Selfontwaking (2)

deur Aphrodite

(Lees die eerste episode HIER)

Carla trippel by die trappe op met ‘n kinderlike opgewondenheid. Sy is nooit betyds vir werk nie, maar vanoggend het sy seker gemaak sy is vroeg hier. Sy wil by Anke uitkom voor haar knorpotbaas sy koffie soek. Hierdie is ‘n baie spesiale dag. Gewoonlik is dit Carla wat Anke uit haar werk hou met haar stories van haar buitemuurse aktiwiteite. Vandag is anders. Sy kan nie wag om elke oomblik van Anke se eerste diep stamp in jare te hoor nie. Vir amper twee maande smul sy aan die dinge wat haar vriendin haarself mee besig gehou het. Eers die konferensie-avontuur en toe die brawe dinge wat die geheimsinnige man haar laat doen het, sonder dat hy hier is, sonder dat hy aan haar raak.

Sy kan Anke se musiek in die leë gange van die kantoor hoor. Sy is altyd eerste hier, op haar pos en die feit dat sy hardop na P!nk luister beteken sy is in ‘n baie goeie bui. Sy het haar omtrent tien boodskappe gestuur voor Anke gisteraand laat eers geantwoord het met ‘n eenvoudige sin: “Ek is veilig en ek het baie om te vertel.” Dit is al.

Anke se kantoor is aan die einde van ‘n lang gang. Carla versnel haar laaste tree en swaai haar planklyf by die deur in. Anke sit agter drie skerms en die oomblik toe sy opkyk na Carla verkleur haar wange.

“Goeie fok, Anke, was dit so goed dat jy nou nog gloei?”

Anke sit haar musiek sagter en glimlag skaam vir haar Olive Oyl. Carla het die bynaam gekry toe sy ‘n tiener was. Sy was haar hele lewe lank so maer soos ‘n riet, klein borste en lang ledemate. Die ander ding wat die bynaam so vanpas maak was die feit dat sy verslaaf is aan liefdesdriehoeke. Sien Carla kon nooit ‘n keuse maak tussen wat sy het en wat om die draai is nie en was op haar gemaklikste in die middel. Of dit nou in die middel van twee mans is of twee vrouens was of ‘n kombinasie van die twee, dit het nie vir haar saak gemaak nie. Sy het geglo dat om nooit alleen belustig deur die lewe te gaan nie moet jy baie maatjies maak, spesiale maatjies. Sy en Anke ken mekaar nou al tien jaar en alhoewel hulle soos dag en nag verskil vul hulle mekaar goed aan. Sy kon dinge in Anke sien wat niemand anders raakgesien het nie.

“My Olive, ek dink jy moet die deur toemaak.” Carla laat wag nie op haar nie, swaai die deur toe en gaan sit op die bank in Anke se kantoor. Sy kyk na haar vriendin en kan sien sy is anders. Elke Vrydag kan hulle casual aantrek, maar Anke hou dit altyd nog professioneel. Nie vandag nie. Sy lyk smeulend sexy. Sy het stywe jeans aan, ‘n swart hemp wat haar kurwes beklemtoon en swart stewels. Haar hare lyk wild en haar oë wilder.  Anke draai haar stoel na Carla toe en dink vir ‘n oomblik aan al die geheime wat haar Olive alreeds van haar selfontwaking veilig in die band van vriendskap bewaar.

Carla weet toe Anke vir Gerhard deur die gordyn gestamp het was haar plan om net te verdwyn. Sy weet wat Anke daai dag gedoen het, met hierdie jongman, was iets wat sy nooit geglo het moontlik was nie. Haar lus en haar selfvertroue het die regte balans getref en alles in daai oomblik het in plek geval. Sy het gewag dat die ouditorium leeg is na Gerhard die jong dame uitgelok het en vinnig uitgestap. Die oomblik toe sy in haar kar geklim het, het haar binneste geruk. Nie ‘n emosionele hartseer ruk nie, ‘n diep belustige ruk. Sy wil Gerhard se piel sien. Dit was so amper, stamper. As wat hy aan haar gedoen het ‘n voorsmakie is van hierdie jong lat se vermoë wil sy nie verdwyn nie. Hulle is onafgehandeld. Sy wil Gerhard se piel diep binne in haar voel, sy wil hom proe soos hy haar geproe het en sy wil haar lyf teen syne voel, sweet-nat-warm.

Dit het haar die besluit laat neem om haar nommer op sy windskerm te gaan skryf. Sy het nog daai selfde aand ‘n WhatsApp ontvang. “Anke?” Sy het die onbekende nommer gesien en dadelik ‘n opwinding, in die plek waar sy tong vroeër die dag was, gevoel. Die feit dat hy die boodskap gestuur het, het aan haar bevestig dat hy ook nog nie versadig is nie.

Die boodskappe was eers gefokus op hulle ervaring saam. Gerhard het oor en oor aan haar beskryf hoe hy haar gesien het, hoe dit vir hom gevoel het asof hy uit sy nate gaan bars en hoe haar reuk by hom gebly het. Self nog op die vliegtuig op pad terug Kaapstad toe.  Hulle het nooit persoonlik geraak nie. Niks vervelige vra oor waar was jy op skool of wat gaan aan met jou hartjie nie. Alles het gegaan oor erotika. Wat hy met haar wil doen, wat sy wil ervaar en klein take wat Anke vir Gerhard deur die dag moes verrig.

Haar dag het begin met ‘n foto aan Gerhard. Hy wou elke dag sien of sy aangetrek het wat hy versoek het. Dit was vir hom baie opwindend om te dink dat Anke aantrek vir hom en dat ander mans in die kantoor na haar kyk. Sy was eers versigtig wat sy vir hom stuur en wou aan die begin nie die lyn oorkruis nie. Hy het haar gerespekteer dat sy nie vir eers wou afneem wat hy versoek het nie. Die feit dat sy nie die kans by die huis, as gevolg van die kinders of by die werk, as gevolg van haar posisie, wou vat nie, het hy verstaan. Hulle het in elke geval weggeraak in beskrywings en hyg woorde wat Gerhard by die werk meer as een keer in die badkamer besig gehou het. Hulle het ook nie baie telefonies gepraat nie, die behoefte was nie daar aan die begin nie, want hulle was vasgevang in woorde wat uitgetik is, woorde wat oor en oor gelees kan word; “jy maak my nat”, “ek is hard”, “streel dit saggies”, “my vingers is jou vingers” . Woorde wat hulle albei gevoel het. Woorde wat hulle verbeeldings versier het.

