Ta’ Mollie

deur Bobcat

“Rieeeempieeees!” hoor ek my ma roep. Ek sit my gereedskap, waarmee ek in die stoor besig is, neer en stap flink huis se kant toe. My ma is ‘n mooi vrou. ‘n Mooi vrou het gewoonlik mooi vriendinne en aangesien ek nie veel ondervinding van vroue het nie, behalwe ‘n paar onderonsies met die mooie Elrie, het ek baie oor ‘n paar van my ma se vriendinne gewonder. Daar is tannie Alet met die rooibruin hare en groot stywe boobs wat altyd lyk of hulle wil ontsnap. Tannie Magriet met die lang bene wat onvleiend sit met haar stywe denims sodat ‘n man moet wonder oor daardie groot spons wat lyk of hy ‘n keep in het by haar zip. Daar is nog ‘n hele paar, maar die een waaroor ek die meeste wonder en oor wie ek selfs gereeld ‘n riem kap, is ta Mollie.

Ta Mollie en haar man, oom Gys, is ons bure … so halfuur se ry te perd net agter die rug van die berg. Hulle is kinderloos en volgens my word ta’ Mollie gereeld afgeskeep as oom Gys alleen gaan hengel in Namibië.

“Riempies! Ek roep jou!” klink my ma se stem weer op en ek skrik effens vir die erns in haar stem.

“J-a-a-a, m-a-a-a,” antwoord ek effe ongeergd. “Jy ja ma my nie so nie meneertjie … gaan pak vir jou ‘n oorslaap sak. Ta’ Mollie het gebel en gevra of jy nie maar daar kan kom oorslaap nie. Oom Gys is weer weg en jy weet hoe gaan dit met die plaas aanvalle.”

“Maar ma,” begin ek antwoord, want ek is skrikkerig vir vroumense en Ta’ Mollie het vir my Sondagskool aangebied toe ek so 15-16 jaar oud was.

“Niks se ge-maar ma nie. Roer jou. Dis amper donker. Jy ry sommer met die ou Cruiser en laat weet as jy daar aankom.”

Ek ken my ma en weet dat teëpraat niks gaan help nie.

 

***

“Naand tannie,” groet ek toe ek met my oorslaapsak teen die trappe opstap. Ta’ Mollie staan voor die voordeur en met die lig van die huis agter haar sien ek deur haar somersrokkie. Ek sluk die knop in my keel af, want daar is geen teken van ‘n onderrok nie en haar silhouette hou my oё vasgenaal.

“Dankie Riempies, dat jy oorgekom het,” laat sy sag hoor terwyl sy my teen haar boesem vasdruk asof ek familie is. My binneste ruk toe ek haar ferm gepunte tiete teen my bors voel. Ek ruik dat sy reeds gebad het en haar hand is sag en warm toe sy my om die middellyf vat en saam met my deur die deur stap.

“Sit sommer jou goedjies in die spaarkamer, linkerdeur net verby die badkamer in die gang, dan kom eet jy gou. Ek het reeds jou ma laat weet dat jy hier is toe ek jou ligte daar by Jafta’s spruit sien oorkom het.”

My senuwees knaag toe ek die eetkamer instap en sien dat die tafel mooi gedek is, kerse wat brand en Ta’ Mollie besig om twee glasies sjampanje te skink. In die agtergrond speel Modern Talking se “Why did you do it just tonight.” My ma se laaste woorde spoel deur my kop. “Riempies … jy gedra vir jou so ‘n heer. Ek wil nie stories hoor nie.”

Ta’ Mollie neem plek in reg oorkant my, ons klink glasies en sy begin opskep. Ek verkyk my aan die geregte en sy verseker my dat dit vars seekos is en dat ek dit sal geniet. Ek kyk maar hoe sy die prawn voorgereg eet en volg haar voorbeeld. My hande raak taai van my onhandigheid met die skulpvis en ek begin rondkyk vir ‘n jammerlappie. Uit die hoek van my oog sien ek hoe sy haar vingers aflek. Sy doen dit op ‘n manier wat onmiddelik die angel in my broek laat begin lewe kry. Ek vat nog ‘n slukkie sjampanje en kug. Toe ek opkyk brand haar blou oё in myne, ‘n dimpel verskyn om elke mondhoek en ek spring amper die tafel om toe haar kaal voet onder die tafel aan my been raak.

