Mamma en Pappa Pretorius

deur Ramkat Erasmus

MAMMA

Mevrou Pretorius sit die foon vies neer. Sy weet Gavin kan nie help dat Eskom nie hulle werk doen nie, maar dis vir haar ‘n irritasie. Donderdae laat sy haar hare doen en nou sit Gavin sonder krag. Sy vat haar duur leerhandsak en sluit haar laai. Dan loop sy vies by die kantoor uit.

Sy kyk oor die oopplan kantoor waar haar dames sit, maar almal blyk besig te wees en sy stap na die hyser toe. Sy is trots op haar dametjies en hoe hard hulle werk. Sy doen moeite om verjaarsdae en huweliksherdenkings te onthou en sy weet hulle waardeer haar ook. Sonder empatie kan mens nie ‘n goeie baas wees nie.

Sy stap by die gebou uit met ‘n vriendelike knik na die die sekuriteitsman toe. Buite wik en weeg sy ‘n bietjie, maar dan stap sy in die rigting van Giovanni’s en gaan sit in een van die agterste eethokkies. Sy bestel tee en ‘n toebroodjie en sug. Donderdag is altyd die dag dat haar man met ‘n bos blomme en ‘n halfbottel rosé wyn by die huis kom.

Hulle eet, drink die wyn en kyk ‘n bietjie tv. Dan gaan stort sy, trek haar pajamas aan en gaan klim in die bed. Na ‘n ruk kom stort hy ook en dan sit sy die lig af. Hy klim langs haar in die bed, soen haar in haar nek en vryf aan haar borste en vroetel dan haar pajamabroek af. Dan stoei hy homself in haar in en begin pomp. Aan sy asemhaling kan sy hoor hoe hy algaande meer opgewonde raak en dan, uiteindelik, kom hy. Vir ‘n hele ruk daarna lê hy met sy volle gewig op haar, en dan soen hy haar op die mond en sê: “Dankie Mamma” voor hy afrol en aan die slaap raak. Sy wag tot hy liggies snork en gaan dan badkamer toe en vee sy vloeistowwe van haar af voor sy weer haar pajamabroek aantrek en langs hom inkruip om ook aan die slaap te raak. Sy geniet dit nie vreeslik nie, maar dis haar huweliksplig en sy laat dit toe want sy weet haar man geniet dit.

Sy sit nog so en dink as sy twee stemme hoor wat sy herken. Dis twee van haar dames en hulle kom sit in die eethokkie net agter haar. Die afskortings is hoog sodat hulle haar nie sien nie, maar sy kan duidelik hoor wat hulle vir mekaar sê.

“Wat sou nou weer vanoggend oor Vlermuis Pretorius se lewer geloop het?” vra die een.

“Nee jong, seker pms of ‘n gebrek aan seks’” antwoord die ander en hulle lag.

Mevrou Pretorius besef met ‘n skok hulle is besig om haar te bespreek. “Vlermuis Pretorius?” dink sy geskok, en vir een wilde oomblik wil sy opvlieg en hulle konfronteer, maar sy bedink haarself en luister verder.

“Gebrek aan seks? Ek dink nie sy en haar man doen ooit die ding nie.”

“Kan hom seker nie blameer nie … Daai suurpruim mondjie was nog nooit om sy voëlkop nie, dis verseker.”

“Ja nee … Ek dink nie blowjobs is nou eintlik ou Vlermuis se ding nie …”

“My ma het my die aand voor my troue gesê as ek hom wil hou moet ek hom gereeld ‘n blowjob gee …” En weer lag hulle.

Blowjobs? Haar mond om sy voël? Waarvan praat hulle? Sy word bewus daarvan dat haar asem jaag en haar hart doef, doef in haar ribbekas galop. So sit sy en luister hoe die twee meisies met mekaar praat oor hulle eie sekslewens en avonture. Mevrou Pretorius bloos by die aanhoor van party van die goed wat hulle vertel en twee, drie keer wil sy opvlieg en vir hulle sê hulle lieg, mense doen nie sulke dinge nie, maar sy hou haar in. As hulle klaar hulle koeldranke gedrink het, loop hulle en sy sit nog ‘n ruk om seker te maak hulle is weg, voor sy haar rekening betaal en teruggaan werk toe.

Heel middag maal die gesprek wat sy afgeluister het deur haar kop en sy wonder hoe mense sulke goed so openlik met mekaar kan bespreek. In haar netjiese kar, met haar netjiese werkspakkie aan, ry sy die middag na haar netjiese huis toe en wag vir haar man om huis toe te kom.

Hulle het vir die eerste drie jaar van hulle huwelik probeer om kinders te hê, maar dit was nie suksesvol nie en hulle het toe algaande verval in die een- maal-‘n-week-op-‘n-Donderdag-seks. Dit was nog nooit eintlik vir haar lekker nie en haar huweliksnag waarna sy heimlik verskriklik uitgesien het, was seer, ongemaklik en nie naastenby soos sy dit vir haarself verbeel het nie.

Een aand na ‘n partytjie waar sy heeltemal te veel gedrink het, het sy hom teruggevry en dit het vir haar gevoel asof iets in haar losgaan, maar die volgende oggend het sy siek gevoel en skaam vir hom, skaam dat hy sleg van haar sou dink. Sy het haar daarna beywer om haar loopbaan te bevorder, ‘n hulpmaat vir haar man te wees en hulle huis  ‘n plek van fyn smaak en gasvryheid te maak. Hulle onthaal gereeld en sy kook en haar man is lief vir haar, en sy laat haarself nooit meer toe om dronk te raak nie.

Dan wonder sy skielik of haar man ooit iets anders wil hê in die bed as wat hulle doen … Die gedagte maak haar bang. Sê nou maar hy’s ontevrede? Sê nou maar hy raak moeg vir haar en begin rondloop? Sy ril as sy daaraan dink. Wat het die een meisie nou weer gesê? “As ek hom wil hou moet ek hom gereeld ‘n blowjob gee …”

Haar man kom by die huis en sy groet hom soos altyd by die voordeur met ‘n piksoentjie. Hy gee vir haar die bos blomme en sy bedank hom met nog ‘n piksoentjie. Hulle noem mekaar “Pappa” en “Mamma” alhoewel hulle nie kinders het nie en hulle is gemaklik met mekaar. Hulle gesels oor werk terwyl hy ‘n glasie sjerrie drink en dan skep sy op en hulle eet. Hy maak die bottel wyn oop en hulle gaan sit voor die tv. Hulle kyk na ‘n program oor huisontwerp en bespreek liggies dit wat hulle op die tv sien. Sy drink die soeterige wyn en leun met haar kop teen sy skouer. Sy voel lus om die tv af te skakel en met hom te praat oor wat sy in Giovanni’s gehoor het, maar sy weet nie of hy daarna sal wil luister nie.