Met tyd het Gerhard ‘n manier gehad om haar dinge te laat doen wat buite haar grense was. Iets wat sy beplan het om te verken. Hy het gebrand om weer haar liggaam te sien en op meer as een geleentheid het hy dit aan haar genoem. Dit het ‘n moontlikheid geword na ‘n lang middagete saam met Marius en Carla op ‘n woeste Woensdag.

Marius is een van Carla se “goeie vriende”. Anke ken hom vir ongeveer vyf jaar en haar vertroue in hom is gekoppel aan haar vertrou in Carla. Hy weet net genoeg van haar avontuur dat die gesprek baie vinnig in daai rigting beweeg het, maar ook nie alles nie, wat hom natuurlik mal gemaak het. Sy het by die restaurant genoem dat Gerhard ‘n foto van haar “verkeerde plekke” versoek het en na Marius eers sy gat afgelag het vir die beskrywing, word daar dadelik ‘n bottel wyn bestel.

“Suster, ons gaan jou vandag mooi laat verstaan, met rooiwyn-hulp, dat dit is hoe mens dit doen vandag!” Marius was nie skaam om sy foto kolleksie vir haar te wys nie en Carla kon nie ophou lag vir Anke wie se mond oopgehang het vir ‘n wêreld wat sy niks van weet nie.

“Ai tog Anke, jy het laas gespyker toe net sms in was, geen wonder jou koek het amper al toegegroei nie,” spot Marius wat sukkel om weg te steek hoe die hele gesprek hom so bietjie jags laat voel.

Kort na haar middagete kry sy ‘n boodskap van Gerhard af.

Anke, gaan badkamer toe en trek jou g-string uit.

Op daardie stadium was dit ‘n versoek wat Anke gewoond aan was. Gehard sal haar versoek dat sy aan haarself moet vat onder die tafel, om iets te laat val en te buk voor haar baas, klein takies wat sy baie geniet het, solank sy gevoel het dit is veilig. Sy kyk na die boodskap en sonder om dit te oordink antwoord sy;

Soek jy bewys dat ek dit gedoen het?

Sy sien Gerhard is online en lees die boodskap dadelik. Dit lyk asof hy baie tik, maar die boodskap wat na meer as ‘n minute deurkom is;

hell yes!

Sy reaksie maak haar nippels hard en sy glimlag dadelik. Met haar foon in haar hand en haar stywe nippels stap sy na die naaste badkamer toe. Sy kyk niemand in die oë nie, sy bly gefokus op die opgewondenheid wat in haar opbou. Sy maak die badkamer deur agter haar toe en maak haar stylvolle langbroek se knope los. Sy druk haar hand voor in, onder haar rooi kant g-string en raak liggies aan haar klit. Haar bene word lam. Die idee om ‘n foto te neem maak haar nat, dalk is dit die middagete wyn, die foto’s op Marius se selfoon of die geluid wat Gerhard se boodskappe maak wat een na die ander deurkom. Sy weet wat hy vir haar stuur, sy weet hy por haar aan en brand om haar weer te sien, maar sy hoef dit nie te lees nie. Sy is warm genoeg op haar eie. Sy trek haar bloes uit en sy kan haar harde nippels sien deur haar rooi kantbra. Sy skuif  haar broek af net tot onder haar glorie plek en neem vir hom die eerste foto, een met haar hand onder die g-string, vinger in haar gly plek. Sy kyk na die foto sonder om op te hou om haar vinger in… en uit haar nat gleuf te beweeg.  Sy sukkel om te fokus, want die ritmiese beweging van haar vinger laat haar binneste saamtrek. Sy kan nie nou hier in die badkamer met soveel mense net tree van haar af die geluide maak wat sy wil nie. Sy haal haar vinger onwillig uit en maak haar WhatsApp oop. Sy stuur vir Gerhard die foto met ‘n boodskap;

Eerste foto, jy sal binnekort sien hoe nat ek is.

Sy sit die foon neer, laat val haar broek op die grond en stap uit die broekspype uit. Daar staan sy, hoë hakskoene, g-string en bra. Sy was nog nooit so naak by die werk nie. Dit maak haar warm, ontsaglik warm. Sy kyk na haarself in die spieël bo die wasbak, haar wange is rooi. Sy beweeg weer haar vingers onder die g-string in, in haar skaamlippe in. Die boodskappe op haar foon gaan mal, maar dit moet wag. Sy sit haar vry hand teen die spieël en maak haar bene wyer oop. Haar vingers beweeg vinniger deur die nat, die boodskappe kom aanhoudend deur, die geluide in die kantoor val weg in die agtergrond en sy kan die bekende opbou van haar orgasme voel. Sy beweeg vinniger, in sirkels, in en dan … uit. Haar liggaam begin saamtrek en haar mond val oop. Sy kan nie die plesierkreun stop nie en op instink vou sy die hand, wat sy op die spieël gedruk het vir balans, om haar mond. Sy beweeg agtertoe en die koue muur tref haar rug. Sy buk af met haar hand nog op haar nat saam getrekte doos en met alles in haar probeer die wag voor haar mond sy werk doen. Versmoorde kreungeluide glip tussen haar vingers. Dit was ongelooflik. In daai oomblik vergeet sy van Gerhard, die tweede foto, die mense in die kantoor en sit sy net gehurk op die grond en voel die golwe.

