Die Special
deur Uther Pendragon
Vandat ons Stilfontein toe getrek het, toe ek nog op laerskool was, het ons ons inkopies by die winkels op die hoek gedoen. Daar was ‘n algemene handelaar, ‘n groentewinkel en die poskantoor – so op ‘n ry. Voor ons ‘n groot supermark in die dorp gekry het, het my ma altyd, een keer per week, en soms so tussendeur vir melk en brood, daarheen gegaan. Die eienaar, meneer Kourie – ‘n blasserige man met sy dungeknipte potloodsnorretjie – was altyd vriendelik en al was hy Libanees of so iets, het hy altyd Afrikaans met ons gepraat. Hy het ook altyd seker gemaak dat my ma weet wat hy die week as specials aanbied. Mevrou Kourie was heelwat jonger as hy, maar net so vriendelik. Sy het soms my hare deurmekaar gevryf as ek alleen daar aankom om lekkers te koop met ‘n “Waar’s jou ma vandag, Boetie?”