Na ‘n ruk staan sy op, gee hom ‘n soentjie en stap slaapkamer toe. Sy trek haar klere uit, vou dit netjies en sit dit weg, en gaan klim in die stort. Sy was haarself deeglik en trek dan haar pajamas aan. Dis ‘n dienlike pajamapakkie, by Woolies gekoop, met ‘n hemp met ‘n teddiebeertjie op en ‘n broek wat tot by haar kniëe hang. Sy gaan sit op die bed en besef haar wyn staan nog in die sitkamer. Sy loop kaalvoet op die dik mat na die sitkamer toe en gaan staan geskok in die deur. Meneer Pretorius sit met sy rug na haar toe en hy het die tv kanaal verander en hy sit en kyk na ‘n program wat gaan oor die eienaar van die Playboy tydskrif en sy meisies. Die klein blondines hardloop kaal op die skerm rond en stoei kamma met die ou man. Wat haar egter die meeste skok is dat Meneer Pretorius homself deur sy broek sit en vryf terwyl hy na die tv kyk. Sy snak na haar asem en ritereer die gang af terug kamer toe.

Met haar hart wat galop in haar bors sit sy die lig af en wag dat hy moet bed toe kom. Na ‘n ruk kom hy in, spring deur die stort en kom in die donker na haar toe. Sy lê en wag, maar hy kruip langs haar in, soen haar op die wang en sê hy’t ‘n hoofpyn, hy gaan liewer maar slaap.

Vir lank lê sy langs hom en wonder wat aangaan. Mans het behoeftes. Sy weet dit. Hulle kry nie sommer hoofpyn as hulle aan seks dink nie. Sy veg teen die trane, en dan, op haar gewone vasberade manier besluit sy om iets te doen. Wat dit is, weet sy nie presies nie, maar sy weet sy MOET iets doen.

Die volgende dag tydens haar etensuur stap Mevrou Pretorius deur die winkelsentrum na die winkeltjie toe wat sy al raakgesien het. Die vensters is swart geverf sodat mens nie kan sien wat daar binne aangaan nie, maar die logo van die plek is helder pers en lyk soos ‘n slang wat om ‘n blom krul. Vir Mevrou Pretorius is die seksuele aard van die logo ‘n bietjie common, maar dit is per slot van rekening ‘n sekswinkel.

Terwyl sy moed bymekaarskraap loop sy twee, drie keer voor die veiligheidshek van die plek verby. Sy het ‘n groot sonbril op en hoop nie iemand wat haar ken, sien haar nie.  As sy weer voor die plek verbyloop staan daar ‘n jong meisie in die oop veilgheidshek en rook.

“Tannie kan maar inkom, hier’s niemand nie,” sê die kind, en Mevrou Pretoius wil eers protesteer en sê dis nie haar bedoeling nie, maar dan skraap sy haar moed bymekaar en loop tog in.

Mevrou Pretorius steek vas en wil dadelik omdraai en vlug. Net waar sy kyk is tydskrifte en DVD-omslagte met kaal mense op. Party is vrou op vrou, ander man op man, ander weer een man met ‘n paar vrouens en so aan. Haar asem jaag en haar hart bons in haar binneste. Hierdie is erger as ‘n nagmerrie. Bo-op die rakke is vroulike winkelpoppe met die einaardigste klere aan. Verpleegsterpakkies, en polisievroueklere, maar alles is deursigtig met gate waar daar nie gate moet wees nie.

“Soek tannie iets spesifieks?,” vra die meisiekind. Mevrou Pretorius skrik en vir die eerste keer kyk sy na haar. Sy’s jonk, blond en het ‘n goedontwikkelde paar borste wat sy met ‘n laaggesnyde bloes duidelik ten toon stel. Maar sy het heeltemal te veel grimering aan na Mevrou Pretorius se smaak. En haar denimbroekie sit so styf dit lyk of dit aangeverf is.

“Ek is Natasha” sê die meisie en Mevrou Pretorius wonder of die kind se ma weet wat haar dogter doen vir ‘n lewe. “Is dit tannie se eerste besoek aan ‘n sex shop” wil sy weet. Mevrou Pretorius knik. “Nou maar waarna soek tannie? Speelgoed? DVD? Miskien ‘n fantasy outfit”

“Hoe hou jy dit uit in die plek?” kry Mevrou Pretorius dit uit. “Om heeldag in al die … Die goed vas te kyk?”

“Aag tannie, mens raak dit gewoond. Ek sien dit nie eers meer raak nie. Ek verkies in elk geval die real McCoy. Videos doen dit nie vir my nie en speelgoed is net fun as jy dit saam met iemand doen …”

“Sjoe …” sê Mevrou Pretorius.

“Nou maar waarmee kan ek tannie help? ‘n Ou speeldingetjie, dalk?” wil Natasha weer weet.

“Watse speeldingetjie?”

“Kom ek wys tannie …” En Natasha haal ‘n paar langwerpige voorwerpe uit ‘n laai uit en begin demonstreer. Sy gebruik woorde soos vaginale orgasme en klitoris orgasme en sy beduie hoe elke masjien wat sy demonstreer hierdie of daardie deel van ‘n vrou se liggaam stimuleer. Van die goed is oorgetrek met rubber namaaksels van mans se privaatdele en sy verkyk haar daaraan. Na omtrent die sesde masjien steek Mevrou Pretorius haar hand op en Natasha word stil.

“Blowjobs,” kreun sy dit uit. “Ek wil weet van blowjobs …”

Natasha lag. “Aag Tannie, dis maklik. Dis soos om ‘n ice cream lollie te eet. Lek hom en suig hom tot hy op is!” En sy lag weer. Maar dan buk sy onder die toonbank in en haal ‘n DVD te voorskyn. “Hierdie een word baie deur seksterapeute voorgeskryf …”

Mevrou Pretorius se hand bewe as sy die omslag vat en begin lees.

