Groentjies: Driespel (1)
deur Fantasma
(Lees vorige episode HIER)
Dit is nou al meer as ‘n maand wat die klasse weer begin het. Noudat die ander drie inwoners van die kommune terug is, is Karlien en Gawie erg gefrustreerd omdat hulle nou nie meer so gereeld en baie seks kan maak nie. Die afgelope vakansie wat hulle twee alleen in die huis was kon hulle naai net wanneer en waar hulle wou. Hulle het seker in elke plek in die huis genaai, in die kombuis, woonkamer, slaapkamers, badkamers. In en op- ‘n bed, ‘n
bank, die mat, stoele, kombuisblad en eettafel. Nou moet hulle hulle seksdrange inhou en kan en mag nie eers vry nie. Die reëls van die kommune verbied enige verhoudings tussen inwoners en ook geen koïtus aktiwiteite nie.
Karlien en Gawie moes die afgelope maand vinnige naaie inkry as die ander drie nie tuis is nie. Van heelaand se seks is daar nie meer sprake nie, wat van nog in mekaar se arms slaap tot die son opkom. Laataande moet een van hulle oor sluip na die ander een se kamer en dan moet hulle so stil moontlik seksmaak en hulle orgasme-geluide insluk. Wanneer hulle seker is die ander drie het klasse kan hulle gou ‘n quicky vang. Ook moes hulle ander plekke gebruik. Hierdie keer die rolstoeltoilet by die winkelsentrum en weer agter in die fliek. Maar dit is gans te min. Hulle brand vir mekaar se lywe. Die vakansie toe hulle alleen in die huis was het hulle erg bederf.
Karlien is nou gedetermineer om ‘n plan te maak. Sy het bevriend geraak met Gerda, ‘n meisie met wie sy saam ‘n paar klasse draf. Gerda bly saam met ‘n skoolvriendin, Tracy, in ‘n driekamerwoonstel. Die derde kamer is hulle studeerkamer. Hulle kom albei van Warmbad, nou natuurlik Bela-Bela, en gaan so elke tweede of derde naweek huis toe. Karlien wil hulle vra of sy en Gawie nie daardie naweke hulle woonstel kan ‘leen’ nie. Vir hulle sekseskapades. Alhoewel Gerda nog ‘n virgin is, weet sy dat sy oopkop is en nie preuts is nie. Tracy is ook nog ‘n virgin, volgens Gerda, en of sy ook oopkop is weet sy nie. Maar, probeer gaan sy probeer. Sy is juis nou op pad na hulle woonstel. Sy het gedurende ‘n klas vir Gerda gevra of dit oukei is as sy later vandag ‘n draai by hulle kom maak. Sy het ‘n groot guns om hulle te vra.
Gespanne klop Karlien aan hulle woonstel se deur. Hulle woonstel is op die boonste verdieping op die punt van die gang. Sy hoor ‘n geskarrel aan die anderkant van die deur en later kaalvoete wat na die deur toe beweeg. Die deur gaan stadig op ‘n skrefie oop en Gerda met rooi wange loer deur die skrefie.
“O! Hallo, Karlien. Ek het skoon vergeet dat jy kom kuier,” maak Gerda verskoning.
Sy maak die deur verder oop. Sy is geklee in ‘n dun kort japon. Dit is duidelik dat sy geen klere onder dit aan het nie.
“Kom in,” sy giggel. “kom join ons virgin-ontladings sessie.”
“Wat?” vra Karlien nie seker wat sy bedoel nie.
“Ons virgins het ook mos opgehoopte seksuele frustrasies en ons is net besig om van ons jagsgeit ontslae te raak. Daar is mos nie meer ordentlike mans oor om ‘n jongdame te verlos van haar lang bewaarde maagdevlies nie,” sê sy sarkasties met ‘n moedelose ondertoon.
Karlien wil haar nie uitvra oor haar stelling nie. In elke geval is dit nie meer op haar van toepassing nie. Gerda beduie om haar te volg en loop reguit na een van die slaapkamers.
By die deur steek Karlien vas. Op die bed lê Tracy poedelnaak uitgestrek op die dubbelbed. Tracy het ‘n blas vel, lenige lyf, lang swart hare, donkerbruin oë, klein borsies met donkerbruin areolas en tepels. Haar koekie is geskeer behalwe ‘n driehoek klossie hare by haar venusheuwel. Tracy se buitelippe is ook donkerder as haar vel. Haar vinger- en toonnaels het pienk naellak op.
