Daai eerste keer
deur Geriatrix
Taalversorging deur Lusman
“Haai ou Anna!” Dis Johanna in die rolstoel wat my hard op my dy klap, blykbaar om my aandag te trek hier waar ek op my draaistoel by my rekenaar in my ouetehuis-kamer sit. Maar ek het haar al lankal hoor aankom.
Johanna stoot haar rolstoel tot voor my toe ek dwars draai.
Sy kyk stip na my toe sy vervolg: “Jong, Anna, ek lees nou weer hierdie storie van jou oor die grotte, veral die stukkie waar die joernalis jou die eerste keer spyker! Ek het nie geweet dat jy so lank gewag het voor jy ‘n penis in jou gekry het nie. Ek dog regtig jy het sommer gou daardie genot gesmaak.” Sy klink baie nuuskierig.
Kyk, van Johanna die iPad by haar suster se kleindogter gekry het, is sy permanent op die net. Sy surf soos geen tiener kan droom nie. Sy het ook per ongeluk uitgevind wie ek is. Dit is nadat ou Geriatrix die aand hier in die aftreeoord dood gekry is met sy halfstywe voël in sy hand en die musiek van “Digter en Boer” wat nog op die agtergrond gespeel het.
Van daardie aand af wil sy net al hoe meer weet oor Geriatrix en my “verhouding” met hom. Kyk, laat ek dit nou reguit sê: Dit was nooit ‘n verhouding nie. Dit was ‘n naaiery en stekery en onbeheerste seks. Dit was al. Van liefde en sulke gevoelens was daar geen sprake nie. Ons was soos twee onbeheerste diere en het mekaar beklim, gespyker, genaai en wat nog alles. Dit was alles oor passie en pure wellus … en niks anders nie.
Die ou ding is seker ook maar eensaam, dink ek terwyl ek kyk na Johanna, haar regterhand vroetelend aan die rolstoelkontrole. Want sy het geen kind of kraai nie. Ons ouetehuis-lewe is ook nie aldag danig opwindend nie.
Ek besluit om maar ‘n bietjie aandag aan haar te gee en sien die verligting op haar gesig toe ek met haar begin praat.
Ek het skaars begin, toe Johanna nuuskierig vra: “Vertel my weer van daardie aand toe die joernalis jou gespyker het. Dit was mos jou eerste spyker.”
Onvermydelik sal die gesprek dus oor “daai eerste keer” moet gaan, dink ek by myself. Ek dink hoe ek ten beste met Johanna kan saamspeel – om dit vir die ou siel interessant en opwindend te maak. Ek self is lus vir sekspraatjies; dalk kan sy my iets van haar vertel. Ons kan dit ‘n interessante oggend maak, gaan dit deur my gedagtes.
Terwyl ek my rekenaar afskakel, dink ek hoe ek die vertelling sal aanvoor. Want hierdie onderwerp is so oud soos die mensdom. En tog is ‘n eerstekeer-ervaring vir elke mens nuut – afgesien daarvan hoeveel keer jy dit al van ander gehoor het. Selfs as jy daaroor lees, is dit elke keer nuut. Ek het dit die eerste keer in Fanny Hill raakgeloop waar die jong meisies praat oor die eerste keer wat hulle ‘n piel in hul poesies gevoel het. My belangstelling in die letterkunde en veral my kennis van Frans, Duits en ander tale het my blootgestel aan vele van hierdie verhale. Ek het geen rede om Johanna teleur te stel nie, dink ek so ewe.
Ek sien Johanna verskuif haar rolstoel ‘n bietjie en maak die briek vas. Sy klem en lek haar lippe om die beurt terwyl sy haar voete op die rolstoelvoetklap regskuif. Sy is ooglopend lus vir ‘n lekker geil storie.