“All you ever wanted to know about fellatio. Blow your man to heaven!”

“Ons het daai een op special” sê Natasha. “En as tannie ‘n voorskrif het van ‘n dokter af kan ek tannie nog 15% afslag gee”.

Mevrou Pretorius skud floutjies haar kop. Waarin het sy haarself begewe?

“En tannie moet nou nie kwaad wees nie, maar ek stel voor tannie vat die een ook,” sê die kind en gee vir haar nog ‘n DVD. Mevrou Pretorius is teen die tyd so skaam sy voel of haar hele liggam bloos en sy kyk nie eers na die omslag nie.

“Hoeveel?” vra sy en Natasha gee haar ‘n bedrag. Mevrou Pretorius krap in haar beursie, maar besef sy het nie genoeg kontant nie. “Kredietkaart?” vra sy en Natsha knik.

Die transaksie word vinnig afgehandel en Natasha sit die DVD’s in ‘n bruin papiersakkie en Mevrou Pretorius beweeg haastig deur toe. “Good luck Tannie!” roep Natasha agter haar aan. “Kom weer, en weer en weer!” en sy lag.

Mevrou Pretorius steek die bruin pakkie in haar handsak en stap haastig terug kantoor toe. Sy probeer om nie te dink aan wat sy in haar handsak het nie, maar drogbeelde van mense wat ondenkbare goed met mekaar en aan mekaar doen spoel onkeerbaar deur haar brein.

Later bel Meneer Pretorius en sê hy’s op die lughawe en op pad Kaap toe. Een van sy groot kliente het probleme en hy moet gaan help. Hy sê hy sal vir ‘n dag of twee weg wees. Dit is iets wat gereeld gebeur en Mevrou Pretorius het dit nog altyd aanvaar, maar nou skielik wonder sy. Hoekom gaan hy regtig Kaap toe? Sy onderdruk die gedagte met moeite en 15 minute voor haar gewone tyd sluit sy haar kantoor, groet haar dames en ry vinnger as gewoonlik huis toe.

By die huis kry sy die sjokolade wat hy altyd vir haar los as hy weg gaan op sake, en sy  breek ‘n blokkie af en eet dit met smaak. Dan gaan sit sy by die tafel en haal die bruin pakkie uit haar handsak uit. Voor sy dit oopmaak spring sy eers weer op en maak al die gordyne toe. Sy sit die lig aan en gaan sit weer voor die pakkie. Dan gaan sy na die drankkabinet toe en gooi vir haarself ‘n wynglas vol sjerrie in. Sy vat ‘n groot teug en maak weer die glas vol en dan gaan sit sy en maak die pakkie met bewende hande oop. Sy kyk na die blowjob DVD se omslag en sit dit neer. Dan draai sy die ander DVD om. “Unlock the sensual woman in you. Be the sex goddess you have always wanted to be!” Sy bewe van kop tot toon as sy die DVD neersit. Seksgodin? Sy?

Mevrou Pretorius staan op, vat ‘n sluk sjerrie en gaan slaapkamer toe. Sy trek haar klere uit en kyk vir haarself in die spieël. Sy lyk nog goed vir haar jare, want sy en haar man gaan gereeld na die gimnasium toe. Hier en daar begin die vel bietjie rimpels wys en haar borste hang bietjie meer as wat sy sou verkies, maar oor die algemeen lyk sy nog goed. Haar oë vang die bossie hare tussen haar bene. Sy was nog altyd skaam daaroor. Selfs teenoor haarself, maar nou kyk sy krities na die kwassie en wonder of haar man dit al ooit gesien het, en of hy daarvan hou.

Sy trek haar pajamas aan en gaan terug na die tafel waar sy die DVD’s laat lê het. Sy sluk weer ‘n sluk sjerrie en dan gaan sit sy voor die tv. Sy en haar man is albei suksesvol in hulle loopbane en daarom het hulle genoeg geld om die beste te kan bekostig. Sy vat die seksgodin DVD en skuif dit in die masjien in, dan gaan haal sy die bottel sjerrie, deeglik bewus daarvan dat sy besig is om dronk te word, en skakel die stelsel aan. Die tamaai plasma skerm flikker aan en na ‘n ruk is daar ‘n aantreklike middeljarige vrou op die skerm. Sy praat Engels met ‘n Amerikaanse aksent en stel haarself voor as ‘n pornogarfiese aktriese wat, na haar uittrede uit die bedryf uit, haarself as seksoloog gekwalifiseer het. Mevrou Pretorius sluk aan die sjerrie en sit gehipnotiseerd na die skerm en kyk.

Die vrou praat oor hoeveel meisies leer dat seks en die behoefte na seks iets is wat mens moet ignoreer aangesien dit iets is wat “goeie” meisies nie doen nie. Sy verduidelik dat seks ‘n deel is van die lewe en dat elke mens die reg het om seks te geniet. Mevrou Pretorius skud haar kop in ongeloof. Niks in haar bestaan het haar nog ooit hierop voorbery nie. Die vrou gaan medoënloos voort. Sy sê meeste vouens, wat nie-orgasmies is, bereik nooit ‘n orgasme nie, want hulle weet nie hoe hulle aanmekaar gesit is nie. Dan begin sy op ‘n diagram verduidelik wat al die dele van die vagina is. Mevrou Pretorius kry ‘n naar kol op haar maag van skaamte, maar sy sluk nog sjerrie en hou aan kyk. Die vrou verduidelik klinies hoe die vagina werk en hoe die orgasme refleks werk. Dan stel sy voor dat die kyker die DVD stop en ‘n handspiëel gaan haal. Teen die tyd is Mevrou Pretorius so vasgenael deur die aanbieding dat sy sonder om te skroom doen wat die vrou vra.

As sy terugkom, skakel sy weer aan en die vrou sê sy moet seker maak die gordyne is toe en dat sy alleen is. Mevou Pretorius knik en die vrou gaan aan. Sy vra die kyker om haar broek uit te trek en met die spieël na haar vagina te kyk. Met bewende hande doen Mevrou Pretorius dit en volg die vrou se instruksies om al die dele van die vagina te indentifiseer. Dan begin die vrou instruksies gee oor masturbasie en tot haar verbasing ontdek Mevrou Pretorius dat sy nat en warm is. Sy luister en kyk na die video en doen soos aanbeveel word en dan vir die eerste keer in haar 42 jaar beleef sy ‘n rilling van plesier deur haar hele liggaam, en sy besef dit was ‘n orgasme.