Tracy draai op haar sy en met haar kop op haar elmboog gerus sê sy: “Hi, Karleen, nice to see you. Kom jy ons join? Another virgin will make it more fun.” Tracy se pa is Engels en haar ma Afrikaans, dus meng sy die twee tale gereeld.
Karlien bly stil oor die feit dat sy nie meer ‘n maagd is nie. Die laaste keer wat hulle drie gesels het oor seks, het sy aangedui dat sy nog kuis is.
“Um, wat doen julle?” vra sy grootoog oor wat sy dink waarmee hulle besig was voor sy hulle onderbreek het.
“Ons het ge-rubbing toe jy ge-knock het,” sê Tracy sonder om te blik of te bloos.
“Uhm, ‘rubbing’?” sê-vra Karlien nie seker wat dit is nie. Sy het nog nooit met ‘n ander meisie seksuele aktiwiteite gedoen nie.
Gerda gooi haar japon af en klim naak op die bed. Gerda het ‘n ligte wit vel, is bonkig gebou, maar met geen vet nie. Sy het ‘n gespierde lyf. Seker van al die gym. Kort blonde krul hare. Ronde borste wat ‘n bietjie groter as Karlien s’n is. Haar tepels is ligpienk en breed. Dit is haar koekie wat Karlien fassineer. Dit is ‘n redelike groot verhewe koek met dik buitelippe en die binnelippe is nie sigbaar nie. Sy is glad geskeer. Geen teken van hare nie. Gerda gaan staan op haar knieë voor Tracy.
“Ons vryf ons poesies teen mekaar.” Sy beduie vir Tracy om in posisie te kom.
“Kom ons wys haar hoe twee virgins koeknaai of rubbing doen.”
Tracy gaan lê half op haar linkersy en lig haar regterbeen op. Gerda gaan kniel oor haar linkerbeen met Tracy se regter been in haar arms. Dit is soos die skerposisie wat sy en Gawie al ‘n paar keer gedoen het. Die keer is dit net nie ‘n piel en ‘n koek nie, maar twee koeke. Gerda se besondere dik buitelippe dy redelik ver uit. Gerda beweeg vorentoe tot hulle koeke teen mekaar is. Stadig begin Gerda heen en weer oor Tracy se koek beweeg. Tracy begin ook om haar pelvis te beweeg. Met verbasing kyk Karlien hoe hulle hulle poesies teen mekaar vryf. Eers ritmies stadig en dan al vinniger. ‘n Rukkie later sprei albei hulle buitelippe oop en druk hulle oopgesperde poese se binnelippe teenmekaar. Dan skuur hulle hulle klitte teen mekaar. Tracy maak kreungeluidjies. Gerda het nou haar regterhand op Tracy se een borsie en rol haar tepel tussen twee vingers terwyl sy haar koekie ry.
“It’s lekker Karleen,” sê Tracy asemrig. “Jy moet dit rêrig try.”
Gerda beduie na Karlien. “Kom Karlien, wat wag jy, trek jou kleertjies uit en gaan kniel oor Tracy se gesig dat sy daai lekker pienk poesie van jou kan lek.”
Half gehipnotiseer begin Karlien haar klere uitrek. Sy is verbaas dat hulle aksies haar klam tussen die bene gemaak het. Naak gaan sy spontaan oor Tracy se gesig kniel. Tracy kry haar heupe beet, trek haar af en begin haar tong tussen Karlien se koekielippe in steek en dit te lek. Terwyl Tracy Karlien se koekie eet, ry Gerda Tracy se koekie en brei haar tiete met haar hand. Na ‘n ruk kreun en steun al drie. Dit is die eerste keer dat Karlien deur ‘n ander meisie gelek word en dat sy deelneem in seks met twee ander meisies. Is dit wat hulle ‘n threesome noem? wonder sy.
Tracy lig Karlien op.
“Flippit, Karleen, jy het ‘n nice sweet poesie.”
Trek haar weer af en gaan voort om haar koekie met haar tong van onder tot bo te lek en dan al om en oor haar klit.
