Oor Margharet van Wyk en selfies van privaatdele
deur Annelise
Kom ons gesels oor Margharet van Wyk. Die hele internet doen. Of ten minste die Afrikaanse internet waaraan ek ‘n deelnemer is. Selfs Netwerk24 skryf oor haar so dit moet seker belangrik wees, né?
Vir diegene wat nie weet wie sy is nie, hier is ‘n kort opsomming: Margharet het ‘n baie intieme foto van haarself geneem wat sy vir iemand wou stuur. Toe stuur sy dit per ongeluk na die Hokkie Ouers Whatsapp-groep toe.
Ongelukkig vir Margharet, wat in Schweizer-Reneke bly, het iemand op daardie groepie toe ‘n skermgreep van die foto sowel as haar onmiddellike verskoning en verduideliking gevat en dit op sosiale media gedeel.
Nie eens daardie wegholvure van die Weskaap is so vinnig soos Twitter en Facebook nie. En dis natuurlik onmoontlik om daardie vlammetjie dood te blaas na hy in droë gras geval het. En niks is so droog soos die morele bos waarin hierdie vuurhoutjie gegooi is nie.
Sosiale media het ontplof.
Nou kyk, so ‘n foutjie is nogal snaaks. En ons Suid-Afrikaners het ‘n spesiale talent vir grappies oor current sake (wat nou in die nuus is) maak. Daar was skreeusnaakse meme’s en ‘n mens kan nie eintlik iemand kwalik neem wat ‘n meme gemaak of gedeel het nie. Dis snaaks, demmit!
So hierdie skrywe is nie gerig op die grapmakers en -delers nie. Nie heeltemal nie.
Maar, alles oor hierdie storie is nie snaaks nie. Eintlik is die grootste deel van die storie hartseer en onaangenaam en wreed.
Haar naam is saam met die foto die wêreld ingestuur. Sy bly op ‘n klein dorpie, daar is nêrens waar sy en haar gesin kan wegkruip nie. Enigiemand weet dat jy ten minste iemand se naam wegsteek as jy iets van iemand anders met die internet-wêreld wil deel.
Sommige “grappies” is nie slim nie, dis kru en afbrekend, vulgêr en persoonlik – direk gemik daarop om Margharet te verneder.
Voor sy haar Facebook profiel kon sluit, is foto’s van haar man en kinder(s) afgelaai sodat dit in meme’s gebruik kan word.
Daar word bespiegel oor vir wie die foto “regtig bedoel was.”
Sy en haar liggaam word soos ‘n besitting bespreek – openlik op forums orals op sosiale media.
En hier is die kern van die saak – sy verdien nie een stukkie van wat nou gebeur het nie, want sy het niks verkeerd gedoen nie. Om iets per ongeluk iewers te post is nie verkeerd nie, dis ‘n ongeluk. Dit maak nie saak vir wie sy wat afgeneem het en wou stuur nie. Dit het niks met enigiemand te doen nie.
Weet julle wie was verkeerd wat nooit die gevolge van sy of haar voorbedagte dade hoef te dra nie? Die persoon wat die skermgreep gemaak en aangestuur het. Daardie persoon, wat nooit sal erken dis hy of sy nie, is die vark in hierdie verhaal. Daardie is die persoon wat die vuurhoutjie getrek, in die droë gras gegooi en gekyk het hoe die vuur iemand anders se lewe verwoes.
Daardie mens verdien ons minagting en afkeur. Wat van so paar meme’s oor hom of haar?
Natuurlik sal die ou refrein weer gesing word. Ek praat van daardie ene wat sê dat jy nooit ‘n intieme foto van jouself moet neem of vir iemand stuur of enige plek stoor nie.
Die beginsel waarop so ‘n waarskuwing rus is so verkeerd dat dit verstommend is dat dit steeds gepreek word. En dit dra by tot die probleem.