Terwyl ek my rekenaar toeklap, draai ek na haar. “Kyk, Johanna, dis ‘n ou storie. Ek het het jou mos vertel hoekom ek nie ‘n pêntie dra nie en ook hoekom ek my poesiehare skeer. Die mense by die koerant het almal die stories gehoor en my daaroor gevra. Ek het dit nog nooit ontken nie.
“Dit het so begin: Die aand het ‘n paar joernaliste en ek tot laat aan ‘n storie gewerk. Ons het baie wyn gedrink en ook ‘n paar zolle gerook. So ek was seker bietjie getrek, maar ek dink nie so nie.
“Ons het die storie in die bed gesit, met ander woorde, dit vir die setters gestuur om te set en dan te druk.
“Die man en ek het saam by die lessenaar gesit toe hy uit die bloute vra of dit waar is dat ek nie ‘n pêntie dra nie en dat ek my hare daar skeer. Ek sê toe vir hom dat almal dit weet en ook weet hoekom dit so is. Die volgende oomblik het hy my op rug op die tafel en my rok in die lug. Met sy ander hand pluk hy sy voël uit.”
Ek sien Johanna sluk en haar regterhand vat die rolstoelreling vas. Temterend en half grinnikend vervolg ek: “Ek het toe al baie voële gesien, maar hierdie een was nogal mooi groot. Die volgende oomblik stamp hy daardie dik voël in my in.”
Ek kry lekker toe ek sien my eksplisiete taal het Johanna se mond effens laat oopgaan. Haar tong speel teen haar onderlip van geilheid.
“Ek was effens nat, maar nie baie nie,” vervolg ek. “Dit was nogal ongemaklik om die dik ding in my te voel. Hoe meer hy stamp, hoe natter word ek en hoe lekkerder word dit – baie lekkerder as met ‘n kers, vinger of selfs komkommer!” Ek gebruik juis hierdie beeld, want ek is amper seker ou Johanna werk haarself gereeld met haar vingers. My vermoede word bevestig toe sy haar onderlip begin lek. Ek self voel hoe ek klam word van haar reaksie. Ek gaan haar meer van hierdie jagsmakende medisyne gee, besluit ek.
“Ek kan nie onthou hoe lank hy gestamp het nie. Maar dit was nie baie lank nie, toe kom hy die hele wêreld vol – oor my bene, my rok en my poes. Ek was nog nie klaar nie. Toe gryp ek sy voël en druk dit weer terug waar dit hoort. Hy was so vir een of twee sekondes slap en toe voel ek hoe hy weer styf word en aanhou pomp. Kyk, dit was nou vir jou lekker en ek het hom laat weet hoe ek voel.”
Ek sien lekkerkryend hoe Johanna se oë heen en weer in hul kasse gaan en albei haar haar hande die armrelings styf vashou soos sy haar inleef in die storie. Ja jong, laat daai poesie van jou nat word, dink ek.
Johanna kyk my stip aan. Ek sien hoe haar hand onder haar romp inbeweeg. Haar bene maak so effens oop en sy begin beweeg. Haar asem is ook vinniger. Ek self voel nou erg klam.
Ek besef eers hoe jags Johanna geword het toe sy in ‘n hees stem sê: “En nou gaan ek jou my storie vertel.” Johanna se regterhand het die skoot van haar rok veel dieper as gewoonlik ingedruk.
My klammigheid sit om in behoorlike natheid; ek het nie geweet ek kan met my vertellings ‘n ander vrou so jags maak nie. Jou geilgat! betitel ek myself terwyl ek my bene, wat intussen onder my rok oopgegaan het, toeknyp. Skaam jou om ‘n ou vrou met seksvertellings so hitsig te maak!
Dan begin Johanna vertel.
“Jy weet, Anna, ek was mos ‘n verpleegster by 1 Mil-hospitaal in Pretoria. Kyk, na ‘n paar maande hier, ek het geweet hoe lyk ‘n penis. Want dit was mos net dienspligtiges in 1 Mil. Dit was nog die ou hospitaal op Voortrekkerhoogte, naby die Lugmagbasis en die DB in die ou barakke. Ons bevelvoerder was ‘n vroue-kolonel Jones. Haar man was glo die stafsersant in bevel van die DB. Sy was ‘n bliksem.
