
Fotoverhaal (6)
DAAR IS MEER AS EEN VERHAAL IN HIERDIE POS. HULLE IS ONDER MEKAAR GEPLAAS. 🙂
Die Eiland
deur Wille Will
Zagor, die Pool, stap met ligte tred deur sy kasteel.
Na die Tweede Wêreldoorlog waarin sy ouers gesterf het, het die alliansie op dokumente in sy vader se kluis beslag gelê waarin van hul eiendom aan hom bemaak is. Sy ouers het hom vir veiligheid na familie in Tsjeggo-Slowakye gestuur met die aanbreek van die oorlog om groot gemaak te word. Die Duitsers het met genade van Bo, sy stiefmense gespaar en hulle het ongeskonde die oorlog oorleef. Hy het homself berus en met studies en wilskrag ‘n reus in die sakewêreld van Europa geword met uitvoer en invoer.
Eendag het ‘n hooggeplaaste van Engeland met hom ‘n afspraak gemaak en hy het hom op sy besige skedule ingepas.
Die belangrikste uitvloei van die ontmoeting was dat hy ‘n kasteel op ‘n eiland in die Mediteriaanse see ge-erf het. Hy het ‘n span ambagslui, dekoreerders, skoonmakers , kokke en huispersoneel saam met hom op sy luukse jag geneem om sy nuutste aanwins te gaan besigtig en op te knap.
Zagor het egter met sy ingetoëe natuur en introverte uitkyk op alles ook nuwe stokperdjies ondersoek om homself mee te vermaak. Hy het ‘n Versamelaar geword.
Hy’t begin met posseëls, muntstukke, skoenlappers … later skilderye, boeke en Middel-eeuse artifakte.
Hy’t die kamers in sy kasteel omskep in ‘versamelkamers,’ waar hy nou in en uit stap en ‘n blik van goedkeuring in elke kamer gee asof hy bestek opneem. Hy eindig in die versonkte ontspanningskamer met diep leunstoele en gedempte chroomligte. Hy gaan sit op sy geliefde Spaanse leerstoel, teenaan die glasmuur van die dak-tot-vloer vistenk met sy versameling eksotiese visse uit oseane van oor die hele wêreld.
Sy oë volg die gang van verskillende, kleure, groottes en vorme soos hul geruisloos teen die ruit draai … dan druk hy die verskuilde knoppie op die stoel se armleuning en sit terug en wag. Skielik slank-lyf Isolde met haar lang bruin hare en amper naakte liggaam tot teen die glaswand en druk ‘n handpalmpie daarteen en swem weer op.
Hy staan op met ‘n effense wrang glimlag en begin sy klere uittrek wat hy netjies opvou en op die stoel plaas.
Isolde het saam met haar ma gekom na die eiland as kok en huishulp toe sy slegs sewentien jaar oud was. Nou is dit vyf jaar later en toe hy sy multi-besighede in die bekwame hande van uitsoekpersoneel oorhandig het om te bestuur, het hy semi-afgetree en besluit om in die kasteel te kom bly. Sy versamelings het hom al die nodige afleiding gegee as hy nie mediteer of net ontspan nie.
Hy het Isolde se natuurlike skoonheid raakgesien en haar liggaam sien ontwikkel in ‘n volwaardige, sensuele vrou.
Toe het hy besef dat daar ‘n versamelstuk is wat hy nog nie besit nie : Iets om sy liggaamlike behoeftes te vervul. Hy het Isolde se Ma die voorstel gemaak dat sy met ‘n volle, gulde pensioen kan terugkeer na haar tuisland op voorwaarde dat Isolde agterbly en na al sy persoonlike belange en behoeftes omsien. Die ma het aanvaar en vertrek. Hy het Isolde in ‘n ten volle toegeruste kamer langs die oop poel van die eksotiese visse ingerig om te maak en doen wat sy wil met die enigste opdrag dat sy te alle tye vir hom besikbaar sal wees met die lui van ‘n klokkie.
Hy stap, nakend, met sy lang, amper seningrige liggaam tot by die oopdeur hysbak langs die glasmuur. Hy druk die skakelaar na die boonste vloer. Hy bekyk sy liggaam in die refleksie van die spieël van die hysbak en sien sy lang, maer orgaan wat amper semi-orent tussen sy bene huiwer.
