Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hulle hou van vry – en dan doen hulle dit in Engels. Of hulle doen dit “ordentlik” volgens gebooie. Of in die binnekamer.
Dit is nie meer nodig nie. Kombiekiehier gaan dit verander. Hier gaan ons vry vry.
In die ware gees van mededeelsaamheid nooi ons enigiemand om “saam te slaap” – so to speak.
Stuur vir ons jou sexy Afrikaanse storie of sommer net enige gedagtes oor seks, seksualiteit en erotiek. Die volgende kategorieë kan dalk ‘n idee vir ‘n skryfsel stimuleer: Menings (oor enige aspek van seks, verhoudings, seksueliteit), memoires (hierdie afdeling kan biegstories ook bevat, maar bieg impliseer skuld – hier is skuld en “verkeerd” nooit ter sprake nie), erotiese kortverhale, foto’s (eroties, sexy, sensueel, smaakvol sonder gesigte), diep filosofiese musings of raadvra. Vertel vir ons van sexy Afrikaanse songs of video’s. As jy in Afrikaans vry en jy is lus wil ons van jou hoor.
As dit goed genoeg is sal ons dit publiseer. (Onthou om ‘n skuilnaam te verskaf as jy een sou verkies)
Kom ons gesels en redeneer en deel en charf en word lus en vry en flikvlooi en soen en wys.
In Afrikaans. Want lus. Maar …
Kombiekiehier het twee doelwitte. Die eerste is om ‘n ruimte van belusting te skep wat al jou sintuie sal verlei en jou fantasieë sal aanwakker – spesifiek in Afrikaans sodat ons in ons taal kan vry. Die tweede is om Afrikaanssprekendes buite die kassie te laat dink oor seks en verhoudings. Want hoe ons daardie nou doen, werk nie so goed nie – ons moet van voor af besin. Om dit te kan doen moet ‘n mens egter so bietjie buite jou taal en kultuur gaan lees – veral as die behoudende kultuur juis deel van die probleem is. Dit gaan daarom soms nodig wees om Engelse artikels te plaas, al is die hele punt van hierdie site dat dit seks in Afrikaans is. Hierdie Engelse artikels sal net in die kinky-filosoof afdeling verskyn. 🙂
O ja, kombiekiehier hou van seks en alles wat daarmee saamgaan. Daardie passie kom sonder reëls en voorskrifte, want ons glo nie regtig in sonde nie. Want seks. 😉 So alle vorme van die liefdesdaad sal hier besing word behalwe die wat onwettig is. Dus twee op hierdie stadium. Geen sweempie van iets wat skimp op kinderpornografie sal geduld word nie en ons sal maar die troeteldiere ook vermy. Verder kan julle gooi! Ons wag. 🙂
Kontak ons by “kontak ons” of stuur ‘n possie aan kombiekiehier@gmail.com
Kombiekiehier is slegs vir vreeslose volwassenes. In hierdie ruimte praat ons oor seks en alles daarmee te doen en soms wys ons ook seks en dinge daarmee te doen. Hier word woorde soos naai en poesie gebruik en nog passievolle woorde wat sensitiewe lesers en kykers mag ontstel. Onthou dis net so maklik om back-click te druk as wat dit is om met die remote die TV-kanaal te verander. Doen dit nou as jy weet jy gaan later ander mense vir jou belustings die skuld wil gee… (ons sal vir jou ‘n oomblik gee om die deur saggies agter jou toe te maak …)
…..
ok, hulle is weg… wie is lus vir vry?
Ek wil graag n storie hier vir julle skryf. Hoe doen ek dit?
Stuur die storie aan Kombiekiehier@gmail.com Het jy nie al met my daar gekommunikeer nie?
Jy het al vir ons geskryf? *puzzled
Annelise
Kan ek n voorstel maak? op die vreeslooos selfies kan jou nie n opsie sit waar jy selfies kan opsit van couples ni?