Hier is die punt: as jy ‘n selfie van jou bors of boud of been of enige ander liggaamsdeel neem, besit of deel en dit word deur enigiemand anders as jyself op die internet (of enige plek of manier) versprei sonder jou toestemming, is jy nie die ene wat iets verkeerd gedoen het nie. Die persoon wat dit versprei het is die skuldige. Om elke keer wat iemand se selfie versprei word te waarsku dat mense dit nie moet neem of doen nie, is presies dieselfde as om iemand wat verkrag word te beskuldig dat hulle dit uitgelok het met hulle kleredrag. Dit plaas die skuld op die slagoffer. Die “verkragter” is die persoon wat Margharet se foto saam met haar naam en al haar ander inligting versprei het.
Eendag gaan ons dalk gesofistikeerd genoeg raak oor seks dat ons nie soos laerskoolkinders gaan optree as iets soos hierdie gebeur nie. Eendag gaan ons dalk empatie aanleer sodat ons nie dadelik op die wreedste manier reageer soos die “brandstigter” in hierdie geval gedoen het nie. Eendag gaan ons genuanseerd na situasies rakende seks en seksualiteit kan kyk en raaksien waar die skuld eintlik lê. Eendag gaan ons van ons morele troontjies afklim en ophou om almal om ons gedurig te oordeel en sommer te straf ook. Eendag, miskien.
Intussen, terwyl daardie dag nog nie aangebreek het nie, wonder ek of ons nie eintlik maar saam verkrag nie?
Hierdie rubriek is ook op Netwerk24 hier gebruik.
Vir ‘n opvolgberig lees gerus hier.
104 COMMENTS
Almal het nou iets gese of genoeg gesê en soek die persoon wat daai foto eerstens na ander mense op ander wa groepe gestuur het. Die persoon wat dit op fb geplaas het behoort nie aan die hokkie groep nie so waar het sy dit gekry. Sy weet sy was verkeerd om dit te doen en sal dalk nog die gevolge dra. Die name wat sy hier bo genoem is verdien sy dalk en jammer kan dit nie regmaak nie maar sy het probeer. Waarom plaas julle nie die persoon se verskoning brief hier nie of doen julle nie genoeg navorsing om te weet daar is een nie. Een ding het Margharet geleer sy sal haar privaat fotos vir haar slaapkamer hou en die persoon wat dit geplaas het op fb sal nooit weer eers iets share op fb nie.
Die een wat dit op sosiale netwerk geplaas het is siek
Stem saam
Ek hoop sy lees die posts, ons almal flirt met ons mans …..want werk hou ons uitmekaar. Hel sy is n girl wat na jare se huwelik nog kan stout wees. Maar eending die “persoon” en ek mag nie vloek…wat daai post die wereld ingestuur het…nou gaan en vloek “how fukken nice for you, maar jy sal opgespoor word, vriendin se gat werd” Mags byt vas..
Geluk dat jy en jou man met groot kinders nog daai vonk in julle huwelik het. Die mense wat lelik is is net jaloers op jou gelukkige huwelik.
Dis eers wanneer jy eenmaal ‘n naturisme groep bygewoon het dat jy besef dis regtig nie abnormaal om actually, nes die res, geslagsdele te he nie.
Annelise. Die hele artikel getuig van simpatie met die vrou, maar hoekom beskerm jy dan nie ook haar identiteit nie? Om haar naam so bo-aan te plaas, dra jy by tot haar vernedering. Ek sal nie enige vroue, of veral meisies, aanmoedig om privaat foto’s van hulle aan iemand te stuur nie, juis om verleentheid vir hulleself te voorkom. Aan die persoon wat wederregtelik die foto op die sosiale media geplaas het : Jy is absoluut siek. Die persone wat ek die jammerste kry, is die kinders.
Wat sal die punt wees? Selfs in Antarktika weet die mense waarskynlik wat haar identiteit is. 😉 Dis soos as iemand m**r skryf – almal weet wat eintlik daar staan, so as ek elke keer gepraat het van “die vrou wat per ongeluk haar foto aangestuur het” sou dit dieselfde effek gehad het, dink ek. 🙂
Ek dink die noem van haar naam dra juis by tot beskerming, omdat die simpatieke standpunt verder gedra word. Haar naam was van vroeg af bekend; enigeen wat ge-Google het, sou op hierdie artikel afgekom het.