“Sy het ons absoluut verbied om enigsins te gemaklik met die pasiënte te word. Sy het elke dag haar rondtes gedoen – nooit op dieselfde tyd nie. So, ons kon nie eers daaraan dink om iets met ‘n pasiënt te doen nie! Die troepe wat ons in die hospitaal gehad het, was nog die 9-maande-manne. Hulle het mos elke verskoning denkbaar gebruik om in die hospitaal te kom. Met die grensoorlog daarna was dinge totaal anders. Die meeste van ons pasiënte was toe gewondes.”
Ek wonder wanneer Johanna by die souserige dele gaan uitkom – sover klink dit na ‘n geskiedenisles. Ek is nou regtig lus vir die verhaal van haar eerstekeer-naai.
“En toe … vertel verder,” por ek haar aan.
Breed glimlaggend vervolg sy: “Hoewel daar voëls in oorvloed was, was hulle nie veel werd nie – daardie jare het die manne mos blouvitrioel saam met hulle koffie gekry. Selfs al wou hulle, kon hulle nie die ou man laat regop staan nie – nie eers met twee roomysstokkies nie! Een van my vriendinne het een aand probeer om een van die dienspligmanne te help met ‘n roomysstokkie. Maar sy sê die stokkie het haar so seergemaak dat hulle dit maar gelos het.”
“Ek sou so dink, Johanna,” merk ek op. “Stokkies en ‘n poesie gaan nie saam nie.”
“Ek sou ook nie daarvoor kans sien nie, Anna, jy’s reg. Maar laat ek jou verder vertel.”
“Ons moes net in ons spore trap en moes altyd ons uniform perfek dra. Daardie tyd het ons rompe gedra en nie soos die hedendaagse verpleegsters langbroeke nie. Ek het uitgegaan met ‘n jong prokureur wat na-uurs by Tukkies geswot het; onthou jy nog die na-uurs-gebou daar in Proesstraat?”
Ek skud my kop.
“In elk geval, hy het net ‘n motorfiets gehad. As hy my kom haal het, was dit nogal ‘n ding om met die nou romp op die motorfiets te klim. Ek het altyd dwarssaal gery tot ons by die hek uit is en dan het ek my romp opgeskuif en wydsbeen op die sitplek gaan sit.”
A, hier kom dalk nou iets as die ou siel van wydsbeen begin praat, dink ek. Ek’s darem nou lus vir iets baie geiler as wat sy tot dusver kwytgeraak het. Hierdie keer is dit ek wat my lippe aflek.
Ek kyk gretig na Johanna as sy weer begin praat.
“Weet nie of jy Pretoria ken nie, maar van Voortrekkerhoogte af stad toe is daar ‘n lang afdraand. Die mannetjie het altyd vinnig gery en dan moes hy weer stadig ry en briek om by die talle robotte in Potgieterstraat te stop – met die gevolg dat ek vorentoe en agtertoe op die sitplek gegly het.
“Teen die tyd dat ons by Tuks se buitemuursgebou aangekom het, was ek so nat dat ek kon skreeu. Ek het eers later uitgevind dat hy ‘n ronde staaf – ‘n stuk pyp of iets – onder die sitplekoortreksel ingebed het. Dit was sodat my doos presies op daardie pyp heen en weer gly met die versnelling en briekery.”
“Dit lyk my hy moes uit sy pad gaan om jou aan die gang te kry,” spot ek. Sy gee my so ‘n half vuil kyk.
Johanna vervolg: “Hy het dan gaan klas draf en ek het ‘n koppie koffie gaan drink voor ons na sy huis toe is. Weer die ewige versnel en briek tot by sy huis met my agter op daai pyp.