Dit vat haar ‘n rukkie om weer regop te kom. Sy trek haar g-string uit, trek haar broek op tot net onder haar gleuf en skei haar lippe. Sy maak seker dat die foto haar nat glans wys en ‘n stuk van haar broek. Gerhard moet kan sien sy gaan vir die res van die dag die naat van haar broek op haar klit voel. Dit vat hierdie keer drie probeerslae om dit reg af te neem. Die oomblik toe sy haar WhatsApp oopmaak sien sy al die boodskappe wat hy vir haar gestuur het.

Dis fokken hot!,

Ek wens dit was my vinger,

Ek swel Anke,

Jy maak my mal,

Nog asseblief,

Neem ‘n video,

Anke is jy nog daar?,

Tweede foto?,                                                                                                                               

Wys my jou nat, asseblief ek smeek!

Sy giggel en besef dat die tweede foto hom mal gaan maak. Sy antwoord hom.

Ek het die tweede foto geneem maar ek dink jy sal dit moet verdien. Wat van jy wys my hoe jy voel oor die eerste foto.

Gerhard is online en lees dadelik die boodskap. Hy tik niks terug nie. Hy is offline. Hy is doodstil. Sy sit die foon neer. Maak haar broek toe, trek haar bloes aan en sit die g-string in haar sak. Sy kyk vir haarself in die spieël en glimlag. Al haar waardes oor professionaliteit by die werksplek het sopas weggesmelt in die warmte van haar eerste kantoororgasme. Sy kry die gevoel dit gaan nie die laaste een wees nie.

‘n Boodskap kom deur op haar selfoon. Dit is Gerhard. Dit is ‘n foto. Sy kyk na die photo icon op WhatsApp se main menu onder sy naam en huiwer eers vir ‘n oomblik. Sy weet wat dit is. Hierdie is ‘n groot oomblik. Sy gaan vir die eerste keer Gerhard se towerstaf sien. Sy weet dit. Sy weet hy brand al vir lank om dit vir haar te stuur. Sy maak die boodskap oop en die foto is eers uit fokus terwyl die groen sirkel stadig beweeg wat aandui dat die foto aflaai. Flippen ontvangs suig in die badkamer. Sy is verby opgewonde.

Die groot oomblik toe die foto vertoon snak sy na haar asem. Jy sien, nie net die oomblik is groot nie, sy piel is ook. Groot, styf en net vir haar. Sy zoom in op dit en haar lippe bewe, haar onderlippe.

Hierdie is van die geheime wat Carla van haar bewaar. Anke weet sy verdien om gisteraand se storie in fyn, beskrywende detail te hoor. Die gedagte om die storie te vertel laat Anke haar bene kruis. ‘n Weggee-posisie wat aandui dat Anke ‘n roering tussen haar lippe voel.

“Kom … ons begin by die begin” sê Anke terwyl Carla nie die glimlag van oor tot oor kan uitvee nie.

Die reëling was dat sy en Gerhard eers mekaar by die restaurant sou ontmoet buite die hotel wat hy by ingeboek het. Gerhard wou gehad het mense moes hulle saam sien. Hy wou kyk hoe sy beweeg, hoe sy eet, hoe sy met hom flirt en saggies haar skoen teen sy been beweeg onder die tafel. Hulle het meer as eenkeer bespreek hoe hulle altwee die aand sien afspeel. Eers stadig, vleiend, tergend en dan die eerste soen in die hysbak op pad na die kamer toe. Hy het mooi aan haar beskryf dat hy sy tyd gaan vat. Dat hy elke hoek van haar liggaam gaan ontdek, sy merk op haar gaan maak, haar kry om haarself te plesier terwyl hy kyk en dan na sy hom smeek op ‘n punt van ekstase, dan eers homself in haar laat ingly. Stadig, ritmies, diep. ‘n Baie goeie plan, ‘n plan wat altwee nie kon wag om deur te voer nie.

Anke het bietjie vroeër huis toe gegaan. Haar tieners was min gepla dat sy gaan oorslaap by “tannie Carla”. Sy het gaan bad en haarself voorberei vir ‘n aand van erotiese plesier. Die oomblik toe sy in haar kar klim en begin ry, lui haar selfoon. Dit is Werner. Die besturende direkteur, haar baas. Hulle het albei dieselfde tyd twintig jaar terug by die firma begin. Soos hulle vriendskap gegroei het, het Werner se ambisie gegroei en vyf jaar terug het hy haar baas geword. Dit het die dinamika tussen hulle verander. Sy werk vir ‘n finansiële maatskappy wat niks van IT verstaan nie. Dit kan dinge soms moeilik maak en hulle vriendskap het verander in ‘n professionele verhouding. Soms mis sy hom as ‘n lawwe vriend wat vuil grappe kom maak, want deesdae is hy altyd saaklik en voorbeeldig. Die persoon wat sy ook maar in verander het.

“Anke, ek is so jammer om na ure te pla, maar ek kan nie op die VPN inkom nie. Ek het dringende dokumente nodig op die server. Sal jy moontlik vir my kan kyk wat aangaan.”

Anke se hart sak in haar skoene. Gerhard wag vir haar. Haar libido wag vir haar.

“Geen probleem nie, Werner. Ek is net gou op pad maar sal by die werk stop en vir jou kyk wat aangaan.” Sy reageer sonder om haar teleurstelling in haar stem te laat glip.

“Dankie, Anke. Weet ek kan altyd op jou staatmaak. Geniet jou aand verder”

Geniet my aand, dit was die plan. Sy maak haar adres boek oop op haar selfoon en druk op Gerhard se naam.

Gerhard antwoord na twee luie.

“Anke, my warm godin, moet nie vir my sê jy het koue voete nie.”

Sy sug en Gerhard voel hoe die teleurstelling in hom opbou.

“Nee, my geheime vriend, daar is net ‘n moontlike delay in ons planne. Ek moet gou by die werk stop. Ek is seker dit gaan nie lank vat nie.”

Nou sug Gerhard maar uit verligting.

“Jy weet ek weet waar jy werk. Dit is nie ver van die hotel af nie. As ek voel jy vat te lank, kom ontvoer ek jou. Ek gaan jou vasbind, oor my skouer gooi en reguit hotelkamer toe vat. Ek voel ‘n fok wat mense sê, niks kom tussen ons vanaand behalwe natuurlik, ons kom ….” Gerhard lag vir sy eie grappie en Anke kan nie help om saam te lag nie.