Sy druk die ‘pause’ knoppie en hyg na haar asem. Dit was die wonderlikste ervaring van haar lewe! Sy vat weer aan haar warm en nat self en vryf en vryf en vryf tot sy weer ‘n klimaks bereik. Dan drink sy weer sjerrie druk die ‘play’ knoppie.

Die vrou begin verduidelik dat meeste vrouens hulleself nie as seksuele wesens sien nie, omdat hulle nie wil nie, vanweë die manier waarop hulle grootgemaak is. Sy begin ‘speelgoed’ demonstreer net soos Natasha dit in  die winkel gedoen het, en sy moedig die kyker aan om so ‘n speelding aan te skaf en te eksperimenteer met haar eie lyf. Sy verduidelik tegnieke en posisies vir die seksdaad wat Mevrou Pretorius nie gedink het moontlik is nie en dan sluit sy af deur haar kyker aan te moedig om die liefde in haar lewe se liggaam te ondersoek en te leer wat vir hom of haar lekker is, en om daarop te fokus terwyl sy altyd onthou dat sy ook die reg het om seks te geniet. Haar laaste sin is: “If you don’t know how to love yourself, how can you expect anyone else to love you?”

Mevrou Pretorius gaan klim broekloos en effens aangeklam in die bed en lê met haar hande tussen haar bene en wonder oor die DVD wat sy gesien het. ‘n Seksgodin? Sy?

En so raak sy aan die slaap.

-0-0-

Sy word vroegoggend met ‘n kloppende hoofpyn en ‘n ernstige nadors wakker en strompel badkamer toe waar sy groot teue water direk uit die kraan uit drink voor sy ‘n paar hoofpynpille sluk. Sy gaan sit op die toilet en dan besef sy vir die eerste keer dat sonder haar pajamabroek gaan slaap het.  Sy bloos van skaamte en draai ‘n handdoek om haar lyf voor sy na die tv kamer stap en haar broek gaan haal. Sy trek die broek haastig aan, sit die sjerrie terug in die drankkabinet en gaan sit die wynglas in die kombuis.

Haar slape pols van pyn en sy bid dat die pille hul werk begin doen. Sy sit die ketel aan en maak tee. Dan gaan sit sy weer in die tv kamer en lees die omslae van die DVD’s wat sy die vorige dag gekoop het. Sy kry haar handspieël op die bank en onthou die inspeksie wat sy gisteraand gedoen het. Sy sluk haar tee en dan, op die ingewing van die oomblik, trek sy weer haar broek uit en trek die handspieël nader.

Sy onthou die wonderlike rillings wat sy gekry het en probeer sien of iets aan haar verander het. Sy vryf met haar hand die haartjies eenkant toe sodat sy haar skaamlippies mooi kan sien. Dan trek sy die lippies weg van mekaar en kyk na haar sagte pienk binnekant. Sy wonder hoe dit moet voel om ‘n orgasme te kry as haar man binne in haar is. Sy bloos aan die gedagte. Dit moet wonderlik wees!

Met haar middelvinger vind sy haar klitoris en dan net soos die vrou in die DVD verduidelik het begin sy saggies om die klein knoppie te streel. Sy voel hoe sy warmer en natter word en dan as sy heeltemal nat is, glip sy twee vingers in haarself in en beweeg haar hand al vinniger in en uit. Sy kyk hoe haar spiere rondom die vingers saamtrek en dit maak haar ongelooflik opgewonde. Sy verbeel haar dis haar man se skag wat in en uit gly en haar hand werk harder en vinniger. En dan kom sy weer met ‘n hees kreun wat van iewers in haar liggaam uitskeur na buite. Sy laat die spieël val en sit hygend met wydgesperde bene op die bank, kop agteroor en een bewende hand steeds op haar vagina.

Na ‘n ruk maak sy haar bene toe en ril van die lekker. Sy tel haar pajamabroek op, gooi dit oor haar skouer en stap kamer toe. Seksgodin? Sy?

Ja! Beslis…

-0-0-

Mevrou Pretorius druk die klokkie by die veiligheidshek van die sekswinkel en die deur klik oop. Sy stap in en kry Natasha agter die toonbank besig om ‘n Huisgenoot te lees.

“Hallo tannie! Hoe gaan dit vandag?” vra sy vrolik.

Mevrou Pretorius glimlag. “Dit gaan goed dankie. En dankie vir jou aanbeveling van die DVD …”

“Dis ‘n plesier tannie. Ons het maar almal so ‘n bietjie hulp en raad nodig partykeer. Mens is nooit te oud om iets te leer nie … Waarmee kan ek tannie vandag help?”

Mevrou Pretorius byt haar lip. “Ek het gewonder oor die … speelgoed?”

Natsaha glimlag en maak die laai oop. Vir die volgende tien minute verduidelik en demonstreer sy die voor- en nadele van die verskillende masjiene en Mevrou Pretorius voel met haar hand aan die vibrasies en bewegings en probeer haar verbeel hoe dit moet voel op haar privaatdele. Op Natasha se aanbeveling kies sy uiteindelik ‘n masjientjie wat die “Dolphin” genoem word. Natasha haal ‘n verpakte masjientjie uit ‘n kas, sit batterye en ‘n skoonmaakvloeistof saam en beveel ‘n smeermiddel aan. Die deursigtige vloeistof het ‘n waterbasis en sal nie skade doen aan rubber of silikon nie. Sy kan ook vir die tannie iets aanbeveel wat ‘n smaak het. Pepperment? Appel? Aarbeie? Mevrou Pretorius skud swakkies haar kop. So avontuurlustig is sy nog nie. Sy vat die bruin pakkie en stap uit, na nog ‘n vriendlike aanmoedinging van Natasha om weer en weer en weer te kom.

Mevrou Pretorius ry huis toe en voel eers skuldig omdat sy nie by die werk is nie, maar dan besef sy weer dis haar besigheid en sy is ook geregtig om nou en dan tyd vir haarself te maak.