“Flippit, Tracy, jy ken van poes lek,” sê Karlien met ‘n gejaagde asem.
‘n Rukkie later beveel Gerda vir Karlien om op haar rug te lê. Sy klim van Tracy se gesig af wat nou al sopnat van haar sappe is. Gaan lê op haar rug langs Tracy. Gerda draai haar effens op haar linker sy, gaan kniel oor Karlien se linkerbeen, neem haar regtervoet in haar linkerarm. Met haar regter hand trek Gerda twee vingers oor Karlien se sopnat koekie.
Terwyl sy dit doen klim Tracy oor Karlien se gesig en sak af dat Karlien haar koek kan lek.
“Jy is nou lekker nat vir rubbing, Karlien,” sê Gerda opgewonde.
Toe beweeg Gerda haar heupe vorentoe en hulle koeke ontmoet. Gerda begin om haar koek met die dik buitelippe oor Karlien se koeklippe te beweeg en druk haar dik lippe tussen haar binnelippe in en beweeg dit op en af deur haar nat gleuf. Dit is ‘n heel nuwe ervaring vir Karlien, want Gerda se dik buitelippe vul haar hele koekgleuf en vryf haar binnelippe oral. Na ‘n rukkie wat sy heen en weer oor Karlien se koek skuur, beweeg sy ‘n entjie op en haar dik koeklippe omsluit Karlien se klit. Met Karlien se klit tussen haar buitelippe beweeg sy heen en weer. Dit is amper soos iemand se dik mond lippe wat haar klit streel. Karlien uiter ‘n gilletjie van lekkerte. Sy het nie geweet ‘n ander vrou kan haar ook lyflike genot laat ervaar nie. Terwyl Gerda haar koekie ry en sy Tracy se koek eet, speel Tracy met haar tepels. Sy rol hulle tussen haar vingers en so nou en dan knyp sy haar tepels tussen haar twee vingers vas en trek hulle op en los dit dan weer. ‘n Eerste vir Karlien. Een meisie wat haar koek en klit stimuleer deur daar teen te skuur met haar koek, sy wat ‘n ander meisie se poesie lek en ‘n meisie wat met haar tepels speel.
Nogal ‘n ervaring vir Karlien.
Met ‘n hees stem sê Tracy: “Don’t stop Karleen, jy lek lekker.”
Tot Karlien se verbasing is sy nou self al redelik goed opgewek en voel ‘n orgasme aankom. Dit is nou al sopnat tussen Karlien en Gerda se bene. Die sop loop teen hulle bobene af. Al drie van hulle kreun en steun en kort-kort kom daar ‘n gilletjie uit Karlien of Tracy se keel. Gerda kreun net so bietjie maar sy uiter geen gille of opgewonde kreune nie. Karlien begin Tracy se klit nou met oorgawe lek en suig. Sy voel hoe Tracy begin saamtrek en haar koek al harder in Karlien se gesig druk.
Toe gil en skree Tracy klip hard. “I am …. com…iiing!”
Net ‘n paar sekondes later kom Karlien. Haar eerste orgasme saam met twee ander meisies.
Een wat haar tepels bewerk en die ander wat haar ‘n koekie-naai gee. Nooit het sy gedink dit sal ooit met haar gebeur nie. Terwyl sy en Tracy nog probeer om hulle asems terug te kry beweeg Gerda nog heen en weer oor Karlien se sensitiewe koek. Gerda het nog nie ‘n orgasme bereik nie.
Karlien gaan kniel tussen Gerda se bene. “Nou is dit jou beurt om te kom.”
Gerda lig haar kop op. “Kom ons doen eers ‘n driehoek.”
“ ’n Driehoek? Wat is dit?” vra Karlien.
“Ons drie lek mekaar se dosies. Ons lê in ‘n driehoek, elkeen met ‘n poesie voor hom. Dan lek ons mekaar gelykertyd,” verduidelik Gerda opgewonde.
“Het jy dit al gedoen?” vra Karlien nuuskierig.
“Nee. Ek en Tracy het al ‘n 69 gedoen.”
Karlien kyk vir Tracy en sy knipoog net verleë. Sy wonder wat die twee al alles aangevang het en dit terwyl sy haarself skelmpies moes masturbeer om van haar opgehoopte seksdrange ontslae te raak. Dalk is dit hoe hulle dit regkry om virgins te bly.
