Anna, die hoer
deur Whale
My voël is semi-styf as ek die Jockey-onderbroek aantrek. Die ding staan al van vanoggend af so half regop, half pap. Seker maar net so opgewonde soos ek. Deur die skreef in die gordyn van die suite sien ek die kobalt-blou van die see. Die sproei wat deur die té wit branders veroorsaak word waai op ‘n ligte bries deur die oop skuifdeur aan die kant van die vertrek. Ek sug salig en smile soos ‘n ou fool as ek terugdink aan ons eerste keer.
-0-
Sy was bekend as Anna … Anna-die-hoer. Ek was op ‘n sakebesoek in Johannesburg en kon my lus en die permanente verterende drang na vroumense in my nie langer beteul nie. Terwyl die ander ringkoppe hulself aan die drank in die hotel se kroeg versuip het, het ek die strate van die naby geleë Hillbrow ingevaar…vreesloos en baie jags. Ek het by die eerste Escort agency gestop en met outoriteit en selfverskerdheid ingestap. Ek kon sien die skamele geklede ontvangsdame se oë het vir ‘n halwe sekonde gerek, voordat sy my met ‘n fake smile gegroet het. Ek het kortaf en saaklik my bestelling geplaas en vyf minute later is ek en Anna-die-hoer terug hotel toe. Haar goedkoop parfuum se reuk het swaar in die Audi gehang, maar vir die fooitjie wat ek so pas betaal het sou sy maar moes maak soos ek smaak. Ek het haar by die hotelkamer ingesmokkel en moes dadelik keer toe sy van haar klere begin ontslae raak. My “nie so vinnig nie” het haar half verskrik en verbaas laat opkyk van haar hande af wat reeds besig was om die kort rompie af te trek
“Ek is vanaand lus vir stadig en rustig” was my bevel.
Sy het op die bed gaan sit en ek het nader gestap, my voël uitgehaal en naby haar mond gehou. Sy het nie ‘n oog geknip vir die prominensie van my oorgroot meneer nie, dit net dadelik in haar mond geneem.
-0-
Die kouse gly oor my voete toe ek dit aantrek. Swart en katoen, soos ek dit verkies. Die rekke sit nie te styf om my bene nie en dit is ook nie te kort nie. Die naat op die tone is nie ongemaklik nie en die hak is presies op sy plek. Ek voel hoe ek soos ‘n dwaas my kop knik in goedkeuring. Fok. Altyd die beste, die heel-heel beste, want ek is daaraan gewoond. My gedagtes dwaal weer. Altyd die beste. So het ek my bestelling by dieselfde kathuis in Hillbrow ingelei, skaars twee weke na my eerste ontmoeting met Anna-die-hoer.
-0-
Sy het hierdie keer meer selfversekerd gelyk toe ons by die hotelkamer instap. Ek kon ruik sy het die parfuum wat ek gekoop het aan toe ek haar in die kar beveel het om sonder ‘n woord in die stort te gaan klim as ons by die hotel kom. En sy het gemaak soos ek beveel het, gewoond daarop om net ‘n objek, ‘n speelding te wees vir die oor-jagse rykes wie se vrouens net daarin belangstel om hulle kredietkaarte op te fok. Ek was verbaas om agter te kom al hierdie gedagtes het my horing hierdie keer minder prominent laat regop staan en terselfdertyd het ek besef dat ek haar hierdie keer gaan beslis gaan penetreer. Ek was die vorige keer so jags dat ek ‘n hele lading in haar keelgat afgeskiet het, skaars twee minute nadat sy begin het om my voël te suig. Ek sug, trek uit en wag vir haar op die bed, presies soos ek beveel het.
Ek voel verbaas sy is nat toe sy wydsbeen oor my klim en ek haar klit effens hardhandig tussen duim en voorvinger vasknyp. Sy begin liggies kreun en ek begin haar (onbepland) vinger. Ek kan sien sy geniet dit, haar oë is toe en haar lippe effens weg van mekaar af. Die volgende oomblik grom sy diep in haar keel en ek voel hoe haar skoongeskeerde vy saamtrek voordat dit ontplof en sy haar genot op my hand uitspuit. Dit duur slegs ‘n paar sekondes voor haar oë oopfladder en ek die goddelike blou daarvan sien. Sy het die mooiste oë wat ek nog gesien het en die plesier fladder soos vlinders daarin rond. Dan begin sy huil.
-0-
Die hemp span koel om my skouers in die effense bedompigheid van die luukse kamer. Ek maak die knope vas en sien verbaas dat my vingers effens bewe. Dit is eintlik ‘n groot oomblik hierdie, iets wat ek nooit in my wildste drome kon indink nie. Ek los eers die boonste knoop en trek die swart broek aan. Dan steek ek die hemp in, voordat ek die leer belt vasmaak. Die gepunte Gucci-skoene is volgende, dan die strikdas. Laastens my kortgeknipte hare wat ‘n spoegseltjie wax in kry voordat ek na die badkamer stap om my tande te borsel. My hart klop in my keel.
-0-
Die weke na ons tweede ontmoeting het vir my en Anna-die-hoer ‘n ontdekkingsreis geword, en toe ek een oggend by die kathuis opdaag en versoek dat sy by my intrek (teen vergoeding natuurlik) het hulle dadelik ingestem. Hulle het teen daardie tyd uit my fooie die hele plek se binnenshuise versiering verander, en selfs die geboutjie buite-om laat verf. Anna-die-hoer was huiwerig en versigtig toe ons op die vliegtuig klim. Sy het tot dan nie besef ek woon in die Kaap nie, ook nie dat sy alles wat sy het nou agterlaat nie. Maar daardie aand was hemels…
Sy het op die bed gelê, wydsbeen en ‘n nat straaltjie wat uit haar uit loop. Haar oë was toe en haar hande het op haar bekken gehuiwer. Ek het haar aspris geterg, die vibrator net so nou en dan vinnig teen haar klit gedruk. Sy het kreunend gekom, haar rug geboog na bo en ek het die uitnodiging aanvaar. Haar soet-sout was teen hierdie tyd ‘n bekende smaak toe ek my tong in haar in druk. Sy het weer gekom en ek het van dit in my mond opgevang en haar gesoen. Terselfdertyd het ek my meneer in haar genot ingedruk, en vyf minute later ‘n dik straal oor haar maag geskiet, tot op haar volronde borste. Sy het daardie aand vir die eerste keer gelag en die vlinders in haar oë het gedans.
-0-
Ek trek die swart baaidjie aan en stap in die paadjie wat na die strand toe lei af. Ek kan die mense sien op die stukkie strand wat ek vir die dag gehuur het. Ek sien die vlinders in haar oë dans toe sy my sien, en gee haar net ‘n skewe smile. Sy het ‘n blommekrans om haar nek, en haar bruingebrande vel gloei gesond en in kontras met die wit romp in die Thaise son. Vyf minute later beloof ek ewige trou aan Anna-die-hoer. Haar regte naam is Anruzél en sy word nou my vrou, skaars ses maande nadat ek haar uit Hillbrow gered het. Ek glimlag soos ‘n fool toe ek die semi-horing in my broek voel klop…