Die deur van die hysbak skuif oop en hy gee een treë tot waar haar kop oor die rant van die poel loer. Haar bruin oë kyk eers na sy besnyde voël reg bo haar en dan op na sy waterige blou oë. Hy steek sy hand na haar uit en help haar tot op die kant. Hy plaas sy hande op haar skouers en stroop dan die dun wit, nat kledingstuk wat sy aangehad het, af oor haar lyf tot op die grond. Die water blink nog oor haar hele lyf en daar hang ‘n druppel aan elke reguit donker-pienk tepel op die klein borsies. Sy sak af op haar kniëe en vat sy voël met albei klam handjies vas en druk sy voël in haar mond. Soos wat sy suig en sy skag in en uit beweeg uit haar mond voel hy die ekstase in homself opbou. Sy trek sy voël uit wat tot teen sy lyf in haar keel af was, en lek dit oraloor, selfs af om sy ballas wat sy een vir een in haar mond insuig. Met ‘n oop mond wat amper drool kyk hy af na haar en trek haar dan op aan haar arms tot haar gesig teen syne is. As sy haar tong oor haar lippe vee kan hy homself ruik op haar asem en dit gee hom ‘n geweldige kick. Hy druk haar lyf styf teen syne vas en voel hoe sy ereksie platdruk teen haar maag. Hy plaas sy mond oor hare en verstrengel hul tonge met mekaar terwyl sy hande om haar boude klem en sy vingers op en af in haar anus gleuf skuif. Met die waterdruppels op haar boude verklam hy haar ringspier en stoot die twee voorvingers saggies, versigtig in haar holletjie tot hy voel sy ontspan en die vingers binnegaan en nog steeds aanhoudend beweeg en sirkel. Haar asem kom nou in kort hortjies uit, waar sy haar mond losgemaak het van syne en haar kop agteroor hang.
Hy draai haar skouers weg van hom en dwing haar weer hande viervoet op die plaveisel. Hy sak af op een knie teen haar boude en sien hoe sy oor haar skouer na hom kyk. Hy trek sy penis met ‘n paar hale weer tot stokstyf en bring dan die pienk-pers kop tot in die holte van haar anus. Stadig dwing hy sy staf in by die gaatjie tot dit voel of sy weer oopmaak en dan druk hy dit in so diep hy kan. Haar hele liggaam ruk in een groot spasma en ‘n gil ontsnap uit haar mond. Maar dan begin hulle in ritme saam beweeg en met skuins gedraaide kop na agter, toe oë, trek sy haar een tepel uit en uit asof sy dit wil afpluk in genot.
Hy versnel die pas en voel reeds die kom opstoot in sy skag.
Meteens gil sy weer en gryp met altwee hande agter om haar bo-bene en slaan met haar boude verwoed teen sy bekken soos sy in klimaks gaan. Hy pluk sy spugende voël uit haar en skiet straal na straal kom oor haar rug. Haar liggaam ruk nog in klimaks as hy afskud en omdraai en terug stap in die hysbak in en die deur geruisloos toegaan. Sy beste versamelstuk is nog ongeskonde.
Ns. Outeur John Fowles het ‘n roman geskryf losweg gebasseer op Zagor se versamel manie en William Wyler het dit verfilm in 1965 as “ The Collector “ met Terence Stamp en Samantha Eggar in die hoofrolle.
*******
Kongres
deur Lawmangler
Ek was ‘n paar jaar gelede baie nou betrokke by die reëlings vir ‘n internasionale kongres. (Eintlik ‘n hele paar jaar gelede; 2009.) Toe daar besluit is om ‘n Afrika-kongres te hou, is ek omgepraat om weer betrokke te wees. Dit het nie veel ompraat geverg nie; dis redelik interessante werk, en ‘n mens bou baie kontakte op en so aan.
Daar het wel ‘n donkerbruin voorwerp in die drinkwater gedryf: Tanya. Ek hou van vroumense, maar Tanya het my tot raserny gedryf. Sodra ons iets klaar bespreek het, het sy losgetrek met: “Erm, as ek iets mag sê …” en dan alles herhaal wat reeds gesê is. Ek kon dit op ‘n manier hanteer, want ek kon dit beskou as ‘n bietjie onsekerheid wat uitslaan, maar sy het ‘n ander gewoonte gehad wat my gek gemaak het. Sy het almal se name afgekort. Ek verstaan dat “Michael” verander in “Mike”, en selfs dat Kevin verkort kan word tot “Kev”, maar liewe hel! Stefan het “Steef” geword, Amanda was “Mands” en sy het na haarself verwys as (wait for it!) “Tans”.
