
Brief van Simone (finaal)
deur Bobcat
(Lees vorige aflewering HIER)
Ek en die brief is onafskeidbaar, maar dit is nou ‘n paar weke later en ek kon nog nie die moed bymekaarskraap om verder te lees nie. Die vragmotor wat ons “Transito” toe vat is haastig. Ons is ook haastig. Dit is lekker om die groen van die ou Transvaal te aanskou, maar diep in my binneste woel dit. Is Simone werklik iets in my verlede? Is ek bereid om haar te laat gaan?
11 COMMENTS
Dames, daar is ‘n terme vir hierdie optrede, dit word bossie of bosbefok genoem. Weet van n paar sulke gevalle. Bobcat, baie netjiese storie, duidelik was jy ook dalk daar. (ini bos)
Jy’s reg Annelise, ek was onoplettend…sjoe dit maak die storie eintlik baie gevoelvol en emosioneel.
Die brief se inhoud was dalk die omdraai punt.
Tog het die ouens in die army baie keer sin in die lewe verloor.
…baie goed geskryf Bobcat…so naby aan die ware been dalk
Dankie vir die deel daarvan.
Hy weet nie wat die brief se inhoud was nie …
En dit ontstig my steeds….
My ook 🙂
En hier wag ek saam in spanning oor wat sy geskryf het.
Lekker storie.
Sien uit na jou volgende bydrae…
Annelise en Annie, dis ongelukkig wat die army aan party manne gedoen het.
Bobcat, briljante storie. Ek het dit terdeë geniet.
JY HET NIE DIE BRIEF GELEES NIE!!! Maar dankie vir die storie, dit vat so bietjie aan mens se hart
Dit het my ook totally uitgefreak dat hy nie die brief gelees het nie. Hy is dalk verniet hartseer en beskadig vir die res van sy lewe. 🙁
Verstaan jy?! Voel ek kan hom skud