Liedjiestorie: Baby did a bad, bad thing

deur Ramkat Erasmus

Dis alles Crystal se skuld. Wel, seker darem nou nie ALLES nie…. Maar meeste van die besluite wat ek gemaak na ek klaar was met varsity het op een of ander manier met Crystal te doen. Maar laat ek verduidelik…

My pa is ‘n politikus. Van dat ek en my suster grootmenstaal kon verstaan is dit in ons ingehamer deur my statusbewuste ma, dat ons spesiale mense is en dat ons net met soortgelyke mense kon assosieer. Dit het dus bepaal na watter skole ons gegaan het en wie ons maats was. My ma het soos ‘n pit-bull ons voornemende maats se ouers nagegaan om seker te maak daar was nie ‘n reeksmoordenaar of pornograaf/pedofiel in hulle familiestamboom nie. Sy wou ook weet wat die ouers doen vir ‘n lewe, met waste motors hulle ry en na watter kerk toe hulle gaan. Na haar in-diepte agtergrondnavorsing het ons dan toestemming gekry om die nuwe maat huistoe te bring. Of nie… Vir my was dit makliker, maar my arme sussie het eendag aan my erken dat sy lus voel om ‘n non te word want geen seun het die groen lig by my ma gekry om my sussie fliek toe te vat of langs haar te sit by sportbyeenkomstes nie. Sy (my ma) het vir Dawie op ‘n manier geduld want dit was so duidelik soos daglig, vir enigiemand wat oë in sy kop het, dat Dawie gay was.

Op sestien het my pa vir my ‘n motorfiets gegee en toe het my lewe baie makliker geraak. Ek kon ry waarheen ek wou en doen wat ek wou en dit was lekker. Nie dat ek enigiets vreeslik wild aangevang het nie. Teen daardie tyd was die bewustheid van my “status” so in my ingedring dat ek nooit die moed kon bymekaar skraap om enigiets buitensporig aan te vang nie. Die ergste wat ek reggekry het was om saam met drie ander ouens vir gereelde oefensessies in die een ou se garage bymekaar te kom waar ons pop en rock musiek geoefen het, want die kitaar was my groot liefde.

Toe kom matriek en daarna varsity. My keuses was maar min. Regte, joernalistiek of medisyne. Regte en joernalistiek (my pa se oorspronlike vakgebied) sou my voorberei vir ‘n politieke loopbaan en medisyne sou my die regte status gee as ek dan nou nie politiek toe wou gaan nie. Later sou my suster met nog enger keuses opgesaal word, maar wonder bo wonder het sy dit reggekry om my ma, met my pa se hulp, teen te staan en kon sy Onderstepoort toe om ‘n veearts te gaan word. Op haar agtiende het sy ‘n karretjie gekry en dit het haar uiteindelik ook ‘n bietjie vryheid gegee.

Ek het ingegee en regte gaan swot – my behoefte om musiek te gaan swot en ‘n popster te word is deur my ma afgemaak as iets wat te doen het met adolosensie en puisies.

In my tweede jaar trek ek in ‘n woonstel in want my pa het gevoel dis tyd dat ek op my eie moet gaan bly – seker maar ook gesien hoe my ma se ysterhand my kwel. Van koshuis was daar geen sprake nie want volgens my ma het mens geen beheer oor die “elemente” wat saam met jou in die koshuis gaan bly nie.

In my tweede jaar kom Crystal by die varsity aan.

Sy was nie ‘n meisie wat my ma se goedkeuring kon wegdra nie. Gebore en getöe in die armer buurte van Pretoria, het sy dit nogtans reggekry om ‘n beurs te kry om regte te gaan swot op Bloemfontein. Maar haar ma het siek geword en toe het sy die beurs omgeswaai en in Pretoria kom studeer. Crystal is ‘n meisie wat die oog gevang het. Hare te wild en te blond. Grimering te dik aangeplak en bloesies en broekies te styf.

Sy is per geleentheid deur een van die vrouedosente aangespreek oor haar kleredrag, maar so ver ek kon sien het Crystal haar nie juis daaraan gesteur nie. Sy was elke oggend eerste op kampus, haar klein bruin Datsuntjie onder dieselfde boom geparkeer. Wanneer sy nie klas gedraf het nie was sy in die biblioteek. En die proffies het haar haar kleredrag vergewe want sy was na elke eksamen of toets die beste student in die klas.