Haar opgewondenheid groei namate sy nader aan haar huis kom en as sy by die hek indraai is sy bewus daarvan dat sy nat is tussen haar bene. Sy parkeer die motor en stap in. Weer word die gordyne dig getrek en sy gaan haastig kamer toe waar sy haar klere uittrek en net so op die vloer laat val.

Sy gaan sit op die bed en maak met bewende hande die pakkie oop. Sy laai die batterye soos Natasha haar gewys het en dan sit sy skielik met geen idee hoe om verder te gaan nie. Sy besluit dat die bed dalk die regte plek is om die eerste keer met die dolfyntjie te eksperimenteer. Sy trek die duvet af en gaan lê op haar kant van die bed. Sy leun met haar rug teen die kopenent van die bed met ‘n paar kussings agter haar nek. Dan skakel sy die masjientjie aan. Die sagte brrrrr wat die dingetjie maak is strelend en sy voel hoe dit liggies in haar hand vibreer. Sy trek haar kniëe op en bring die vibrerende punt van die masjien nader aan haar, nou sopnat, skaamlippies. Die eerste aanraking is skel en amper seer, maar sy druk hom versigtig dieper in haarself in. Die vibrasies dreun deur haar onderlyf en sy krul haar rug na agter. Die masjientjie glip dieper in haar in en dan raak die puntjie op die rug van die dolfyntjie aan haar klitoris. Sy beweeg die masjientjie in en uit met groeiende ekstase en dan ontplof die rillings weer deur haar. Iewers hoor sy iemand gil en besef met ‘n skok dat dit sy is. Haar boude klap op die bed soos haar liggaam ruk en uiteindelik is die gevoel so intens dat sy die masjientjie noodgewonge moet uitpluk en op haar sy rol met haar knieë styf teen haar borste opgetrek.

Iewers brrrr die dolfyntjie nog maar haar lyf is gevul met ‘n vreugde en ‘n ekstase wat sy nog nooit beleef het nie. Dan ruik sy haar man se reuk in die lakens en wriemel totdat sy op sy plek in die bed lê en sy trek sy reuk diep in haar neusgate in en verbeel haar hoe dit sal voel as hy haar so naai en sy hom kan ruik en proe.

Sy kry die masjientjie en skakel dit af en sit dit op die bedkassie neer. Sy moet onthou om dit goed skoon te maak met die goed wat Natasha haar gegee het, want sy gaan dit weer gebruik. Sy wonder hoe dit sal voel as haar man dit in haar indruk en heen en weer beweeg. En so raak sy aan die slaap.

As sy 2 ure later wakker word staan sy op en gaan maak die dolfyntjie skoon soos Natasha haar gewys het, dan sit sy dit terug in die dosie en pak dit in haar bedlaaitjie weg. Nog steeds kaal loop sy tv kamer toe en skakel die stelsel aan. Op die skerm is Dr Phil besig om met ‘n vrou oor haar seksprobleme te praat en sy wil uitskreeu dat sy ‘n seksgodin is en dat sy haar man gaan mal maak as hy terugkom. Sy kry die blowjob DVD en sit dit in die masjien en dan gaan sit sy voor die plasma skerm, en met ‘n kussing op haar skoot, begin sy leer hoe om ‘n man tot in die hemel te blaas. As die DVD klaar is spoel sy terug en kyk weer na die deel wat mens wys hoe om vir blowjobs te oefen. Sy besluit dat komkommers en wortels nie vir haar is nie en haal die DVD uit, sit dit weg in haar bedlaaitjie en gaan klim in die stort.

In die stort gebruik sy haar twee vingers en oefen die tegnieke wat sy in die DVD gesien het. Sy voel eers aardig om so aan haar vingers te lek en suig, maar dan maak sy haar oë toe en verbeel haar dis haar man. Sy weet sy’s ‘n seksgodin en sy weet sy gaan hom mal maak!

En dan gaan die voordeur oop.

PAPPA

Meneer Pretorius sit sy aktetas in die rak en gaan sit op sy geliefkoosde sitplek in die besigheidsklas. Hy maak sy sitplekgordel vas en maak die tydskrif oop wat hy op die lughawe gekoop het. Hy lees van effektebeurse, makelaars, internasionale transaksies, ensomeer, want dis die wêreld waarin hy beweeg. Intussen styg die vliegtuig op, hy bestel whiskey en lees voort. Op die laaste bladsy is ‘n humoristiese artikel oor ‘trophy wives’. Die skrywer skryf oor die wel en weë van die suksesvolle ouer man wat besluit om sy vrou van baie jare te los vir ‘n jong bokkie en wat alles met die scenario kan verkeerd gaan. Dis skreeusnaaks en Meneer Pretorius vang homself dat hy telkens sit en lag. As hy klaar gelees het sit hy die tydskrif weg, bestel nog en whiskey en staar by die venster uit.

Hy dink aan Rina, die meisie in die Kaap wat hom duidelik laat verstaan het dat sy nie omgee dat hy getroud is nie. Sy wil hom hê.

Hy het amper geswig voor die belofte van haar ferm boudjies, haar ronde, bra-lose borsies en haar vol, rooi lippe. En die oerwysheid in haar oë het hom oortuig dat sy met hom goed in die bed sal doen wat sy wildste drome sal oortref. Maar die gedagte aan sy vrou en hulle jare saam het hom gekeer om haar aanbod van ‘no strings’ seks te aanvaar. Die keer … Hy weet volgende kaar gaan dit dalk nie so maklik wees nie.

Hy en sy vrou was albei maagde op hulle huweliksnag en alhoewel hy eenkeer op ‘n familietroue ‘n ondervinding met ‘n ouer niggie gehad het, was hy maar baie onseker en bang. Hy voel steeds skuldig dat hy nie meer moeite gedoen het om uit te vind wat van hom verwag word nie. Op ‘n manier het hy gedink sý sal weet en hóm leiding gee, maar dit was nie eintlik suksesvol nie. Hy was bang hy maak haar seer, en sy het met groot oë vir hom gelê en kyk met haar fraai honeymoon pajamas aan. Hy het met groot gesukkel haar broekie uitgetrek en die vrees in haar oë gesien toe hy homself  in haar begin indruk. Sy was droog en dit was vir hom ook seer, maar hy het enduit gedruk. En toe, toe kom hy en sy het haar rug op hom gedraai en saggies gehuil. Hy’t haar vasgehou en probeer troos, maar dit was asof sy bang was vir sy aanraking.