“Ons het lekker gevry, maar hy het nooit verder gekom as om sy hand op my poesie te sit en dalk so effens in te gaan nie nie – hoewel ek hom probeer help het.”
“Later het hy ‘n Volkswagen Beetle gekry. Ons het daarmee by die Fonteine-inry gaan fliek. Die eerste paar keer het ons lekker gevry, maar nie veel gedoen nie. Tot een aand toe hy die Beetle in die laaste ry parkeer het en toe nog sommer met die agterkant voor.
Daardie laaste ry was amper binne-in die bos en effens afgesonder van die res van die inry. Die manne wat daar geparkeer het, het sommer in die bos gepie eerder as om die lang pad na die toilet te vat. Van die meisies het ook sommer daar tussen die bome gaan sit.
“Ons het toe al ‘n paar doppe ingehad. Hy het my pêntie uitgetrek en ook my bra losgemaak. Ek het sy voël gevoel en gesien hoe dit groter word. Die volgende oomblik was ons buitekant die Beetle, ek met my kaal gat op die bonnet en my voete op die buffer.”
Ek kry die prentjie en voeg by: “En jou bene was natuurlik lekker wyd oop nè.”
“H’m ja,” antwoord sy. “Hy het met sy voete op die buffer tussen myne geklim en sonder enige voorspel daardie voël tussen my lippe ingedruk, reg om hom in my in te stamp.
Ek voel ek wil my oë toedruk vir die toneel wat dit vir my lyk hom nou gaan afspeel. Die arme Johanna, hoe moeilik gaan dit nie nou wees om die toneel vir my te beskryf nie. Ek sê sy moet eers stop.
Ek laat my kop sak en sê: “Johanna, gee my net ‘n bietjie kans. Jy het nou by ‘n baie belangrike deel gekom. Ek moet my gedagtes eers in orde kry.” Ek dink aan my eie ervaring met die joernalis.
“Wat de duiwel …?” hoor ek haar sê. Ek hou net my regterhand op en wys vir haar om te wag.
Ek sien in my verbeelding hoe sy vir my diep emosioneel, met baie pyn in haar hart die toneel soos volg gaan beskryf: Nie saggies nie, nee, hy het hom ingestamp. En ek het nog probeer keer omdat dit my eerste keer was. Ek wou gehad het hy moet stadig. Maar nee, die man had geen keer nie – hy stamp en beur en stoot en uiteindelik is alles gou verby.
Ek voel amper asof ek wil huil. Ek dink aan maniere hoe ek dit vir haar kan versag.
“Weet jy, Johanna,” sê ek vir die wagtende ouvrou, “in byna elke vertelling van die eerste keer loop daar ‘n bloedrooi lyn. Maak nie saak hoe lank die ou gevat het nie. As hy eers ingedruk het en die effense weerstand voel, is daar net een pad: AL DIE PAD VORENTOE! Hy sal nie eers effens terugtrek en probeer om die klein opening wat daar is groter te maak nie. Nee, hy moet met alle geweld verby die versperring kom. Byna altyd gebruik hy sy penis as ‘n stormram en te hel met wat die meisie skreeu. Hy is dan verbaas as hy uittrek en die bloed sien. Party val flou en ander weet nie mooi hoe om die storie te verwerk nie. Hier en daar is daar ‘n ou wat die hele proses stadig begin en sy voël soos ‘n verruimer gebruik en nie as ‘n stormram nie.
“En hoor hier, Johanna, vervolg ek, “Geriatrix het my eendag, terwyl ek met sy voël gespeel het, daarop gewys dat ‘n voël nie soos ‘n stormram ontwerp is nie. Sy kop loop met ‘n spits en is nie plat soos ‘n stormram nie. Hy is ontwerp om met die puntjie in die klein opening in die vlies in te dring en dan die spitsheid te gebruik om die opening stadig groter te maak. Maar die meeste ouens het nie die geduld om stadig deur te dring nie – hulle wil dadelik so diep moontlik in die lekkerte inkom! Ek wou hierdie goed net vir jou sê, Johanna, voordat jy verder gaan.”