“Iets fout, Riempies?”

“N-nee, t-tannie,” stotter ek en probeer my blos verberg agter my glas deur nog sjampanje te sluk.

Maar laat ek julle eers vertel van ta’ Mollie. Sy is beeldskoon met haar sagte, bokkiegroot, blou oё met sulke laaang wimpers. Ongeveer 1.6 meter lank, effe mollerig, maar glad nie vet nie. Haar vel is effe donker maar vlekloos en agter haar Sophia Loren lippe, wat altyd rooi lipstiffie ophet, het sy die pienkste tong en mooiste spierwit tande. Haar skouerlengte gitswart hare het ‘n paar sonstrepies in, om die grys te verberg, of so het ek gehoor toe die tannies by die basaar oor haar geskinder het.

Sy het goedgevormde kuite en bene soos die van ‘n skoolmeisie, ‘n gepunte tweeling wat baie bokspring onder haar somersrokkies as sy haastig stap, maar vir my is dit die twee kuiltjies weerskante van haar mondhoeke en die baie ligte lagplooitjies by haar oё wat haar my gunsteling draadtrek fantasie maak.

Na aandete en hopeloos te veel sjampagne het ek aangebied om skottelgoed te was. Sy het geglimlag en gesê sy sal afdroog. Ek het met die voorkant van my broek styf teen die wasbak gaan staan sodat sy nie my jagsheid sou sien nie. Soms het sy teen my verbygeskuur om van die breekware te bêre en dan het ek my verbeel of ek haar puntige tiete teen my arm voel.

Soos ‘n ware gasvrou het sy my na my kamer vergesel en seker gemaak dat alles reg is. Ek het gaan bad en gehoor hoe sy met oom Gys praat oor die telefoon.

Toe dit stil raak in die huis het ek my slaapbroek uitgeskop en saggies my meneer begin vryf. Tot my spyt het ek besef dat ek moet water afslaan. Ek het opgestaan en versigtig by die deur uitgeloer. Alles was stil en ek het saggies in die gang afgesit badkamer toe met my pishoring in my hand. Vir oulaas oor my skouer gang af geloer en die draai gemaak badkamer in.

Haar gille tref my ore toe sy teen my bors vasloop in die teenoorgestelde rigting uit die badkamer uit. Ons gryp mekaar vas van skrik en soos Adam en Eva in die paradys besef ek, ek is poedelnakend. Sy sit die lig aan, maar ek slaan hom onmiddelik weer af.

“Riempies?” die vraag bly hang.

“Ddit iis ek t-tannie sê ek effe verleё terwyl my een hand holderstebolder vroetel op soek na ‘n handoek. Ek kan voel hoe die vlamme van verleentheid in die donker oor my wange spoel. “S-sorry t-tannie,’ stotter ek terwyl ek voel hoe haar hande oor my stywe boude beweeg.

‘n Giggeltjie breek die spanning.

“Is jy kaal Riempies?” vra sy. Ek hoef nie te antwoord nie, want haar hande vroetel oor my lyf en haar sagte pajamas en warm lyf teen my ruk my piel stokstyf. Sy treë een treë agteruit, sit die lig aan en terwyl sy my voёl betrag bars sy uit van die lag. Ek kry so skaam ek wil dood, maar toe sy my aan my piel vat en my die gang aftrek in die rigting van haar kamer volg ek gedweë.

