Karel se eerste keer

deur Wille Will

Karel sit met sy rug teen ‘n boom langs die natuurlike kuil in die berg op hul plaas. Hy’t so pas uit die koel water geklim waar hy naak ingeduik het om sy sondeurdrenkte lyf te laat afkoel. Dis warm in die Bosveld vandag. Baie warm. Sy een knie is opgetrek terwyl die ander been reguit uitgestrek lê. Hy vee vinnig met sy twee hande deur sy nat hare om die water uit te kry en vee dit dan alles agtertoe oor sy hoof. Hy voel waterstraaltjies agter teen sy rug af kielie. Hy leuen agteroor met sy kop teen die ruwe stam en maak sy oë toe.

Gister se skryf van sy laaste Matriekeksamenvak flits verby en hy weet hy het goed gedoen, soos met al sy ander vakke. Vorentoe lê die vooruitsig van boer saam met sy Pa. Sy Pa wil hê hy moet die boerdery so gou moontlik oorneem, want “my jare begin nou vat aan my lyf soos die kwepers teen die berg wat al uitgedroog het, maar steeds vasklou aan die takke en nie grond toe val nie,” het hy gesê.
Karel sug, lig sy kop op en maak sy oë oop.

Met sy liefde vir sport is hy hiperfiks en hy sien uit na die uitdaging van ‘boer-wees.’ Hy kyk af oor sy kaal lyf, sien sy fris bors met die kompakte maagspiere daaronder en die bultende spiere op sy bene. Hy sien ook sy tril wat dik en lank oor sy uitgestrekte been rus.
Hy tel dit willekeurig op in sy een hand en voel dit klop soos hy die voorvel terugtrek oor die stang om die groot pers kop te ontbloot.
Hy begin stadig masturbeer en dink aan sy maats wat almal al seks gehad het met meisies. Hy’t saamgepraat asof hy ook al ‘n kenner is sodat hy nie gespot word nie. Hy’t al met een of twee meisies “gekys” op skool en lekker gevry (boobs gevoel en vingers gevryf bokant panty op klofie) maar die meeste kere het hy dan reeds gekom in sy broek of die girl het sy hand weggevat.

Eendag het hy op sy perd agter die plaasvolk se huisies verbygery en‘n gil in die bosse daar naby het hom versigtig laat naderry. Die gil het in klein gilletjies verander, op ‘n ritme saam met ‘n seun se kreune agter ‘n skeerbos.

Hy’t saggies van sy perd se rug afgeklim en vorentoe gesluip om deur die takke te loer. ‘n Jong Ndebelemeisie het op haar rug gelê, haar geelwit geskropte voetsole het regop in die lug opgetoring en haar hande was besig om haar pikswart tepels op haar klein borsies te knyp en te trek. Haar gesig was blink gesweet en klein kerm gilletjies het nog steeds uit haar mond gekom, maar haar giet oë was net vasgeslaan op die gesig van die jong man wat besig was om met gestrekte arms teen die grond weerskante van haar bo-lyf, haar onderlyf met syne te pomp.

Altwee was poedelnakend buiten krale- armbandjies om haar gewrigte en hy het ‘n krale-enkelband om sy linkerenkel gehad Sy soepel gespierde liggaam het met versnellende aksie in en uit haar liggaam gegaan. Elke slag as hy in stoot kon jy sy boudspiere sien saamtrek. Karel het verstom gestaar na die lengte van die jong man se voël wat in en uit haar gegaan het. Hy’t ook besef dat hy sy eie voël nou in sy hand gehad het en net so snel soos die man voor hom, was hy besig om te masturbeer!

Skielik het haar oë gerol dat jy die wit kon sien en sy het ‘n uitgerekte skree gegee terwyl haar vingers in die man bo haar se skouers vasgeslaan het dat die bloed deursypel. Die jongman het regop gekom op sy kniëe en sy lang wortel uitgepluk en stroom na stroom van sperm oor haar liggaam gestort terwyl hy sy genotstok met sy een hand vashou. Die meisie se oë was nou toe terwyl sy sy saad op haar lyf insmeer met haar hande asof sy die bokvet invryf oor haar hele liggaam soos met haar inlywings ritueel.