‘n Paar aande later het hulle weer probeer, en die keer het dit makliker gegaan, maar hy kon sien sy geniet dit nie. En so het hulle verval in ‘n sekslewe wat meer plig as plesier is. Maar een aand na ‘n partytjie waar sy te veel gedrink het, het hy gedink dinge het ‘n wending geneem want sy was die aand sonder inhibisies in die bed, maar daarna het sy weer die leisels styf getrek en nooit weer dronk geword nie. Hy het later maar sy troos in pornografie en masturbasie geneem.

Het hy maar voor die huweliksnag ‘n paar sulke films gesien, of het hy maar weer by die niggie gaan kuier, maar hy het homself so stom geskrik toe sy hom in ‘n donker hoekie intrek en iets van ‘n blowjob in sy oor mompel, dat hy haar maar laat begaan het. Die blowjob het nooit gebeur nie, want sy hom skaars uit sy gulp uitgehaal toe kom hy oor haar hande en haar rok. Sy was sommer dadelik vies en het hom net daar gelos met sy voëltjie wat by sy broek uithang. Daarna het hy haar vermy. Sy het hom wel op ‘n latere geleentheid vertel dat sy hom vergewe het en dat hulle weer kan probeer, maar hy het net skop geskud en gevlug.

Die niggie, Marlene, was drie jaar ouer as hy en het later haar ouerhuis verlaat en iewers in Johannesburg gaan werk. Daar was gerugte dat sy ‘n stripper of iets geword het, maar hy het haar nooit weer op familietroues gesien nie.

Hy sug en wonder of hy sy vrou kan vra om saam met hom na ‘n sagte porn video te kyk, net om haar te wys daar is ‘n ander manier en dat ander vouens dit geniet, maar hy weet sy sal haar nie vir so iets inlaat nie. Hy kan haar ook nie sommer met ‘n sekshandleiding konfronteer nie, sy sal seergemaak voel en hy wil haar nie seermaak nie.

Hy krap in sy beursie en kry die nommer van die seksterapeut wat hy op die Internet opgespoor het. Dalk moet hy en sy saam na die man toe gaan, maar hoe gaan hy die saak by haar opper? Hy sit die nommer weg en raak aan die slaap.

In sy droom loop Rina voor hom op die strand. Die wind waai haar hare na die kant toe en sy lag en wys vir hom hy moet saam met haar agter die duin omloop om weg te kom van die wind. Hy volg haar en as hulle die beskutting van die duin om hulle het draai sy na hom toe. Die wind het haar hemp se knope oopgewaai en haar pragtige ronde borsies staan met stywe tepels orent. Sy trek die hemp oop en laat dit van haar skouers afgly. Haar lyfie is glansend goudbruin sonder enige teken dat sy met klere aan sonbaai nie. Haar lippe is diep rooi en ‘n fyn pienk tongetjie gly sensueel tussen haar lippe uit. “Kom” fluister sy. “Kom naai my. Jy weet jy wil …” Hy stap nader en steek sy hande na haar uit en sy glimlag. Sy glip uit haar denimbroekie uit en soos hy gedink het, het sy niks onder aan nie. Hy neem haar in sy arms en soen haar, en dan druk hy haar weg om weer na haar te kyk. Voor sy oë verander sy in ‘n heks met lang naels en skerp tande wat na hom hap!

Hy ruk wakker en kyk of iemand hom nie gesien het nie. Dan besef hy die vliegtuig het op OR Tambo geland. Hy kyk vinnig af, maar sy ereksie is nie sigbaar deur sy broek nie. Hy vat sy tyd om al sy goed bymekaar te kry en is die laaste besigheidsklas passasier om af te klim. Die mooi lugwaardin glimlag vir hom en onwillikeurig kyk hy na haar borste. Hy kyk haastig weg en stap in die tonnel af na die bagasie carousel toe. Hy kry sy tas en stap aan na die langtermyn parkering se bus toe. In die bus sit hy eerste en dan kom ‘n vrou in. Sy stoei met haar tas wat te groot is vir die gangetjie en hy staan op en gee haar ‘n hand. Hy tel die tas op en sit dit op die sitplek langs die venster. Sy gaan sit teen die gangetjie en hy neem weer sy plek in. Die vrou het ‘n oorknoop romp aan en toe sy gaan sit het die romp oopgeval en haar been is ontbloot tot by haar kant broekie. Hy staar na die sonbruin vel wat so onverwags ontbloot is, en dan trek sy die romp ongeërg toe. Hy kyk voor hom uit en wonder wat hy moet doen. Hy kan voel hy is besig om weer onkeerbaar belustig te raak. Dalk moet hy sommer net afklim en op die eerste vliegtuig terug Kaap toe spring. Sy vrou weet nie waar hy op die oomblik is nie. Hy kan teruggaan Kaap toe, haar bel, en sê hy moet nog ‘n paar dae daar bly. Dan kan hy vir Rina na sy hotelkamer nooi en haar naai tot hy so moeg is dat hy net wil slaap. Daarna kan hy huistoe kom en probeer om sy vrou van sy pyn te vertel.

Hy skud sy kop en dwing die idee uit sy gedagtes uit. Hy kan nie. Hy moet probeer om eers met sy vrou te praat. Maar Rina sonder haar klere skiet kort, kort in sy gedagtes in.

Rina. Die Event Manager by die hotel waar hy altyd oorbly en waar hy altyd sy funksies hou as hy nodig het om sulke dinge in Kaapstad te doen vir kliënte. Rina. Sy’t hom een aand in sy kamer verras met ‘n bottel sjampanje met ‘n kaartjie wat sê hy’s haar favourite kliënt. Rina. En toe hy die kaartjie klaar gelees het, het sy agter hom gekug en daar staan sy poedelnakend in die slaapkamerdeur van sy suite. En haar lippe is bloedrooi en sy wink hom nader … Rina. Hy het ‘nee’ gesê, maar hy weet hy sal nie weer nie. Hy sal nie kan nie.

Hy sit sy bagasie in sy kar se kattebak, klim in en ry by die parkeerarea uit. Hy betaal by die uitgang en vat die pad na sy kantoor toe.

