsing breek nog onheersde gille van plesier uit haar. Blinde storms ruk ons skedels. Haar neurosisteem kook oor. Sy smelt. Blou demone neem ons lywe oor. Ek kom. Haar oë dop om …
Luna snak soos een wat lank moes opswem na die oppervlak. Ons komeet die sterreruim in. Na wat voel soos ‘n dekade, dryf ons af in ʼn duistere niet en land – lywe saam gekoeksister in die stroop van genot – in die palm van saligheid.
“Ek voel mistig, vaag, dis wonderlik … ” kom sy fluisterend tot verhaal.
Ek hou haar verlief dop en deur haar groen poele herondek ek die kamer, my kamer wat skielik vreemd lyk, asof ek lank weg was.
“Voorheen was dit altyd ’n ander sensasie,” praat Luna soos een wat pas bekeer is. “Ek kom tot die gewaarwording dat my vorige orgasmes buite my was – klit-orgasmes. Hiérdie, hierdie was iets totaal anders. Dit was ’n diep storm wat my geskud het, ’n sikloon …”
My lyf lê, gedaan, skuin oor haar. Toffietaai kleef ons velle. Haar gesig straal en ek soen haar vreedsaam, my skaduwee val oor haar. Ek kom agter Leonard het ophou sing. Sy kyk verby my met ʼn onherkenbare selfversekering in haar waarvan ek nie hou nie, maar ek ignoreer dit en vryf oor haar borste. Streel oor haar maag. Tussen haar bene is sy oop en nat. Dié volgende rondte van ons lusspel is donker, twee kraai wat om mekaar dans terwyl hul mekaar opweeg. Ons lus beur so reusagtig in ons op dat ons onderlywe styf aan mekaar vas magneet. Ons grom vir mekaar as ons velle tref, tanne ontbloot. Die plesier tap heuning uit ons beenmurg en ons duik agter die lekker aan, verby mekaar se velle, in die erotiese grotte van ons psiges in. Die lewe weerlig in ons ruggrate, ‘n koggelende intense Tom Waits-karnavalsang vul ons. Dinge word wakker waar daar lanklaas lewe was. Ons ondek vergete sielspielonke. Binne hierdie kru, lyfdeuntjie pen ek haar desperaat vas. Swart woorde gil in my. Tikmasjien-skote knars agter my oë, hul knal meedoënlose en vorm sinne.
“Jy’s te rof,” kla sy as ek haar doggy style ry.
Ek draai haar om, spalk haar oop, naai en naai – daar’s anargie in ons orgasme. Geblus lê ons.
Intense herinneringe kom tussen die skerp seksreuke by my op. Ek sien vorige minnaresse – wrakke van liefdes wat gesink het teen die rots van my hart. Ek gaan sit nog ʼn Leonard Cohen CD op. Terug in die bed streel ek slaperig oor haar gesig. Daar’s ‘n patetiese, tog desperate hoop, dat Luna dalk sal bly.
There is a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in sing Leonard.
Luna lig haar self, haar hare kielie my rug en sy blaas die kers dood.
deur Uther Pendragon
“Location, location, location” – dit is wat die agent gesê het toe hy die vervalle huisie in die middelklasbuurt vir ons gewys het. Ek onthou dit nog soos gister, al was dit seker meer as 15 jaar gelede, toe ek en Liefie as pasgetroudes huis gesoek het. Dit was ons eerste huis en dit was die enigste een wat ons kon bekostig. Na ‘n lang restourasieproses het die huis ‘n aardige som op die huismark behaal, want die agent was toe al die tyd reg.
Maar vir my is dit nie die struktuur wat regtig vir my die gevoel van huis gee nie – dis die liefde van jou lewe wat die struktuur in ‘n tuiste omskep. Ek is een van daardie weinige mans wat dit bedoel wanneer hy vir sy geliefde sê: “ek sal jou vir ewig liefhê”.
Liefie is die mooiste vrou op aarde, en die liefste en die gaafste, en die slimste, en gevatste, en stuitigste en en en … en ek sal nooit genoeg van haar kan hê nie. Dit is ook hoekom ek haar nooit vir ‘n ander sal los en ewig by haar sal bly. En ja, jy is reg – ek ís obsessief oor haar, en ja, ek erken dit openlik – ek aanbid haar. Ek dink heeldag aan haar, wil heeltyd by haar wees en kan nie my oë van haar wegskeur nie, selfs al is daar ander vrouens in die omtrek. Om dit eenvoudig te stel: ons is vir mekaar gemaak.
Ons verhouding het geblom van stuitige verliefdheid, tot ‘n diep passie, tot ‘n alleroorheersende intieme innigheid. In al die jare wat ons saam was het ons verhouding net verdiep. Ek onthou toe ek haar op kampus raakgeloop het – eerder raakgehardloop het. Ek was laat vir klas en het vinnig om die Fisikagebou gehol en so hard in haar vasgebots, dat sy op haar agterstewe op die plaveisel geland het. Sy het vir ‘n sekonde of twee winduit, met haar bene daar oopgesprei gelê. Sy het ‘n wit broekie aangehad – wat ‘n bietjie klein was, of miskien was haar bos te groot. Ewenwil, daar waar ek op hande viervoet tussen haar bene geval het, kon ek so 30 cm voor my neus haar swart skaamhare rondom die wit lappie sien uitkrul. Ek kon sien hoe haar gesig donker bloos toe ek my hand na haar toe uitsteek om haar op te help en toe sy haar asem terugkry, snou sy my toe met: “kyk waar jy gaan stupid!” Ek het haar boek-goed, wat op die grond uitgeval het, in haar sak teruggestop en dit vir haar aangegee. Sy het dit uit my hand geruk en met die wegstap gemompel: “fokken vark”.
Ek het haar daarna in die gange en tussen die geboue op pad klas toe of biblioteek toe opgemerk. Op Woensdagoggende het sy in die biblioteek gesit en swot. Ek het een dag so gemaak-toevallig verby haar in die biblioteek gestap en in die verbygaan vinnig ‘n sjokolade op haar tafeltjie gesit met ‘n notatjie: “Sorrie – vir die stamp en die loer”. Ek het vinnig verder gestap sonder om om te kyk om te sien wat haar reaksie was. Ten minstens het sy my nie met ‘n boek teen die kop gegooi of so iets nie.
Dit was ‘n reënerige aand en dit was sulke tyd by die varsity. Ons het een van daardie take gehad wat jy nie slegs met jou goeie verstand en met behulp van ‘n senior se taak van die vorige jaar kon afskryf nie. Dit was ‘n opsoekery en kruisverwysery en opsommery vir ‘n vale en die beste plek daarvoor was maar die biblioteek eerder as die lawaaierige koshuiskamer. Gelukkig was dit al laat en ek was basies alleen op die boonste vloer van die biblioteek en ek kon sonder enige onderbrekings werk. Ek was so diep in die joernale versonke dat haar sagte “haai” langs my, my amper aan my spoeg laat stik het.
Ek het opgekyk en haar gesien staan met dieselfde rok aan as die dag toe ek in haar ingeploeg het. Ek het die bloed na my kop voel druis en my sjarmantste glimlag gegee en my bril afgehaal. Sy het kalmpies oorgeleun en my bril van die tafeltjie opgetel en weer op my neus teruggesit en met ‘n glimlag gesê: “jy sal dit nodig hê as jy wil loer” en daarmee het sy haar skoen uitgeskop en haar kaal voet op my knie gesit. Dis toe wat ek vir die eerste keer haar rooi toonnaels gesien het. Sy het met ‘n glimlag die rand van haar rok stadig voor my neus opgelig. Sy het nie ‘n wit broekie aangehad nie – trouens sy het geen broekie aangehad nie. Binne ‘n sekonde was my hand stewig op haar stomende poesie geplant. Ek het maar min intieme ervarings met meisies gehad en die kontras van haar growwe krulle teen my duim en haar nat rubberige lippe op my palm het ‘n erotiese skok deur my gestuur. Ek het na haar opgekyk en gesien hoe haar ooglede swaar word toe ek my hand teen haar sagte vleis begin beweeg. Sy het haar dy wyer oopgemaak sodat ek beter kon bykom en my middelvinger het in haar slym-nat warmte ingeglip.
Sy het gesien hoe my ereksie my broek laat uitbol het en het haar voet daarop gesit. Ek kon sien hoe haar rooinael toontjies soos vingers om my knop vasklou. Skielik het sy sonder ‘n woord onder haar rok ingereik en my duim vasgevat en dit hard heen en weer teen haar klit gevryf. Ek kon voel hoe sy my vinger die dik vlesige stafie tussen haar lippe teen haar heupbeen vasdruk en wring en ek het daarmee aangehou. Duidelik het sy daarvan gehou, want toe ek opkyk was haar gesig bloedrooi met ‘n blos wat teen haar nek en oor haar bors sprei. Sy het met haar hande haar tieties deur haar rok geknie. Ek kon haar ruik en my hand het ‘n morsige slop-geluide gemaak soos wat haar poesie oor my dringende palm en vingers begin kwyl het. Haar voetbewegings het al hoe meer rukkerig in my skoot geraak.
Sy het diep suggeluide begin maak. Haar oë het oopgeflikker en ongefokus na my gestaar toe ek of sy “naai” uitsteun. Ek het wild rondgekyk na moontlikhede. Ek was nie lus om geskors of andersins gestraf te word nie – maar skielik tref die gedagte my: die trappe. Daar sou niemand dié tyd van die nag op die boonste verdieping se trappe wees nie. Ek het haar aan die hand gegryp en ons het waansinnig van belusting na die trappe gehaas. In die verbyhol het ek die deur van ‘n stoorkamer langs die trapdeur getoets en dit het oopgeswaai – nog beter. Ons het oorhaastig deur die deur gebondel in die donker papiermuf kamertjie die klere van mekaar begin afruk. Die enigste lig in die kamertjie was die ligstreep onder die deur. Ons lywe het mekaar warm en dringend ontmoet. My ereksie het slymstrepe op haar maag gedruk terwyl ons tonge nat mekaar se oop monde verken het. Haar tieties was vol en sag onder my vingers terwyl haar tepels styf in my palms geknop het.
Sy het my bo-op haar na die vloer afgetrek en ek het met een stoot my ding tot diep in haar skede opgedruk. Ons het soos wilde diere tussen ons klere op die stowwerige linoleumvloer gekoppel – sonder kondoom, voorbehoedpille, vrees vir swangerskap of siektes en sonder om mekaar se name eers te ken want dit was alles onnodige detail. Die belangrikste van alles was dat ons daar op die stowwerige vloer in die donker muwwerige kamertjie een wese geword het – en so het ons gebly.