Gerda beduie vir Karlien en Tracy hoe om te gaan lê. Hulle gaan lê in ‘n driehoek, elkeen op sy linkersy. Karlien lê met haar gesig tussen Tracy se bene, Tracy met haar gesig tussen Gerda se bene en Gerda lê met haar gesig tussen Karlien se bene. Hulle sit hulle arms om die een voor hulle se heupe en begin die koekie voor haar te lek en te suig. Hulle tonge werk oortyd. Tracy se poesie is nou al bekend vir Karlien en sy het nou al agtergekom waar haar
sensoriese punte is. Na ‘n ruk is die kamer gevul met lek en suiggeluide en kort-kort kermgeluidjies. Karlien kan voel dat Gerda nogal goed is met ‘n koeksmul, maar sy het nou al geleer hoe om die begin van ‘n orgasme uit te rek. Gerda het nou haar regterarm uitgestrek en begin om Karlien se een bors te streel en brei. Karlien doen toe dieselfde met Tracy se borsie en Tracy weer met Gerda se tiet.
‘n Ruk later voel Karlien Tracy se kom is naby en sy lek, suig en byt liggies met haar tande teen Tracy se klit. ‘n Paar sekondes later druk Tracy haar koek in Karlien se gesig, haar boudspiere trek saam en haar hele lyf bewe. Toe trek haar rug krom en sy kom met een groot gil.
“Fuck! … Karleen …. you’re … amazing,” sê Tracy uitasem.
Gerda stop nie om Karlien se koekie te lek en haar klit met haar tong te rol nie. Na ‘n ruk het Tracy haar asem terug, kom orent en gaan kniel bo-oor Karlien se bors, trek haar koeklippe van mekaar en sak af met haar oop poesie oor een van haar tiete en beweeg heen en weer daaroor en stimuleer haar tepel. Dan weer doen sy dieselfde met Karlien se ander tiet. Intussen is Gerda se tong besig om Karlien die opdraande van ekstases uit te vat. Haar tong rol om Karlien se klit en nou en dan byt sy haar klit liggies. Karlien wil die lekkerte uitrek, maar net die idee van twee meisies wat haar gelykertyd bykom, een naai haar koekie en die ander een haar tiete raak net te veel vir haar. Karlien kan die orgasme nie meer keer nie, en sy wil ook nie meer nie. Sy lig haar heupe spontaan en haar bene bewe en toe trek haar rug krom.
“Ek …. Ko…kom,” gil Karlien.
Terwyl die golwe van haar orgasmes deur haar spoel, hou Gerda en Tracy nie op met wat hulle mee besig is nie. Karlien se hele lyf word slap nadat haar orgasme uit gewoed het. Karlien besef dat sy en Tracy nou al twee keer gekom het en Gerda nog nie eenkeer nie. Dit is dus nou haar en Tracy se beurt om te sorg dat Gerda ‘n orgasme ervaar, maar dit wil voorkom of Gerda een is wat nie sommer maklik kom nie.
Karlien kom onder Gerda uit, sit haar hande op haar skouers en druk haar af op haar rug.
“Ons het al twee keer gekom en jy nog nie. Nou is dit my en Tracy se beurt om jou ‘n orgasme te gee.”
Gerda grinnik opgewonde. “Wel ek is reg as julle is. Maak jou reg vir ‘n lang rit.”
“Karleen, Garda have a moerse lang breath. She takes hours to come,” lig Tracy haar moedeloos in. Sy weet dat Gerda ‘n lang asem het. Gewoonlik kom sy drie keer voor Gerda kom.
Karlien vee haar hare uit haar gesig en agter haar ore in. “Dan moet ons begin. Ons is ten minste nou twee om haar na ‘n ekstases te neem.”