Hy groet almal en gaan sit in sy kantoor en gaan e-posse na. Die admin is vinning afgehandel en dan ry hy by ‘n duur eksklusiewe darnkwinkel aan. Hy koop sjerrie, duur whiskey, en staan en kyk na die nuwe wyne wat ingekom het vandat hy laas daar was. Hy word bewus van ‘n vrou se subtiele parfuum en kyk om. ‘n Duur blondine met ‘n kort wit rokkie, groot donkerbril en karbonkel diamante om haar vingers en nek kies ‘n paar bottels wyn en sit dit in haar trollie. ‘Trophy wife’ dink hy.

Hy volg haar na die toonbank en geniet die gesig van haar boude wat onder die rompie rondbeweeg soos sy klik-klak agter haar trollie aanloop. Sy betaal en loop uit en hy doen sy transaksie voor hy ook uitloop. Haar kar staan langs syne. Dis ‘n Porche Boxster waarvan die dak afgeslaan is. Sy buk oor die kant van die kar om haar inkopiesak op die agtersitplek te sit en haar rokkie ry op teen haar boude. Hy sien alles tot by die waai van haar been waar haar boude begin. Sy staan regop en gooi haar hare reg, dan druk sy die bril op haar voorkop en krap in haar handsak vir haar sleutels.

Meneer Pretorius stap stadiger sodat sy in haar kar moet klim nes hy daar aankom. As sy haar deur oopmaak is hy by die neus van Porche. Sy sit eers haar boude op die sitplek en lig dan haar bene in. Met die beweging ry die rompie hoog teen haar dye op en van waar hy staan kan hy reg onder haar rok inkyk. Hy besef met ‘n skok dat sy niks onder die rompie aanhet nie. Vir ‘n oomblik kyk hy vir haar koekie en dan trek sy die romp af en druk die sonbril op haar neus. Die Porsche se enjin brul en sy ry vinnig by die parkeerarea uit.

Hy staan lank en speel die prentjie oor en oor in sy gedagtes. Dan sit hy sy aankope in die kattebak en ry op sy tyd huistoe. Sy sal nog nie by die huis wees nie, dink hy. Miskien kan hy vir haar iets lekker kook. Sy geniet dit so as hy vir haar kos maak. En dan moet hy maar net vasbyt en die saak opper. Hulle kan nie so aangaan nie.

En dan kom die gedagte by hom op waarteen hy al heeldag baklei. As hulle nie ‘n oplossing kan kry nie gaan hy meer gereeld in die Kaap wees. Want Rina is daar. Rina, so vol belofte. So ryp vir pluk.

Hy is verbaas om haar kar in die garage te sien as die outomatiese deure oopgaan. Sy is baie pligsgetrou en kom baie selde vroeg huistoe. Miskien is sy siek? Hy haal sy pakkies uit die kattebak uit en vat die inkopiesakke met die wyn. Die tasse sal hy later kry. Hy laat die garagedeur toegaan en soek die voordeur sleutel. In die voorportaal sit hy sleutels en donkerbril neer en stap kombuis toe. Hy hoor die stort in die slaapkamer, en sit sy pakkie sneer. Wyn na die wynrak, die ander drank in die kabinet. As hy klaar alles weggesit het, kan hy hoor sy het ook klaar gestort. Hy oorweeg dit om nog ‘n rukkie te wag vioor hy slaapkamer toe gaan, want sy hou nie daarvan om kaal voor hom te wees nie. Maar dan besluit hy dis dalk die beste tyd om die saak te opper. As sy protesteer, kan hy dit gebruik om die gesprek oor die seksterapeut mee te begin.

Hy loop geluidloos op die dik mat na die kamer toe en stoot die deur oop. Sy sit op die voetenent van die bed en sy is kaal. Sy is nie bewus van hom nie en hy staan haar en bewonder. Haar borste is nog pragtig mooi en ferm. Haar heupe vol en vroulik en tussen haar bene die netjiese bossie hare wat sy gereeld in ‘n kliniese salon laat waks en trim deur een of ander Hongaarse vrou. Hy besef hy’t haar nog nooit so gesien nie. Kaal en argeloos, sonder om iets te probeer toehou. Hy is so bang sy besef hy’s daar en gryp na ‘n japon dat hy amper nie asemhaal nie. Sy krap, krap met haar vingernael aan iets op haar been. ‘n Stukkie los vel lyk dit vir hom. Haar bene gaan oop en hy sien vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd sy vrou se skaamlippies. Die keer kan hy homself nie inhou nie en hy snak na sy asem.

Sy skrik as sy die geluid hoor en kyk op.

“Pappa …”

“Mamma …”

En so staan hulle vir mekaar en kyk. Iets is ander aan haar maar hy kan die nie peil nie. Die feit dat sy steeds poedelnakend op die bed sit en na hom kyk is vreemd, want gewoonlik sy sy hom nou al gevra het om weg te kyk sodat sy iets kan aantrek.

Dan glimlag sy en sê sy is bly hy’s terug. Iets in haar stem herhinner hom aan Rina en hy kan voel hoe die ereksie in sy broek begin groei. Terwyl hy vir haar kyk gaan haar bene verder oop en hy besef geskok sy doen dit aspris. Sy wil hê hy moet kyk.

Sy vee die bietjie hare wat oor haar oë geval het uit die pad uit en dan sit sy effe agteroor. Hy voel of sy bors toetrek en sy lig haar hande en vryf oor haar borste. Hy wonder skielik of hy besig is om mal te word. Dit waarvan hy al so lank droom is besig om voor sy oë te gebeur. Dan staan sy op en kom na hom toe. Iets in haar houding laat hom dink aan sy klein niggies wat grootmens speel met hulle ma se klere aan. Sy kom staan reg voor hom en hy ken haar goed genoeg om te weet sy is senuweeagtig, maar hy besef hy is net so senuweeagtig soos sy.

Hulle in mekaar se oë en hy besef skielik hoe ontsettend bly hy is dat hy nie Rina se aanbod aanvaar het nie, want hy is baie lief vir die vou wat voor hom staan.