Iemand het haar gelukkig gewaarsku dat ek ‘n moeilike wetter is, en sy het min of meer uit my pad gebly. Sy het die ander ook plek-plek sleg geïrriteer, en ek het in ‘n stadium gekeer dat iemand haar baas vra om haar van die komitee af te haal.
Die kongres self het goed afgeloop. Ek sou verkies om dit in Kaapstad te hê, en nie in Sandton nie, maar dit was makliker vir die buitelandse afgevaardigdes. Ons het die program teen 13:00 die Donderdag laat klaarmaak, sodat niemand ‘n ekstra nag hoef oor te bly nie. Ek het wel die “opoffering” gemaak; ek vlieg nie na 17:00 nie en ek was nie seker dat ek al my draaie na die tyd sou kry as ek ‘n vroeër vlug gehaal het nie.
Tanya het vroeg by die hotel uitgeteken. Sy was op die 19:00 vlug Kaap toe. Haar werkgewer (daai versekeringsmaatskappy met die groen ankers as embleem) was een van die borge van die kongres en het ‘n stalletjie ook gehad. Daar het hulle onder meer groot kussings gehad waarmee ‘n mens ‘n soort reusagtige Tetris speel. Hulle het die kussings nodig gehad vir ‘n funksie wat hulle daardie naweek geborg het, en die koeriers het dit vroeg die Donderdag kom haal. Sy het haar tas vol klere saamgestuur. Dit het beteken sy kon net met handbagasie vlieg. Die tas was gesluit, en in elk geval dalk veiliger by die koeriers as by SAL.
Dis stil na die oggend-teepouse. Ek is verveeld; my deel van die werk is lankal klaar en hulle gaan my eers weer soek by die afsluiting, wanneer die reëlingskomitee bedank gaan word. Ek vat ‘n glas whisky en drentel deur die hotel. Die plek het te veel onnodige ekstra’s na my sin; onder meer ‘n binnenshuise swembad met glasmure. Dié staan op ‘n platform, sodat die swemmers min of meer ooghoogte is vir mense wat op die vloer staan. Ek dwaal per ongeluk daar in. Ek gaan sit, vat ‘n sluk whisky en probeer uitwerk wat die eienaars besiel het om die monstrositeit te bou. Dan roep iemand my.
Dis Tanya. Sy dra ‘n ligblou gewaad, wat amper wit lyk in die sagte lig. Die baadjie wat sy vroeër die dag gedra het, hang oor ‘n stoel. Haar hele rug is kaal. Ek moet erken, sy is nogal sag op die oog.
Sy het in die goedkoper hotel, laer af in die straat, gebly. Sy is erg beïndruk met die “weelde” van hierdie een, en terwyl sy naderkom, beduie sy na die een of ander “eksotiese” staanlamp. Ek vloek binnesmonds oor haar teenwoordigheid en draai om, sodat ek na die lamp kan kyk. Ek is nie seker wat gebeur het nie, maar die volgende oomblik hoor ek ‘n gedempte gil, gevolg deur ‘n moerse plonsgeluid.
Toe ek terugdraai, is ek betyds om te sien hoe Tanya haarself wegdruk van die glasmuur af en oppervlak toe dryf. Ek kry vinnig ‘n stukkie broekie te sien, en ek kry kans om haar bene te waardeer, maar toe is sy by die rand van die swembad.
Sy is besig om uit die swembad te klim toe ek by haar uitkom. Sy het nie ‘n bra aan nie. Die dun, deurdrenkte materiaal kleef aan haar lyf. Haar nippels maak pragtige, donker punte deur die materiaal. Sy gryp haar top van die stoel af, maar dié is ook maar dun en help nie veel nie. Ek bied haar my baadjie aan en grinnik by die gedagte dat daar nie “tan lines” op “Tans” se lyf is nie.
“My tas,” prewel sy. Ek onthou: die koeriers is klaar weg. Sy het niks droë klere nie.
“Jy kan in my kamer gaan afdroog,” sê ek. Ons gebruik die hysbak waarmee hotelgaste by die swembad kan uitkom sonder om deur die foyer te gaan. Gelukkig is daar skoon, droë handdoeke in my kamer. Die nat klere bly egter ‘n probleem.