“Ek belowe, ek is joune vanaand”

“Good Girl.”

Sy sit die selfoon neer op die passasiers sitplek en versnel. Sy hardloop al die moontlike oplossing deur haar kop. Sy kan gou aftrek en op die firewall in log, dalk hoef sy nie eers in te gaan nie, maar die gedagte dat Gerhard vir haar moet wag maak haar opgewonde. Dit laat haar in beheer voel. Sy besluit om eerder werk toe te gaan. Laat hy wag, dalk skip hulle sommer aandete. Dit sal haar pas.

Sy stop in die leë parkeerarea voor haar kantoor. Die area is donker en net die gebou se voorportaallig skyn deur die voordeur. Sy sluit oop en sit die alarm af. Sy gaan haar tyd vat. Sy loop verby die spieël in die ontvangsarea en stop. Sy lyk goed vir haarself. Sy skuif haar borste vorentoe sodat hulle nog groter vertoon as wat hulle alreeds is. Dit is ‘n swart rok, lae hals. Haar bene is sigbaar vanaf omtrent vyf sentimeters bo haar knieg. Sy het sykouse aan wat opgehou word met lace supenders wat deel vorm van die lingerie wat sy onder aan het. Iets wat sy en Carla saam gaan koop het. Haar grimering is donkerder as gewoonlik wat veroorsaak dat haar oë meer uitstaan. Haar lippe is rooi, vol en reg om Gerhard te proe. Sy het Carla se skoene aan, swart stilettos, iets wat sy nie besit nie en sy dink Carla kry ‘n kick uit die feit dat haar skoene saam op hierdie avontuur gaan.

Sy stap na die serverkamer toe op die eerste vloer. Die oomblik toe sy instap in die koue vertrek sak haar moed in haar vriendin se stilletos. Hierdie probleem is groter as wat sy gedink het. Een van haar POE switches is dood en die server is nie aan nie. Die realiteit van die situasie bou die trane op in haar. Hierdie gaan te lank vat. Sy sal moet kies. Libido of haar loopbaan. Sy kan maklik vir Werner die dokumente wat hy soek kry, maar sy kan nie die situasie net so los nie. Die mense moet kan werk môre oggend en Werner gaan weet dat sy vanaand al van die situasie geweet het. Sonder om te dink trek sy haar skoene uit en begin werk. Haar selfoon is in haar handsak, by ontvangs, op die grondvloer.

Na ‘n uur is Anke besig om ‘n nuwe switch in die netwerkkas te plaas. Sy was onbewus van Gerhard wat agter haar staan. Sy het nie die kantoordeur gesluit nie en hy kon net instap. Hy het haar handsak by ontvangs gesien en dadelik verstaan hoekom sy nie haar selfoon geantwoord het nie. Hy was verlig, want hy het vir ‘n oomblik gedink sy was in ‘n ongeluk. Soos wat hy haar dophou verstaan hy wat met haar aangaan. Hy doen die werk wat sy doen en hy verstaan die druk en die verantwoordelikheid. Sy buk om ‘n kabel deur te trek en hy sien die suspenders wat haar sykouse ophou. Sy lyk ongelooflik, sy beweeg met soveel selfvertoue en fokus, maar wat sy aandag die meeste trek is haar liggaam. Die rok beklemtoon haar kurwes. Hy wens sy bly so gebuk, hy sal vir ure net na haar kyk. Sy instink wil haar rok oplig, sy piel, wat stywer en stywer word, diep in haar indruk en haar sorge ritmies uit haar uitstamp, maar ‘n ander drang in hom is sterker. Hy wil haar help.

“Anke,” hy probeer haar naam so sag as moontlik sê sodat sy nie skrik nie, maar dit het nie gewerk nie.

Anke spring regop en ‘n harde hartaanval gil kom uit haar liggaam uit. Sy sien vir Gerhard en bars in trane uit. Gerhard beweeg dadelik vorentoe en vou sy arms om haar. Sy druk haar gesig in sy bors in en mompel.

“Jou bliksem, jy sal my ‘n hartaanval gee.”

Hulle bly in die omhelsing. Albei neem mekaar se reuke in. Gerhard se groot hande vryf oor haar rug. Sy voel so goed en sy hande op haar voel so goed vir haar. Hy kyk af na haar toe en sien hoe mooi sy lyk.

“Fok, jy is pragtig. Hoe kan ek jou help my godin.”

Sy byt haar onderste lip en sug.

“Vir nou, met hierdie gemors agter my en hopelik later met wat ons beplan het.”

Vir die eerste keer in Gerhard se loopbaan in IT ervaar hy die mees erotiese vervanging van ‘n power supply en ‘n POE switch. Elke ding wat Anke doen is eroties vir hom. Die manier hoe sy deur haar krulhare vir hom deur die netwerkkas loer terwyl hy vir haar kabels aangee. Die manier hoe sy haar borste uitstoot as sy verby hom beweeg. Die manier hoe sy buk, fok as sy buk en weet hy kyk vir haar maak sy piel vol bloed. Sy raak elke keer saggies aan sy hand as hy iets aangee, sy laat gly haar hand tussen sy bene as hy vorentoe buk en elke keer wil hy haar teen die muur vasdruk en sy weet dit. Sy weet ook hy wil hê hulle moet klaar kry en geniet dit vreeslik om hom te terg met woorde wat sy kop laat draai.

Anke sien Gerhard werk vinnig en lyk amper uitgeput as gevolg daarvan. Sy wil nie hê hy moet al sy energie op haar werk sit in plaas van op haar nie. Die omstandighede is net so onregverdig. Hulle is alleen. Niemand sal hierdie tyd van die aand hier inkom nie. Sy het alreeds so baie gewaag sonder dat iemand iets agtergekom het. Sy het twee dae terug haar bors uit haar bloes gelig terwyl haar deur oop is om vir hom ‘n foto van haar harde pienk nippel te neem. As sy dit kan doen, wat keer haar om die drang wat sy in haarself voel nou uit te leef. Niks. Hulle kan mos werk en naai en dan werk en naai.