Johanna knik haar kop asof sy goed verstaan wat ek gesê het. Sy tel haar regterhand op en hou haar voorvinger in die lug. Dis asof sy vir my wil wys watter vinger sy van praat toe sy sê: “Ek het hom eers sy voël laat uittrek. Ek het toe met my vinger myself ‘n bietjie bevredig, Ek het hom toe gevra om my ook te vinger. Hy het my ‘n paar keer met een vinger gedoen. Hy wou twee inkry, maar kon nie.
“Ek was redelik goed nat toe hy weer sy penis nader gebring het. Maar my maagdevlies was nog nie behoorlik gerek nie. So, toe hy weer sy voël tussen my lippies indruk en die weerstand by my opening voel, het hy nogal hard moes stamp om deur te breek. Ek het geskreeu, nie van plesier nie, maar omdat dit so blerrie seer was! Hy het nog so een of twee stampe gegee en toe uitgepluk en oor die hele Beetle se geboogde bagasieruimkap gekom. Hy het gou daarna terug in die kar geklim. Ek moes alleen myself skoonmaak. Dis net soos jy gesê het, Anna: Hy het my gestormram!”
Ek byt op my tande oor arme Johanna se ruwe ontmaagding.
Die trant van die storie word darem beter toe Johanna verder vertel. “So Anna, later het dit beter geword. Na die eerste keer het dit begin lekker raak. Maar ons het later uitmekaar gedryf en ek het hom nie weer gesien nie. Ek het in my loopbaan opgegaan, nooit getrou nie en as ‘n brigadier afgetree. Hy het later ‘n regter in die Hooggeregshof geword.”
Johanna se stem raak meer bedaard as sy vervolg: “Ek het daarna een of twee keer – dalk meer, ek kan nie onthou nie – met mans deurmekaar geraak. Ek het met elkeen ook een of twee keer selfs seks gehad. Maar ek het nooit iets permanents gehad nie. Toe ek ouer geword het, het dit my nie meer so baie gepla nie, hoewel ek darem nog graag dit soms sou wou ervaar. Jou stories het my weer lus gemaak en die gevoel is weer daar.”
Ek het die hele tyd na Johanna se storie geluister, dink ek. Dit was interessant en het my met tye lus gemaak. Behalwe die ruwe ontmaagding het dit darem die hoogtepunte van lekker seksssies daarna gehad.
Die belangrike is dat haar sekslus darem nie geblus is nie. Dit het my nou baie lus. Ek het ook my hand onder my rok ingestoot en begin vroetel. Onbeskaam, voor Johanna.
Ek kan sien Johanna se linkerhand is ook op haarself onder haar rok as haar rolstoel weer in beweging kom. Dan het sy my storie seker net so opgeilend gevind as wat hare vir my was, gaan deur my gedagtes.
Dit rolstoel draai sywaarts as sy aanstaltes maak om te vertrek. Ek is half teleurgesteld dat sy nou op pad is. Ek kyk sommer weg, na die rekenaar op die tafel.
Meteens kry ek die gevoel dat Johanna my stip aankyk. Haar oë is star en haar hand is stil as ek weer na haar kyk.
“Anna, is jy ook opgewerk?”
“Ja, maar wie is hier om te spyker? Die mans is almal seniel en impotent.”
Johanna is gou om te antwoord: “Kom ons twee gaan na my kamer toe, dit is groter as joune en ek het ‘n dubbelbed.”
Ek hou van die plan. Ons is inderhaas na haar kamer toe.
Johanna mag miskien in ‘n rolstoel sit omdat sy nie meer so goed kan loop nie, maar met haar bene is daar nie veel fout nie. Ek sien die prag van haar bejaarde bene toe ek haar uit die rolstoel help en haar rok oopval toe sy op die bed gaan lê. Vir ‘n vrou van meerdere jare is haar bene nog baie seksueel aantreklik en ek kan nie my hande van hulle afhou nie.