“Ek gaan terug kongres toe,” sê ek. “Die badkamervloer is verhit. Sprei jou klere daarop uit, dan sal dit binne ‘n uur of so droog wees.” Ek kan sien sy wil iets sê, so ek vervolg vinnig: “Sit die veiligheidsketting op as ek uit is. As jy dan nog ongemaklik voel, klim in die bed.”
Ek is daar uit. Alles verloop glad. Net voor 14:00 groet ek die laaste afgevaardigdes. Ek maak my somme. Tanya het meer as drie ure om die Gautrein lughawe toe te haal. Ek gaan loop ‘n draai deur die winkelsentrum. Geldhof verkoop sjokoladelepels, wat ‘n mens in warm melk oplos. Ek koop altyd daarvan as ek in Sandton is, want dit is handige geskenkies. Ek gaan koop weer ‘n klomp. Toe raak ek self lus daarvoor en koop ‘n bottel melk by Checkers.
Ek klop voor ek die deur probeer oopmaak. Sy het nie die ketting opgesit nie, en die deur swaai oop. Sy sit regop in die bed, met die duvet soos ‘n skouerlose rok om haar gevou. Ek sien haar rok op die badkamervloer lê. Toe ek nadergaan om te voel of dit droog is, sien ek haar broekie ook op die vloer.
“Dit was nou net nog effens klam,” sê sy.
Ek trek my skouers op. “Daar is nog baie tyd. Lus vir warm sjokolade?”
“Ja, asseblief. Ek het nie geweet hier is nie.”
“Ek maak self.” Ek haal die los waterbottel uit die koffiemasjien uit, spoel dit met skoon water en maak dit dan vol melk. Ek gee vir haar sjokoladelepel en ‘n beker vol warm melk aan.
“Ek dink,” sê sy na die eerste sluk, “ek het vanoggend verdrink en nou is ek in die hemel. Ek is doodseker daarvan! Dis on-ge-loof-lik lekker!”
Sy maak ‘n baie mooi prentjie met die donker, krullerige hare, donker oë en ligte vel teen die dik, wit duvet. Ons drink ‘n rukkie lank ons sjokolade in stilte. Ek onthou die donkerder kolle wat deur haar nat klere geskyn het. Ek het gefokus op die nippels, maar ek was ook bewus van die donker driehoekie wat deur haar broekie geskyn het. En ek weet sy sit heeltemal kaal in my bed. My voël begin roer in my broek.
“Jy moet rum bygooi as jy regtig lekker wil proe,” sê ek later, om die stilte te verbreek en my aandag van haar lyf af te lei.
“Dit kan nie lekkerder wees nie.”
“Ek wed jou.” Ek maak die yskassie oop, en kom op twee klein botteltjies Red Heart af.
Sy hou woordeloos haar beker uit, en ek maak vir ons rum-sjokolade. Ek sit so ‘n bietjie van my botteltjie ook in haar sjokolade. “Rum maak jou kwaai en jags,” het ons een buurman gesê toe ek nog klein was en gedink het hy bedoel dit help ‘n mens om koedoes te skiet. Ek voel nog nie wreed nie, dink ek, maar die res was al daar voor die rum-sjokolade; ek het niks ekstra nodig nie. Die hitte laat in elk geval die alkohol grootliks verdamp.
“Hel. Dis regtig lekkerder as die ander!” Sy verskuif effens onder die duvet, sodat sy kruisbeen sit. Ek moet hard daaraan werk om die prentjie uit my verbeelding te kry.
My voël is nou ongemaklik styf.
“Net gou ‘n kriekettelling kry,” mompel ek en skakel die TV aan. Met my rug na haar gedraai, skuif ek my voël reg. Daar is twee stoele in die kamer; ‘n soort leunstoel wat in die hoek staan en ‘n regop een by die lessenaar. Ek mik vir die een by die lessenaar.
“Jy kan maar hier kom sit,” glimlag sy, en tik met haar een hand op die bed.
Dis geriefliker vir TV kyk, en dis ‘n koningsgrootte bed, maar dis bitter moeilik om op die krieket te konsentreer. My gedagtes spring heen en weer tussen haar nat lyf die oggend en haar kaal lyf in my bed. Ek leun terug teen die kussings en probeer aan iets onaangenaams dink om my horing te laat bedaar.
Sy sug en leun ook terug. Haar kaal skouer raak amper aan my bo-arm.
“Wel,” sê ek, “dis agter die rug, en ons kan onsself op die skouer klop. Ons het goed gedoen.”