Deur die jare saam het ons lus vir mekaar nooit getaan nie – selfs nie in die moeilike tye nie. Ons wou graag kinders hê en ons het alles gedoen om reg te maak daarvoor. Die spaarkamer is in ‘n kinderkamer omskep en ek het ‘n werk in die buurdorp gekry om meer te verdien. Al het dit ure per dag op die pad gekos, was geen opoffering te groot om vir my toekomstige gesin te sorg nie. Maar niks het gewerk nie – sy kon net nie swanger word nie. Sy was lank van die pil af, sy het kegel-oefeninge gedoen en ek het koue baddens gevat. Twee keer ‘n dag seks gehad wanneer sy ovuleer en elke dag vir die dae voor dit en daarna – net vir ingeval. Ons het verskillende dieëte en boererate uitprobeer, verskillende posisies probeer en elke dokter en kwaksalwer se raad gevolg. Uiteindelik die ginekoloog ons die nuus meegedeel dat die endomitriose so erg is dat dit onopereerbaar is en dat selfs in vitro-bevrugting nie sal werk nie. Ons het vir weke, eintlik maande hieroor getreur maar uiteindelik troos in mekaar gevind.
Ons sekslewe het stadigaan al hoe meer avontuurlustig geword en aangesien daar geen gesinsbeplanningsoorwegings meer was nie, kon ons laat waai wanneer en hoe ons wou. Ons het geweldige genot in mekaar gevind en amper alles in die boek uitprobeer. Soos die jare verbygegaan het, het haar figuur voller geword maar vir my was sy nog steeds so seksie soos daardie eerste dag. Wanneer sy kaal voor die spieël peinsend na haar hangtieties kyk en dit in haar hande oplig of skuins draai om oor haar skouer na die dimpels op haar boude te kyk, met ‘n fronsie wat verdiep, vertel ek vir haar altyd hoe seksie sy is en hoeveel ek van haar volwasse lyf hou terwyl ek na my ereksie beduie wat gretig saam sy bewondering knik. Dan sal sy my wellustige komplimente met ‘n klik van die tong afmaak, maar die skalkse glimlag om haar mond het my nooit ontgaan nie.
Ek hou haar graag geselskap terwyl sy bad – dis maar een van ons ritueeltjies. Sy was eers haar arms en dan haar oksels, dan haar gesig en nek. Volgende aan die beurt is haar bors, maag en tieties – onder en oor. Dan was sy haar voete en bene. Die res was sy onder die water. Dan steek sy eers die een been bo die skuim uit en dan die ander om dit te skeer. Ek kyk hoe die skeermes oor haar skuimnat ferm kuite glip terwyl sy haar tone punt. Dan skeer sy onder haar arms.
Sy stap uit die badkamer pienk en blosend – sommer so sonder ‘n handdoek. Daar is mos niks om voor skaam te wees nie. Dan sprei sy ‘n handdoek oor die een kant van die bed en gaan sit dan op die rand van die bed en lig haar voet op die bed om haar toonnaels te verf. Dit was nog altyd vir my opwindend om dit dop te hou. Elke vrou doen dit seker op haar manier, maar die manier hoe sy dit doen is ongelooflik eroties vir my: haar een been hang oor die rand van die bed terwyl die ander been op die bed is. Sy rus haar ken op haar knie terwyl sy aan haar tone werk. Ingedagte verf sy haar toonnaels, skynbaar onbewus van die feit dat ek haar poesie onder haar skaamkrulle tussen haar skaamlippe kan sien oopgaap. Terwyl sy aan haar voete werk swaai haar tieties sag heen en weer. Haar tepels is plat van die hitte van die bad.
Sy blaas haar hare droog en borsel dit uit. Ek hou daarvan om te kyk hoe haar tieties wip terwyl sy dit borsel. Die ligbruin tepels, veral die areolas, is groter as dié van meeste ander vrouens. Sy het nog nooit in kapsels geglo nie en dit is ook nie nodig nie. Haar hare val soos ‘n swart waterval oor haar skouers. Sy lyk soos ‘n godin uit die Antieke Tyd – Afrodite of Venus.
Sy trek haar swart snaksnaartjie aan. Die piepklein rooie is eintlik my geliefkooste een want dit is so klein dat dit niks toemaak nie, maar dié hou sy vir spesiale geleenthede. Die swart ene is ook mooi en het ‘n valletjierandjie wat net-net haar baldadige krulle, wat verby die lappie se grense beur, bedek. Sy trek dit stadig aan deur om eers met die een voet, dan die ander deur die openinge te trap. Sy staan effe bakbeen om die lappie oor haar poesie te span en dan trek sy met haar duime in die kant-toutjies gehaak, die middelste toutjie tussen haar boude in. Hierdie omgekeerde ontkleedans maak my amper net so warm as om haar te sien ontklee.
Volgende trek sy haar spesiale bra aan. Hierdie bandjielose bra is laag voor en druk haar tieties op sodat hulle groter lyk en die kloof tussen-in meer beklemtoon word. Die voorste deel is so laag dat mens die boonste rand van haar ligbruin areolas net-net kan sien uitsteek. Sy gaan seker haar swart nommertjie vanaand aantrek – en sowaar! Sy haal haar laehals swart rok uit die kas en trek dit aan. Dit gaan sowaar ‘n spesiale aand wees.
Sy buk weer in die kas en haal haar swart hoëhakskoene uit. Ek het nie ‘n voet fetisj nie, maar ek moet bieg: daardie rooi toonnaels wat voor deur die openinge uitsteek laat elke keer herinneringe van gespreide dye met rooi-toonnael voete weerskante van my pompende heupe op die stowwerige linoleum vloer in my gedagtes opkom.
Sy buk vorentoe oor die smuktafel en borsel saggies swart in haar wimpers in. Dan tuit sy en smeer rooi lipstiffie oor haar vol lippe. Dis al – sy glo nie aan die gekleurde ooglede effek of onderlae of poeiers nie – dis ook nie nodig nie. Laastens sit sy ‘n druppeltjie parfuum op haar linkerpols en vryf haar polse teen mekaar en dan agter die ore.
Daar is ‘n toet in die rylaan en sy loer deur die slaapkamervenster se gordyn. Dan gaan staan sy by die smuktafel en vat ‘n geraamde kiekie in haar hand en sê met ‘n sagte stem: “dis nou al ses jaar, Bokkie. Die dag toe ek by die graf trou aan jou gesweer het tot ons mekaar weer in die hemel sal sien…. ses jaar is ‘n lang tyd, Bokkie”. Sy vee ‘n traan van haar wang af. “Die jare stap aan en ek is eensaam – jy kan nie my by daardie droewe belofte hou nie, Bokkie. Jy ken my dan – ek is ‘n vrou van vlees en bloed. Jy moet my laat gaan.”
* Egon Schiele (1917) Umarmung
Liewe Kombiekiehierleser,
Ek kan nie glo dat ons alweer langs mekaar aan die einde van nog ‘n prikkelende en sensuele jaar staan nie. Hierdie was nogal ‘n besige jaar vir Kombiekiehier en ons syfers groei nog steeds maand na maand.
Die van julle wat oplettend is, sal sien dat die “menu” in Kombiekiehier sowel as Kombiekiehier Vreesloos so bietjie herrangskik is. Ek is nie seker of enige van julle ooit die menu gebruik om al die baie stories en artikels in die argief te gaan lees nie, maar as jy doen hoef jy nie bekommerd te wees dat iets weg is nie. Alles is net so bietjie beter gerangskik sodat die webwerwe bietjie skoner lyk. Kliek gerus op die verskillende opsies en kyk wat alles in die “drop-down menu’s” beskikbaar is.
Ek beplan om jou in Januarie so bietjie op ‘n toer deur die Kombiekiehiersfere te neeem, net om jou te herinner aan alles wat jy dalk nie raakgesien het nie.
Hierdie jaar het Kombiekiehier Vreesloos vlam begin vat. Vir die wat nie weet nie – Kombiekiehier Vreesloos is Kombiekiehier se wilde sussie. Daar is die stories so bietjie waaghalsiger, die foto’s meer eksplisiet en die video’s blouer.
Kombiekiehier het in 2018 baie nuwe erotiese skrywers gepubliseer terwyl die ou bekendes ook lesers laat aanhou hyg het. Ons het ‘n nuwe afdeling begin waar verskillende soorte kinks beskryf en verduidelik word. Die meeste van die kinks wat so in Kombiekiehier behandel word, word ook op Vreesloos bespreek, maar met minder kuise foto’s. 😉
Die kinky filosoof het ook deur die jaar kommentaar gelewer op seksuele kwessies in ons samelewing terwyl die week op albei die webwerwe gereeld met stomende video’s afgesluit is.
Die hoogtepunt van 2018 was natuurlik die toevoeging van Gemeenskap tot die Kombiekiehier-ruiker. Gemeenskap is Kombiekiehier se sosiale netwerk. Op Gemeenskap kan jy ‘n profiel opstel waarop jy selfs foto’s kan deel. Daar is opsies vir private boodskappe tussen Gemeenskap se lede sowel as ‘n chatfunksie wat ons Klitsklets noem. Gemeenskap word elke week so bietjie beter gemaak en daar kom ook stadig maar seker nuwe lede by. Dis gratis vir vroue – kontak my net by kombiekiehier@gmail.com met jou besonderhede dan maak ek dit vir jou oop.
Kombiekiehier se forum word ook op die sosiale netwerk gevind. Jy sal nie glo watter onderwerpe al bespreek is nie. Die stigterslede (eerste groep wat lede by Gemeenskap geword het) is die sexyste, oopste, mees bevryde, warm, nie-veroordelende, vriendelikste, aangename mense wat jy kan kry. Hulle het selfs al ‘n ontmoeting by ‘n swingersklub gehad wat almal (blykbaar) 😉 baie geniet het.
Dit was ‘n goeie jaar vir Kombiekiehier. Ons het die 5 miljoen “hits” merk oorgesteek en op Twitter het ons reeds amper 10 000 volgelinge wat elke dag dadelik weet wanneer iets nuuts op die werf gepubliseer word.
Kragonderbrekings
Die beurtkrag het ‘n invloed op Kombiekiehier en die ander webwerwe. Ek kan nie altyd “post” op die gewone tye wat ek sou nie en ek kan nie altyd probleme dadelik uitstryk of navrae beantwoord nie. Dis nie die ergste nie, want ek kom op die einde tog wel daarby uit.