“Gerhard, jy is seker dors. Lekker ongeskik van my. Kan ek vir jou gou ‘n bier in die cigar lounge gaan haal?”

Sy staan naby aan hom. Die punt van haar bors skuur teen sy skouer.

Gerhard draai na haar toe. “Dit sal my amper so gelukkig maak soos elke keer wat jy jou borste teen my skuur.”

Anke behou hulle oogkontak en beweeg stadig agtertoe. “Ek is nou terug.”

Op pad uit tel sy haar stilletoes op en verdwyn om die draai. Gerhard kyk hoe sy verdwyn en besef dat sy verskuilde planne het. Hy sê saggies “Sjoe” en probeer op die werk voor hom fokus. Anke loop by die trappe af in die donker kantoor en die afwagting van wat nou gaan gebeur bou in haar op. Die cigar lounge is langs ontvangs en net voor sy daar instap, sluit sy die voordeur. Just in case.  Sy sit die ligte in die vertrek waar hulle kliënte onthaal en funksie hou aan en haal ‘n bier uit die yskas uit. ‘n Bier wat sy twyfel Gerhard die geleentheid gaan kry om te drink nie. Sy sit die bier op die koffie tafel neer en kyk na haarself in die groot spieël wat bo een van die banke in die vertrek hang. Sy beweeg haar hande oor haar borste, kruis dit oor haar maag, oor haar heupe en vul haar hande met haar rok. Sy trek dit stadig op, die suspenders wys, haar swart kant panties wys en haar glad geskeurde skaam lippe skyn duidelik deur. Haar rok trek oor haar maag en haar borste, wat hop as sy die rok oor hulle trek. Sy beweeg stadig, sag, besig om haarself in ‘n plek van lus te plaas. ‘n Plek van selfvertroue, geloof in haar liggaam, in haar godin. Sy gooi die rok langs haar neer en eers toe sy haar voete in die stilettos laat gly sien sy vir Gerhard wat agter haar in die deur staan. Hy leen teen een van die deurkosyne en geniet elke oomblik van wat Anke doen. Sy draai nie na hom toe nie. Sy kyk vir hom deur die spieël voor haar.

“Hou jy van wat jy sien?” vra sy hom. Niks maak meer saak nie. Fok die werk, fok vir Werner, fok die server, want sy wil nou vir Gerhard voel, binne haar. Dit is tyd.

Sy hou haar oë op hom. Hy trek sy stywe t-hemp uit wat haar die hele aand nog laat wonder oor wat hy onder dit wegsteek. Sy liggaam is gesny, sy arms is gespierd, hy het ‘n tatoeëermerk van die Empire op sy linkerbors. Star Wars, ‘n liefde wat hy en Anke in gemeen het. Hy staan nog in die deur en maak sy belt los. Sy kan die bult in sy broek van hier af sien. Hy trek sy zip af en vryf oor sy groot stywe piel wat nog onder sy boksers wegkruip. Hy beweeg vorentoe, Anke draai nie om nie, sy hou haar oë op hierdie jong, gespierde, stywe jong man. Hy gaan staan agter haar en loer vir haar oor haar kouer, in die spieël. Daar is ‘n koffie tafel tussen hulle en die bank, maar Gerhard se planne is nie in die bank se rigting nie. Sy kan sy liggaam agter haar voel maar net sy hitte. Hy raak skaars aan haar. Sy kan die punt van sy belt teen haar rug voel. Hy beweeg weg van haar af en sy begin vlak asemhaal. Hy kyk af en sy kan sy oë op haar skouers, haar rug, haar ass, haar bene voel, maar hy raak nie aan haar nie. Hy begin vlak asemhaal. Sy kan hoor hoe hy sy skoene uitskop. Sy kan hoor hoe hy sy broek uitrek, maar sy kan hom nie sien nie, want hy skuil agter haar. Sy wil omdraai, beheer oorneem, maar sy weet vanaand is hy in beheer. Vanaand gaan sy moet luister en dit maak haar nat. Hy gooi sy jeans en sy boksers voor haar. Hy wil hê sy moet weet hy is kaal, agter haar. Sy kan voel hoe haar bene lam word. Hoe die afwagting in haar opbou. Sy soek sy hande op haar. Sy voel hoe hy met sy vinger by haar rugstring afbeweeg, net liggies. Hy beweeg dit af tot by haar panties en stadig af tot net bo die begin van haar boudgleuf. Hy stop. Haar hele liggaam het hoendervleis. Haar hart klop in haar keel. Hy haal asem teen haar, in haar nek en sy kan stukke van sy bolyf teen haar rug voel. Dan voel sy dit. Dit waarvoor sy wag. Sy voel hoe hy die punt van sy piel saggies teen haar boude vryf. Hy is hard. Klip fokken hard. Sy snak na haar asem en hy beweeg weer weg. Hy is ‘n bliksem. Sy begin omdraai en hy gryp haar arms van agter af en keer haar. Hy fluister in haar oor.

“Wag.”

Sy wag. Hy los haar arms en trek weer weg van haar af. Sy haal nou so vlak asem dat die kamer begin draai. Die oomblik toe sy voel sy gaan omkap, voel sy ‘n harde klap op haar linker boud. Hy gryp haar boude in albei sy hande, beweeg vorentoe. Hy vryf die linker boud wat nou brand, goeie brand, maak-my-nat-klap brand en druk sy ander hand tussen haar bene van agter af. Sy is nat, hy kan haar nat van agter af voel, deur haar panties. Dit voel so goed. Anke sit haar hande op haar borste en Gerhard beweeg vinnig sy hande oor hare.

“Wag.”