Karlien gaan lê tussen Gerda se bene. Vou haar arms om Gerda se bobene en sak af met haar mond na haar opgehewe koek se dik buitelippe. Eers lek sy liggies oor haar dik stywe buitelippe. Dis is nogal ‘n belewenis om sulke dik koeklippe te lek. Sy het nie gedink ‘n vrou kan sulke dik lippe hê nie. Dis nou maar die tweede meisie wie se poesie sy nou gaan lek. Sy druk haar tong tussen Gerda se dik buitelippe in. Binne is dit wel al vogtig, maar nog ver van sopnat af. Sy besef hier wag ‘n groot taak op haar. Tracy begin Gerda se tepels te lek en suig. Karlien merk dat haar dik lang tepels darem nou al effens gerys het. Eers lek Karlien net buite om Gerda se koek en dan sit sy haar duim stadig tussen haar binnelippe in en streel haar binnelippe. Elke keer as sy op beweeg stop sy net voor haar klit. Sy kan aan die beweging van Gerda se pelvis agterkom dat sy wil hê dat sy haar klit moet raak. ‘n Paar
keer terg sy haar so, dan skielik gly sy haar duim oor haar klit. Gerda snak na haar asem. Sy het nogal ‘n lang en dik klit. Toe trek Karlien haar buitelippe oop met haar duime en beweeg met haar tong tussen haar nou nat binnelippe in. So nou en dan byt Karlien haar koeklippe saggies en dit laat Gerda se heupe wriemel. Tracy is ook nou besig om Gerda se vol borste met haar koek te skuur sodat haar koeklippe heen en weer oor haar lang tepels
skuur. Gerda se borste is nou vol en styf en haar lang ronde tepels is nou lank en hard. Eers lek Karlien Gerda se binnelippe op en af en dan om haar klit sonder om dit te raak. Kort-kort druk sy haar tong in die ingang van Gerda se koek. Gerda se heupe het nou lewe gekry en beweeg op en af en heen en weer. Toe Karlien skielik op beweeg en haar klit suig, kreun Gerda. Sy weet Gerda is nog ‘n virgin, maar sy moet nou alle moontlike truuks gebruik om
haar ‘n ordentlike orgasme te gee. Terwyl sy haar tong al om haar nou verhewe klit rol, streel sy met haar middelvinger al om haar genotgrot se ingang. Gerda se poes is nou heelwat natter. Versigtig druk sy haar vinger al dieper in haar ingang in om nie haar maagdevlies te beskadig nie. Dit glip heel maklik in en haar koek is nou al sopnat. Nou begin Gerda kermgeluidjies maak. Karlien weet sy is nou op die regte pad. Karlien krul haar vinger wat binne Gerda se poes is op om haar G-kol by te kom, soos Gawie met haar doen. Nou kry Gerda lewe en sy kreun en steun en haar heupe maak sulke rol bewegings. Karlien rol haar tong al vinniger oor Gerda se klit en haar vinger al vinniger in haar poes en sorg dat haar vinger die area waar heer g-kol moet wees met oorgawe.
“Aaaa …. moet nie stop nie,” kreun Gerda.
Karlien gaan voort om met haar tong Gerda se klit te streel en met haar vinger haar koek te naai. Tracy naai haar tepels met haar klit. Gerda kerm en beweeg haar heupe op en af. Haar oë is toe en haar mond is oop terwyl kermgeluidjies uit haar keel ontsnap. Gerda se hande vind Karlien se kop en klem haar hare vas en druk haar kop dieper in haar koek in. Haar bene begin bewe. Karlien voel hoe haar boud en bobeen spiere saamtrek. Gerda lig haar heupe en rug in een beweging en tel Karlien en vir Tracy wat op haar bors sit saam met haar op. Gerda gil een lang gil. Toe val sy weer terug op die matras en haar hele onderlyf vibreer.
‘n Paar na orgasme skokke ruk deur haar lyf.
“Fok! Fok! Fok!” skree Gerda.
Tracy val van haar af en gaan lê uitasem op haar rug. Karlien lek nog ‘n paar keer oor Gerda se klit en Gerda se lyf bewe. Toe gaan sy ook uitasem op haar rug lê. Haar tong nou al rou van die lek. Na ‘n ruk is Gerda se asem terug.
“Fok, Karlien. Dit was erg intens. Seker nog die beste orgasme wat ek al beleef het.”
Karlien grinnik tevrede. “Dankie vir die kompliment.” Sy kan nie glo dan sy so pas ‘n meisie met haar mond en vinger ‘n orgasme gegee het nie.
Gerda sit haar een hand op Karlien se nat poesie. “Ek hoop ons kan weer so maak.”
Karlien giggel. “Moontlik, moontlik nie.”
