
Ploeg Hier en Saai Daar
deur Janneman
Die plek is deurmekaar. Universiteit.
Pa het gesê ek moet studeer. Iets agter my naam kry. “Grond is nie vir ewig nie, Janneman!” het hy my aangespreek. Hoekom nie, die grond was dan altyd hier? Ek dink dit net in my gedagtes. Pa het wolke uit sy kromsteel getrek en ek het geweet, dan moet ek stilbly.
Die primarius is ʼn poephol. ʼn Windgat mannetjie met stokkiesbene wat dink hy is sterk, maar my bo-arms het meer spiere as sy bobene. Sy kuif staan doer soos ʼn bronstige makou se stertvere. “Eerstejaars mag nie rook voor die seniors en HK-lede nie!” het hy op my geskree toe ek my pyp brand gemaak het en net lekker begin trek het. Ons mag hom ook nie in die oë kyk nie, ons moet af kyk. Vir wat? Ek is nie ʼn skelm nie, so as ek met iemand praat kyk ek hom in sy oë.
Die koshuiskos is min. Primarius Poephol – PP – se ma werk in die kombuis. Sy is vriendelik. Soms vra sy my uit oor die plaas en skep vir my ʼn ekstra porsie eiers op of laai nog ʼn paar snye brood in my bord. Vir aandete laat waai sy met ʼn groot skep groente. Daar is altyd meer as genoeg groente, die ander trek hulle neuse op.
PP spreek my aan as ek kaalvoet loop. As ek my vellies aantrek, lag hy en die ander HK-lede. PP is deur die kak. Hy trek sy broek net halfpad op. Sy onderbroek steek uit. As ek op die plaas my broek so aangetrek het, sou Pa my gedonner het.
PP se ma is Tannie Antjie. Ek het al gewonder of sy nie skaam kry omdat haar seun so moegoe is nie.
Een Vrydag na aandete het sy vir my gevra om haar te help. “Ek wil die vrieskas skuif en jy is lekker sterk, Janneman,” het sy gesê en gegiggel. Ek het saam met haar agtertoe geloop. Die vrieskas kon nie skuif nie want hy is ingebou. “Is hier ʼn tienponder hier iewers?” het ek gevra, want ek het gedink ek sal solank die muur begin uitbreek, om die vrieskas te skuif.
“Nee, Janneman, hou jou in,” en sy giggel weer. “Die vrieskas by my huis.”
Ek loop agter haar aan by die agterdeur uit na haar kar toe. “Jy kan maar bestuur,” sê sy en gee vir die sleutel en toe wiks sy my met die plathand op my boude.
Ek kry skielik my maniere terug en maak vir haar die deur oop. “Janneman die Jintelman!” kwetter sy en sy klim in. Ek maak die deur vir haar toe.
Haar kar is klein. ʼn Tazz. Ek skuif die sitplek heeltemal terug en volg dan haar aanwysings tot by haar huis. Sy bly nie ver van die universiteit af nie. Ek wou nog die deur weer vir haar oopmaak, maar sy is al reeds uit die kar uit, besig om die voordeur oop te sluit.
Sy sê ek moet myself solank tuismaak, sy wil net gou iets gemakliker gaan aantrek. Ek gaan sit op die punt van die bank en sy warrelwind in die gang af. Waar is die kombuis?
ʼn Grys kat kom skuur teen my been. Ek vryf sy kop en hy skuur nog ʼn keer en glip dan weg.
Sy kom die sitkamer binne. Jislaaik. Sy het net ʼn T-hemp aan, en dalk ʼn panty, dink ek. As ek net ʼn aks korter was, het ek onder haar hemp ingekyk tot in parraland.
“W… waar is die kombuis dat ek die yskas… ag ek bedoel vrieskas kan skuif, Tannie?” stamel ek. PP trek nie sy broek hoog genoeg op nie en lyk my sy ma trek glad nie een aan nie. Wat is dit met hulle? Dalk rook hulle dagga.
“Ag, dis al laat, ons kan dit ander dag skuif,” sê sy en kom staan agter my. Sy sit haar hande op my skouers en trek my terug dat ek half lê in die bank. “Kom ontspan eers. Al die swot is stresvol.”
Sy begin my skouers masseer en ek voel haar asem in my nek. Sy ruik lekker. Dit voel of my kop draai. “Is jy lus vir stout wees?” fluister sy in my oor. Ek probeer regskuif want my piel druk skielik hard teen my kakiebroek. Haar hemp vlieg oor die bank en land op die mat voor my. Sy loop om die bank en staan voor my. Hene got! Sy is poedelnakend.
Haar tepels staan styf en o fok, tussen haar bene is sy glad geskeer.
Toe Pa my by die koshuis afgelaai het, het hy my teen die agterkop geklap en gesê ek moet my piel in my broek hou. ʼn Mens hoef seker nie altyd vir jou pa te luister nie.