Sy bly in sy oë kyk en dan gaan sy stadig op haar knieë voor hom. Hy kan sy oë nie glo as sy aan sy broek begin torring, die belt losmaak dan sy broek tot op sy enkels laat val nie. Daar kan nou een twyfel wees dat hy ‘n reuse ereksie het nie, want sy onderbroek span styf om die ding wat uitkoms soek. Hy kyk in ongeloof toe as sy haar gesig nader bring aan sy voël en met haar hande aan sy dye begin vryf. Haar hande beweeg stadig boontoe terwyl sy steeds in sy oë vaskyk. Dan vat haar hande versigtig aan sy testikels en sy laat haar naels oor die sakkies gly. Hy ril van plesier en wil haar kop gryp en teen hom vasdruk, maar hy’s te bang hy doen iets om haar af te skrik. Dan druk sy haar gesig teen sy skag vas, deur die onderbroek, en byt en knibbel liggies.

Haar hande beweeg verder op en trek die rek van die onderbroek om die geswole kop van sy penis. Hy spring vry en dan kyk sy vir die eerste keer weg van sy gesig af. Al haar aandag is nou op wat sy voor haar sien. Sy trek die onderbroek uit die pad uit en af tot onder sy knieë. Dan vat sy die skag van sy voël met die een hand vas, en met die ander hand omklem sy sy balle. Hy voel of hy op sy tone moet staan vanweë die intense gevoel wat hy beleef.

Sy kielie onder sy balsakke en vir ‘n wilde oomblik wil hy vra waar sy dit geleer het, maar dan steek sy haar tong uit en lek liggies aan die vloeistof wat nou mildelik by sy kop uitstroom. Hy ruk saam van die lekker en sy kyk weer in sy oë en lek sy voëlkop met entoesiasme. Hy kan nie meer nie en vat haar kop met albei hande vas. Nou lek sy teen die onderkant van sy skag af en kom met klein bytjies weer boontoe. Dan weer met klein suigaksies af ondertoe tot by sy sy balle. Sy suig saggies aan die een sak en trek die bal in haar mond in. Hy kreun van die  lekker en sy laat los. Hy kyk af en sien haar effense fronsie wat sy kry as sy onseker is van haarself.

“Dis lekker …” kreun het weer en die keer vat sy sy ander bal en suig dit liggies in haar mond in. Dan knibbelsy weer haar pad boontoe en dan uiteindelik sit sy albie hande om sy skag en trek die kop van sy voël in haar mond in. Sy rol haar tong al om sy kop en in die gaatjie in, en dan ondersoek sy die kontoere van sy voëlkop met haar tong. Hy voel die naderende orgasme en wonder of hy iets moet sê, maar dan begin sy hom in haar sagte warm mond insuig en sy trek en draai haar hande teen sy skag af. Voor hy kan keer, ontplof hy in haar mond en hy wil haar kop wegtrek, maar sy suig steeds en laat die kom by haar mondhoeke uitloop en teen sy skag en balsakke af.

Hy leun hygend teen die deurkosyn en sy begin weer suig, maar die gevoel is so intens dat hy die nie kan uitstaan nie, en hy trek haar kop weg van sy steeds geswelde voëlkop af.

Hy kyk diep in haar oë en trek haar op sodat sy op haar voete staan voor hom. Sy beweeg ‘n entjie weg en sit haar hande agter haar kop. Haar borste lig op en hy’s skielik bewus dat daar vrylik vloeistof teen haar bobene afloop.

“Was dit lekker?’ vra sy met ‘n skor stem. Hy knik net, want hy is te uitasem om iets te sê. Sy draai stadig om sodat hy haar hele liggaam van voor en agter kan bewonder.

“Is ek nog vir jou mooi?” vra sy weer  met daai snaakse skor stem wat hy nog nooit gehoor het nie. Hy knik. “Baie. Baie, baie mooi.”

“Was dit ‘n verassing?” en die keer kan hy sweer daar is ‘n sweempie van ‘n laggie  in haar stem. Hy glimlag breed en knik sy kop verskeie kere op en af.

“Gee jy om as ek nie sluk nie?” vra sy. En die keer is die fronsie van onsekerheid weer daar. Hy kry uiteindelik sy stem terug en verseker haar dat wat sy gedoen het perfek was en dan vra hy wat het gebeur.

“Ek het ‘n nuwe vriendin. Haar naam is Natasha. En sy het my ‘n DVD of twee gegee” en die keer kan hy die laggie in haar stem duidelik hoor.

“Maar hoekom?” vra hy.

En sy kyk diep in sy oë en sê: “Want ek is lief vir jou, en ek wil jou nie verloor nie.” En nou is daar trane in albei sy oë, en hy knik net woordeloos.

Sy ruk haar reg, vee die trane met ‘n agterlosige hand weg. Dan gee sy ‘n stout laggie. “Lus vir nog?” Hy knik

“Nou maar kom vang my!” Sy beweeg agteruit en hy gee ‘n tree vorentoe, maar hy het vergeet van die broek om enkels en hy slaan soos ‘n os neer. Hulle begin albei lag soos hulle in jaare laas gelag het, en dan is sy langs hom op die mat en haar liggaam is oor hom en dan is hy weer styf en sy vat hom vas en druk hom in haar in en ry hom!

Sy kom voor hom met ‘n gil van blydskap en ekstase en dan skiet hy in haar in en sy val vorentoe in sy arms in en of sy lag of huil weet hy nie, maar hy hou haar rukkende lyf vas tot sy bedaar.

Na ‘n ruk trek sy haar kop weg en hy sien haar traanbenatte gesig.

“Jy’s ‘n fokken seksgodin! Weet jy dit! Waar was jy die hele tyd?”

“Ek was hier. Maar ek was bang …”

“En toe?”

“Toe besef ek, ek is banger om jou te verloor as enigiets anders en toe gaan soek ek die seksgodin. Belowe jy sal my nooit los nie!”

“Nooit, ooit, ooit nie. Ek belowe!” sê hy en hou haar styf vas.

En later volg sy Natasha se raad en hulle kom weer en weer en weer!

O, ja…

En hulle het mekaar nooit weer Mamma en Pappa genoem nie …

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Mamma en Pappa Pretorius

  • January 9, 2015 at 10:31 am
    Permalink

    Hierdie (goeie) storie is reeds elders gepubliseer…

    Reply
    • January 9, 2015 at 10:38 am
      Permalink

      Elders op kombiekiehier?

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)