Die lift huistoe (1)
deur Desiree
Ons was die hele jaar saam in die klas, twee keer ‘n week van half ses tot half agt. In ‘n klas wat uit net agt mense bestaan wat ‘n jaar lank intens saam konsentreer en ly, was dit onvermydelik dat nouer bande sou ontstaan.
Ek onthou nog daai eerste dag toe jy langs my kom sit het. Die ander studente was so half versigtig vir die “ouer” student wat na meer as ‘n dekade tuis weer verder kom swot het, maar jy was nie. Jy was eerder geinteresseerd.
Nou sit jy hier regoor my by Oom Gert na ons laaste klas. Wanneer ons hier opstaan gaan jy jou heil oorsee soek en ek my nuwe kwalifikasie by my huis teen die muur hang – en ons waarskynlik mekaar nooit weer sien nie.
Om ons lawaai die ander studente, maar jy is stil vanaand. Ek drink diep aan die bier wat jy vir ‘n slag gekoop het en dink aan die memories wat ons tog so tussen die studies deur gemaak het. Daar was ander biere en so ‘n pizza of twee, die aand wat ons aan ons voorlegging gedeurnag het, jou troos wanneer ek moedeloos raak en jou hardkoppigheid wanneer ons oor ‘n filosofiese interpretasie stry. En daar was al daai aande wat ek jou na klas by jou kommune gaan aflaai het.
Iewers, ongemerk het ek in daardie tye die nie-akademiese deel van jou ook raakgesien. Jou oë se kleur, dat jou blou hemp my gunsteling ene is, hoe jy terugleun in jou stoel as jy lag en hoe intens jy raak as iemand oor jou gunsteling onderwerp wil stry.
“Hoekom is jy so stil?” vra ek. “Is jy ok?”
“Nee, nie regtig nie.” Jy sluk die res van jou bier weg. “Sal jy my weer gaan aflaai … vir oulaas?”
Short Straw speel op Radio Tuks wanneer ons voor jou blyplek stop. Soos wanneer ons besig was om te gesels, klim jy nie dadelik uit nie. Maar ons is nie besig om te gesels nie. Jy kyk vir my, maar klim nie uit nie. Ek skakel die kar af.
Ek weet wat jy dink. Ek kan dit in jou oë sien.
Jy is so jonk – jou mond en hande en arms en lyf – en jy kyk vir my.
Ek leun vorentoe – oor daardie lyn waaroor ons die hele jaar nie getrap het nie.
Ek soen jou soet-jong-biermond. Saggies.
En pluk so die rots uit wat die dyk heel gehou het.
Jy is soos ‘n golf wat breek en jy spoel oor my.
Wanneer laas was ‘n soen so intens? Jy soen my asof dit al is wat jy wou doen, asof dit jou sal bevredig as jy my mond joune kan maak. Jy soen my soos mense soen wat nog nie vergeet het hoe spesiaal dit is nie. Ek verdrink in daai diep soen, laat my meesleur, af, af, af in die draaikolk tot ek vergeet waar ek is en wat ek doen en dan is jou hande onder my hemp en onder my bra.
Jong, sterk, warm hande op my borste. Jou mond het myne nou vergeet, want dis op pad iewers anders heen. Dit gly af oor my wang, my keel en vou oor my tepel.
Dis daai oerdrang wat die sterkste in die jeug is. En ek voel dit in my lyf. Jou een hand gly onder my rok in terwyl jou mond na my ander tepel beweeg. Ek kreun, maar ek dink nie jy hoor meer nie. Jy vloei en jy gaan aanhou vloei tot jy leeggeloop het.
Jou hand is tussen my bene, jou vingers kruip om die rand van my broekie, jy voel my nat en nooi jouself binne. Hard. Driftig. Begeerte maak op vir min ondervinding. Jou mond is terug op myne wanneer jou vingers die see uit my toor. Jy sluk my kom-kerm in voor jy jou vingers uit my dieptes trek. Dan eers trek jy terug, jou hande half lui om my lyf te verlaat.
My lyf is een groot tevrede.
En ek smile vir jou in die donker al kan jy dit nie sien nie, want nou is dit jou beurt … en ek gaan vir jeug wys wat ondervinding beteken …
2 COMMENTS
Daardie selfvertroue van die ervare ouer vrou darem! En om nie te praat van haar begeerte om die jongeling sy beheer te laat verloor en hom daarna deeglik in die lewenskunsies touwys te wil maak nie. Om die eer te he om met haar wellustige lyf die jonge man te verlei sodat hy, voor die aand verby is, volledig ontknaap en in lyflike genot met ‘n vrou ingewy sal wees.
Subtiel, maar intens. Knap gedaan!