Ek het baie oor haar gewonder want niks in my agtergrond het my voorberei vir ‘n meisie soos sy nie. “Arm”. Die woord het nie veel beteken nie. “Arm” het ek geasosieer met bedelaars en boemelaars, nie met mense op universiteit nie. As ek nou daaraan terugdink moes ek ‘n baie snobistiese poephol gewees het. G’n wonder ek het byna geen vriende op varsity gehad nie. My sussie was al een wat in my (pynlik netjiese) woonstel kom kuier het. En natuurlik my ma wat elke keer onverwags daar opgedaag het om inspeksie te kom hou. Ek het my sussie sien blom, vermoed daar’s ‘n man iewers, maar sy het nooit iets gesê nie, net eenkeer, toe ek vra, vir my gesê om die laaistok uit my poephol te haal en ‘n lewe te kry.

Varsity het sy gang gegaan, die eindelose rondtes van toetse en eksamens, die nagte deurwerk aan ou sake en boek en boeke vol wette. En wanneer ek kans kry het ek my kitaar uitgehaal en met oorfone op saamgespeel met die Stones, Beatles, Queen en ander.

Toe eendag roep die prof vir my en Crystal na sy kantoor toe…

Hy vertel ons dat ek en sy die beste studente in ons jaargroep is en dat hy vir ons ‘n spesiale projek het, indien ons sou belangstel. Hy en van sy kollegas by van die ander universiteite se regsfakulteite het besluit om ‘n kompetisie te loods. Ons twee kon ‘n saak kies uit ons sillabis uit en ons sou dan nog ‘n saak toegeken word deur die deelnemende professore. Een van ons moes die aanklaer speel in die een saak terwyl die ander die verdediging verteenwoordig. Dan moes on rolle omruil vir die tweede saak. Dit sou heelwat ekstra werk beteken want die groot kompetisie sou oor drie maande in die hooggeregshof in Bloemfontein plaasvind. Ons sou ons standpunte moes stel en dan deur die proffies bepunt word. Die wenspan sou ‘n klomp geld wen wat deur ‘n groot prokureursfirma geskenk is. Crystal het sonder om te huiwer “Ja” gesê en wat kon ek doen? Ek het toe ook maar my kop geknik.

Ek en Crystal het afgespreek om na klas in die bib te ontmoet en ‘n saak te kies. Terwyl ons van die prof se kantoor af terugloop klas toe het ek skielik intens bewus geword van Crystal se parfuum asook ‘n ander meer aardse reuk. Sweet? Die ding in my broek het vir een of ander rede hard begin word en ek het ‘n verskoning gemompel en by die eerste toilet ingeglip om die ding te herrangskik.

Crystal het reeds in die bib gesit toe ek daar aankom met ‘n kortlys van vyf sake. Ek het een van die sake gekies want ek het dit goed geken. Sy’t bietjie teëgestribbel, maar toe gesê dit maak seker nie saak nie. Ons het die nodige fotostate gemaak, waarvoor ek betaal het, en toe vra sy of ek lus is vir koffie.

Vir ‘n oomblik het ek gehuiwer toe skraap ek al my moed bymekaar en sê vir haar dat ek loopafstend van die varsity af bly en wil sy nie by my kom koffie drink nie? Sy’t my vir ‘n oomblik half-geamuseerd aangekyk en ek het besef sy het diep groen oë met sulke goue vlekkies in. Toe knik sy haar kop.

Ons het uitgeloop, in haar ou bruin Datsun geklim en ek het haar beduie waar my woonstelgebou is. Daar was ‘n oop gasteparkeerplek en sy’t daar ingetrek. Ons het opgeloop en ek het oopgesluit. Ek het beduie sy moet haar tuismaak en sy het haar skoene uitgeskop en op die bank gaan sit met haar voete onder haar boude ingevou. Haar toonnaels was, soos haar vingernaels, potblou geverf. Beslis nie iets wat my ma sou goedkeur nie.

In die kombuis het ek die koffiemasjien aangesit en genoeg koffiebone gemaal om twee bekers koffie te maak. Toe stap ek terug sitkamer toe.

Crystal het met haar oë toe op die bank se leuning gerus en ek het besef sy’s vas aan die slaap. Ek het lank vir haar staan en kyk en weer bewus geword van haar reuk. Toe knars ‘n sleutel in die voordeur slot.