Ek onderstreep Annelise se antwoord op Mariette Hammann se kommentaar. Die feit dat Annelise se kommentaar op Netwerk24 geplaas is, bewys dat sy ‘n veertjie in die hoed verdien.
Marghuret, Chris en familie en vriedekring ( buiten die sieke by die Netbalklub) ons almal hier by Kombiekiehier het ons ondersteuning aan julle betuig, tel die koppe op en leef weer voluit.
Laat ons nou hierdie hele glipsie wat ‘n opskudding veroorsaak het, agter ons sit…..LIFE GOES ON ! Sela.
Arme girl, baie van ons is soos sy en is bietjie stout. Ek dink ons moet saam staan en almal ons skaamdele wys as teken dat ons haar ondersteun.
Iemand moet Support groep skep op Whatsapp #4youMargharet
Ek stem saam Marius
You go girl #margharetforpresident
Wanneer ek motor bestuur antwoord ek nooit my telefoon nie, ek vra my vrou of kinders om dit te doen. Waarom moet ek vir my kinders verduidelik wat die ongeskikte vrou se geslagsdeel op my foon doen? 95% van die kommentaar hierbo ondersteun die vrou wat haarself in hierdie situasie geplaas het. My vraag is waarom het sy so roekeloos opgetree? Het sy geen respek vir my of my kinders nie. Waarom maak sy nie seker waarheen sy die sogenaamde privaat fotos stuur nie? Sy is die oorsprong sowel as die oorsaak van haar eie omstandighede. Sy het self die foto na `n openbare groep gestuur sonder om die mense wat dit ontvang het inag te neem, hulle geminag.
Chris jy is ‘n ongeskikte buffel. Totaal omgekeerd van, liefde soos in die Bybel aan ons geleer het.
Dit was ‘n fout Chris. Of jy jou foon antwoord of enige iemand anders is jou probleem. Behoort jy miskien aan die hokkie groep?
Chris, niemand is verhewe bo n ongeluk nie. As sy vir haar man so n foto gestuur het sou sy dit nie doen in die wete dat iemand moontlik die foto kon sien nie. Dis so maklik om veral op whatsapp na die verkeerde persoon te stuur. Glo my, ek is seker dit het menige van ons al oorgekom.
Ai! Ons mensdom van wyd en syd het so lekker gelag vir ‘n slag en daar sal nog vele meer grappies hieruit ontstaan. Dankie Margaret en Chris, dit was beter as ‘n blonde of vd Merwe grappie.
Ek hoop werlik dat Margaret en haar man die drek van n persoon wat dit openbaar gemaak het sal vervolg en name en shame. Ek sal op my eie koste plakate van die persoon maak en in elke dorp opsit
DIS SEKERLIK DIE LAAGSTE LAAG WAT N MENS KAN DAAL OM SO IETS AAN N GESIN TE DOEN.
ONTHOU NET KARMA IS N GROOT GENADELOSE BITCH!!
Uitstekend stuur berig vir Hokkie Groep !
Mev van Wyk hou jou kop hoog, die verkrampte persoon wat jou blaps wereld bekend gemaak het, het seker nie ñ regte lewe al wat haar besig hou is om die chats wat op die hokkie groep deur kom te screen! Die pes wat hierdie viral gevat het klim van jou troon af op hierdie oomblik of het jou eie dogter dalk al reeds selfies van haarself met ñ kérel gedeel dis hoe ver vandag se kinders ons vooruit is loop iets verkeerd word dit vir al sy vriende gestuur voor jy jou oë uitvee is dit die dorp vol so pasop vir daai gat wat jy sopas vir Margaret gegrou het! Karma never sits quietly its always at work!