Die onderbrekings het egter soms op ander maniere ‘n negatiewe invloed op die webwerwe. Krag wat so orals oor die land uitgaan en aangaan beinvloed goed wat die webwerf beinvloed. Dit beinvloed servers en hosts van die webwerf asook van jou internet. Dit beinvloed Telkom en selfoontorings. Dit het selfs ‘n slegte effek op jou rekenaar. In die week waarin ons elke dag beurtkrag gehad het, kon mens agterkom dat dit
‘n invloed het. Soms vat die webwerf baie lank om oop te maak, soms is hy vir ‘n rukkie skynbaar vir sommige mense nie beskikbaar nie, soms log dit jou uit. Ongelukkig het meeste van hierdie soort probleme niks met my direk te doen nie en kan ek dit nie regstel nie. Ek vra om verskoning daarvoor, maar moet net soos almal vir Eskom wag om ‘n stabiele kragnetwerk daar te stel sodat ons kan netwerk.
Baie dankie dat jy verstaan. Kontak my gerus met probleme. Op die minste kan ek saam met jou in spanning wag dat dit weer regkom.
Vakansie
Daar is gewoonlik heelwat minder lesers in Desember. So Kombiekiehier gaan ook so ‘n bietjie stiller word vir so twee en ‘n bietjie weke. Ek gaan iewers wees waar die sein nie baie betroubaar is nie.
Ek het al die lidmaatskappe by Gemeenskap en Vreesloos vir die wat aktief daar betrokke is, na 10 Januarie 2019 verleng sodat daar nie ‘n onderbreking in die toegang behoort te wees nie. Ek sal steeds kommentaar goedkeur en probleme oplos, maar dit gaan ongelukkig net baie, baie stadiger gebeur.
Baie dankie vir die jaar. Ek is so versot op Kombiekiehier se lesers. Julle is sexy en oopkop , nuuskierig en positief. Presies die soort mense wat iemand hulself mee sou wou omring. Baie van julle word na al die jare eintlik al vriende – met my en met mekaar.
Anders as baie van die ander toksiese sosiale netwerke is hierdie is ‘n gesonde, sensuele, volwasse en vrolike ruimte en dit is omdat die mense wat hier lees en deelneem dit so maak. Ek het weereens baie planne vir volgende jaar. (‘n Baie opwindende ene wat ‘n leser voorgestel het vir Gemeenskap as ek net kan uitfigure hoe om dit te doen. 😉 ) As ek elke dag, week, maand of jaar net een ding bietjie beter kan maak of kan toevoeg, sal die webwerf nie vervelig kan word nie.
Baie dankie vir jou ondersteuning, lojaliteit en aanmoediging deur die jaar. In 2019 maak ons weer so, met so paar vars cherries op die koek. 😉
Hoop jou feesseisoen is vol liefde en drukkies, warm lywe en diep soene. Ek wens vir jou ‘n nuwejaar vol verleiding en sensuele avonture toe – al kom kry jy al daardie net hier by my. 😉
Met lus en liefde..
Annelise
Hoe lank gaan ek lees: 9 minutedeur Pacman
Sy staan op, kom staan by my en soen my. Sy hou my gesig vas en haar oë is toe. Dan val die japon oop en hang oor haar skouers, my hande is op haar heupe. Ek moet al my wilskrag inspan om nie onmiddelik daai borste te begin troetel nie. Dan staan sy terug, hou my een hand vas.
“Neem my af, gee my instruksies, hoe ek moet sit of staan. Geen gesig foto’s nie, asseblief.”
Sy draai om en gaan sit weer op die stoel, haar bene effens oop. Ek kan die French panty sien. Ek sien haar maag, die effense
rolletjie, die groot sagte borste en donker nippels.
“Wat wil jy hê moet ek afneem?” vra ek.
“Net wat jy wil,” sê sy in ‘n sagte stem. “Trek jou hemp en broek uit, die kamera is op die bedkassie.”
Laat ek voor begin …
Dis vroegoggend. My foon vibreer, dis ‘n boodskap van Monica af. Ons het nie baie kontak gehad na ons laaste (stomende) ontmoeting nie. Watter een verkies jy? Dis ‘n foto van panties op ‘n bed. Van links af ‘n swart satyn French cut, dan ‘n pers g-string met kant omboorsel, donkerblou katoen boyshorts, rooi lace bikini cut, en oranje satyn bikini snit met cut-out detail.
My hart klop vinniger. Dit hang seker af van die okkasie, skryf ek terug.
Wil net seker maak jy dink gereeld aan my vandag, as jy dan sou help om iets so privaat te help kies, kom die boodskap terug, en daar is weer so ‘n duiwelgesiggie agterna.
As ek jou my opinie gee, sal jy dit volg, en wat is die kans dat ek ‘n foto kan sien van jou wat dit dra? Ek voel ‘n roering in my broek. Kan my net verbeel hoe hierdie vrou in daardie nommertjies lyk.
Wel, miskien is dit jou gelukkige dag. Of dalk nie! Jy sal maar moet wag en sien.
Sy weet hoe om my gedagtes heeltemal te fokus op haar! Ek moet nou mooi dink, nie te gulsig of jags voorkom nie, maar haar ook aanmoedig om bietjie te waag. French cut, skryf ek.
Jy is nie voorspelbaar nie! sê Monica. Ek vat dit as ‘n kompliment. Dankie vir jou hulp!
Ek wil vra of ek ‘n foto gaan kry, maar los dit eers.
Ek hoor die res van die dag niks van haar af nie. Ek’s bietjie teleurgesteld, sy het my opgewonde gemaak, en ignoreer my dan. Frustrerend!
Net voor vyf nm kry ek weer ‘n boodskap.
Was ek darem nog so ‘n paar keer in jou gedagtes deur die dag? Weer is daar so ‘n paar duiwel gesiggies agterna.
Ek dink bietjie, wil nie oorhaasstig wees nie. Jy het nie nodig om my sò te terg om seker te maak jy bly in my gedagtes nie, skryf ek na ‘n paar minute.
Ek kry onmiddelik ‘n reaksie: Hoe het ek jou geterg? Agterna is ‘n prentjie van ‘n geel gesiggie met ‘n
swart sonbril op.
Ek het gehoop vir ‘n sexy foto van jou in daai French cut panty.
Haar reaksie is weer onmiddelik. So, dan het dit gewerk? Jy het heeldag aan my gedink!
Ek moet myself terughou, want ek wil haar vertel hoe ek daai French panty met my tande sal aftrek en haar klit met my neus sal vryf tot sy drup van die lus! Die idee dat jy so ‘n foto sal neem, vir my, is wat my laat dink aan jou. Nie
noodwendig die foto self nie.
Sy is stil vir so twee minute. Jy het ‘n sexy brein. Ek hou daarvan. Dan is dit weer stil, ek hoor niks van haar af nie.
Na 7:30 nm vibreer my foon. Dis ‘n foto van Monica. Self geneem, in ‘n spieël, skuins van agter af, sy kyk oor haar skouer na die spieël. Sy het niks bo aan nie, en haar een bors is duidelik sigbaar, amper asof sy spog. Want sy mag maar spog met daai vol, sensuele borste. Sy het wel die French cut panty aan.
Miskien wil jy self ‘n beter foto kom neem…
Meteens skop my hart harder en vinniger in my bors. My vingers bewe, en ek moet die sin ‘n paar maal oor tik om die spelfoute reg te maak. Intussen is daar nog ‘n boodskap van die mooi vrou af.
Of gaan jy nou hard to get speel? Weer met so ‘m duiwel gesiggie agterna.
Ek probeer tot my sinne kom! Jy vang my onkant, ek het nie gedink dit gaan my lucky dag wees nie! probeer ek.
Ek wag vir jou … is die laaste boodskap van haar af.
Ek’s deur die stort, geskeer, aangetrek, bottel wyn onder die arm, en in die bakkie.
Sy groet my met ‘n sagte soen op die wang. Ek kan ruik sy het al iets alkoholies gevat. Sy is in ‘n wit satyn-agtige kamerjas. Dis duidelik dat sy niks onder aan het nie, want haar borste dobber uitloklik rond, en haar nippels is baie sigbaar.
“Kom in, maak jouself tuis.”
Sy kom nie so vol selfvertroue voor in persoon as wat haar selfoon boodskappe voorstel nie. Miskien het ek sekere verwagtinge of voorafopgestelde idees oor haar, en dan wanneer ons saam is, is sy stiller en meer terughoudend as wat ek verwag het. Sy beweeg geruisloos oor die teëls en matte. Haar bewegings en handelinge is elegant, sy maak nie skielike bewegings of praat hard nie. Kalm, rustig, vol styl kom sy voor. Sy vat die wyn, en gee my nog ‘n soen op die wang.
“Dankie, ek waardeer dit,” en sy verdyn die kombuis in. “Wat kan ek jou aanbied? Whiskey, bier, wyn, water?” Sy glimlag terwyl sy praat.
“Whiskey sal lekker wees, dankie. Met ys en bietjie soda. Kan ek jou help?”
“Nee, ek drink dieselfde, so dis vining, ek’s amper klaar.”
Ek kyk die rond in die huis, die skilderye, ander potte en kunswerke. Daar’s ‘n groot drank-kabinet wat oopstaan, met glase en bottel oopmakers, en bottels drank. Lyk amper deurmekaar, maar tog lyk en voel dit reg. Dan staan sy reg voor my, gee my die kristal glas met die heuningkleurige drank in. Sy kom staan reg teen my, ek voel die koel satyn teen my vel. Haar bors skuur liggies teen my voorarm. Sy kyk my reguit in die oë, maar sê niks. Ek is opeens bewus van musiek wat speel, dis ‘n radiostasie met ligte musiek. Sy kom vorentoe en soen my, ‘n lang warm, nat soen. Ek proe die brand van die whiskey, en die fyn reuk van parfuum. Ons tonge vind mekaar, en vleg slymerig en elegant om mekaar. Haar lippe is sag, en sy byt my liggies tussen haar lippe vas. Sy treë terug, en vat ‘n groot sluk van die glas, en begin wegloop. By die deur wink sy vir my. Ek loop agter Monica aan soos ‘n hond wie se baas hom geroep het, sonder om te vra of te aarsel.
Sy gaan sit op ‘n stoel in die hoek van die slaapkamer. Die stoel is laag op die grond, en het nie armleunings nie. Dis oorgetrek in ‘n blink silwerige kleur material. Die gordyne hang van die hoë plafon af tot op die mat. Dis ‘n groot vertrek. Ek sien ‘n vollengte spieël in die hoek.