Ek het yskoud geword by die gedagte dat my ma vir Crystal aan die slaap op my bank gaan aantref, sonder haar skoene aan! Maar dis toe net my sussie.

Ek het vir Crystal wakker gemaak en aan sus voorgestel toe hoor ek die koffiemasjien.

Toe ek terugkom met die twee bekers koffie sit sus en Crystel lekker en gesels. Ek het vir hulle die koffie gegee en terugeloop kombuistoe. My kop volhalf-gevormde beelde van Crystal en ek, Crystal kaal, Crystal in my arms, Crystal se reuk in my neus…

-0-

Na Crystal gery het, het sus my met ‘n effense glimlaggie gevra of ek dink ons ma sal Crystal aanvaar. Ek het nors gemompel dat ek en Crystal saam aan ‘n projek moet werk. Sus het gelag en gesê dat Crystal dalk aan ‘n regsprojek werk maar dat dit so duidelik soos daglig is dat my projek met Crystal se lyfie te doen het. Ek het gebloos, weggekyk en gesê sy’s laf. Sy’t weer net gelag en gesê dis okei, sy hou van Crystal.

-0-

Vir twee weke het ek en Crystal elke aand in die bib gesit tot hulle toemaak en daarna is ons na my woonstel toe vir koffie en dan het Crystal gery. Vrydae, Saterdae en Sondae het ons nie in die aand gewerk nie. En toe een Saterdagmiddag is daar ‘n klop aan my deur. Ek maak oop en Crystal staan daar met ‘n tamaai gymsak oor haar skouer. Sy lyk vir die eerste keer vandat ek haar nie ken nie heeltemal in beheer nie. Sy vra haastig of ek kan help. Haar kar het gebreek en sy het ‘n lift nodig “werk” toe. Ek het my sleutels gekry en haar sak in die kattebak gelaai en toe volgens haar instruksies in die rigting van Colbyn gery. Sy’t my in ‘n hoofstraat af beduie en toe gewys na ‘n hek onder ‘n veelkleurige, helder neonteken van meisies wat dans. Ek het voor die ingang gestop, maar sy het beduie dat ek agtertoe moes ry. Agter die gebou was ‘n kleiner ingang met ‘n teken wat sê “Staff only”. Ek het saam met haar uitgeklim en die katterbak oopgemaak om haar sak uit te haal. Toe vra ek haar hoe sy by die huis gaan kom en sy’t geantwoord dat haar broer besig is om die Datsun reg te maak en dat hy haar sou kom haal.

Sy’t vining na die deur toe beweeg en dit oopgemaak. Van binne die plek kon ek harde rockmusiek hoor. Sy’t in die helder verligte gang inbeweeg, omgedraai en vir my gewaai en toe klap die deur toe en die musiek raak weg.

Ek het teruggery woonstel toe en op die bank gaan sit. Vir lank. Baie lank. Tot na donker. Toe gaan trek ek ‘n swart hoodie aan en vat my beursie. Ek het by ‘n outobank gestop en ‘n duisend rand getrek. My kosgeld vir die res van die maand. Toe ry ek terug na die plek toe waar ek Crystal afgelaai het. Ek het in die donkerste hoek van die parkeerterrein gestop en na die voordeur toe beweeg. Voor die deur het ‘n groot ou gestaan met baie tatoes en ‘n maak-my-sterk t-hempie. Hy’t my sonder emosie aangekyk en toe die deur vir my oopgetrek. Na ‘n diep asem het ek ingestap en myself in ‘n portaal bevind vol goue muurpapier en rooi fluweel behangsels. Langs ‘n deur wat met swart leer bedek is het ‘n blonde vrou in ‘n hokkie gesit. Vireers het ek gedink dis dalk Crystal, maar toe sy opkyk kon ek sien dat sy heelwat ouer is. Ek het beursie uitgehaal en betaal. Sy’t ‘n bandjie om my gewrig gebind. “Vir as jy wil uitgaan om nog geld te trek of iets” het die vrou beduie.