Shocking
Shocking that someone would be so cruel to post this all over the net. One can think it was sent in error, who ever you are I really hope you feel great by taking an innocent person’s life and turning it into hell, you must be one evil person to get pleasure from this….I hope every woman in that town turns on you and shuns you for destroying Magret and her husband’s life. I hope the roth of God is so sever on you that you are forced to run out of that town in shame for the evil you did by posting this crap on the net…if your a woman then you are a disgrace to us all…Magret dont feel shame there are many,many women who send pics of this nature to men they dont know even at least you were sending it to yor husband who you clearly love, its unfortunate that there are evil cruel people out there who get pleasure from other peoples pain, you stay strong this storm will blow over..
Well said, thank you! You are special, could not have put it better in words. Bless you. xx
Elsabe, ek stem 100% met jou saam. Annelise het n baie “raak” brief hier geskryf. Margaret, ek staan staam met jou en hoop mense soos die “snapshot bitch” kry haar karma !!
Ag shame die arme vrou almal maak foute
And justice for all. Daai verspreider sal haar dag kry, dalk nie op die aarde nie maar haar beurt sal kom.
And justice for all. Daai verspreider sal haar dag kry, dalk nie op die aarde nie maar haar beurt sal kom.
Mag die Bit $# wat versprei het nooit weer slaap nie. Sy is die VARK EN PES in die hele verhaal. En laaste toe ek gekyk het is ons almal net mens. Maar, Jodas wat versprei het moet op haar MOET kry. En jou dag sal kom jou…lelike en onmenslike ding……jou gesin moet skaam wees! Jy is een lelike, vieslike, walglike mens! Karma is n BITCH HOOR!
Verkrampte Afrikaners. Al ooit gedink tannie M het haarself id situasie gekry? Nou skree ons boerevolk en snou tot hulp?! Ag regtig.n Belese tannie op n boring dorpie. So what?! Margaret veroorsaak havoc en julle love dit. Ja ou volkie. So bored dat t Magaret n week in jou lewe kom opneem. Ai! Nou geniet tussen deur die geklaaaa.
Hel mense, almal gaan aan of sy die laaste mamparra het wat ooit gesien sal word, kom oor dit. As jy een van die dose is wat lekker sit en lag oor die arme vrou, volgende keer as jy in die spieel kyk moenie skrik vir die p..s wat na jou staar nie.
MvWyk jy doen wat almal doen, soos my oupa altyd gese het, Dis nie net gemaak om te piepie nie.
Seker goedbedoelde briefie, maar vieslike taalgebruik!
Die hele sage is regtig uit verband geruk!!! Wie se dis hierdie pragtige vrou se skaamdele?? Kon enigiemand sin wees……..! Sy moes net ontken dis hare? Siek, laag en gemeen van die persoon wat dit versprei het en dan nog boonop die vrou se naam bekend te maak terwyl die persoon weet syt kinders en ‘n gesinnetjie? Shame on you!!!
Kom SA, kan ons bietjie saam staan. Is hier nie mense wat mense ken, wat die skuldige party kan “name & shame” nie. Die persoon op die hokkie groepie wat die foto en naam versprei het…. Dis swak smaak om so iets te doen.
Stem 100% saam.. Dan weer jaloersheid het geen hart.
Ek stem. Swak smaak. Iemand wat geen integrityd (spelling?)het doen so iets. Gewoonlik self duisende geraamtes in die kas
Ek stem: Margharet al ons simpatie is met jou. Dit kon net sowel èk gewees het! My man werk in buiteland en wat ons in ons privaatheid doen is nèt ons saak! Ek en my man stel voor dat jy almal op die whatsapp hokkie ouers groep dagvaar vir CRIMEN INJURA! Daardie EERSTE persoon mag dalk tans in haar mou sit en lag, maar sy het seker die meeste geraamtes in die kas! Dit was laag, gemeen en oppervlakkig om daardie foto aan te stuur. Punt is: sy het ‘n kriminele daad gepleeg deur naamskending! Dirèk nadat die foto per ongeluk geplaas is, het jy omverskoning gevra & dit was genoeg! Pak die bul by die horings en sleep haar na die hoogste hof toe! Maak ook hààr naam op sosiale media bekend! Ons dink aan jou en jou gesin. Sterkte.
Vrouens wat nie sulke fototjies vir hulle lovers stuur nie is repressed. You go, gurl!