“Ek wou nog vir jou sê …” Sy bly ‘n oomblik stil. Dan gaan sy verder. “Baie dankie. Vir alles.” Sy bly weer vir ‘n sekonde of twee stil, maar voor ek kan antwoord, bars sy in ‘n stortvloed woorde los. “Ek weet ek het jou geïrriteer, en ek weet ek het simpel en dom voorstelle gemaak, maar ek wou so graag wys ek kan die werk doen en ek weet dit was onnodig om myself te probeer bewys, en ek weet dit het dit vir ander mense moeilik gemaak om saam met my te werk, maar jy het altyd geduldig gebly en jy het gekeer dat ek dom foute maak, maar jy het my ook gelos om te doen wat ek redelik goed kon doen, en ek het verskriklik baie by jou geleer en jy sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie.”
Sy draai half op haar sy, na my toe, met haar bolyf op haar elmboog en voorarm gestut.
“Ag, dis niks; jy was nie so erg nie.” Ek probeer nonchalant en ordentlik klink, maar ek is bekommerd dat my broek kan skeur. Die emosie laat haar gesig lewe en sit ‘n bietjie ekstra kleur in haar wange.
“Nee,” sê sy, “ek weet wat die ander agter my rug gesê het, en ek weet ook dat jy gekeer het toe hulle my van die komitee wou laat afskop.”
“Dit was nie so erg nie,” sê ek weer. “Dit was regtig nie ‘n groot storie nie.”
“Vir my was en is dit.”
Sy strek haar boonste arm uit, sit haar hand op myne en gee dit ‘n drukkie. “En ek sê baie, baie dankie daarvoor.”
Ek hoor nie regtig wat sy sê nie. Die beweging het die duvet laat skuif. Die nippel op haar kaal linkerbors staan rond en regop en smeek om aandag. My voël skop in my broek. Ek voel skuldig omdat ek so openlik gestaar het en ek kyk vinnig na haar om te sien of sy dit agtergekom het.
Sy het. Sy kyk my stip in die oë. Haar mond is effens oop. Ek sit ‘n arm om haar. Haar kaal rug is koel en ferm onder my hand. Ek leun oor en soen haar.
Haar mond gaan oop toe ons lippe ontmoet. Die punt van haar tong terg myne, raak liggies aan my lippe en fladder dan weer weg. My hand streel oor haal kaal rug, van die skouers tot waar haar boude begin. Haar arm skuif om my skouers en sy trek my nader. Haar tong werk stadiger en dieper deur my mond.
Ek begin aan die duvet trek om dit van haar lyf af te kry. Sy kom stadig half regop, sonder om die soen te onderbreek. Sy swaai haar bene onder die duvet uit en gooi dan die res van haar bolyf af. My mond bly op hare, maar ek kan haar kaal lyf in die spieël sien.
Sy lê steeds op haar sy, en ek skuif weg, sodat sy op haar maag omrol. Ek leun oor haar en soen haar nek. My hand streel oor haar rug, oor haar boude, oor die agterkant van haar bobene, en skuif dan weer op. Ek rol haar die vel en boonste spierlaag van haar rug tussen my duime en voorvingers terwyl ek my lippe stadig teen haar rug laat afgly. Ek druk my tong liggies teen haar kruis en kniel dan tussen haar bene. Ek skuif my hande onder haar bolyf in en kry een tiet in elke hand. Sy vryf haar bolyf teen my hande. My tong skuif stadig teen haar boude af en flits oor die gladde, sagte vel waar haar dye begin. Haar bene is wyd oop. Haar binneste lippies glinster nat en donkerpienk waar hulle effens van mekaar weggetrek lê. Ek lek liggies aan die onderpunte van haar buitenste lippe. Dan skuif my tong binnetoe, tussen die lippe in. Haar heupe lig op, en ek gebruik die beter toegang om haar stadig te lek.
Dan sit sy regop en draai om, sodat sy na my kyk. Sy maak my belt los.
“Lê op jou rug,” sê sy, en ek maak so. Sy maak my broek los en trek dit af tot by my enkels. Dan trek sy my onderbroek af. Ek wil regop sit om my skoene uit te trek, sodat ek van die broeke ontslae kan raak, maar sy druk my terug. Haar hand is koel om my kloppende voël. Sy skuif haar vingers stadig op en af. Dan los sy hom en trek haar naels liggies oor die skag. Haar een hand vou om my eiers. Die wysvinger van haar ander hand smeer die pre-kom oor my voëlkop. Sy los my en swaai haar been oor my, sodat sy op haar knieë oor my staan. Ek druk my middelvinger stadig tussen die oopgesperde lippe in en vryf haar gladde, nat gleuf.