Sy wonder wat sy gaan sê as sy haar vertel sy is nie meer ‘n virgin nie.
Hulle drie gaan lê langs mekaar op die bed. Karlien tussen hulle twee. Karlien haal diep asem.
“Ek hoop nie julle twee gaan vir my kwaad wees nie, maar daar is iets wat ek julle moet vertel.”
Gerda en Tracy draai op hulle sye en kyk na haar. “Wat is dit wat jy ons moet vertel?” vra Gerda nuuskierig.
Karlien sug. “Ek is nie meer ‘n virgin nie.”
“Wat!” gil Gerda.
“No way!” gil Tracy.
“Wanneer het dit gebeur?” wil Gerda weet.
“Die vakansie.”
Nou het sy albei se aandag. “Wie was die ou? Of is dit ‘n geheim?” wil Gerda weet.
Karlien sit haar hand oor haar oë. “Gawie.”
“Nooit. Jy was al lankal mal oor hom.”
“Is it that guy I saw you once with?” vra Tracy en Karlien knik net haar kop. “Shit, he’s handsome.”
“Hoe was dit?” vra Gerda. “Yes, vertel,” las Tracy by.
Kortliks vertel Karlien vir hulle hoe dit gebeur het dat sy haar maagdelikheid verloor het en hoe fantasties dit was, asook al die seks daarna.
“Was dit seer? Het jy pyn gehad?” wil Tracy gretig weet.
“Net ‘n klein stekie en jy voel hoe jou kanaal rek, daarna niks nie.” Karlien giggel. “Daarna net moerse lekkerte.”
“Het jy ‘n orgasm gehad?” vra Tracy.
“Ja. Dit was fantasties.” Karlien sit weer haar hande skaam oor haar oë. “Nou kan ek en Gawie nie ophou om mekaar te naai nie.”
“Hoeveel keer het julle nou al seks gemaak?” vra Gerda, effens jaloers. Sy weet Gawie is mooi fris gebou en sy self sal nie omgee as hy haar maagdelik neem nie.
Karlien giggel. “Ek weet nie. Baie. Ek het ophou tel.”
“Bliksem, Karlien, en jy sê niks nie. Ons het aangeneem jy is nog ‘n virgin en hier gryp ons jou om aan ons ontlading deel te neem.”
“Dit is oukei. Ek het ook nodig gehad om te ontlaai.” Karlien trek haar asem in. “Dit is eintlik die rede hoekom ek julle twee kom sien het. Die vakansie toe ek en Gawie alleen in die huis was kon ons naai net wanneer ons wil sonder om gepla te word. Nou dat die ander drie wat saam met ons bly terug is, kan ons nie meer in die huis naai nie. Volgens die huisreëls is enige seks verbode. Ons mag nie eers ‘n verhouding hê as ons saam daar bly nie. Ek en
Gawie is nou al erg seksueel gefrustreerd. Ons kan nie eers aan mekaar vat nie. Weet julle hoe erg is dit om ‘n ou te wil bespring en jy kan nie en mag nie. Sien dit is hoekom ek hier is, om julle ‘n groot guns te vra.”
“En wat is dit?” wil Gerda weet.
“Julle twee gaan gereeld elke tweede of derde naweek huis toe en dan staan julle woonstel leeg. Ek wil nou weet of julle dalk sal omgee dat ek en Gawie die naweke wat julle Warmbad toe gaan, julle woonstel vir ons sal leen sodat ons ontslae kan raak van ons seksuele drange. Ons sal julle vergoed en ons eie beddegoed en handdoeke bring.”
Gerda lag. “Fok, ek is jaloers. Jy het ‘n ou wat jy kan steek net wanneer jy lus het en ek het nog nie eers ‘n naai gehad nie.”
Tracy giggel. “Ek is jealous too. All I can do is to have hot wet dreams and wish it was real.”
“As julle nie wil nie, is dit oukei. Ek sal verstaan.”
Gerda en Tracy kyk na mekaar. Albei glimlag en knipoog vir mekaar.
“Dit is oukei met my,” sê Gerda en Tracy beaam dit.
Daar word gereël dat Karlien ‘n duplikaat sleutel van die woonstel sal kry wat dit maklik vir hulle sal maak om in en uit hulle woonstel te kom. Gerda vra om verskoon te word, want sy moet gym toe. Karlien wil ook loop, maar Tracy vra haar om eers koffie saam met haar te drink.
