Die lift huistoe (2)

deur Desiree

Ek kan jou in die dowwe lig van die straatlamp wat deur die voorruit van die motor skyn sien glimlag. Jy lyk net soos daai spreekwoordelike kat wat altyd die room steel en hierdie keer was my lyf die room.

Jy lê so bietjie in die stoel terug, maar jou oë is nog daar waar my romp hoog opgetrek het toe jy jou hand daaronder ingesteek het. Ek trek dit nie af nie. Inteendeel. Ek draai effens na jou kant toe en trek dan my romp hoër op. Hoër. Tot jy my broekie kan sien.

“As dit lig was sou jy kon sien hoe nat jy my gemaak het.”

Jy kreun so bietjie en wil voel, maar ek leun vorentoe en fnuik jou planne deur eers weer jou mond te proe. Jou mond bewe effens. Ek kan dit voel wanneer ek jou eers saggies soen, net daar in die hoek. Ek wil-wil myself amper weer laat verdwaal in jou soet soen, maar net soos jy so ‘n paar minute gelede is daar ander dele van jou lyf wat my aandag aftrek.

Soos jou bors.

Jou maag is plat en warm onder my koel hande wat ek onder jou hemp ingly. Ek wens ons was in ‘n kamer. Ek wil jou hemp oor jou kop trek en teen jou lê. Vir ‘n oomblik oorweeg ek dit om saam met jou in die kommune in te gaan, in die gang te wag dat jy jou kamermaat uitjaag, vir hom te glimlag wanneer hy verby my loop, my klere langs joune op die kamervloer te gooi en jou skaamteloos op jou enkelbed te vry.

Maar ek doen dit nie.,

Jou lyf is wit in die dowwe lig van die straatlamp en ek wil meer as jou mond proe. Soos daai stukkie net onder jou naeltjie. Ek buk af en soen jou daar. Sout. Eers boontoe. Soutpaadjie in die middel van jou bors op. Sout tepel verstyf onder my tong.

Ek gly my naels liggies teen die kant van jou lyf af en voel hoe ‘n rilling deur jou trek terwyl my mond oor jou bors beweeg tot by jou ander tepel. Jy mompel iets en gly jou hand deur my hare, maar ek dink nie jy gee om dat ek nie hoor wat jy sê nie.

Ek wil nog proe. Ondertoe. Selfde paadjie terug. Jou bors is warm onder my mond. Langs jou sy af terug oor jou naeltjie en dan verby, af, laer, gly ek my lippe.

Ek sukkel so bietjie met jou belt se gespe, maar dit is los teen die tyd dat my mond teen jou lyf af tot daar beweeg het. Jy maak jou broek se knoop oop. En haal jouself uit.

Groot, styf, lyk of jy nou gaan bars.

‘n Druppeltjie lus wat ek wil proe. Sout. Selfs net met die tongtippietoets proe ek jou sout.

Ek proe in sirkels terwyl jou hand stil word in my hare. Ek proe jou gladheid. Jy blink nou in die dowwe lig van die straatlamp en dit is nie net my tong se nat nie. Dieper. Ek gly my mond verder oor jou. Nog so ‘n stukkie. Vlakker. Dieper. Vlakker.

Jou hande in my hare verstyf soos jou bo-been onder my palm soos jou stem in jou keel vashaak en dan proe ek jou in oorvloed.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Die lift huistoe (2)

  • January 13, 2015 at 10:31 am
    Permalink

    Kolskoot raak! Jy speel ook lekker. Met woorde. Ook.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)