Glad nie nodig dat julle OOK haar naam en dorp deel nie!!!! Maak dit anoniem.
Wat dit moeilik maak is dat daar gesê word dat die Chris persoon is nie haar man nie.Hoop die storie is nie die waarheid nie maar dis wat mense sê wat baie na aan hulle is.So laat mens dink en dis seker steeds nie aanvaarbaar nie, maar is daar nie dalk dan bietjie jungle justice betrokke nie
Ek kan net se, ek het self so ‘n ou foutjie gemaak. Wou ‘n “raunchy” boodskappie aan my man stuur. Sy naam begin met ‘n W, intussen het my dogter ‘n kereltjie huistoe gebring wie se naam ook met ‘n W begin. Nou is my man se naam nie meer eerste in my kontak lys nie, hy is 2de. Dit is nadat ek daai boodskap stuur dat ek besef ek het vir die verkeerde W gestuur. Moes mooi verduidelik…
Oi! En die klong dog die antie het planne! Pragtig!
Die fout le nie by haar wat n PERSOONLIKE foto per abuis verkeerd aangestuur het nie, die fout le by die PERVERT wat dit aangestuur het, In so n geval is daar n knoppie met die naam DELETE. Versigtig weesis die .wagwoord.
Ek woon in Australia en het ook hierdie storie gesien . Ek voel vreeslik jammer vir die vrou en die vark wat haar foto die wereld ingestuur het jou dag gaan kom . Wat mens aan n ander doen kom gewoonlik terug na jou toe. Laat hierdie storie n les wees vir almal wat sulke dinge doen xx
Ek sien niks fout daarmee nie. Almal doen dit – sy het net n fout begaan – sterkte aan julle gesin.
Dit was oorspronkik ‘n privaat boodskap aan haar man. Niks verkeerd daarmee nie. Ongelukkig was daar een siek en jaloerse, onopgevoede persoon wat nie verder as sy/haar belustigtigheid of naywer gedink het nie en ‘n vieslike ding van iets privaat en mooi tussen man en vrou gemaak het. Indien die persoon bietjie verstand gehad het sou hy/sy dit gebruik het en nie gedink het aan die gesin se kinders wat nie die gemors wat van ‘n private boodskap (wat per ongeluk) verkeerd gestuur is nie. Dit is siek en daardie persoon behoort verantwoordelik gehou te word vir sy/haar vieslike maniere!!!!
Sterkte. Jy en jou gesin het dit nodig. Die mens is die wreedste kreatuur op aarde. Hou julle kop hoog. Ons dink en bid vir julle. Laat die wat in glashuise woon die eerste klippe gooi
Ag, ek wens almal wil haar en haar gesin net uitlos. Daar is niks fout daarmee nie. My ou vroutjie stuur gereeld vir my n fototjie. Pure jaloesie. Hoop die blikskottel mwat dit gepos het brand in die diepste hel. Wonder net of daardie persoon aan hulle kinders gedink het toe hulle dit post – gemors
Weet julle maak nie saak wat haar situasie is nie. Ons blankes bly maar net n siek spul!!! Kan nie wag om mense se dinge uit te blaker of skinder van ander. Ek dink die wat haar so uithaal is skandelik. Ons Vader daar bo sien dit en julle leef nie vir ewig nie (dis n feit) en die leed en seer wat julle bring oor die vrou gaan julle voor rekenskap gee eendag. Gaan op julle KNEE en BID vir so persoon dan doen julle iets wat die moeite werd is ASB!!!!
Dink ons vrouens moet almal saam staan en haar ondersteun!!! Want dit sal net een verpeste vrou wat jaloers is op haar wat daai foto sou deel!!! Ek dink sy moet haar kop hoog hou en weet al ons ander vrouens staan agter haar. MAG DI PERSOON WAT DAAI PRENT UITGESTUUR HET KRY WAT HUL VERDIEN.
Goeiedag mense!
Wil graag al diegene wie probeer om die dame af te druk se aandag vestig daarop dat daar n ander storie is waaroor hulle hulself moet bekommer!!
