Saterdagoggend

deur Kleinboer

Saterdagoggend. Lungi het afgeloop Raleighstraat toe om vir haar wyn te gaan koop en Jomo het iewers gaan speel. Ek neem my kans waar om na ’n stuk van ’n bloufilm te kyk met die klank lekker hard aan. Ek voel nie ongemaklik met die honde in dieselfde kamer terwyl ek na ’n bloue kyk nie, hulle is so min geïnteresseerd in die beelde en die geluide as wat ek in sakenuus is. As ek jags raak en my piel wil uithaal, sal ek die honde wel eers uitlaat, maar vandag, met dors Lungi wat gou terug gaan wees, sal ek nie so ver vorder nie. In die film sluk die een vrou die semen wat in haar mond geskiet word in, mens sien dit selde. Die titel is Squirt Quenchers.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)