Ons trek albei al ons klere uit. Ek verstom my aan Johanna se borste – amper nog net so styf soos dié van ‘n jongmeisie! Dit is duidelik dat sy ook nooit kinders gehad het nie en haar figuur opgepas het. Haar magie is miskien nie meer so glad soos jare gelede nie, maar daar is nie plooie nie!
As ek links langs haar op die bed gaan lê, begin ek haar op haar oop mond soen. Sy soen my terug. My een hand beweeg na haar borste toe en die tepels begin hard word en regop staan.
Sy begin met my borste speel en myne begin ook te reageer. My een hand beweeg stadig langs haar lyf af in die rigting van haar poesie. Sy het dit nie geskeer nie en hoewel die hare min is, is hulle nog daar.
Stadig maak ek die pad oop na haar genotgrot toe – vee net so effens oor die lippe en beweeg dan af na haar binnedye toe. Ek glo mos, soos Geriatrix my geleer het, dat mens die plesierdele van onder af moet benader. Sy maak haar lippe met haar regterhand se oopspreidende voor- en middelvinger so effens oop. Ek laat my linkerhand se voorvinger liggies in die gleuf ingly. Ek speel met die sagtheid van haar binnelippies voordat my middelvinger die puntigheid van haar klitoris opsoek. Sy begin van plesier te ruk.
As my vingers afgaan na haar opening en dartelend daarrondom begin sirkel probeer sy hulle dieper in haar indwing. Met al die jare se ervaring het ek al goed geleer dat mens hierdie stap stadig vat, net so effens insit en daar talm. Dan weer uittrek, voordat die aksie herhaal word. As ek my vingers uiteindelik konstant in haar het, wys ek haar ook Geriatrix se kom-hier-beweging met die vingers. Sy hou duidelik baie daarvan!
Johanna laat ook nie slap lê nie. Sy vry net so hard soos ek. Ek gebruik my meerdere kennis om haar een of twee tegnieke te leer en sodoende vry ons twee baie lekker.
Later skakel ons na die 69-posisie oor, sy bolêend. Hier is sy my een voor; sy kan suig soos ek nie geweet het iemand kan nie. Ek weet nie waar sy dit geleer het nie, maar as sy haar tong in my gleuf indruk, voel dit soos ‘n klipharde penis. Sy gebruik haar tong om tot wie weet waar in my genotsbuis te kom.
Met haar spleet hier reg bo my gesig lig ek my kop. Ek beantwoord haar attensies met lang op en af lekhale aan haar buitelippe en dan dwars lekhaaltjies aan haar vlindersagte binnelippies. Dis vir my duidelik dat my tong minder bekwaam as hare is as hy, nadat hy haar klitoris bietjie karnuffel het, haar opening maar vlakkerig binnedring.
Dan skuif sy weer terug na die klein mannetjie in die boot. Sy werk dié se sake met haar tong en vingers. Vir seker die tweede keer in my lang sekslewe het iemand dit reggekry om haar tong om my klit te vou. Ek voel of ek haar wil vra waar sy dit geleer het, want dit is dôners lekker!
Sy werk my klit met haar mond terwyl sy met haar regterhand terugreik tussen ons lywe en my regterbors vertroetel. ‘n Oomblik later het sy hande geruil en dan kry my linkerbors ‘n beurt. Vir iemand wat nie veel gevry het in haar lewe nie, is sy blerrie goed. Ek vry haar terug, maar ek moet eerlik wees: Ek geniet dit so dat ek haar amper vergeet.
Ons vry so lekker dat ons nie die deur hoor oopgaan nie. Matrone staan die spul so en kyk.
Sy wil iets sê toe ek haar voorspring: “Ag, jou moer ook, Matrone!”