Die Rand (ons geldeenheid) is besig om verkrag te word deur die one man army wie glo dat n stort na n verkragting goed is!!!!!
Hoop julle is bewus daarvan!
Laat ons ons land red en ophou worry om te skinder van die mooiheid van lewe!
#SaveTheRand/ #ZumaMustFall
Arme vrou, ek kry haar so jammer. Ek bid dat sy die krag kry om deur hierdie storie te seil en daai aaklige persoon wat hierdie veroorsaak het, ek hoop sy dra die nagevolge van haar/sy katterige aksies.
Stem saam, meer mense moet haar ondersteun. Ek het ongelukkig nie die veel bespreekte foto gesien nie..
Kom ons hou os eie kompetisie en ons post ons eie “fotos” lol .
Stem saam, meer mense moet haar ondersteun. Ek het ongelukkig nie bie veel bespreekte foto gesien nie…
Stem saam. As ek haar vriendinne was, het ons almal dadelik ons kwakkies afgeneem en ook gepost! Feministe aksie vatso!
Jy rock Lize
Kry haar en haar hele gesin uit my hart jammer. Eks verstom oor hierdie storie. Mense is SIEK. Ek bid dat Die Here ‘n spesiale hand oor hul sal hou
Amen
Die een wat die skermgreep gevat het moet aan die pen ry. Hulle het Margharet se lewe verwoes nou. So sad.
Hoe moeilik kan dit nou wees om uit te vind wie dit was? Dit was nie Marieta, Betsie, Elnè, HSK, Inid, Liesel of Luci(nda?) nie, so hoeveel bly oor? Ek wens mens kon haar help.
Help as jy kan klink jy ken hulle..
sy kan haarself help. open n dossier. art 205 foon waarop foto eerste verskyn het en jy ga vasstel wie was d sender
sy kan haarself help. open n dossier. art 205 foon waarop foto eerste verskyn het en jy ga vasstel wie was d sender
Dis wat ek ook gedink het. En iemand wat sulke blomme op die agtergrond van whatsapp het. Ek hoop hulle vind haar!!
Ek kry haar vreeslik jammer! Enige iemand kan n foutjie maak! Sterkte hou jou kop omhoog tenminste was dit ni n lelike eendjie ni! My hart huil vjo sogenoemde vriendin! Sy sal hasr straf kry! En Chris wees nt dankbaar dat die foto vjo bedoel is en ni vir iemand anders ni tenminste kan jul trots wees op nog n wupse huwelik! Lig jou kop jys ni n moordenaar leeunaar bedrieer of skelm ni maar n liefdevolle warmbloedige vrou! Dink dt was n aksie vn jaloesie!
Elke hond kry sy dag. Hoop die persoon wat die foto aangestuur het kry wat sy verdien. Mentaliteit van sommiges!!!! Seker niks anders om te doen as om ander te beswadder. Sies vir jou. Hou jou kop hoog Margaret!!! Die ou bitch wat jou naam beswadder het se dag sal kom!!!
Haar man het 2 foute gemaak. Hy moes nooit gese het sy vrou het nog nooit die tipe foto’s vir hom gestuur nie. Hy moes haar eerder beskerm het. Dan moes hy ook glad nie met die media of radio gepraat het nie. Hoe meer hy praat, hoe meer vrae en aantygings sal daar wees. So iets waai oor, maar handhaaf dan net n lae profiel, want met enige reaksie is daar n teenreaksie. Ongelukkig gaan die situasie nog swaar op hulle as gesin le, en veral die kinders gaan gespot word. Dis n taai toffie die vir n huwelik. Meeste mense wat nou so aangaan het al voor die bestaan van mxit naak foto’s van hulle self rongestuur, maar dis mos lekker op klip te gooi as jy agter n masker wegkruip.
Buffelsfontein Baardolie – Dit gee `n baard aan enige ding in `n japtrap…
Moet byvoeg…damn sy het n pragtige parra…yummy..Chris is n gelukkige ou.
@will: Het jy dit gesien? Jis jy gelukkige blikskorrel.