Die japon het eenkant toe oop geval oor haar bene. Sy het baie mooi bene, bruin en roomagtig. Sy leun terug in die stoel. Daar is net ‘n bedlampie wat brand, en die kleure van haar bruin bene, die room kleur van die japon, die heuning kleur van die whiskey gee die oomblik ‘n atmosfeer van elegansie en ou-wêreldse sjarme.
“Hou jy waarvan jy sien?”
“Jy is ‘n pragtige vrou,” sê ek.
Sy sluk weer aan die whiskey. “Jy laat my goed doen wat ek nooit eers sou van droom nie!” sê sy. “Hoe kry jy dit reg?”
Ek wil nie die oomblik bederf nie, maar ek weet ook sy het bietjie gerustelling nodig. “Solank jy dit geniet, en iets van jouself ontdek. Ek wil die leeuwyfie in jou laat uitkom. Daar is ‘n sexy kat in jou wat smeek om uit te kom,” probeer
ek.
“Wel, glo my, ek het nie gedink daar is so baie om te ontdek nie. Hierdie kat is besig om te ontwaak!”
“Maak die japon toe, en maak vas die gordel. Bly so lê op die stoel.” Sy doen wat ek vra. Kliek, kliek.
“Vou jou arms oorkruis, en vat jou borste in elke hand.” Kliek kliek.
“Sprei die japon oop oor jou bene, hou jou borste in jou hande. Maak jou knieë effens oop.” Kliek kliek.
“Vou jou hande onder die japon in en hou jou borste in jou hande onder die japon.” Kliek kliek.
“Hoe voel jou borste?” Haar oë is op skrefies.
“My nippels is kliphard. Ek het nagroom aan hulle gesmeer. Ek knyp hulle, en dit tintel deur my hele lyf.”
“Maak los die japon, en wys my jou borste en harde nippels.” Kliek kliek.
Ek kan sien haar mond is droog. “Vat ‘n sluk whiskey en speel dan met ‘n ysblokkie oor jou nippels.” Kliek kliek.
Dis ‘n hemelse gesig wat afspeel voor my, en Monica is in vervoering.
Ek gaan lê op die mat. “Kom staan bo-oor my.” Kliek kliek.
“Kom sit reg voor my gesig.”
Haar knieë is langs my kop, en die French panty enkele sentimeters van my gesig af. Ek kan haar ruik. Kliek kliek.
“Trek uit die japon.” Ek moet alles inspan om haar nie net daar en dan te gryp en haar te naai tot sy
flou val nie. Voor my gesig is die French panty vol belofte, haar dye is sag en warm. Ek kan lyntjies op
die panty sien, ‘n paar haartjies en definitief die heerlike gleuf. Verder op die borste wat soos ryp
somervrugte hang. Haar hande is op haar heupe.
“Draai om, en staan hande viervoet oor my met jou boude oor my gesig.” Kliek kliek.
“Skuif af, en lig jou boude en sak jou bolyf.” Kliek kliek.
Haar boude is oor my gesig, en ek kan haar geslag nou met sekerheid ruik. My penis wip-wip in my boxer onderbroek.
“Gaan sit wydsbeen op die stoel en lê terug.” Kliek kliek.
Ek beweeg op teen haar bo-been en neem foto’s. Hoe verder ek opgaan, hoe verder maak sy oop. Die satyn span styf oor haar geslag, beur teen die gladde materiaal.
“Druk jou hand voor in jou panty.” Kliek kliek.
Ek sien hoe haar vingers beweeg onder die satyn.
“Maak jou bene effens oop, en hou jou hand daar.” Kliek kliek.
“Geniet jy wat jy doen?” Monica knik net haar kop. “Trek die panty bietjie eenkant toe, ek wil jou nat vingers en bietjie
haartjies sien.” Kliek kliek.
“Hoe lank nog, Nick? Ek wil die panty uittrek,” prewel sy. Ek kan haar skaars hoor.
“Ek wil nog sien hoe jy speel.” Kliek kliek.
Haar vingers beweeg nou met meer ywer, druk dieper, trek harder. Ek kan die natheid hoor. Kliek kliek.
Sy leun agteroor, en haar een arm is agter haar kop. Sy maak haar bene wyer oop.
“Trek die panty effens af, tot op jou dye.”
In een beweging lig sy haar boude en trek die panty af. Kliek kliek.
My hande bewe. Ek sien die breë landingstrip, die nat blink haartjies. Haar lippe is geswel.
“Speel met jouself.” Haar middel vinger gly onmiddelik af in die gleuf, en trek dan op, sirkel ferm oor haar klit. Dan weer ‘n harde nat vryf en op oor die klit. Vinnig, hard, dan stadig en sag. Kliek kliek.
Haar oë is toe, en haar mond is oop. “Trek die panty heel af.”
Die panty val om haar enkels.
“Maak oop jou bene.” Kliek kliek.
Sy vryf en vinger nou harder. Ek gaan sit plat op die vloer, reg onder die stoel. Ek sien hoe haar hand en vingers deur die nat gleuf en geswelde lippe gly en werk. Ek ruik die onmiskenbare reuk van ‘n vrou wat gereed is om oor te gee aan haar drange.
Sy het nou twee vingers wat gly, vryf, druk, sirkel. Haar nek begin van kleur verander, word rooier. Haar vingers blink in die bedlampie se lig. Ek staan op, en verander die kamera se verstelling na video, en begin opneem. Ek plaas die kamera op
die bedkassie, en draai dit in ons rigting.
“Staan op en buk oor die bed.”
Monica huiwer nie, en met haar elmboë op die bed, bied sy haarself aan my. Ek trek my onderbroek uit. My harde penis wip. Ek
gaan staan agter Monica en begin haar ryp vrug bewerk met my vingers. Sy is vuurwarm en nat. Ek het twee vingers in haar, en begin ‘n stadige ritme opbou. Sy beweeg en draai haar boude om saam te werk. Stoot terug sodat ek dieper kan ingaan, en draai wanneer ek uittrek. Sy kreun en haal hard asem. Ek vryf hard oor haar klit wanneer my vingers ingly. Haar hande klem die kombers. Dan vat sy my penis met haar een hand tussen haar bene deur en begin trek en draai. Ons is nou in dieselfde ritme. Ek vinger haar nat vrug en sy bevredig my klipharde penis. Soos ek ingly, trek ek my vingers effens krom. Monica stamp nou terug, haar kreune en asem harder.
“Uuhh. Uuhh, Nick, ek is naby, Nick.”
Ek werk stadiger met my vingers, en stop dan. Sy is frustreerd.
“Moenie stop nie, wat doen jy?”
Ek self is nou naby aan die keerpunt. “Gaan lê op die bed.”
Haar bene is lam, en sy sukkel om op die bed te kom. Sy trek haar knieë op. Ek staan langs haar. My penis sentimeters van haar gesig af. Sy draai haar kop, en vat my stywe penis in haar mond. Warm en nat lek sy en suig sy. Ek sien die rooi liggie van die
kamera. Ek begin my penis vel op en af trek soos Monica suig.
“Ek wil sien hoe jy speel tot jy oorgee,” sê ek vir haar, en begin nou myself bevredig. My penis is nou nat en glad van Monica se speeksel. Monica se hand is weer hard aan die werk in haar nat gleuf. Ek hoor hoe haar vingers werk. Die prentjie wat voor my afspeel is soos ‘n erotise droom wat waar word. Die mooi vrou, besig om haarself in ekstase in te vinger, haar vol borste rol soos haar liggaam opwerk en begin oorgee. Ek voel die golf opstoot in my.
“Nick, Nick uuhhm, uuhhm, ek gaan nou uuhhm, ek gaan nou kom.”
Sy sukkel om die woorde uit te kry. Ek voel hoe my spiere begin saamtrek. Ek skommel en ruk my penis waansinnig. Ek
kan nie nou omdraai nie. Monica keun verwoed en vinger haarself tot oor die afgrond. Haar onderlyf begin ruk, en sy gee ‘n diep kreun soos ‘n dier. “Uuh, uuhh!!!” Haar vingers fanaties op haar klit, amper asof sy iets wil hard invryf. Ek begin self oorgee. Die gesig voor my is intens, intiem, en te veel. Ek staan nader na haar onderlyf, en mik na waar haar hande nog angstig besig is. My rug trek krom, en ek begin skiet. Skoot na skoot wit sperm tref Monica se lyf. Ek kreun van die ontlading. Ek spuit oor
haar vingers, haar geswelde lippe, haar klit, haar maag. Sy is in ‘n spasma en ruk. Ek skiet my sperm en ek wil nie ophou nie. Ek skommel en pluk my penis. Ek wil haar bedek met my vloeistof, asof ek haar wil eien, merk. My onderlyf ruk onbeheersd. Monica vou in die fetus posisie en gaan lê op haar sy, met haar boude na my toe. Die laaste skoot tref haar boud, en die blink slymerige vloeistof loop af in haar boudgleuf.
Ek val op my knieë. Dit voel of ek elke greintjie energie sopas uit my lyf gespuit het. Ek haal diep asem, en druk die stop knoppie op die kamera. Monica lê doodstil. Haar dye en boude blink van my sperm wat van haar afdrup. Ek vat die French cut panty en vee die sperm van my penis af.
Hoe lank gaan ek lees: 11 minutedeur Pacman
Ek soen haar in haar nek, my een hand op haar borste. Ek vryf en voel versigtig, stadig. Die oomblik is groot en die energie tussen ons is elektries. Soen, vry, voel, verken. Ek ruik haar hare, haar lyf. Hoor die sagte kreuntjies en geluidjies. Haar liggaam is sag en ruik soos coconut en spices. Haar nippels is hard en staan soos koeëlpunte. Die kamer is donker, met net die lig deur ‘n skrefie in die gordyn wat die oggendsonlig inlaat. Sy is in ‘n sexy swart satyn slaaphemp en panty, en ek in my boxer onderbroek.
Lus vir ontbyt more oggend? het die boodskap gistermiddag op my foon deurgekom. Klink lekker stuur ek terug. Ek het nou al twee dae sedert ons bike trip nie van Monica gehoor nie. Ek wou haar nie pla nie en het gewag vir haar om te kontak. Maar ek is nie lus vir onbyt met haar nie. Inteendeel, ek wil haar liewer eet! Goed! stuur sy terug, weer met so ‘n duiwel gesiggie agterna.