Voor hulle kamerdeur raap ek haar in my arms op en dra haar oor die drumpel. Ek laat haar sag op die groot hoё bed neer en sy trek my to bo-op haar. Haar soen is verruklik lekker en vir ‘n oomblik vergeet ek waar ek is. Haar honger mond soek myne keer op keer, haar tong glip oor my lippe en speel die mooste simfonie met myne. Sy krom haar rug en sonder dat sy hoef te vra weet ek instinktief wat ek moet doen. Ek kom orent en stroop haar broekie oor haar boude, oor haar dye, verby haar kuite tot op die vloer. Haar knieё val oop en in die flou liggie van die bedlampie lê die mooiste pertinente heuwel voor my oё.

Ek sak op my knieё neer. Haar lippies is ook effens blas, maar as sy hulle met haar vingers ooptrek is dit die pienk van haar tong. Ek verberg my tong in haar skoongeskeerde eva’s vy. Die smaak van haar poes vang my omkant, want dis meer sout as die van Elrie, maar dit is ‘n vraende, lekker sout. My tong flirt met die knoppie van genot en soms trek ek die breedte van my tong tussen haar lippies deur. Ek rond my tong en stoot hom in haar in en haar vingers verstrengel in my hare. Oerinstink skop in en ek begin suig, lek en penetreer met my tong. Haar een hand begin met haar genot knoppie speel en sy begin om haar onderlyf te beweeg op die ritme van my tong.

Die droё sout van haar koekie verdwyn en word vervang deur ‘n effe stroperige afskeiding wat in my gedagtes soos die “verbode vrug” van die paradys proe. Haar poeslippies is nou styf geswel en ek trek my tong van onder na bo en van bo na onder deur hulle en druk hom dan diep in haar weg. Haar dye klap toe teen my slape, maar ek gaan verbete voort en hoor hoe sy begin swaarder asemhaal. Haar boude begin bewe en haar binne dye begin spring voordat sy met ‘n gil oorgee. Ek trek terug en sien hoe die sappe uit haar koek oor haar perineum en tussen haar boude deur tot op die wit beddegoed drup. Sy druk twee van haar vingers in haarself op en ek beswyk amper van lus.
Ta’ Mollie draai op haar maag en trek haar een been op. Ek stroop haar nagrokkie van haar rug. Sy lig haar bo-lyf en ek gooi die nagrokkie ook op die vloer. As sy haar bo-lyf weer laat sak lê sy effens skuins, half op haar sy, half op haar maag. Haar stywe gepunte tiet staan ‘n bol tussen haar lyf en die matras, haar boude is vol, wit en styf en haar hele koek steek agtertoe uit nog steeds vol van haar sappe.

My hande glip oor haar boude, haar flanke en wanneer ek my knieё tussen haar bene op die matras plaas druk sy hom agtertoe met die rol van haar heupe. My hand omvou haar bors toe ek op haar gaan lê. My piel tussen haar boude. Sy stoot haar hand tussen ons in, vat my voёl in haar hand en trek hom saggies deur haar lippe totdat sy kop glansend en nat van haar sappe is. My lippe liefkoos haar nek terwyl ek my heupe eers agtertoe trek en dan vorentoe druk. My hele piel verwyn binne haar in ‘n hemelse natheid wat nie op papier vasgevang kan word nie.

“Lê net so in my,” vra ta Mollie en ek wonder of sy gek is, want ek wil haar naai met alles wat in my is.

Dan begin sy om haar koekspiere saam te trek en te ontspan om my voёl. Saam te trek en ontspan. Binne minute het sy my millisekondes van fyndraai af. Ek kreun en soebat, maar sy knyp en los, knyp en los. My ore begin suis en dit voel of my balle gaan ontplof dan pluk sy my uit en druk my eenoog vriendjie teen haar kringspier. Ek druk vorentoe, maar is te groot vir haar en ontplof my saadbom tussen haar boude teen haar kringspier. Kom spat in alle rigtings, oor haar boude, haar rug. Spat terug teen my maag en volg met ‘n tweede sarsie wat gedweë oor haar koek afloop tot op die beddegoed…….