Sy laat sak haar hande. Sy hande is nou op haar borste en sy kan Gerhard se ereksie voel van agter af. Hy los haar regterbors en beweeg sy hand na sy piel toe. Hy sit sy piel tussen haar bene, maar hy penetreer haar nie. Sy kan die volle glorie van sy lengte tussen haar bene voel. Hy beweeg sy hand van sy piel af na haar bra se skakels toe agter haar rug terwyl hy haar linker bors styf vryf. Hy is baie beïndruk met homself toe hy met een hand haar bra loskry. Dit val op die grond en haar vol borste hop.

Hy kyk weer oor haar skouer. Hy kan sien hoe haar asemhaling haar borste op en af laat beweeg. Hy beweeg sy linkerhand na haar stywe nippel en knyp dit. Sy smag na haar asem. Haar liggaam raak lam en hy beweeg sy linkerarm om haar middel om haar regop te hou. Hy hou haar styf vas van agteraf en beweeg sy vry hand van agteraf na vorentoe, af, na haar doos, na haar nat kloppende doos.

Die oomblik toe hy aan haar klit raak beweeg sy vorentoe, maar hy laat dit nie toe nie. Hy hou haar regop. Hy begin ritmies sy piel tussen haar bene beweeg en haar klit word in sirkels gevryf. Sy begin kreun. Haar liggaam begin saamtrek. Hy kyk vir haar oor haar skouer, haar borste wat beweeg soos hy haar van agteraf liggies stamp, sonder om haar te penetreer. Sy vingers op haar klit, wat met elke draai haar bene lammer maak. Hy wil nie nou kom nie, maar hy kan voel hy is naby net deur hierdie eenvoudige aksie. Dit is nie wat sy wil hê nie. Sy wil sy kom in haar voel.

Sy klitmassering laat haar binneste ruk. Hy trek stadig sy hand uit haar panties uit en stop sy beweging van agter af. Sy kreun weer.

“Gerhard” sê sy uitasem uit. “Ek soek jou binne my.”

Hy draai haar om. Sy gesig is nou in lyn met hare. Met die skoene aan is sy dieselfde lengte as hy. Sy haal nog vlak asem en sweetdruppels vorm oor haar hele liggaam. Sy hande is op haar arms. Hy streel saggies af tot sy hande in haar hande is. Sy kyk af na sy ereksie en haar asemhaling versnel nog meer. Sy kan voel hoe haar skaamlippe klop. Hoe die opening in haar doos oop en toe beweeg. Hy buk af en beweeg sy hande af teen haar bene. Hy trek eers die een skoen uit en dan die ander. Hy kom weer stadig op, sy hande beweeg saam met hom op teen haar bene. Tot by die suspenders wat haar sykouse ophou. Hy maak hulle een vir een los. Stadig. Soos wat hy haar sykouse afrol, voel hy haar gladde bene en hy kan nie wag om hulle om sy liggaam gevou te kry nie. Hy kan voel hoe sy weer begin bewe en elke nou en dan as hy velkontak maak, gee sy ‘n ligte kreun.

Hy sit haar sykouse langs haar skoene en beweeg weer op, die keer soen hy haar bo-been, haar binnebeen en stop net voor hy gesig tot doos is. Hy kyk na haar lippe wat deurskyn. Sy kreun sonder dat hy aan haar raak. Hy kyk op na haar toe. Hy kan sien sy brand om aan hom te raak, om aan haarself te raak, maar sy is magteloos. Sy is in ‘n wêreld van sensasie wat sy nie deur haar hande kan voel nie. Hy blaas saggies op haar lippe en sy beweeg bietjie vorentoe uit ekstase. Sy kreun harder.

“Gerhard, asseblief.”

Sy kan nie meer nie. Hy gryp haar panties hard met altwee hande en ruk dit af tot op die grond. Die vinnige aksie laat haar ‘n tree agter toe vat en hy kom regop en gryp haar heupe. Hy trek haar nader en soen haar. Hard.  Sy kan nou sy piel van vooraf voel. Dit druk tussen haar lippe in en gly tot agter, verby haar hemels ingang. Hulle liggame is natgesweet van afwagting. Gerhard kan haar harde nippels voel teen sy borskas. Hy voel hoe haar hande aan alles wil vat, sy rug, sy nek sy boude en dan sy piel. Die oomblik toe Anke aan sy piel vat hou hulle op soen. Die oomblik laat hom kreun. Met hulle voorkoppe teen mekaar breuk hulle nie oogkontak nie. Sy hand streel saggies oor haar wang en sy ander hand sirkel oor haar nippel. Haar hand hou sy piel styf vas. Sy begin haar hand stadig beweeg. Agtertoe en vorentoe en soos wat sy dit beweeg trace hy die uit lyn van haar gesig tot by haar lippe. Die oomblik toe hy sy vinger op haar onderlip sit maak sy haar mond stadig op. Hy vryf saggies op haar lip en soos wat hy ritmies haar nippel vryf beweeg sy af. Sy vinger breek kontak met haar lip, haar nippel gly uit sy vingers uit en soos sy afbeweeg speel haar tong op sy borskas, sy maag en die oomblik wat sy ten volle op haar knie voor hom is brand die afwagting hom uit. Sy suig nie dadelik nie, sy lek nie, sy beweeg net haar hand vorentoe en agtertoe en kyk na sy stywe piel. Hy kan voel hoe haar vry hand op beweeg na sy maagspiere toe en die oomblik toe sy opkyk na hom toe, wat haar stip dophou, sit sy die kop van sy piel in haar mond. Die sensasie is ongelooflik, haar oë bly op hom en stadig beweeg sy die stywe groot piel dieper af in haar keel. Dieper as wat hy verwag het sy sal dit kan insit. Die feit dat sy dit stadig doen en oogkontak met hom hou maak hom mal. Hy sit sy een hand op haar hand op sy maag en sit sy ander hand agter haar kop. Hy wil in haar mond kom, maar hy wil ook nie. Hy wil hê sy moet ophou, maar hy wil hê sy moet vir die res van haar lewe doen wat sy nou doen. Sy begin vinniger beweeg en breek oogkontak. Vinniger, dieper, vinniger, dieper en Gerhard kan voel hoe sy balsakke begin saamtrek. Dan ewe skielik stop sy, sy het die volle ereksie in haar mond en sy beweeg stadig haar kop terug. Hy wil haar kop in die ereksie in druk, maar hy weet dit is tyd om haar bene wyd oop te sprei en haar die stamp van haar lewe te gee. Sy beweeg haar lippe stadig terug oor sy pielkop en kyk hom in die oë,  die laaste kontak is haar tong wat op sy kop speel voor sy haarself stadig op beweeg. Gerhard is so naby aan saad skiet dat ‘n muskiet byt hom nou sal laat kom.

