Poplap wil Cullifest toe gaan
deur Annie Kekkelbek
Hey doll! Wat doen jy die naweek? Het jy gehoor van die Protea Cullifest?
Jissie, ek was vrek opgewonde toe my boyfriend my daarvan vertel het. I mean, ‘n Protea fees! Imagine net … Dale Steyn se voorarms en AB wat swing. Miskien sal hulle vir Faf weer ‘n suit aantrek, not to mention Amla se boskaas. Die fees word daar by Cullinan so 30 km noord-oos van Pretoria af gehou. As ek reg onthou is dit heel landelik en so. Ek kon die vibe amper aanvoel … Dale wat eenkant in die veld ‘n stomp met ‘n byl aanrand, sy voorarmspiere soos ysterkabels onder sy vel, AB croon saggies terwyl hy sy kitaar liefkoos, Amla met pers blommetjies in sy baard in geweef en Faf in sy suit deel handtekeninge uit – op boobs …
Soos ek sê doll, ek wou sommer net daar my outfit begin beplan, maar toe kry ek ‘n rude awakening. Turns out die meeste van daardie Protea’s is in Indië besig om geld in te hark en eintlik is dit die blom soort Protea waaroor hierdie fees gaan.
Nadat my boyfriend bedaar het (really, dis nie nodig om so hard te lag nie, in public nogal!) het hy van voor af vir my van die fees vertel en toe word ek sommer van voor af oor ander redes lus daarvoor. Blom-proteas kan ook kief wees.
Jy weet mos hoe ‘n Protea lyk, ne? Dis daai Suid-Afrika blomme. Wel, daar naby Cullinan boer Japie van Staden met Proteas. Hy is blykbaar die eerste boer wat ‘n “wit-wit” Protea gekweek het en nou wil hy ‘n koningsprotea kweek wat so groot soos ‘n skinkbord is. Ek skiem dit sal wild wees om na sy Protea-uitstalling te gaan kyk. Mens kan op ‘n toer na sy plaas toe gaan ook en elke dag gaan die eerste honderd vroue elkeen ‘n Protea kry. Ek gaan vroeg opstaan, doll. Freebies maak my mos sommer moist – en ‘n Protea gaan baie cooler as ‘n plestiek waterbottel wees.
Daar gaan nog baie ander amazing dinge wees wat ons kan check. Daar gaan sangers wees soos Pieter Koen en MoniQue (jissie, is daai spelling nie cool nie – ek gaan my baby eendag MoniQue noem) en Ampie. Daar gaan 7de Laan actors wees en Oom Ockie van Binnelanders gaan spesiale biltong verkoop en hulle gaan ‘n “piekniek fliek” op ‘n groot skerm wys. Die fliek se naam is Uitgevang en my boyfriend sê dis vrek snaaks. Daar gaan twee eenmanverhoogopvoerings wees (een nogal deur Dana Snyman geskryf) en baie stalletjies waar ons kan shop tot ons drop. Wat sê jy, doll? Dis mos ons soort vibe hierdie. Culture en nature en kos en shop alles so ineen gerol.
Ek het jou nog nie die beste deel vertel nie, doll. Nee, dis nie die feit dat die ingangsgeld alles insluit nie. Die groot ding is dat daardie ou wat met Proteas boer Saterdag een van sy Protea’s gaan vernoem na een van die vroue op die fees. Imagine daai, doll! Daai vrou gaan ek wees. Watch maar. En net miskien sal dit my ‘n verskoning gee om eendag ‘n Poplap Protea aan ‘n groen-en-goud Protea te oorhandig – dit klink mos na ‘n goeie advertising campaign daai. Dan is dit ek en my blom en Dale en AB … en dan weet mens nooit wat kan gebeur nie.
Toegang R30 vir Vrydag en R50 vir Saterdag. Kinders beide dae R20. Toegang sluit musiekoptredes en premiere van “Uitgevang” in.
Paul Luckhoff se Koël is Deur die Kerk (Vrydag, 1 Mei, 16:00) en Frank Opperman se Klaagliedere van Ds Tienie Benade (Vrydag, 1 Mei, 19:00) se kaartjies by loket of vooraf by Computicket vir R100 en R120 beskikbaar.
Plek: NG Kerk Premiermyn Kerksaal, Zonderwaterweg 12, Cullinan.
Navrae: Tina Brink: 0836555645