Sy het onder my omgedraai, my teen haar vasgetrek en weer begin soen. My piel het halfmas tussen ons lywe vasgedruk gelê terwyl sy my vry. Ons het omgerol met haar bo-op my. Haar gepunte ferm tiete teen my bors en haar bene weerskante van myne. Sy het op my aan die slaap geraak terwyl ek haar rug gelê en krap het. Soms my handpalms om haar boude gevou en haar net styf vasgehou het.

In die klein ure van die oggend het sy my wakker gemaak deur my piel te suig en ons het beide meer as een orgasme gehad voordat die haan gekraai het.

Dit was ‘n moeё jong man wat daai oggend daar weg is nadat ek moes aanhoor hoe sy en oom Gys, my en Elrie by die rivier sien spyker het en sy toe al geweet het sy gaan my bed toe sleep en nadat ek moes bieg dat sy al van Sondagskooldae my groot seksuele fantasie was.

Cougar? Looi ‘n plooi? Maak nie regtig saak nie. Dit was befok en maar net die eerste van vele orgasmiese kuiers by Mollie-lief wanneer haar wederhelf eerder wou hengel as naai …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

12 thoughts on “Ta’ Mollie

  • January 2, 2018 at 7:16 am
    Permalink

    Annelise, sulke beloftes laat ons tweemaal die sin lees….ek het selfs my brilglase skoongevryf !
    Smile…my grappie..sien uit na jou terugkoms
    Will♥

    Reply
  • December 24, 2017 at 2:24 pm
    Permalink

    Geseende kersfees en n voorspoedige 2018 aan almal by KOMBIEKIEHIER! !!!!!
    Hoop net dat jul uit die Kaap sal trek. Want lyk my die droogte Inie Kaap laat die stories opie site ook opdroog .
    Amper n maand sedert Riempies vi Ta Mollie stout gemaak het.

    Geniet die vakansie😎😎😎😎😎

    Reply
    • December 31, 2017 at 5:03 pm
      Permalink

      Ek is een van die dae weer in sein. Die 8ste om presies te wees. Dan post ek elke dag, belowe. Want Kombiekiehier gaan dan my enigste werk wees omdat my studies ook afgehandel is. Van nou af behoort ek net aan julle. 😉

      Reply
      • January 13, 2018 at 12:25 pm
        Permalink

        Sjoooooooooooo -DIT- klink nou na ‘n proposisie!!!!

        Reply
  • December 12, 2017 at 8:43 am
    Permalink

    Riempies, absoluut uitmuntend. Soos ek altyd sê, vrouens is soos rooi wyn hoe ouer hoe beter. Ons wag in spaning vir die vervolg.

    Reply
  • December 9, 2017 at 6:17 am
    Permalink

    Riempieeeeees jou doring. Duidelik ken jy al die tannies wat lus het vir jou horing !!!!!
    Wonder wat sal gebeur as moekie daar sou kom om te kyk of jy jou gedra? ?????

    Lanklaas so lekker stories geniet.

    Reply
    • December 14, 2017 at 7:14 pm
      Permalink

      Ja sal regtig wil weet wat sal gebeur as moekie hulle moet betrap. Ek meen as sy sexy maatjies het, moet sy ook seker sexy wees

      Reply
  • December 8, 2017 at 9:57 am
    Permalink

    Goeie donner!! Ek ken heel duidelik die verkeerde mense!! Wat ‘n storie! Eendag as ek groot is…wag, nee dan is dit te laat! Knap gedaan!

    Reply
  • December 8, 2017 at 8:33 am
    Permalink

    Pragtige storie. Ek hou van orale seks en dit maak my super jags om daarvan te lees.

    Reply
  • December 7, 2017 at 3:28 pm
    Permalink

    Jissie, Bobcat, wat ‘n storie !
    Ek’t dit baie geniet en het my teruggeneemna soortgelyke ervarings in my jeug.,☺
    Baie dankie !

    Reply
    • December 8, 2017 at 10:06 am
      Permalink

      Ons wil graag van daai ervarings wil hoor Wille Will !

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)