Ek het die swart leer deur oopgestoot en is dadelik getref deur klipharde rock musiek. Ek het lank gestaan tot my oë aan die donker gewoond was en toe ‘n tafeltjie gekry so ver van die verhogie af as wat ek kon. Die plek was vol mans met hier en daar ‘n vrouekliënt. Ek het myself klein gemaak en na die verhoog gekyk terwyl ek wag dat iets gebeur. Toe tik iemand my op die skouer. Ek het amper van die stoel afgebliksem soos ek skrik. Langs my het ‘n rooikop gestaan met ‘n klein stywe broekie en ‘n kaal bolyf. Haar grimering het blinkertjies ingehad en dit het nogal weird gelyk in die half-donker. Sy’t ‘n spyskaart na my toe uitgehou en ek het gevat. Daar was net drinkgoed op. Die musiek was te hard om ‘n gesprek te voer. Ek het na die lys gekyk en na ‘n dubbel Bells gewys. Sy’t geglimlag en toe die spyskaart omgedraai. Toe stap sy weg, vermoedelik om my drankie te gaan haal. Op die agterkant van die spyskaart was allerlei ander goed gelys. “Lap dance. Table dance. Doubles. Triples….” Alles met tye en pryse by.
Die rooikop het teruggekom met my drankie en vraend na die agterkant van die spyskaart gewys. Ek het my kop geskud en toe stap sy weg.

Skielik kondig ‘n mansstem iets aan. Ek kan nie mooi hoor nie maar die ander klante begin uitbundig hande klap en fluit. Die musiek verander en twee meisies verskyn op die verhoog. Die een is ‘n donkerkop met wit nagklere aan en die ander ‘n blondine met swart nagklere aan. Hulle dans op die maat van die musiek en begin dan nader aan mekaar beweeg. Dan begin hulle aan mekaar vat en later soen hulle mekaar. Die gehoor skree en raas en die meisies se vryery word al harder en meer passievol. My horing dreig om uit my denim te klim. Dan begin die meisies mekaar uittrek. Dit gaan stadig maar uiteindelik staan hulle daar in hulle onderklere. Die een draai om en die ander een begin haar bra losmaak. Dit gaan gepaard met ‘n lang tergery en uiteindelik kom die bra af. Haar borste is mooi. Die ander een se bra word op soortgelyke wyse afgeterg en dan begin hulle mekaar se boobs met olie insmeer. Die gehoor is nou amper histeries, maar die twee vat hulle tyd. Dan draai die donkerkop na die gehoor en lig haar arms stadig bo haar kop. Die blondine gaan staan agter haar en sit haar hande om die donkerkop se lyf. Na ‘n hele ruk se gevryf sak haar hande al laer en begin sy die donkerkop se broekie uittrek. Net voor die broekie by die donkerkop se koekie verbybeweeg, draai sy om en wys haar boude vir die gehoor. Sy trek die broekie stadig, baie stadig oor haar boude en trek dit dan skielik af tot by haar enkels. Dan sak sy op haar kniëe en begin die blondine se broekie met haar tande aftrek. Die manne gaan mal. Geld trek deur die lug en besaai die verhoog rondom hulle. Dan is die blondine ook kaal. Nou begin hulle hulle lywe teen mekaar vryf terwyl hulle mekaar soen. Die donkerkop sak af tot sy op haar rug lê met haar voete na die gehoor toe. Dan lig sy haar bene en maak hulle oop. Die manne fluit en skree by die aanskoue van haar kaalgeskeerde poesie. Blondie loop om en gaan kniel met haar bene oop oor die donkerkop se gesig. Sy leun vorentoe en haar hande gly stadig oor die donkerkop se lyf tot by haar poesie. Dan laat sy eers die een hand en dan die ander oor die poesie streel. Die manne skree nou so hard ek kan amper nie meer die musiek hoor nie. Dan net voor die musiek ‘n klimaks bereik buig blondie vooroor en as haar mond die donkerkop se poesie raak klik die ligte af. “n Sekonde later maak die musiek klaar. Nog geld word op die verhoog gegooi as die ligte weer aankom, maar die meisies is weg. Sterkman, wat by die deur gestaan het, maak al die geld bymekaar, maak of hy hande klap as ‘n dankie vir die gehoor en verdwyn na agter.

Die rooikop met die kaal boobs kom sit by my. Die ligte is nou helderder en die musiek heelwat sagter. Die rooikop kyk vir my en ek vir haar, maar ek prober hard om nie na haar boobs te kyk nie.

“Jy kan maar kyk. Dis hoekom hulle oop is.” sê sy. Ek kyk weg, want ek weet wat om te sê nie.

“Jou eerste keer hier?”

Ek knik.