Jou kommentaar is ongevraagd en onsensitief. Jou karakter kom sterk deur.
Skoolkinders, vir wie dit nog iets nuuts is.
Ek stem saam. Dit is die siek persoon wat hierdie vrou se foto aangestuur het wat die monster is. En dan kry jy nog vroue wat in kru taal op die foto commend. Jul is commen. Jul manne wat so graag commend op daardie foto, ek glo jul begeer margaret want jou ou lelike vroutjie het niks wat jou trek nie. Dis nou ou nuus asb. Los daardie gesin uit, more gaan jy foute maak dan hoop ek almal lag vir jou. Sterkte margaret lig jou kop op dis niks snaaks nie die tv en teaters wys openlike seks flieks en hierdie mense wat jou so oordeel geniet dit want hul lewe is vuil.
As n vrou se ek good for you!!!
Dis omdat almal sulke preutse pruime is dat hulle man rond loop en op porn sites dit gaan soek!!!
Ten minste sit jy passie in jou verhouding!!! En ek wet jou hulle almal doen dit!!! Tot die poepol wat dit viral gemaak het!
Dit kon privaat gebly het… Maar klein dorpies en groot skinder onder vrouens!!!
Ai… ons mense…en ons oordele…fok.. ek sit in swakopmund en dink.. as dit nou ek was…
Ag Annelise. Mag ek n voorstel maak?
Wil jy nie die situasie red en die aandag van die Van Wyk familie aflei nie??? Dus stel ek voor dat omdat jy die sexyste(x10000000) tussen ons is, jy n ou prentjie plaas.
Ek glo dat almal my voorstel met 2 hande sekondeer
Hehe, nice try, Nas. 😉 (Dit het amper gewerk, want ek is mos ‘n sucker vir komplimente :p )
Annelise…sal goeie afronding tot my dag wees…Ek dink Nas stem…dink n paar ouens gaan vanaand van Marge se beaver droom…hmmm..
Ek hoop sy lees darem almal se positiewe boodskappe. Mens. My man is mAl daaroor as ek vir hom sexy fotos stuur. En ons is Al 16 jaar getroud. En ek is kort en rond soos n oros mannetjie. Die persoon wat dit so versprei het het tien teen een nie eers n huwelik nie. Jaloesie is n lelike ding. En mense vergeet om menslik te wees.
Ek is jammer dat so iets nou jou lewe uit mekaar ruk. Mense kyk na jou met ander oe. Skinder agter jou rug. Weet jy wat? Nou gaan jy ook sien wie is jou ware vriende. U go girl. Moet nooit op hou vir manlief sexy pics te str nie.
Unfortunately … as soon as something is posted on Social Media its no longer considered private. It’s considered public and anybody can copy the pics and send them all over! Pity it happened to her but ppl using Social Media should make double sure
She did not post it on public media. She sent a whatsapp message!
nope. not true. we have a law and it says otherwise.
Ek dink ou Chris is n baie gelukkige man! So hier is vir jou n ander hoek. Die outjies wat nou so lekker grap is ook jaloers. Nee wat dit was n ou glipsie my mens en sy het daarby niks om oor saam te voel nie. This will also pass…..
I cannot begin to fathom how mortified this woman and her family must be. Nevermind that they obviously didn’t take her child(ren) into consideration when they posted her name! I think we laugh because it could so easily happen to anyone of us, but posting her name along with it is a horribly mean thing to do. I just hope they can work through this.
Hiedie gaan die hele wereld verander en almal se dade. Dankie vir jou bydrae.
Ek kan niks sinvols by Mama Web se artikel voeg nie. Stem saam met Nas: You go, Girl! en Gelukkige bliksem!
Net een ding: wetgewing het nie tred gehou met tegnologiese ontwikkelings nie, veral nie met sosiale media nie. Die etter wat versprei het, het nie ‘n wet oortree nie.
Die dame het niks om oor skaam te wees nie. Almal het mos ene en as sy dit wil flaunt laat haar.
Ek neem aan dat die stupid wie n ophef daarvan gemaak het duidelik baie onseker is oor hom/haar liggaam.