Terwyl hulle in die woonkamer sit en koffie drink vra Tracy vir Karlien uit oor haar verhouding met Gawie. Sy wil weet hoe sy die seks ervaar en veral oor haar eerste keer toe Gawie haar maagdelikheid geneem het. Tracy is verbaas dat dit vir Karlien nie baie seer was en dat sy dit geniet het en selfs ‘n orgasme bereik het. Volgens Tracy was die meeste meisies met wie sy gesels het se eerste ondervinding met seks nie iets om oor huis toe te skryf nie. Van hulle kan net pyn onthou en sommiges het erg gebloei. Karlien is seker die enigste een wat sy van weet wat ‘n orgasme ervaar het met haar eerste penetrasie. Die meeste mans stoot in, skeer die maagdevlies, gee ‘n paar stote, grom en kom, trek uit, rol om, raak aan die slaap of trek aan en loop.
“Karleen, my first time must be somethoing nice. Iets om te remember,” kerm Tracy.
“Het jy al ‘n man in die bed gehad om jou virgin te neem?” vra Karlien.
“Ja. En it was a disaster. Ons was skaars in die bed, my pants afgetrek, bewerig ‘n condom aangesit, en voor hy dick in sit, hy ejaculate. Then nothing.”
“Flip, Tracy. Was jy al nat gewees?”
“No, dry as a desert.”
“Shit, hy kan nie sy ding insit as jy nog droog is nie. Hy sal jou seer maak.”
“Sien ek het ‘n probleem. Ek wil naai, maar ek is bang dit is hel seer when a guy takes my virgin.” Tracy druk ‘n haarlok agter haar oor in. “Ek wil graag seks hê, met ‘n man. Masturbation en die cunt fucking met Gerda is not enough to fulfill my sexual needs.”
“Daar moet ordentlike mans wees wat weet hoe om ‘n meisie se eerste keer memorable te maak,” probeer Karlien haar opbeur.
“If you can find one, stuur hom na my. Jy sal my baie bly maak.”
“Hoe ek een gaan kry weet ek nie. Ek het nog net seks gehad met Gawie,” Karlien sug.
“Wat van Gawie?”
“Wat!” sê Karlien geskok. “Jy wil hê ek moet Gawie vra om jou te help om van jou virgin ontslae te raak?”
“Net ‘n voorstel. Wie anders is daar wat weet how to unvirgin a girl?”
“Flip, ek weet nie of dit so goeie idee is nie.”
Karlien weet sy en Gawie het tans ‘n seksuele verhouding sonder enige verbintenis. Hulle het nog nie gepraat van die moontlikheid van seks met iemand anders nie. Ook nie dat hulle verhouding meer as seks is nie. Maar is sy
bereid om Gawie uit te leen aan ‘n ander meisie al is dit net vir een keer? Om ‘n ander meisie te verlos van haar maagdelikheid.
“Please. Karleen. Only one fuck. Just to unvirgin me so that I can fuck other guys,” smeek Tracy. “Currently hy is die enigste ou ek sal vertrou om dit te doen.”
Karlien weet sy en Gawie moet dankbaar wees dat Tracy en Gerda bereid is om hulle woonstel vir hulle gebruik, vir seks, te leen. As hulle nie bereid is om hulle toelaat om hulle seksdrange vir naweke hier te kom ontlaai nie gaan dit ‘n ramp wees.
“Oukei, ek sal daaroor dink. Maar ek sal dit met Gawie ook moet bespreek. Hoor of hy welbereid is om die taak te
verrig.”
Sy wonder of hy wel bereid sal wees om dit te doen. Hoe sy hom dit gaan vra, weet sy nie. Maar hy is ‘n man en watter man sal so geleentheid laat verby gaan.
Tracy spring op en omhels Karlien. “Thanks, Karleen. Jy is ‘n star
3 COMMENTS
Fantastiese erotiese storie dankie!
Nes ek dink dit kan nie better nie dan verras jy my. Dankie vir n lekker lees stories vol kinkels.
Dit was eintlik n blêrrie goeie sopnat 4some want ek het flippen lekke saam gespeel en myself ook nat gemaak in die soete oomblikke♥♥♥