Ek kan RexCindy. Die ander foto is juis van ‘n man en vrou so ek sal dit sommer nou-nou so doen. 🙂 Dankie vir die voorstel.
Hi Annelise
Ek het nou aan gesluit by vreeslooos en wil net weet as ek op die regte site is want by vreesloos se selfies wys daar niks maar op die gewone site is daar fotos??
Hi RexCindy,
Vandat ek ‘n week gelede aangekondig het dat ons nou meer Vreeslose Selfies in Kombiekiehier Vreesloos gaan aanvaar, het ek nog net drie ontvang. Daar is die een foto onder die “vroulike” tab. Onthou om die “read more” te kliek om die selfie te sien. 🙂
Ek beplan om more die Vreeslose Manlike inskrywing te post. Gaan jy/julle vir ons iets instuur? 😉 🙂
Sal nog op sit wag net vir n goeie aand, gewoontlik gaan ons groot op n naweek en vat lekker selfies, sal dit met julle deel binnekort…
Ek will graag die R48 betaal maar die boodskap kom terug “Profile description is invalid”.
Hou nou gemaak?
Hello daar, ek probeer uitfigure waarom dit daardie boodskap vir sommige mense gee. Wil jy my dalk by Kombiekiehier@gmail.com kontak dan maak ons intussen ‘n ander plan?
Om Vreesloos gratis te kan sien, is soos om ‘n toetsrugbykaartjie (Kombiekiehier) verniet te kry en jy moet net vir die bier(Vreesloos) betaal.
Niemand sien dit gratis nie. Dit sal onregverdig wees. As iemand dit gratis sien is dit ‘n fout wat deurgesluip het.
Jy is reg met jou vergelyking – dis actually ‘n goeie ene 🙂
Hi Annelise
Ek is tans n gratis lid van vreesloos.
Ek kom nie reg om myself na n betaalde lid te opgradeer nie.
Help asb.
Johan
Hoekom is jy ‘n gratis lid? Ek het gaan kyk en volgens my stelsel het jy nie toegang tot Kombiekiehier Vreesloos nie? Kan jy dit sien en lees?
Hoe kan ek my storie sook hier pos..?
Hi Johan, stuur dit vir ons by Kombiekiehier@gmail.com 🙂 Onthou om ‘n skuilnaam ook te gee as jy wil.
Sjoe maar dit is stil hier by kombiekiehier, en dan is dit so koud. Annelise, wat van iets om ons warm te maak? Dit was stil die hele naweek.
Hier’s ek! 🙂 🙂 Ek het so pas ietsie vir julle gepost. Hoop dit maak sommer vinnig warm. 😉
Allamintig…..uiteindelik op n webwerf afgekom waar ek, ek kan wees en wat in my is met harte lus kan uitstort sonder daardie “oor die skouer loer” skuld gevoel.
Analise is hierdie web werf nog aktief?
Jip! Ons het so maand gelede alles verloor, maar bou dit nou weer van voor af op. En ons skoolgeld betaal so nou word dit baie plekke geback-up. Ons is beslis oop. En welkom 🙂
Wat ‘n heerlike verrassing… Baie dankie aan almal wat bydraes lewer. Julle is mense so na ons hart…
Sterkte vorentoe.
Die storis is opwekkend…
Dankie…
Uiteindelik ‘n ordentlike site waar mens smaakvolle seks in my moedertaal kan geniet. Hoop julle gaan van krag tot krag. My bydraes volg binnekort. Dankie!
Baie dankie vir die netjiese blad. Is dit moontlik dat julle al die stories in groepe volgens onderwerp kan plaas. Geniet die blad ten volle. Uitstekende samestelling.
Dit is die plan swerwerkoning, maar op hierdie stadium is die stories nog so bietjie te min. Dis ook soms moeilik om ‘n storie iewers in te deel, maar ons sal wel daaraan werk. Watch this space. 😉
Ons wag in spanning, Karel. Bydraes is vreeslik welkom. 🙂
Comment Uiteindelik ‘n site wat alles het!
Dankie Angelique 🙂