Sy vat my hemp met albei hande vas, min of meer in die middel. Ek vryf my los hand oor haar tiete. Haar skouerspiere span en sy ruk my hemp oop. Die knope spat teen die muur. Haar hand gryp my voël. Ek voel haar nat warmte as sy oor my skuif. Dan sak ek diep in haar weg.
Sy ry my met kort, vinnige heupbewegings. Ek druk een hand tussen ons in. My vingers masseer die sagte bultjie waar haar buitenste lippe bymekaar kom. My ander hand vryf en druk haar tiete. Haar asem begin jaag. Ek voel self die eerste klein spierspasmas. My heupe begin saam met hare beweeg. Sy begin kreungeluidjies maak. Haar heupe beweeg vinniger. Ons lywe slaan harder en harder teen mekaar. Dit voel of ek dieper en dieper in haar wegsink. Sy voel natter, glader en warmer. Haar binnespiertjies begin gryp-gryp aan my voël. Ek kan nie meer terughou nie. My heupe ruk boontoe. Die eerste straal kom is so sterk dat dit amper seer is. Dan klamp haar bobene vas om my lyf. Sy vryf haar doos teen my. Ek hoor vaagweg iemand kreun. Ek is nie seker wie van ons dit is nie. Ek kom en kom en kom, en laat sak eers my heupe wanneer my een hamstring begin kramp. Sy beweeg nog stadig teen my. Dan sak sy vooroor en maak haar bene reguit, sodat sy op my lê. Ons bly so lê, ons lywe nat en warm teen mekaar, tot ek stadig uit haar uitgly.
Sy rol van my af.
“En om te dink,” sê sy, “ek wou daai skoene by die huis los, omdat die sole ‘n bietjie glad is.”
19 COMMENTS
Mmmmmm – skuldig gevoel om dit so in my leunstoel te lees terwyl ek TV “kyk” kinky!
Cool storie, Wille. Kinky. Ek like dit kinky.
Dankie, Meesteres.
Met daai stelling bewys dit daar is ‘n brein astrofie epidemie in ons parlament…..
Altyd geweet daar’s fout êrens…..
Báie lekker selfs sommer as kantoorleesstof tusse ander, gelukkig met my onderlyf diep onder die lessenaar…
Nee! Het jy onrein gedagtes begin koester?
(Dan is ek bly; thanks!)
Dit was baie lekker leestof – ek kon julle amper sien!
Dankie, Greig.
Ek wou al laasweek eerste kommentaar lewer, maar met al die ‘hype’ oor me. Van wyk, wou my comment nie deurgaan nie.
ek het elke oomblik in jou storie intens meegeleef….
met een woord : MEESTERLIK !
Baie dankie, Will.
Middag, gebeur daar nix oor n naweek op site?
Dis sou lekker wees as jy op n storietjie kon inkry om n sondagmiddag slapie in n sondagmiddag snchapsie te verander.
Daai Sondagmiddag specials tel onder die beste. Ek aanvaar maar die goed wat oor naweke gebeur, is die goed wat deur die week op die site verskyn. Dit sou seker ‘n bietjie hard op MamaWeb wees as sy naweke ook hier moes werk.
Ek sien darem vooruitgang : Antie het verander na “mamaweb “….LM gee haar ‘n ‘gap’ sy’t ook ‘n sekslewe wat sy naweke mee moet opvang want’s sy’s te besig met ons klomp innie week !
Naweke? Jy ken daai verskynsel, ek dink die term is atrofie, waar organe wegkwyn omdat hulle te min gebruik word?
Ja ek stem. Maar mamma web moet leer om haar tuiswerk daagliks te doen. My sub A juffrou het ons geleer dat ons elke dag ons sinne en somme moet doen en ek leef steeds daarby.
As daar tuiswerk is moet dit gedoen word behalwe waneer die skool inspektrisie met sy rooi pen besoek kom afle!!!
Jis, maar jy kan skryf. 🙂
Ag, baie dankie; jy’s baie nice. Dis lekker om die week met so ‘n positiewe opmerking te begin.
Super dankie, Nas.
super sexy