Ek hoor niks die res van die middag nie. Na sesuur kry ek weer ‘n boodskap met ‘n adres. Parkeer ‘n paar huise weg, die kode is 99101. Kom net na negeuur. Aha! Dit klink belowend. Ek maak so skryf ek. Res van die aand hoor ek niks van haar nie. Laataand, net voor slaaptyd vibreer my foon. Dis ‘n boodskap van Monica af. Hoop jy is honger kom die boodskap. En dan volg ‘n foto soortgelyk aan die eerste een wat sy gestuur het. Met haar hand in haar panty. Diè keer is die panty bietjie meer weggetrek, en jy kan bietjie haartjies sien. Die beligting laat lyk haar vel sag en songebrand. Fok! Ek kry sommer ‘n moerse horing! Beslis! stuur ek terug. Hoop jy het ‘n groot porsie! stuur ek nog ‘n boodskap. Sy stuur net die duiwel gesiggie terug. Min het ek geweet wat op my wag …
My hande beweeg oor haar lyf, ek verken haar maag, naeltjie en dan weer op. Die satyn hemp nou hoog opgelig. Ek sirkel om haar borste, soen tussen hulle en vryf en verken dan haar naeltjie. Ek kan voel en hoor sy geniet dit. Haar rug trek krom as ek onder haar naeltjie begin voel. Ons tonge vleg. Dinge tel spoed op, maar ek hou terug en probeer stadiger gaan. Ek wil nie jaag nie en ek wil elke oomblik geniet, indrink, proe. Ek soen weer liggies tussen haar borste af, verder af tot by haar naeltjie. My hande is op haar heupe, my tong speel in en om haar naeltjie. Sy druk haar lyf uit na my, hou my kop vas. Sy steun en haal vinnig asem. Ek sak bietjie verder, vryf liggies en soen haar bo-bene. Sy maak haar bene oop en ek kan ruik sy is gereed. Ek soen liggies en beweeg in sirkels. Ek beweeg weer stadig op. Ek voel hoe sy haar heuwel teen my uitstoot, haar lekkerste plek aanbied. Dan het sy haar hand in my boxer en ek hoor hoe sy sug terwyl sy my harde penis verken. Die satyn gly tussen ons, amper soos ‘n vlinder wat oor my vel dans. Ek trek die hemp oor haar kop, en dan is my warm mond oor haar nippels. Liggies en soms bietjie harder trek en speel ek. Sy het haar arms bo haar kop uitgestrek en haar knieë opgelig, haar bene oop. My penis vryf oor haar heuwel as ek afbeweeg en dan weer op. Dis ‘n hemelse ervaring. Die hitte tussen ons is dierlik. Ek voel hoe haar vingernaels my rug krap. Ek sak af tot tussen haar bene. Haar panty en die ryp vrug daar binne is reg voor my gesig. Ek soen liggies oor die heuwel. Sy sug hard, asof haar asem wegslaan en haar lyf ruk. Sy trek haar bene verder op en maak oop. My mond is nou op haar privaatste plek en my arms hou vas om haar dye. Ek soen haar op die heuwel en om die area, haar bo-bene, en af verby onder toe. Ek vat my tyd, maar sy is angstig, sy druk my kop vas teen haar geslag. Ek kom orent op my knieë, ek kan voel hoe my harde penis beur teen die boxer. Ek leun vorentoe en soen haar op haar mond, ‘n diep nat soen. Ek leun dan terug en trek haar panty stadig af met beide hande. Sy lug haar onderlyf op om dit makliker te maak. Dan skuif sy na die voetenend van die bed en gaan lê op die onderste rand, en plaas haar voete op die rand van die bed en met haar bene wawyd oop. Ek is nou op my knieë op die vloer met my gesig reg in haar nat geslag. Sy druk haarself in my gesig, stel haarself oop aan my. “Nick, vat my, vat my. Asseblief!”
Met my duim vryf ek ferm oor haar spleet op tot waar ek haar klit voel. Ek vryf op en af, maar ek druk nie my duim in die spleet in nie. Net genoeg dat ek kan voel hoe sy verder oopmaak. Ek kan voel hoe geswel haar geslag is en hoe sensitief sy is. Dit is ‘n heerlike warm, slymerige nat vog. Daar is ‘n breë landing-strip geskeer, maar haar lippe is seepglad. Ek vryf ferm maar nie haastig nie, die natheid blink in die bietjie lig. Elke keer vryf my duim net so bietjie dieper. Dan stop ek vir ‘n oomblik en begin weer haar dye soen. Liggies en in sirkels. Sy haal vining asem. Ek soen oor haar geslag, ek proe haar. Ek soen net eers met my lippe en dan dartel my tong liggies oor die ryp vrug. Ek soen en lek meer intens, verken die nat gleuf met my lippe en tong. Monica het nou haar kop in albei hande.
Dan vryf ek weer met my duim oor die lippe terwyl my mond en tong die sopnat gleuf verken. Sy is nou so nat dat ek die vloeistof om my mond kan proe en voel. Dit maak my ontsaglik jags. “Nick, asseblief, hou op speel en vat my. Asseblief! Ek wil jou binne my voel”. Ek hou egter aan waarmee ek besig is. My tong is nou by haar opening en ek werk saggies maar ferm. Lek, suig, proe, verken. Sy kreun. Ek speel by haar opening met my vinger terwyl my tong nou op haar clit is. Haar onderlyf begin in ‘n ritme beweeg, soms saam en soms teen my tong. Ek druk stadig my vinger dieper in haar in, en wanneer ek uittrek, draai ek my vinger dat hy boontoe krul. Sy hou daarvan, ek kan aan haar kreune hoor. Ek het nou twee vingers in haar, sy is sopnat en word net natter. My duim vryf oor haar klit, en haar onderlyf is nou aan die beweeg. Sy druk, beur vorentoe, asof sy haar hele lyf oor my twee vingers wil vou. Sy ry my duim op haar klit, en stoot oor my vingers. Ek weet sy is besig om ‘n groot orgasme op te bou. Sy kreun harder en meer. “Uhmmm … mmmm … uhmmm. Nick …” Ek trek my vingers stadig uit, en druk hulle in my mond. Die soet-suur, die slymerigheid. “Jy is mooi,” is al wat ek uitkry. “Ek wil ook proe,” sê sy.
Ek staan regop voor haar. Hier lê sy blootgestel en dierlik lus voor my, bene oop en haar lyf oorgegee aan my. Ek trek my boxer uit en my penis spring los. Ek is so jags, ek kom amper net daar. Ek beduie aan haar om bietjie terug te skuif op die bed, en gaan sit tussen haar bene. Ek vryf weer liggies deur die nat spleet. Sy is vuurwarm binne. Ek beweeg oor haar en sak net genoeg dat die pers kop van my penis aan haar klit raak. Ek tik, tik op haar klit. Sy ruk in reaksie. Ek tik tik weer en sy gryp om my polse en gooi haar kop agteroor. Ek sak af tussen haar bene en druk stadig my penis in haar nat, warm lippe in. Net die kop, en ek kan voel hoe sy terugstoot, my wil inneem. Ek stoot bietjie in en trek dan uit. Stadig, en kort strokes. Haar asem jaag. “Nou Nick, nou! Asseblief,” blaas sy deur haar tande. Ek stoot stadig in haar in. Vol lengte. Ek voel hoe sy vou en saamtrek om my, hoe sy my penis masseer. Haar hande is nou om my boude, hou my vas binne haar. Ek wag vir ‘n sekonde of twee en trek dan stadig uit. Sy snak weer na haar asem. Ek skuif op oor haar en hou my penis voor haar mond. “Proe,” sê ek vir haar. Sy aarsel nie en begin met oorgawe suig en lek. Ek moet mooi keer dat ek nie te vroeg kom nie. Na so 30 sekondes trek ek weer uit haar mond en beweeg af na haar geslag toe. Ek gaan sit op my knieë voor haar en tel haar voete oor my skouers. Ek begin weer haar klit masseer met my duim. Ek maak sirkels en skryf die alfabet. Ek voel wanneer sy reageer en werk dan weer die plekkie. Hard, sag, vinniger, stadiger. Ek is in so ‘n posisie dat my penis reg voor haar ingang is. Terwyl ek haar klit opwerk druk ek net so effe vorentoe dat sy my voel by haar ingang. Dis nat en vuurwarm. Dis sò nat dat ek die vloeistof voel afloop tussen haar boude in.
Ek is nou besig om haar baie op te werk en ek kan voel en hoor hoe sy ‘n ritme opbou. Ek wil haar nie nou al laat kom nie. Ek wil haar ‘n paar keer naby bring, en dan op die ou end oor die wal stoot.
Haar asem begin jaag, en sy stoot hard teen my duim terug. “Uhmmm, mmmm, ja, ja … Moenie ophou nie.” Sy lig haar heupe op en stoot haarself nader aan my. Ek sien in die bietjie lig hoe natgesweet sy is. Dan begin sy vinniger beweeg en terugstoot. “Uhmm … uhmmm … ek … ek …” Ek besef sy gaan binnekort ‘n orgasme hê. Ek hou op vryf en lig haar voete van my skouers af. “Nee! Nee! Wat doen jy!?” sy is uit asem en haar lyf is vuurwarm.
“Moenie ophou nie!”
Ek skuif op en soen haar. “Ek … ek was amper daar,” blaas sy weer deur haar tande.
“Ek weet,” sê ek.
Ek draai haar op haar maag en gaan sit wydsbeen oor haar rug. Ek masseer haar skouers en rug. Ek werk rustig en vermy die onderlyf vir eers. Ek sien handeroom op die bedkassie en spuit bietjie oor haar rug. Ek hoor hoe haar asem stadiger en rustiger word. My harde penis lê soos ‘n geweerloop in ‘n mik in die gleuf van haar boude. Sy roer haar ondelyf asof sy ‘n manier soek om my penis in haar in te wikkel. Ek hou egter aan met die masseer en sy gee oor.
Na sowat tien minute kan ek hoor haar asemhaling is diep en rustig. Ek begin weer haar liggies soen op haar rug. Ek soen liggies op en af teen haar rug, oor en weer. Sy begin weer respond, lig haar boude bietjie op. “Gaan jy weer my opwerk en my dan los?” vra sy.
“Jy sal moet wag en kyk,” sê ek en soen haar al laer af op haar rug.