Karel was op die kruin van sy eie orgasme, maar hy het sy voël teruggedruk in sy broek en vinnig geretireer na sy perd toe, want die jong man kon enige oomblik opstaan en hom sien. Hy het die perd se teuels gegryp en hom vinnig tussen die bosse deur weggelei, die perd bestyg en op trippelgang weggery.

Toe hy reeds ‘n ent weg was van die afgelope toneel, het hy versit in sy saal, want hy’t besef dat hy nog steeds ‘n moerse horing gehad het wat sy ballas laat pyn het.

Peinsend het hy vir Kroon aangespoor tot ‘n gallop en besef dat daar ‘n groot skakel nog vermis is in sy jong liggaam se funksies. Hy sal dit moet opvolg.

***

“Seun, Oom Buks van Skeerboom naby Mooifontein, anderkant die berg, het my gister geskakel,” sê Karel se pa by die brekfistafel terwyl hulle pap eet.

“Dit gaan oor sy dogter, Elma.”

Karel, kyk op na sy pa se gesig terwyl hy die roosterbrood nadertrek en begin botter smeer.

“Die oom sê alhoewel sy sopas (laasjaar)haar tweede jaar van B.Com. met lof klaargemaak het by die universiteit, wil sy opskop en terugkom plaas toe, want sy kan die geveinsheid en snelle ongevoelige pas van die stadsmense nie meer verdra nie, hulle is soos robotte en nie meer mense nie.

“Kan of wil sy kom boer?” vra Karel. “Wat gaan sy met haarself aanvang op haar pa se plaas?”

“Ken jy haar ?”

“Nee, sy was twee grade voor my op skool, ek kan haar nie eers onthou nie.” Hy vee ‘n broodkrummel van sy lip af.

“Dis juis die ding waarom die oom gebel het. Hy sê aangesien ons boerdery die enigste in die distrik is met baie in- en uitvoere, kan sy dalk hier kom werk en help met die boekhou dinge.”

Karel staan op en gooi sy servet op die tafel.

“Pa moet so maak as pa dink haar salaris kan inpas by ons begroting. Ek is ieder geval te besig buite om na die rekeninge en boekwerk om te sien.”

Sy Pa se stoel skuur ook agteruit soos hy opstaan.

“Ons gee haar so paar maande kans en sien hoe vorder dit. Ek sal die rondawel naby die studeerkamer se buitedeur vir haar inrig om in oor te slaap in die week en dan kan sy naweke huistoe gaan. Die studeerkamer kan haar kantoor word.”

Altwee gryp hul plaashoede van die kapstok en stap uit om hul dag te begin, die afgelope bespreking is afgehandel.

Elma het toe gekom, ingetrek en begin werk. Sy was al twee dae daar voor Karel gedwing is om haar te ontmoet, want hy moes haar van die fakture, state en boekhouding wys.Hy kon haar nog steeds nie eien van skooldae af nie en fisies was daar ook niks wat haar enigsins spesiaal gemaak het nie. Sy het pofwangetjies gehad en klein ogies wat agter ‘n dubbel-lens bril verskuil was … tog ‘n klein mondjie wat altyd tergend geglimlag het. Verder het sy elke dag ‘n kaftanrok gedra sodat jy nooit haar lyf kon sien nie.

Maar hulle twee het gekliek. Sy kon komiese verhale vertel van haar Varsitydae en het ‘n kloklaggie uit haar maag gehad wanneer hy haar iets vertel van skooldae se tyd of selfs huidige dinge wat soms op die plaas gebeur. Hy’t gevind dat hy al hoe meer uitsien om na middagete, elke dag, eers bietjie met haar te sit en ginnegaap voor hy weer boorde toe ry.

Een Donderdag het sy baie skaam en huiwerig vir hom en sy Pa gevra of sy dalk die komende naweek in haar ronddawel kan oorbly, want haar ouers gaan na ‘n Agriforumkonferensie toe wat die hele naweek in beslag gaan neem.

Sy pa het lekker gelag en gesê:”Ek sal Ai Fien vra om vir julle twee te kook, want ek en die tannie gaan ook daarheen en daar is geen dringende werk nou op die plaas nie. Ontspan lekker, julle verdien dit, solank julle nie stout is nie … hahaha!”

“Ag pa …” het Karel gemompel en afgekyk op sy skoene. Elma het net donkerrooi gebloos en gesê: “Ons sallie, Oom en baie dankie.”