Ek wens dat hul tegnologie kan inspan en dit trace en die persoon aankla omdat sy geen toestemming gegee het vir distrubisie.
Aan die dame wil ek se: ” I Salute You”
en aan Chris: “Jou Rowwe Bliksem! Jy n baie gelukkige man”
Nas : Sela !
Almal het een? Kyk, ek het nou gesoek en gesoek. Tot die spieel gebruik, en gefokken Google, maar ek kry nie myne nie.
Rudi…..hahahahahahaha…ek lê in skerwe soos ek lag vir jou kommentaar oor die ooglopende..Dankie !
Nee, Rudi, as jy in die spieel gekyk het, sou jy joune gesien het 🙂
Goeie een!
Jy moes “geslags deel” of sex organ gegoogle het man.
Of het jy gehoop jy sou iets so mooi soos n vroulike vulva op jou lyf kry? Ai togie die mans het al die lelike goeters gekry!!!
‘n Paar weird resultate toe ek nou “geslags deel” geGoogle het. Van een op die voorkop, tot een amper afgesny tot ‘n monument en so aan.
LOL lekker lag ek nou….
Ek kan nie met jou verskil nie!
Hoor -Hoor
Gee ons n preview’tjie asb!!!!
Dis met opregte empatie vir Margharet dat ek 100% met Annelise saamstem. In so’n gemiddelde klein dorp soos hare is sy en haar gesin sosiaal verwoes…elke mens van elke kleur, hoogaanstaande tot laagste gaan hulle swartsmeer, bespiegel, ens. ens. En haar PRIVATE dele is nou ontbloot dat elkeen oppie dorp haar net sowel naak kan sien as sy op straat is of in PnP. Ek wonder of daar kinders is /
Die wrede, ongenaakbaarheid van kinders te danke aan onvowassenheid gaan enige Van Wyk kind geestelik verrineweer.
Annelise dis so waar dat deur die eeue heen dat ons Suid Afrikaners ‘n paar spronge agter die res v/d wêreld is as dit kom by openlikheid en aanvaardig van ons seksualiteit en seks.Kyk maar die sensors en sensuurrade in die verlede. Dis wat ook ‘n site soos hierdie so broodnodig gemaak het.
Maar die helsum wat hierdie Margharet en soortgelyke katastrofiëe begin het moet gekastreer word.
Uitstekende kommentaar, Annelise. Ek dink jy behoort dit op Netwerk24 te plaas as nugtere kommentaar op die res. En sommer ook vir Netwerk24 om kennis te neem dat hulle saam verkrag.
Groete
Tom
Dankie Tom, hulle gaan dit daar plaas. 🙂 🙂
Almal het nou iets gese of genoeg gesê en soek die persoon wat daai foto eerstens na ander mense op ander wa groepe gestuur het. Die persoon wat dit op fb geplaas het behoort nie aan die hokkie groep nie so waar het sy dit gekry. Sy weet sy was verkeerd om dit te doen en sal dalk nog die gevolge dra. Die name wat sy hier bo genoem is verdien sy dalk en jammer kan dit nie regmaak nie maar sy het probeer. Waarom plaas julle nie die persoon se verskoning brief hier nie of doen julle nie genoeg navorsing om te weet daar is een nie. Een ding het Margharet geleer sy sal haar privaat fotos vir haar slaapkamer hou en die persoon wat dit geplaas het op fb sal nooit weer eers iets share op fb nie.
Ek doen nie “navorsing” agterna oor n meningstuk nie, maar sal en sou as ek geweet het die opvolggebeure kom post het. Ek het nie daarvan geweet nie so dankie vir die inligting. (Was dit in die Huisgenoot?) Dankie vir die comment. Ek sal dit gaan soek ek kom deel asap. 🙂
Sover kry ek niks oor ‘n verskoning of ‘n brief nie? Kan jy dalk ‘n link of leidraad gee? (En jy is verkeerd oor dat Margaret iets moes leer … 😉 )
Nou maar gee vir ons die link/brief of GTFO.