Ek is nou net bo die gleuf van haar boude en ek kan haar steeds ruik. Ek soen oor elke boud en vryf en knyp liggies met my hande. Sy maak haar bene effe oop, en lig haar boude op na my. Ek soen, nou met meer gevoel en met nat lippe in haar binne boude. Sy reageer met ‘n nuwe kreun, en lig haar boude verder die lug in. Terwyl ek soen vind my vingers die pad terug na haar gleuf, en ek gly my vingers stadig op en af. Sy beweeg nou op sodat sy op haar knieë voor my staan, en haar skouers op die kussings. Sy bied haar lyf, haar vrug aan my. Ek het twee vingers in haar, en begin ferm in en uit beweeg, en met die uittrek draai ek weer my vingers en trek asof ek iemand nader roep. Sy geniet dit duidelik, en begin kreun met ‘n dieper stem. Ek hou aan daarmee en ek kan voel hoe sy weer vorm om my vingers en hoe sy natter word. “Nick, Nick, moenie weer …” prewel sy.
Ek trek my vingers uit en begin met my tong en lippe lek en proe. Ek eet haar nou soos ‘n ryp mango. Ek het albei my hande op haar boude en ek werk haar geslag met oorgawe. Sy stoot terug en beweeg ritmies op my mond. Ek hoor weer haar asem versnel en sy mompel in die kussing. Ek lek en proe aan die geswelde lippe, ek gly my tong op in die gleuf en werk haar klit met ‘n harde tong. Haar onderlyf rol op my tong. Ek voel hoe haar boudspiere saamtrek en dan ontspan. Sy bou weer ‘n ritme en haar stem is dieper, meer hees wanneer sy praat.
Ek sit meer regop agter haar, met my een hand op haar boude en die ander hand nou hard aan die werk. Sy ry letterlik my hand. Ek het twee vingers diep in haar en ek draai en vinger haar goed. Elke keer as my hand ingly masseer ek haar klit met die duim. Dis ‘n ritme en tegniek wat goed werk vir haar. Sy beweeg nou haar boude al vinniger, en ek werk al hoe rowwer met haar geslag en klit.
“Kan ek asseblief kom. Asseblief, ek moet kom?!” blaas sy nou. Sy is nou amper onbeheerbaar. Sy naai nou my hand met oorgawe. Haar asem jaag vreeslik en sy is nou op haar elmboë.
“Ja, jy mag kom,” sê ek.
“Kom hard, kom, kom, kom!” Ek vryf en vinger haar nou soos ‘n dier.
Sy word stil en haar onderlyf begin bewe. Soos iemand wat yskoud kry bewe sy. Vinnig en onbeheers. Dan bewe sy vinniger en sy druk teen my hand.
“Nick, o fok, Nick,” kreun sy uit in ‘n baie diep stem. Ek vryf en vinger dat my gewrig lam word. En dan lyk dit of haar onderlyf in ‘n spasma gaan. Onbeheerbare rukke stuipings en stampe. Sy gee oor aan haar liggaam se drange. Sy ruk en skud en haar asemhaling klink soos diè van iemand wat besig is om te verdrink. Ek sukkel om my posisie te hou, maar kan haar nie keer nie. “Fok, fok, fok!!!” kreun sy soos ‘n dier. Sy ruk en val op haar sy. Haar bene ruk en bewe steeds, sy lê in die fetus posisie en smag na asem. Die stuipe bedaar bietjie, maar sy bewe nog toe ek aan haar vat. Amper soos ‘n skokgolf wat deur haar gaan toe ek aan haar vat.
Ek gaan lê agter haar rug en soen haar liggies. Sy bedaar later bietjie en skuif terug teen my. Ek voel hoe haar hart nog klop en hoe warm haar vel is. Dit voel of sy gloei. Toe haar asemhaling rustiger is, reik sy na die glas water langs die bed. Sy drink die koue water en soen my op my mond. Sy glimlag.
“Moenie dink eks klaar met jou nie,” sê sy. Met diè is haar hand op my penis. Sy vryf op en af, liggies oor die kop. Sy draai my op my rug, en begin soen my. Van onder my oksels af onder toe. Af teen die kant van my lyf. Haar een hand knyp my nippels. Sy vryf oor my naeltjie, sirkel die gaatjie en byt liggies aan my nipple. En dan is haar hand weer op my penis wat nou weer kliphard regop staan. Sy sak afen dan voel ek haar warm mond oor die pers kop. Haar tong draai nat en gulsig om die kop. Sy trek die vel op en af terwyl sy suig.
Dan vou sy haar been oor my lyf en gaan sit bo-oor my. Ek voel hoe my penis in die gleuf van haar boude lê. Sy beweeg stadig vorentoe en agtertoe, gly oor my penis met haar nat geslag. Sy stut op my skouers en beweeg haar onderlyf oor my penis. Haar pragtige borste hang voor my. Ek voel haar natheid en warmte. Sy buk vorentoe en soen my. Ek ruik haar weer. Duur parfuum, rome en mens. Sy is effens nat van die sweet. Ek lig my kop en suig bietjie aan haar nipple. Sy kom weer vorentoe tot op die punt van my penis en lig haar boude. My penis vind moeiteloos die plek waar die natheid en warmte hom toevou. Sy sak stadig af en hou haar asem op. Ek hou haar boude vas. Sy begin my ry, stadig en diep.
“Ek wil hê jy moet binne in my kom. Ek wil voel hoe jy oorgee. Kyk in my oë wanneer jy kom, asseblief,” fluister sy in my oor.
Elke tweede of derde stroke lig sy amper heel af, en sak dan stadig weer af. Sy begin versnel en ek weet ek sal nie lank kan hou nie.
“Monica … uhmmm …”
En toe begin sy my hard en vinnig ry. Soos ‘n ruiter op ‘n perd werk sy haar heupe en boude. Ek gee oor aan die heerlike nat slymerige gevoel en gryp haar boude en stamp, stamp, stamp haar soos ek my warm saad in haar uitskiet. Ek kyk diep in haar oë, ek sien die jagsheid en die versadiging. Ek voel hoe my hamstrings kramp en my bene reguit trek van die spasma. Ek pomp en pomp en Monica ry my tot die laaste drupel saad uit my lyf is. Sy kyk nie een oomblik weg nie. Toe ek ophou ruk smile sy.
Sy gaan lê vorentoe op my bors, met my penis nog binne haar. Ek voel haar hartklop en sy myne. Ons lê net so en koel af. Ek voel hoe my penis nou pap is en ek voel hoe die sperm uit haar loop oor my penis en ballas. Sy soen my weer diep.
“Ons moet seker opstaan en iets maak vir ontbyt,” sê sy.
Hoe lank gaan ek lees: 3 minutedeur Bobcat
Ons het in ‘n omhelsing aan die slaap geraak, maar toe ek vyftien minute later wakkerskrik het sy langs my op die bed gelê op haar maag. Ek het my verkyk aan haar pragtige vroulike postuur. Ek het haar saggies met my vingers oor haar rug begin streel. Haar borste het soos twee klein sokkerballetjies effe by haar lyf uitgesteek en my vingers het hulle besoek. Hulle het ook die pad teen haar ruggraat afgegly na die holtetjie van haar rug net bokant haar mooi boude. Ek kon myself nie help nie en het begin om die holtetjie met my lippe en tong te verken. My vingers het oor haar boude gegly en ek kon sien dat sy in hoendervleis uitslaan.
Haar bene het outomaties oopgegaan en my vingers het ‘n draai oor haar klam vroulikheid gemaak.
“Mmm, dis lekker,” het sy geprewel sonder om op te kyk.
Ek het met my vingers die sagte driehoekies van haar lieste besoek en toe saggies tussen haar lippies begin deurtrek terwyl ek die ontdekkingstog met my lippe oor haar bene, boude en dye voortgesit het.
“Mmm ….as jy “haar” wakker maak moet jy “haar” gebruik,” laat sy hoor.
Ek het gevoel hoe daar ‘n nuwe nattigheid ontstaan en het haar stadig begin stimuleer met my vingers van agter af. Nodeloos om te sê dat ek toe reeds weer mooi jags was.
Die holtetjie op haar lae rug het verdiep en ek het besef dat sy haar boude opgelig het. Ek het tussen Jessie se bene op my knieë gaan staan, my voël met my hand afgedruk en stadig afgesak. Haar boude het weer gelig, maar ek het my genotstok onder haar kwassie deurgedruk sodat sy basies op hom lê. Terwyl ek haar rug soen het ek my voël vorentoe en agtertoe beweeg. My voëlkop het haar klitorus gevryf, soms haar koekhare gevoel, terwyl haar liefdesslakkie oor die skag van my voël heen en weer gegly het.
“Fokkit …. jy maak my mal mansmens,”sis sy in my rigting en vat my voël in haar hand en druk hom in haar nou sopnat gleufie. Ek het myself tot teen my lyf in haar ingedruk, saggies oor haar boude en rug gaan lê en haar nek begin soen.
Ek is ʼn groot “boude en boobs” man, maar haar boude was uit ‘n ander wereld. Lekker ferm, dog sag. Sy het stadig begin om haar heupe onder my op en af te beweeg terwyl ek doodstil gesteun deur my elemboë oor haar gelê het. Haar kop het skuins na agter gedraai en ek kon haar begin vry. Haar lyfie het klein gevoel onder myne, maar haar heupbewegings was sterk en ritmies en haar soene warm. Ek het besef dat dit die eerste “doggy” was waar ek gery word. My voël het elke millimeter van haar genotgrot gevoel en wanneer sy terugdruk het dit gevoel asof ek haar soos ‘n sosatie gaan deurboor. Diep, sag en nat.
Ek het my een hand onder haar ingedruk, my vinger met haar sappe natgemaak en haar klitorus begin stimuleer. Soms my vingers in ‘n V gevorm en weerskante van haar lippies verbygetrek. Jessie het begin kreun en haar heupe het roekeloos begin beweeg. Met elke terugstoot het my balle haar teen haar kwas en oor my vingers getref. Haar rug was nat van die sweet en haar asem het begin jaag. Daar het n dolheid oor my uitgebreek en ek het myself op my hande gestut en haar hard van agter begin steek terwyl my mond haar nek liefkoos en my warm asem in haar oor blaas. Ek kon voel hoe die rillings deur haar lyf trek voordat sy begin gil het: “ek gaan kom … ek gaan kom …” Dit was my “cue” en vir die tweede keer daardie nag het ek haar vol liefdestroop gepomp.