Anke beweeg verby die koffietafel, sy beweeg stadig en Gerhard kyk na haar met sy piel wat se are volbloed pomp, hy was nog nooit so styf nie, so hard nie nog nooit so reg om te kom nie, maar hy sal moet terughou. Dit voel vir hom asof hy die oomblik wat hy sy pielkop naby aan haar nat skaamlippe gaan bring alles gaan versier met sy balsappe. Dit kan nie gebeur nie. Hy bly net daar staan en sien die bottel bier op die koffietafel. Anke gaan sit op die bank met haar naakte liggaam. Sy kan sien wat met Gerhard aangaan. Sonder om iets te sê vat Gerhard die bier en maak dit oop. Hy vat ‘n lang sluk terwyl Anke met ‘n sagte sexy grin na hom kyk. Hy wil nie nou al kom nie, sy kan dit sien. Sy sit op die punt van die bank. Haar bene teen mekaar, haar elmboë op haar knie, haar borste agter haar bo- arms en haar hande wat in mekaar invleg asof sy nou gaan bid vir Gerhard om sy ereksie vir nog ‘n uur te hou.

Hy kan niks van haar warm plekke sien nie en sy was nog nooit so sexy nie.  Die manier hoe sy baie subtiel haar liggaam laat beweeg terwyl sy stilsit sien hy raak. Hy vat nog ‘n sluk van sy bier. Die drukking wat in hom begin opbou het is besig om te verminder.

“Sit agtertoe,” beveel hy na sy tweede sluk.

Anke gly stadig agtertoe. Sy hou nog haar arms voor haar borste, haar bene toe.

“Maak oop jou bene.”

Sy glimlag en luister nie.

“Anke, maak oop jou bene.” Sy maak dit tergend oop met net ‘n paar sentimeters.

Gerhard kyk ernstig na haar toe.

“As jy my tussen jou bene wil hê, moet jy dit baie groter oopmaak.”

Anke beweeg haar liggaam stadig skuins en sit haar kop op een van die bankkussings. Sy trek haar bene by die groot bank op, maar hou hulle teen mekaar, maar gebuig. Sy luister nie. Gerhard loop om die koffie tafel en gaan staan regoor haar. Daar is ‘n lamp net langs die bank en Gerhard skakel die hoofskakelaar af en skakel die lamp aan. Die vertrek verkleur rooi as gevolg van die rooi lampskerm. Sy lyk nog warmer, gladder en sagter onder die beligting.

Hy sak na sy knieë toe op die bank voor haar toe bene. Sy streel saggies haar borste terwyl sy hom stip dophou. Hy sit sy hande op haar kniee en sprei haar bene stadig oop. Sy bied nie weerstand nie. Hy kyk af na haar oop hemels lippe en beweeg sy vingers daardeur. Sy kreun en hy kan die nat op sy vingers sien self onder die sagte beligting. Hy beweeg sy kop af tussen haar bene in, maar Anke gryp sy hare net voor hy sy tong hard op haar klit wil druk. Sy trek sy kop op na haar toe en hy gee in. Sy heupe val tussen haar bene in en hy laat haar beheer neem. Die oomblik toe hy oë ontmoet soen sy hom, sy druk die tong wat op sy pielkop gespeel het diep in sy mond in. Sy ereksie word nog harder en lê op haar lippe. Hulle soen en soen en sy beweeg haar vingers by sy rug af, voor by sy maag af tot sy piel in haar warm hand rus. Gerhard soen haar nog harder en kreun in haar mond. Gerhard lig sy heupe ietwat en sy beweeg sy stywe towerstaf teen haar klit en die gevoel stuur die boodskap na haar seksgodin dat die golwe op pad is. Sy beweeg dit af en Gerhard kan voel hoe gly sy piel tussen haar lippe, maar sy keer dit sodat dit stadig beweeg. Die oomblik toe hy voel hoe hy binne in haar begin insak beweeg sy hom weer weg, weer op met haar gly plank na haar klit toe. Gerhard hou op om haar te soen en lig sy kop op, haar hand stop, hy kyk haar in die oë, gryp haar hand wat dink dit is heeltyd speeltyd en druk dit vas bo haar kop. Hy beweeg sy vry hand onder haar onderlyf in en skuif haar heupe op, haar pelvis druk vorentoe. Hy gryp haar ander hand wat besig ‘n kloof in sy rug te krap en sit dit ook agter bo haar kop. Met sy heupe beweeg hy sy piel af by haar glyplank, hy ken nou die pad, sy het mos die aanwysing gegee en terwyl hy al twee haar hande vasdruk bo haar kop druk hy sy piel stadig binne in haar in. Daar waar sy dit wil hê.