***

Na die oumense gery het Vrydagmiddag het hy haar genooi om saam met hom TV te kyk totdat Ai Fien opskep. Hy het haar ‘n koeldrankie aangebied. Met ysklingende glasies het hulle lekker saam gelag vir n komedie op Kyknet voor hulle gaan eet het. Na ete het sy verskoning gevra om vroeg te gaan inkruip, want die afgelope week was maar bietjie “heavy”. Hy’t saam gestap tot by die rondawel se deur. Terwyl sy die sleutel in die deurslot druk het sy skielik omgeswaai en vir hom gekyk terwyl sy die bril van haar neus afhaal.

”Dit was nie nodig nie, ek’s nie ‘n bang meisie nie, maar dankie dat jy saamgestap het.” Sy’t op haar tone gerek en met een hand sy kop afgetrek en hom op sy mond gesoen met sagte nat lippies. “Ek dink jy is ‘n baie “smart” ou en wens ek kon jou beter leer ken.”

Toe draai sy om, gaan binne en trek die deur agter haar op knip.

Vir ‘n oomblik het Karel amper versteen gestaan voor die deur en toe vinnig in die huis ingestap, reguit stort toe. Toe hy sy klere afstroop was hy nie verbaas dat hy ‘n ontsettende horing gehad het nie. Hy het onder die lou stortwater ingestap en met die seep sy hele lyf begin insmeer en afspoel. Sy voël was nog steeds ten volle erek en toe hy die dik kloppende stuk vleis in albei sy hande neem en met seep opskuim het die groot bruin oë (sonder die dik bril) voor hom opgeduik met die sagte nat mond amper dringend op syne en terselfdertyd tyd het die swart paartjie se oomblik van klimaks ook weer voor sy aangesig geflits met haar gil van ekstase en sy massiewe lang voël wat strale kom op haar liggaam skiet. Hy het met mening begin draad trek en die twee beelde het inmekaar begin vloei. Toe hy kom het hy sy eie semen sien spat op Elma se pofwangetjies en haar laggende mond waar sy met haar tong die saad probeer opslurp. Sy saad het blertse gespat op die teëls van die stort muur.

Vroeg die volgende oggend na hy aangetrek het, het hy agter die heerlike aroma van Ai fien se brekfis aangestap eetkamer toe. In die gang het hy ‘n oomblik verpoos voor die vollengte spieël en ‘n hand deur sy kuif getrek, want hy wou vir een of ander rede “smart” lyk. Toe hy by die vir-twee-gedekte tafel gaan sit het Ai Fien uit die kombuis geroep: “Kan ek maar bring, kleinbaas?”

“Slaap die kleinooi nog, Ai Fien? ”het hy teruggeroep.

“Nee, laatslaper, ek het al gaan perdry,” klokkies ‘n stem by die eetkamerdeur. Hy kyk op en sy mond val oop.
Sy’t ‘n metamorfose ondergaan nou dat hy haar die eerste keer sonder ‘n kaftan sien. Haar daaglikse bolla is nou ‘n welige bos windverwaaide roesbruin glimmende hare wat haar gesiggie omraam. Seker die perdry. Bo-op dit het sy ‘n tipiese polo-ruiterpet in bruin fuweel. Om haar bo-lyf het sy ‘n netjiese styfpassende baadjie aan, in dieselfde materiaal as die pet, met een goue knoop wat dit in haar middellyf vasknoop. Onder dit is ‘n wit bloes. Aan haar voete is blink gepoleerde, ligbruin kamaste en die lang wit broek wat daaruit vloei tot by haar middel sit so nou dat hy die buitelyn van haar gleuf kan sien. Hy besef sy meneer begin alweer opstaan en hy kyk op na haar gesig soos wat sy naderstap, die pet afhaal en saam met die karwats op die ongedekte deel van die tafel neersit.

“Dra my outfit jou goedkeuring weg, meester?” lag sy terwyl sy gaan sit en die bos hare weer losskud.

Met ‘n bloos wat hy aanvoel, draai hy sy kop kombuis se kant toe en roep “Ai Fien, ons is albei nou hier, jy kan maar die kos bring, asseblief.”
Na hulle geeet het, vra Karel haar wat sy gaan doen vandag of wil sy iets spesiaals graag doen.

“Nee wat, jy kan maar iets voorstel, ek’s easy.“

“Okay” sê hy.”Ek gaan gou ons twee-sitplek Quadbike nasien en petrol ingooi dan kan jy solank iets anders aantrek en dan gaan wys ek jou plekke op die plaas wat jy nie eers weet bestaan nie.”

“Akkkoord!” wys sy haar een duim in die lug en draai om na die deur, rondawel toe.

Hy stap na sy kamer toe en verwissel sy langbroek vir ‘n kort broek en trek plakkies aan sy voete. Hy stap uit die huis na die stoor waar die Quadbike gebêre word. Toe hy met rol-rol rewolusies van die Quad voor die rondawel stilhou, kom sy uitgestap met net ‘n denim kortbroek en ‘n moulose frokkie aan haar lyf. Op die voorkant van die styfpassende frokkie is ‘n embleem met rooi vroue lippe waaruit ‘n spattende tong hyg en onder dit is geskryf “Who Me?” Aan die knoppies wat haar tepels maak besef hy dat sy nie ‘n bra aan het nie. Hy besef sy voël is besig om styf te word en beduie vinnig met sy kop onder die veiligheidshelm na die ander helm wat op die lëe sitplek langs hom lê. Sy skuif langs hom in en skud die haredos bymekaar onder die helm in. Met ‘n volhand knyp op sy kaal bo-been met haar regterhand, wys sy met die linkerhand weer die duim-op teken dat sy gereed is vir die rit. By die hek uit, na ‘n paar draaie wat in die pad was, kom hulle bo-oor ‘n koppie en hy wys met uitgestrekte hand na links.
Die plaas se boorde lê in netjiese rye amper so ver as wat die oog kan sien. Die plate groen weerkaats pragtig in die sonlig wat alreeds begin warm skyn. Rondom die boorde is die majesteuse berg wat amper soos ‘n wagtoring lyk. Aan die onderpunt van die berg is rye plataanbome wat regop in die lug intoring. Hy hou stil vir haar onthalwe en toe sy weer sy bo-been knyp besef hy dat sy nie weer haar hand van sy been afgehaal het vandat hulle weggetrek het nie.

‘n Warm gevoel gaan deur sy liggaam soos ‘n intieme streel wat vir hom amper vreemd voel. Hy draai sy gesig vraend na haar toe en sy beduie op in die lug. Hy kyk op en sien twee arende wat amper bewegingsloos sweef hoog bokant die berg. Hy glimlag onder sy helm en gee haar hand ‘n drukkie waar dit rus op sy been en skop weer die Quad aan die gang.

Na hulle amper die hele plaas met baie paadjies deurkruis het en hy haar mooi en droë dele laat sien het en van die plante en bossies en struike met besondere blomme en vruggies gewys het, ry hulle nou met ‘n baie steil en klipperige paadjie op in die berg in, dat hulle eintlik met hul bo-lywe vorentoe beur. By ‘n groot,ruig bos hou hy stil en skakel die Quad af soos wat hy self afklim.

“Ons kan nie verder ry nie, maar ons gaan net so ’n bietjie klim en dan kan jy lekker rus en ontspan … sjoe, my sitvlak is nou seer gesit.”

Hy vryf vinnig oor sy boude met sy hande. Sy’t afgeklim en rek haar lyf uit met haar arms bo haar kop.

“Ek’s skoon styf,” lag sy terug.
Die frokkie het opgetrek en hy sien madeliefies getattoëer om haar naeltjie. Ewe tuis neem hy haar hand in syne en begin met haar om die bosse stap en klim opwaarts. Skielik gee hul ‘n laaste tree en staan op die lae en lae oranje-bruin leiklip wat ‘n platform vorm om die kuil met sy diepblou water.

Hy los haar hand en pluk sy hemp oor sy kop uit. In die hardloop gooi hy die hemp eenkant en trap uit sy plakkies uit en duik met ‘n sierlike boog in die water in. Toe sy kop weer proesend bo die wateroppervlak verskyn, sien hy haar nog steeds staan, arms in die sye, een been effens gebuig en die klokkielag wat uit haar borrel.

“Kom jy nie in nie?” roep hy na haar toe terwyl hy die water oor sy gesig met sy hande afvee.

“Ek het nie droë klere nie, maar hier kom ek!” lag sy terug en bukkend trek sy die denimbroekie en haar plakkies uit en sit die bril bo-op dit neer.

Hy sien dat sy ‘n deurskynende, skaars ‘n lappie, tipe panty nog aan het as sy nader hardloop en met opgehewe knieë en een hand om haar neus, deur die lug inspring langs hom.

Toe sy met ‘n oopgapende mond skaars ‘n tree van hom af te voorskyn kom, lag hy hardop.

“Ek’t nie gedink jy sal nie,” sê hy laggend.

Sy plas tot teen hom, neem sy gesig in albei haar hande en soen hom dan vol op sy mond met haar koue lippe wat oopgaan en haar tong wat in sy mond ingaan. Sy ore voel asof dit sing as hy gulsig ook sy tong in haar mond rol. In sy gedagtes hoor hy die liedjie Dawning of Aquarius. Haar arms het afgegly om sy skouers en om sy rug gegaan terwyl sy nog meer aan sy tong suig.Hy voel ‘n ruising en ‘n druising wat van sy kop deur sy hele liggaam gaan van bo tot by sy tone. Haar liggaam is nou styf teen hom vasgedruk en hy voel haar tepels kliphard teen sy bors druk terwyl haar duime onder die water sy kortbroek oor sy boude afskuif. Hy besef sy voël is kliphard, halfpad uit sy onderbroek uit teen sy maag vasgedruk.
Haar mond plop van syne af as sy skielik met haar hand sy voël onder die water ‘n harde druk gee en sê: “Kom ons klim uit voor ons verdrink.” In haar ander hand bokant die water hou sy sy kortbroek vas tewyl haar kloklaggie oor die leiklip eggo. Wanneer sy haarself uit die water ophys op die kantwal sien hy die broekie het in haar gat opgetrek en dit lyk asof sy niks aan het nie. Haar boude is soos ronde globules wat nog net moet aan en af flits.
Terselfdertyd voel hy die bekende spasma’s en kloppende rukkings van genot soos wat hy onder die water ejakuleer. As sy eers regop staan op die kant en die water uit haar gesig en hare uitstryk op haar rug, oorkruis sy haar arms oor haar rug en trek die frokkie oor haar kop. Hy voel die laaste sperms uitkom uit sy penis en laat sak sy hand daarp om die laaste slierte weg te vee.

“Gaan jy nie uitklim nie?” vra sy na hom toe terwyl sy buk om uit die panty te klim. Gebukkend dobber haar vol borste met die amper swart reguit tepels, soos wat sy beweeg.
Hy hys homself uit op die kant met reguit arms tot op sy hurke en kom orent. Amper tergelyk het sy ook regop gekom met haar panty wat by haar voete lê.

Nakend staar hulle na mekaar en hy merk op dat die bultende Venusheuwel nie ‘n haartjie op het soos sy effens wydsbeen daar staan. Sy sien dat die stywe staal staaf van onder die water nou halfmas hang. Hulle oë gaan op oor mekaar se lywe tot hulle inmekaar se oë inkyk.
Dan maak sy haar arms oop om hom in haar in te nooi. Soos hy die paar tree nader gee kan hy nie glo dat sy ereksie weer besig om terug te keer nie.

Hul oë verlaat mekaar nie ‘n oomblik nie tot hy bykans teen haar staan. Sy vee met effens bewende vingers oor sy skouers en dan oor sy torso. Haar hande beweeg af na sy six-pack terwyl haar eie lyf ook afsak, maar haar oë bly in syne. Wanneer sy op haar knieë is volg haar een hand die omlyning van elke spier op sy maag terwyl haar ander hand op beweeg oor die agterkant van een gespierde been totdat sy sy boudjies wat hard gespan is begin vrywe. Daar is vraagtekens in sy oë as sy sy voël in haar mond neem tot dit heeltemal in is tot teen sy lyf.
Karel kan voel hoe sy genotstok weer hard word in haar mond as sy begin suig en daar is skietpyne in sy ballas asof dit wil bars. Dis asof ‘n dier in hom oorneem en sy oë word glasig soos wanneer een van hulle plaasbulle geen pyn of blokkasie ontsien as dit brons word en ‘n koei wil bykom nie.Hy buk in een beweging af en tel haar orent aan haar skouers. Hul gesigte is teen mekaar as hul mekaar vir ‘n split sekonde aangluur en dan gaan sy mond weer wellustig oor hare. Hy tel haar by haar boude op teen sy lyf en haar arm gaan af tot onder haar boude en neem sy staaf en lei dit in haar poes in wat nat drup. Soos wat sy voël in haar opgaan voel dit vreemd en effens pynlik as sy voorvel heeltemal afgly en dan die ervaring as iets anders buiten sy vingers wat sy staaf vir die eerste keer styf omvou.

Sy begin op en af ry op hom en die sweet slaan soos hittegolwe op hom uit as hy dieper en dieper in haar inslaan. Die effense pyn is niks in vergelyking met die intense genot wat soos vulkaangolwe in hom kolk met elke instamp nie. Hy voel skielik sy vulkaan gaan bars en dan skree sy: “O vader, ek kommmmmmmm!” en haar lyf slaan meedoënloos teen hom. Hy voel iets soos damsluise wat oopgaan, kleppe wat almal gelyk oopgaan en sy kom skiet in haar in aanhoudend, straal na straal. Sy knieë begin lam voel soos die klimaks begin bedaar … hy het so iets nog nooit ervaar nie.

Hy voel asof hy ‘n ander mens geword het en die Ndebele paartjie se klimaks flits weer voor hom. Dit was Karel se eertse keer.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

7 thoughts on “Karel se eerste keer

  • March 20, 2018 at 2:35 pm
    Permalink

    Dankie Will….uitstekend soos gewoonlik!

    Reply
  • March 19, 2018 at 5:08 am
    Permalink

    Dankie vir die kompliment, Mydream !
    Sulke opregte terugvoering spoor jou as pseudo-skrywer aan om nog meer vrye teuels te gee aan ‘n moontlike skrywers talent.

    Reply
  • March 16, 2018 at 10:56 pm
    Permalink

    Pragtig sensueel…mooi geskryf.

    Reply
  • March 1, 2017 at 10:46 am
    Permalink

    Lusman ek waardeer die kritiek opreg. Dit moedig ‘n mens aan om vrymoedig nog stories te plaas wat dalk kan vermaak. Baie dankie.
    Ek het al ‘n hele paar geplaas gekry, ek weet nie of jy almal al gelees het nie?
    Jou stories geniet ek inderdaad net so baie, wens net JY wil meer skryf ☺
    groetnis

    Reply
  • March 1, 2017 at 2:53 am
    Permalink

    Wille Wil,

    Dis ‘n mooi, kleurvolle verhaal. Dit was nogal ‘n besonderse situasie vir Karel om op hierdie manier ontknaap te word – deur die meisie wat die leiding geneem het en nie hy nie.

    Ek het ook gehou van die fyn detail, bv. die sensasie wat hy met die teruggly van sy voorvel ervaar het met die eerste inbeweegslag in haar poesie. Want deurdat dit haar vagina was wat die teruggly teweeggebring het, was dit vir hom anders as wanneer sy hand dit tydens masturbasie laat teruggly het. Ook ander sensasies wat hy ervaar is akkuraat beskryf.

    Jou woordgebruik is ook goed en oorspronklik. Bv. “globules” vir boude. Dit het my laat wonder of haar boude klein was, want andersins sou jy seker “globes” gebruik het. (Alhoewel sommige sou meen dat dit Engelse woorde is, word albei natuurlik Afrikaans-foneties uitgespreek.)

    Mooi woordgebruik was ook: “die saad spat blertse teen die muur” en “voetsole wat in die lug optoring”. Optoring is pragtige figuurlike gebruik. “Sy lei sy staaf in haar poes in” was ook ‘n oulike manier om te wys hoe sy die leiding geneem het.

    Hier en daar was die spelling ‘n bietjie gebrekkig, maar die goeie storie vergoed daarvoor.

    Gee ons nog van jou skryfwerk!

    Reply
  • February 28, 2017 at 10:04 am
    Permalink

    Dankie Ysbeer. Wat van ‘n storie van jou af oor die onderwep?
    Groetnis

    Reply
  • February 28, 2017 at 8:32 am
    Permalink

    Ja so kan ons almal terug dink aan elkeen van ons se eerste keer. Heel netjies.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)