My energie vlakke was op zero toe ek langs haar op my rug neerval. Jessie het weer skuins oor my kom lê met haar twee bene weerskante van my linkerbeen, haar kwassie stewig teen my bo-been en een van daai pragtige tiete teen my bors. Haar lyf het effens gebewe en haar grys oë was vraend en ondersoekend, maar ek het haar gerusgestel deur haar passievol maar sag te soen.
“Ek gaan jou nooit weer laat gaan nie,” fluister ek in haar oor.
Sy kyk na my en sê: “ek wil nie hê jy moet my ooit laat gaan nie, maar ….”
Sy druk my vraag met haar vinger teen my lippe dood.
“Nie vanaand nie, asseblief. Kom ons wees net bymekaar, saam. Ek weet ek het gesê dat ons later kan praat, maar ek wil nie ‘n sekonde van ons saamwees verkwis met praatjies nie.”
Ek knik instemmend en sy laat haar kop sak tot op my skouer met haar gesig weggedraai. Ek voel haar trane op my vel en sit my hand op haar rug. Haar linkerarm verstyf oor my lyf, sy tel haar kop op en druk haar gesig teen my nek. Ek het die stortvloed trane en die ruk van haar lyfie nie verwag nie en al wat ek kon doen was om haar styf teen my vas te druk en te wonder of ons albei op daardie stadium ewe verward was oor wat die toekoms vir ons sou inhou.
Hoe lank gaan ek lees: 5 minutedeur Rudi
Gisteraand het ek baie bier uit die kalbas gesluk. Ek het diep slukke gevat totdat die aarde later onder my voete uit gedraai het en die maan agter die berge gaan rus het. Ek het net vir ʼn kort ruk op my rietmatjie gaan lê.
Khari. Khari met die slanke bene, die vol borste en haar donker tepels wat soms onder haar dik kralesnoer uitloer. Haar lang hare wat amper aan haar boude raak. Khari met die mooiste lippe. As Khari sing, bly die voëls stil.
Khari het vir my gejok. Sy het vir my gesê sy gaan vir my kies die laaste aand van die somerfees. My drome het my ook verraai. Ek het gedroom Khari trek haar klere uit en ek gaan styf tussen haar bene in terwyl die maan vir ons kyk. In my droom kon ek die hitte van haar kaal lyf en die sagtheid van haar tong voel. Ek het binne in haar my saad gestort en gestort totdat dit naderhand op die sand onder haar uitgeloop het en met elke komslag het haar borste groter geword. Sy het toe op my kom sit en toe ek weer kom was haar borste so groot dat ek amper versmoor het. Uitasem het ek wakker geskrik.
Khari het vir Hika gekies. Ek was nie lus om alleen op my rietmatjie te gaan lê nie. Ek kon hoor hoe Khari en Hika liefde maak. Saam met my maats het ek dronk geraak uit die kalbas.
Voordat die son opgekom het, het ek wakker geword en water gaan drink, my spies geryp en die veld in geloop.
Nou sweet ek. My tong is al klaar droog en my kop voel dik.
Ek sak op my hurke wanneer ek die vars mis gewaar. Dit is nog warm, en baie klam. Ek kan nie die spore uitmaak nie, want ek loop oor ʼn klipplaat.
Ek loop nog ʼn ent en stop dan. Daar voor eindig die klipplaat en sien ek die water van die Groen Kuil. Daar waar ons nie mag gaan nie. Niemand mag eers water drink daar nie. “Daar is ʼn gees wat jou gaan intrek, onder die water in!” het die oumense altyd gesê.
Dalk het die oumense gejok? Net soos Khari vir my gejok het en my eie drome my verraai het?
Ek stap stadig nader. Ek sien dat die water helder is, nie so groen soos dit van ver af lyk nie. Ek loop nog nader. ʼn Naaldekoker swiep voor my verby. Ek stap tot by die water, en gaan sit dan op my hurke. Die oppervlak is glad. Dit lyk nie asof die kuil geleidelik dieper word nie, maar dit lyk soos ʼn afgrond. Bolangs is die water helder en doer onder lyk dit donkerblou. Waar sal die groen dan vandaan kom as mens na die water kyk vanaf die klipplaat?
Ek druk die punt van my wysvinger in die water in. Dit is koel. Die rimpels kring al wyer om my vinger. Ek trek my vinger uit en proe aan die water. Dit proe glad nie vreemd nie.
Ek mymer vir ʼn oomblik. Ek sit nog op my hurke. My ballas hang los onder die kort lendekleed. Ek vat aan myself, vryf oor my styfheid en dink weer aan Khari.
Gisteraand was my twintigste somer en ek was gereed om ʼn man te word.
Ek sak vooroor, soos ʼn dier, soos ons nie mag nie, en suig die koel water deur my lippe op. Ek kyk na onder, verby my weerkaatsing, en probeer die bodem sien. Dit is net die blou donkerte.
Ek staan op, trek my lendekleed uit en sit dit langs my spies neer. Heeltemal kaal duik ek in die kuil in. Die water speel oor my ontblote vel, koel my eers af tussen my bene en dan wel die jagsheid weer op.
Ek swem na die kant toe en rus met my arms op die kliprand. Ek klim uit. Ek skrik toe ek iemand hoor roep, agter my. Ek swaai om. Dit is ʼn vrou. Sy staan aan die oorkant van die kuil. Ek wou nog verbaas groet, toe duik sy in die kuil in en swem deur na my toe.
Sy klim uit en ek voel hoe ek bloos. Deksels, sy is pragtig. Sy het net ʼn lendekleed aan. Haar kaal borste trek my oë aan. Sy vryf haar nat swart hare na agter en gaan sit dan op ʼn klip.
“Is jy bang om deur te swem?” vra sy. Haar stem klink vrolik.
“Nee, ek… ek het maar net gou geswem, is besig om te jag,” en ek wys na my spies toe.
My lendekleed! Ek is nog kaal. Ek val amper oor my voete.
Ek probeer my lendekleed optel, maar sy is skielik by my en trap dit op die klippe vas. Ek kom regop en kyk vir haar, weet nie mooi wat om te doen nie. Haar gesig is naby aan myne. Een van haar tepels raak aan my borskas. My ereksie se punt druk teen haar.
Sy bars uit van die lag, buk dan stadig reg voor my. Ek kyk na haar boude, haar styfgetrekte poepholletjie en haar spleet. Sy tel die velletjie op, trek dit vir my aan en bind dit vas. Ek staan net stil, te bang hierdie beeldskone vrou is ook net ʼn droom wat my gaan verraai.
Ek gaan sit op ʼn klip en sy sit oorkant my. Haar naam is Klarra. Die R’e rol uit haar mond as sy haar naam sê.
Klarra vra my wat ek jag en ons begin gesels. Sy lag baie. Ek hou van haar lag. Dit voel asof ek haar al lank ken. Hoe langer ons gesels, hoe meer voel dit vir my asof dit Klarra in my droom was en nie Khari nie.
Klarra kom sit langs my en dan raak ons lippe. Ek vat aan haar bolyf, aan haar naakte borste en vryf oor haar tepels. Haar tong is warm in my mond. Haar oë is donkerbruin. Sy trek haar lendekleed af en sit my hand tussen haar bene. Ek speel met my vingers verby die wollerigheid en dan tussen haar nat voue in.
Sy vat aan my styfheid onder my kleed, streel oor my, trek hard, dan sag, vryf met haar vingers oor die nat punt. Sy laat sak haar kop, en neem my in haar mond in. Haar tong speel oor my, dan neem sy my diep in haar mond in voordat sy opstaan.
Hierdie is my droom wat waar word, besef ek. Ek staan ook op, soos in my droom, en dan pluk sy my lendekleed af dat die leerbandjies breek en sy gooi die velletjie eenkant toe. Die kuil se water blink agter haar. Dit was die kuil in my droom, nie die helder maan nie. Ek het gewonder hoekom was dit in my droom dag, terwyl ek in die aand Khari se naakte vroulikheid moes ontdek het.
Klarra gaan lê op haar rug en trek die pienk vlees tussen haar bene oop. Ek gaan lê bo op haar en gaan in haar in en word ʼn man. Ek druk diep in haar stywe, gladde warmte in. Hard in, bietjie uit, al vinniger.
Klarra trek my nader met haar naels in my rug, druk my styf vas en dan swaai ons om sodat sy bo is. Sy stoot haar bolyf uit en bied haar borste vir my aan. My tong streel oor haar stywe tepels, neem eers die een dan die ander in my mond, knibbel liggies aan hulle. Sy wikkel haar heupe en ek vat aan haar boude.
Net soos in die droom begin ek te klop binne in haar. Haar naels druk in my borskas in en sy trek haar bene saam, druk my styf vas. Sy sak heeltemal oor my stywe manlikheid sodat my saad diep in haar stort. Haar borste druk teen my gesig. Haar vel is nat, word al natter en natter. Koel water spoel oor my bene, oor my onderlyf. Die water spoel oor my styfheid wat nog binne in haar is.
Haar asem is vinnig en vlak. Sy sê vir my iets, maar dit klink… anders. Ek probeer haar boude vas druk, maar my hande gly deur haar. Ek is onder die water. Ek probeer opkom, maar stamp my kop teen die onderkant van die oppervlak. Deur die water sien ek haar op die wal staan. Sy is nog kaal. Sy waai vir my, en dan stap sy weg.
Hoe lank gaan ek lees: 2 minuteKombiekiehier hou skatte-jag
Kombiekiehier het iets om weg te gee en toe besluit ons om sommer ons eerste kom-petisie te hou. Hierdie kompetisie is ‘n skatte-jag na alles wat sexy, eroties en/of sensueel is. Want dis mos eintlik waaroor kombiekiehier gaan. En jy het ‘n goeie kans om ‘n briljante inskrywing te he as jy jou skat jag(s) met jou kamera. 😉
Maar eers bietjie inligting oor die prys:
Die Kombiekiehier-Gina klitorale vibrator is die ideale speelding om daardie na-vakansie-blues mee te verlig. Dis klein genoeg om stilletjies in jou handsak te gly of om skimp-skimp in jou metgesel se hand te glip. Met hierdie prys, wat R1 000 werd is, wen jy eintlik plesier. 😉
Sou ‘n man die kompetisie wen, bied Kombiekiehier die opsie dat die prys vir ‘n stel van vier erotiese Afrikaanse boeke (ter waarde van R600) geruil kan word.)
Reels en voorwaardes:
Die idee van die kompetisie is om deelnemers die kans te gee om hulle daaglikse sexy, erotiese en sensuele ervarings met ons te deel – en dalk sommer weer daarvan bewus te word. 😉 Stuur vir ons ‘n kort videoclip van iets wat deur een van die woorde beskryf sal kan word (sexy, eroties, sensueel).