Anke se rug maak ‘n boog die oomblik toe Gerhard se manlikheid haar vul en haar mond val oop. Die kreun wat uitkom is stom. Dit is asof haar wind uitgestamp is. Sy is vol. Hy beweeg homself stadig weer uit haar en dan stamp hy dit weer terug, haar borste hop. Weer, weer, stadig, weer in en dan uit. Hy kan voel hoe haar binneste om hom vou, sy is warm, sy is nat en sy besit die lekkerste blyplek wat sy piel al ooit teegekom het. Sy kreun harder as wat hy haar al ooit gehoor kreun het. Haar bene het outomaties op beweeg na bykans langsaan sy agterkop. Hy los haar hande, ruk die kussing onder haar kop uit en skuif haar heupe nog hoër op teen hom. Sy gryp met die een hand die kant van die bank en die ander een, een van haar borste. Gerhard gryp Anke se been en beweeg dit van agter sy rug na oor sy skouer, sy kreun. Sy is ongelooflik slap en hoe meer hy haar been nader aan haar kop toe skuif hoe vinniger beweeg hy in haar en uit haar. Haar lang gespierde been is nou bykans teen haar bors, tussen hulle en sy vra vir nog. Sy doen nou bykans ‘n volle split, haar een been agter hom en die ander een voor hom. Hy kan voel hoe alles in hom opbou. Hy wil kom. Sy piel beweeg nou diep in haar, vinnig. Hy wil haar omdraai en nog voor die gedagte klaar vorm  swaai hy die voorste been om en draai haar hele liggaam om. Sy kan voel wat sy plan is en haar liggaam werk instinktief saam. Hy haal homself net vir ‘n kort oomblik uit, want hy wil nie ritme verloor nie. Die oomblik toe sy hande viervoet op die bank posisie ingeneem het, druk hy homself weer binne haar. Hy is so lus om sy piel tussen haar stywe boude in te druk, maar hy weet sy is nie reg vir dit nie. Nou beweeg hy vinniger en hy kan sien hoe haar borste hang en ritmies saam beweeg. Sy haal dierlik asem en hou nie haar geluide terug nie. Hy is nat gesweet tot tussen sy tone en hy kyk af na sy penis wat in beweeg en dan uit beweeg, haar lippe is nou los gestamp en hy kan voel hoe alles in haar saamtrek. Sy balsakke word hard. Sonder om sy ritme te breek buk hy vorentoe en beweeg sy een hand van haar heup af na haar klit. Die oomblik toe hy haar klit begin vryf is haar hand op syne.

“Yes, Gehard, yes, nog, nog.” Anke skreeu amper uit volle bors uit.

Gerhard kan nie stil bly nie, “Jissis, Anke ek gaan kom, jy voel so goed.”

Hy kan voel hoe sy nog stywer saamtrek en hy wil hê hulle moet saam die golf ry. Hy stamp harder, vryf vinger en hoor hoe Anke se plesierkreune een na die ander uit haar mond val. Hy hoor sy naam tussen in en dit is musiek in sy ore, hy kan nou ingee, hy kan nou daai laaste vinnige stampe van agter af gee. Die gevoel oorweldig hom en hy roep Anke se naam uit soos die kom uit hom uit skiet, binne in haar, sy godin. Hy val vorentoe en druk sy nat lyf teen hare terwyl die laaste kom uit hom uitskiet, diep binne in haar. Sy val stadig plat op die bank terwyl haar liggaam nog saamtrek in ‘n orgasme wat voel of dit nie einde het nie. Gerhard kan haar voel onder hom en trek sy baie tevrede piel uit haar hemelse deure uit. Hy vervang sy penis met drie van sy vingers en hy kan sy sous in haar voel, dit is ongelooflik nat. Soos hy sy vingers in en uit beweeg kan hy voel dat sy nog ‘n golf ry. Hy ruk haar heupe op terwyl sy nog haar skouers vasdruk op die bank sodat hy sy ander hand op haar klit kan kry. Hy werk haar ritmies deur haar tweede en derde golwe. Sy seksgodin.

Gerhard en Anke het net daar vir amper ‘n uur bly lê. In gevleg in mekaar. Hy het saggies met haar hare gestreel wat ongelooflik geruik het. Sy het haar hand oor sy liggaam beweeg en uitgevra oor elke merk, elke sny en sensasie. Sy het saggies en stadig sy piel in haar mond geneem terwyl hy agteroor gesit het ‘n nog ‘n bier klaar gemaak het. Dit was hemels vir hulle albei.

Hulle het aangetrek en lag-lag al die gremlins in die server kamer uitgesorteer. Gerhard het besef dat Anke ‘n baie funny girl is. Hy het lanklaas so gelag tussen ‘n klomp netwerk kabels. Anke het besef dat Gerhard ‘n diep intelligente kant het wat alles in die wêreld wil weet.

Saam is hulle hotelkamer toe. Hulle het gestort en gaan slaap. Altwee was so uitgeput dat hulle tevrede was om net in mekaar se arms asem te haal.

“En dit my liewe Carla is al wat jy moet weet.”

Carla sit op die punt van die bank.

“Al? Is daar meer? Nee Anke jy kan nie nou terughou nie. Wat van hierdie bank in jou kantoor? Asseblief sê vir my jy het dit hier ook gedoen. Werner se kantoor? Die boardroom tafel? Is jy wakker gestamp vanoggend?”

Anke breuk haar gekruisde bene posisie en beweeg haar liggaam vorentoe, elmboë op haar knie. Dit lyk asof sy ‘n geheim wil fluister.

“Olive Oyl, soos ek gesê het, dit is al wat jy vir nou moet weet”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

6 thoughts on “Selfontwaking (2)

  • September 11, 2017 at 11:42 am
    Permalink

    Aphrodite, tot my rekenaar se skerm wasem op so warm is die storie. Welgedaan. Jy mag maar sê jy goed, want jy is goed met ‘n storie. Ek wag in spanning vir die vervolg.

    Reply
  • September 10, 2017 at 8:18 pm
    Permalink

    Aphrodite, jou beskrywing en opbou is meesterlik. Fokkit. Ek geniet jou plasings ongelooflik baie.

    Reply
  • September 9, 2017 at 7:26 am
    Permalink

    Dankie vir die terugvoer.

    Reply
  • September 9, 2017 at 7:12 am
    Permalink

    Aphrodite, ek geniet die storie vreeslik. Meer omdat ek self so n pad stap. Dankie. Kan nie wag vir die volgende een nie

    Reply
  • September 8, 2017 at 1:29 pm
    Permalink

    Die storielyn volg ‘n uiters spannende opbou van erotika na ‘n verstommende klimaks
    Netjies, baie dankie, Aphrodite, jy mag maar…..

    Reply
  • September 8, 2017 at 1:19 pm
    Permalink

    Goed geskryf. allemintige spanninglyn. Eroties ontploffend !
    Dankie Aphrodite, jy mag maar.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)