Sy kniel voor my en maak my broek los. Sy trek my broek en onderbroek af. Ek probeer iets sê maar sy vou haar lippe om my harde pielkop. Sy vat my piel diep in haar sagte, warm mond in terwyl sy my ballas streel. O hene hel!
Ek kry die gevoel soos wanneer ek draad trek agter die plaasdam en toe klop my piel strome skommel in haar mond in.
Ag fok, ek moes nie dit gedoen het nie, maar dit het vinnig gebeur en ek kon nie hou nie. Sy staan stadig op. ʼn Draad skommel hang by haar mondhoek uit. Ek haal nie my oë van haar kaal boude af toe sy uitstap nie. Ek hoor iewers water loop en net toe ek my broek weer wil aantrek, is sy terug.
Sy kom staan voor my. Ek kyk reg in die vlesige spleet tussen haar bene vas. Dit is blink daar. Nat.
“Jy was stout, Janneman,” sê sy en haar stem is hees. Sy vat my hemp vas en ruk hom oop. Die knope spat in al die rigtings in.
Sy kom sit weer wydsbeen op my en druk haar tiete teen my kaal bolyf. Haar tong is in my mond in. Sy proe soos Colgate. Ek sit my hande op haar boude. Haar boude is koel. My vingers streel deur haar boudgleufie en sy skuur haar kontlippe oor my piel wat weer stokstyf is.
Sy wikkel haar boude en ek voel hoe my piel in ʼn hemelse, sagte nat warmte in sink. Ek streel haar naakte lyf terwyl ons naai. Haar asem jaag, so asof sy teen die windpomp uitgeklim het. Haar tepels skuur teen my bors.
Ek begin amper snik, ek is baie naby om my skommel binne in haar poesie in te skiet. Sy hou op naai. Sy wil seker nie hê ek moet binne in haar saai nie. Sy lig haar onderlyf op en my piel glip uit haar.
Sy vryf met haar hand stadig deur haar poesie en dan smeer sy die nat oor my piel. Sy vat my piel en sit sy kop teen haar stywe poepholletjie en dan sak sy baie stadig af. My piel gaan in haar stywe hol in.
Sy naai my met my piel in haar hol, al dieper. Haar hol vou so styf om my piel, ek kan nie lank hou nie. Ek probeer om nie te kom nie. Sy maak snaakse geluide en klink of sy huil en gooi dan haar kop agteroor. Sy stoot haar bolyf uit, laat haar naakte borste vir my dans.
Ek kom in haar. Diep in haar hol stort ek my skommel. Klop-spuit. Klop-spuit. Klop-spuit…
Sy staan stadig op. Ons sê nie ʼn woord nie. Sy buk om haar hemp op te tel. Ek kyk reg in haar naaktheid vas van agter af. Haar poepholletjie lyk rooi, teer genaai. Daar is ‘n nat poepgeluid en ʼn straaltjie skommel drup uit haar uit. Sy vat haar hemp en vee tussen haar bene af. Sy gee vir my die hemp aan. Ek vee my piel af so goed soos ek kan.
Terug in my koshuiskamer haal ek my naaldwerksakkie uit en werk my knope weer vas. Toe ek klaar is, vryf ek oor my piel en ruik aan my vingers. Dit stink, maar ek ruik weer. Dit ruik soos naai en hol. Skommel en kont.
Pa het my vertel van kondome, maar hy het my nie vertel wat om te doen as mens nie ʼn kondoom het nie. Nou weet ek. Mens ploeg in die poesie, maar saai in die hol.
Sy het gesê ek moet nog terugkom, die vrieskas moet nog geskuif word.
PP kom saam met my kamermaat, Herman, die kamer binne. “Waar de fok was jy?” skree PP op my.
“Dorp toe,” sê ek. “Gaan vye eet en in die modder gespeel.”
Hy vloek en sê ek moet my windgat kak stop.
Sy poes.
12 COMMENTS
Ek hou hiervan. Sommer baie!
Die onuitgesproke wraak maak dit nog beter..
Ek hou hiervan. Sommer baie!
Goeie storie, inderdaad. herinner my aan een van my studente maats se ma…
Lekker man!
Die storie herinner my aan verspreelde kanse, ai ai
Baie goed geskryf Janneman. Klink soos my geskiedenis met n onderwyseres. Fantasties.
UIters goed gedoen. Baie lekke storie! “Gaan vye eet, en in die modder gespeel”. lol
Hoe lyk die tannie? Op universitet was my koshuismoeder ouuuuud
Ek is seker jy kan haar verbeel net soos jy wil ?
Jy sal nog agterkom hoe lyk sy…
My tipe storie! Ek hou van daai saaiplek…….
Ek het gehou Van hierdie storie. Dit is lekker om te lees hoe die jongeres naai.
As ook hoe hulle so te sê “verlei” word deur ouer vroue.
Mooi storie.
Dankie
Goed geskryf Janneman.
Het my herhinner aan ons sê uit studente dae: ploeg diep en saai op die walle.
Ek wag vir die opvolg. Bang hy verrel sy plesier spier as hy weer gaan skuif.