Voorstelle van video’s wat sal kwalifiseer is: iemand se hare wat waai in die wind, bene wat beweeg onder ‘n skuimbad, boobs wat wip (dalk op die strand?), boude wat heen en weer wieg as ‘n vrou loop, ‘n man se voorarms, ‘n man se hande wat om ‘n bors vou, rugspiere wat beweeg … daar is nog duisende … En dit kan kort wees, moet verkieslik nie langer as ‘n minuut of twee wees nie).
Die volgende is baie belangrik:
Nou ja, go forth and seek sexy. 🙂 Geniet!!
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteIemand het my vertel daar is baie blowjob bars in die Filippyne. Ek het nog net een blowjob bar ervaar ─ in Mexiko in die vorige eeu. Ek weet ongelukkig van geen blowjob bar in Suid-Afrika nie. Dis ’n oulike konsep. Aan die voorkant is ’n oop kroeg, en dan doer in die skemerige agterkant sulke inhamme waar ’n man kan gaan sit, amper soos ’n Spur-hokkie met ’n perdeskoentafel maar meer diskreet, hoewel jou hoof nog uitsteek. Deurgaans speel harde musiek, so geen krete word gehoor nie. Deurgaans vloei die tequila, so die kelnerinne se monde is mooi gesteriliseer. Die tips is massief.
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteHierdie is waarskynlik die weirdste video wat ons nog ooit gesien het. Dis oor ‘n masjien wat jou vertel oor masjiene wat … wel, wat naai. Naaimasjiene. Kyk liewer self … 😉
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteOns het hierdie strange video op youtube raakgesurf en omtrent ‘n week lank gewonder of ons dit moet deel met julle. Dis vreemderig, maar tog sexy. Ongelukkig eindig dit baie skielik – wat mens amper laat voel soos wanneer iemand omdraai in die bed en slaap net na hy seks gehad het. 😉
Anyway, besluit sommer self wat jy daarvan dink. 🙂
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteVolgens die bronne beskikbaar is hierdie die wêreld se eerste advertensie wat seks adverteer. Aangesien kombiekiehier soort van dink dat seks een van die heel lekkerste goed in die hele wêreld is, dink ons ook hierdie ad is briljant. Neem die boodskap ter harte 😉 en geniet!
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute
As hierdie advertensies toegelaat was op ons TV kanale sou mans waarskynlik nooit so woes met die remote rondgehop het nie. 😉
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteBaie cool praatjie oor masturbasie 🙂
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minute’n Klein persentasie vroue (nooit introverte dunlipvroue nie) gebruik dié metode om ’n blowjob te gee: Sy lê op haar rug, haar kop op ’n kussing, en beduie jy moet op jou knieë weerskante van haar skouers kom kniel en jou voël tussen haar vlesige lippe indruk. Jy doen dit, en naai haar mond en tong dan, nie stamperig en met mening nie, eerder saggies en glyerig. Min dinge maak my horing harder en meer gereed om die onderste lippe daarna met mening by te kom.
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteElke goeie “leserskring” het ‘n resident skrywer. kombiekiehier is so gelukkig om sommer ‘n paar te hê. Die aard van die werf veroorsaak egter dat baie van ons bydraers onder ‘n skuinaam moet deelneem, want koeke. (Soms krul my tone om van lekker as ek dink aan hoe wyd die lesers sal smile as hulle weet wie hulle almal skryf. 😉 )
Maar oor Kleinboer mag ons breëbors en openlik spog.
Dit is seker ‘n aanvegbare stelling om te maak, maar Kleinboer is imho tans een van ons heel beste Afrikaanse skrywers. (Hierdie is in elk geval die plek vir wilde stellings) Hy maak die alledaagse eroties. ‘n Facebook update van ‘n paar sinne word kuns.
Dit is waarom ons vir hom ‘n hoekie van kombiekiehier inruim. (Soek sy tab in die menu) Hier kan Kleinboer se onpubliseerbare spreuke voortleef. Want elkeen van daardie mymerings van hom bevat tog ‘n waarheid, opinie of beginsel (al bedoel hy dit dalk nie so nie).
Kleinboer het in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuut werk, Kontrei, ontvang. Sy nuwe boek, Werfsonde, het verlede jaar verskyn.
Volg die link om Werfsonde te koop.
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteMens kry twee tipes vroue: groep A wat tydens ’n doggystyl-sessie stil op hulle hande en knieë staan en die man die bewegings laat doen, en dan groep B wat hulle heupe aktief agtertoe stamp-stamp-stamp om die voëlkop se senuwees op ’n mooi manier te agiteer. Ek verkies groep B. Met dié wyfies stamp-stamp-stamp die man natuurlik steeds vorentoe, maar sy bekken word telkens as ’t ware halfpad ontmoet. Memory van Harare, vars van Zimbabwe, het gisteraand in kamer 616 van die Royal Park Hotel sterk in groep B geval. Toe ons ná die aksie aantrek, het ek gedink aan die liggroen Mazda 616 wat ek meer as 20 jaar gelede in Pretoria gery het. Ek het Memory daarvan vertel maar sy het onbegrypend na my gekyk en ek het die onderwerp verander deur iets oor die reënbuitjie vroeër die dag te sê.
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteDie sokker wêreldbekertoernooi begin oor 10 dae in Brazil. Hier is vir julle solank ‘n lusmakertjie. Want tieties. 🙂
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteSoms ontdek ons iets wat op kombiekiehier hoort al pas dit nie in ‘n spesifieke kategorie nie. Miskien sal ons later een moet skep met die naam “uit liefde”. Want dis sommer waarom ons hierdie deel – uit liefde en omdat dit fantasties is. 🙂
Gaan lees hier meer oor die video.
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minuteNatuurlik is daar “moeders” wat kombiekiehier lees. Want moeders hou nie op lus nie. En waar anders sal Afrikaanse MILF’s tuis voel? 😉
Gelukkige moedersdag!
Hoe lank gaan ek lees: 3 minuteOp hierdie dag waarop die res van die wêreld poetse vir mekaar bak, breek kombiekiehier die tradisie deur vir ʼn slag ernstig te wees.
Om gelukkig te wees het mens ander mense nodig. Hoe meer liefde hoe meer vreugde, sou die ou mense gesê het. En alhoewel kombiekiehier ʼn ruimte is waar die liefde en vreugde ter sprake meestal die fisiese en romantiese tipe tussen minnaars is, weet ons almal dat ʼn goeie vriend of vriendin hul eie unieke tipe vreugde verskaf.
Kombiekiehier is daarom verheug om ʼn vriendin aan julle bekend te stel. Alle vriende en vriendinne het raakvlakke – gedeelde belangstellings – wat die band tussen hulle sterk maak. In hierdie geval is die gedeelde belangstelling presies dieselfde ene wat jou ook hierheen gelok het. Seks.
Ontmoet vir Pure Plesier. Ons borg.
Seks het verskillende fasette.
Kombiekiehier doen seks in Afrikaans. Want lus.
Pure Plesier gee vir ons opwindende maniere waarop ons daai lus uit kan leef. Want produkte. 😉
Dalene Brand, eienaar van Pure Plesier – Die Sensuele boetiek vir elke vrou, vertel self:
“Ek het vroeg in my huwelik besef hoe belangrik intimiteit in ʼn verhouding is. Seks is 10 persent van enige verhouding, maar as daar probleme is beinvloed dit die hele verhouding. Ek besef dat baie seksuele probleme in verhoudings by “draaiboeke” en vooropgestelde reëls en idees begin wat van kleins af vir ons vertel is.”
Sy verduidelik hoe vroue vandag baie rolle moet vervul. Soms neem die rolle van ma, eggenote, opvoeder, beroepsvrou en nog meer haar so oor dat sy vergeet dat sy ʼn sensuele wese ook is. Boeke soos Fifty Shades het baie vroue weer aan daardie seksualiteit herinner.
“Baie Afrikaanse vroue het grootgeword in ʼn kultuur waar dit ongehoord was om oor seks en seksuele voorkeure te praat. Om oor produkte te praat was heeltemal taboe. Dis vir my skokkend om te sien hoe min vroue werklik van hulle eie seksualiteit af weet. By my winkel bou ons ʼn verhouding met elkeen van ons kliënte. Ons neem jou op ʼn sensuele reis waartydens elke sintuig geprikkel word. Tekstuur, geur, musiek, kerse, onweerstaanbare sexy onderklere, olies en sensuele speelgoed is van die produkte waarmee ons jou verlei. Deur inligting en kennis help en bemagtig ons jou om so die beste produkte te kies wat by jou unieke behoeftes sal pas.”
Mans is ook baie welkom by Pure Plesier. Julle is dan ons gunsteling metgeselle. 😉 Die idee is dat die winkel ʼn veilige ruimte is waar vroue intieme produkte kan besigtig sonder dat hulle skaam is voor vreemde mans. Mans is egter welkom om op afspraak ook die winkel te kom besoek – of saam met hulle vroue. Produkte kan deur die webwerf ook bestel word.
Dalene sê haar doel is om elke kliënt wat die winkel besoek opgewonde en met ʼn vonkel in haar oog huis toe te stuur – op ʼn nuwe avontuur om haar seksualiteit te omhels en te geniet.
Kombiekiehier se doel is om oor seks, seksualiteit, erotiek en verhoudings te gesels en terselfdertyd sommer baie lus te maak.
Kombiekiehier en Pure Plesier se doele is dus aanvullend tot mekaar. Ons is van dieselfde sterstof gemaak selfs al leef ons dit verskillend uit. 😉
Om hierdie vriendskap te vier gaan kombiekiehier vandag so bietjie meer as gewoonlik post – om soos die sensuele reis waarop jy deur Pure Plesier geneem word, jou ook op ʼn sensuele reis deur kombiekiehier te neem. Want dit is amper asof ons partytjie hou hier op die webwerf. Sonder enige fools. 🙂
Pure Plesier se fisiese adres is 82 Skilpad Weg, Monument Park, Pretoria.
Kontak hulle by: 012 346 7246 / 081 763 0783
Geniet dit!
Hoe lank gaan ek lees: < 1 minutekombiekiehier sodat ek jou kan soen. Lank en diep. Want ons het reeds voorheen oor soen gepraat en ons gaan beslis weer.
Kan jy jouself indink hoe dit sal wees om ‘n vreemdeling te soen – ordentlik te soen? Dis skaam en mooi. Kyk hoe het hierdie mense dit beleef: