Tropiese Geheime
deur Belt Botha
Vir die soveelste keer gooi sy water oor haarself uit, maar die hitte bly kleef – aan haar dun wit rokkie, haar onderklere en aan haar lyf. Sy is kwaad. Kwaad omdat hy haar na hierdie donker, afgesonderde plek gebring het. Kwaad omdat hy sedert hulle aankoms nog nie aan haar geraak of meer as tien woorde met haar gepraat het nie.
Kwaad omdat sy veertig is, en sy haar beste jare op ‘n lewe saam met hom vermors het. En kwaad omdat die son al weer besig is om te sak en hy nog nie hier is nie. Read more “Tropiese Geheime”