“Wel dan moet jy dat ek vir jou ‘n tafeldans doen. Of dalk ‘n lapdance?”

“Wat’s dit?” vra ek voor ek myself kan keer.

Sy lag. “My fok. ‘n Strip joint virgin. Have you ever!”

Ek kyk weer weg en voel hoe ek begin bloos.

“Hei, dis okei, Daar’s ‘n eerste keer vir alles…”

Ek knik. Sy tel die spyskaart op.

“Kom ek verduidelik… ‘n Table dance gebeur hier voor jou op die tafel. Hier’s die tye. Hoe langer ek dans hoe meer betaal jy.”

Ek knik.

“As jy eerder ‘n lapdance wil hê, vat ek jou daar na agter toe. Daar’s sulke hokkies. Jy sit in ‘n stoel en ek dans vir jou. Ek mag aan jou vat, maar jy mag nie terug vat nie. Selle ding. Hoe langer hoe duurder…”

“Ek dink ek verstaan” sê ek.

“Wel, dis nie rocket science nie.”

“Nee…”

“Wel? Is jy in of is jy uit?”

“Uit. Bietjie duur vir my.”

“Wel dan beter jy nog ‘n dop koop. Ek kry kommissie op al die drank wat ek verkoop.”

Ek kyk na my whiskey waarvan ek nog nie eers ‘n sluk gevat het nie en knik.

Die meisie sit haar hand op my been en gee my ‘n druk. “Ek bring…” Dan gly haar hand, of miskien is dit aspris, maar sy vat soos sy opstaan aan my klipharde horing. Sy giggel en stap weg en daar is ‘n ekstra swaai aan haar mooi boudjies.

Ek kyk rond. Daar is ten minste drie meisies wat besig is om op tafels te dans. Aan die ander kant van die vertrek loop ‘n dik ou agter ‘n meisie aan wat hom aan die hand na die hokkies toe lei. Vermoedelik vir die misterieuse “lap dance”.
Dan is die rooikop met haar pragtige tiete weer by my. Sy kom staan agter my en leun met die drankie oor my skouer. Soos sy dit op die tafel neersit kan ek haar sagte, warm borste aan weerskante van my nek voel. Sy druk nog bietjie vorentoe.

“My naam is Elana. Deur die dag is ek ‘n kleuterskool onderwyseres,” fluister sy. “Ek kan regtig doen met die geld…” En dan staan sy op en beweeg heupswaaiend weg.

Ek sluk die eerste whiskey weg en begin suig aan die tweede een. Die dik ou kom uit die hokkies uit, met die meisie aan die hand. Hy steek sy hande in die lug soos ‘n bokser wat gewen het. Sy pelle juig hom toe. Ek vat my beursie en tel die geld. Dan kyk ek na die spyskaart. Ek het net genoeg egld oor vir ‘n “One song lap dance.” Fokkit, ek kan op oatspap leef vir die res van die maand of by sus geld leen… Ek kyk rond, vang Elana se oog en wuif vir haar.

Sy kom staan weer agter my en doen weer die tiete ding in my nek. “Iets verkeerd?” vra sy.

“Lap dance” kreun ek dit uit, en hou geld op.

“Daarshy….” sê sy vrolik en vat die geld. Sy sit my drankie in my hand en trek my aan die hand op. “Kom. Jy’s in vir ‘n treat. Ek’s die beste lap dancer in die plek.”

In die hokkie is daar ‘n gemaklike stoel met ‘n tafeltjie vir my drankie. Elana tel die geld. “Net een song? Ag nee man!”

“Al wat ek het,” mompel ek.

“Oukei…. Sê jou wat… Ek sal drie songs doen vir die prys van een. Net omdat jy ‘n virgin is.”

“Ek’s nie ‘n virgin nie…” En dis waar. Ek het al seks gehad met ‘n paar meisies. Een wat saam met my in matriek was en so twee of drie van varsity af. Maar hulle is die soort van meisies waarvan my ma hou. Fyn, klein en goed gemanierd. Ek het ook al porn gekyk op die Internet en die meisies met wie ek seks gehad het, het gladnie soos die meisies op die Internet genaai nie. Hulle het gehou van soen, en ek het hulle boobies gesuig en met my hand tussen hulle bene gevroetel en dan uiteindelik opgeklim, ingedruk en so ‘n paar keer gestoot tot ek gekom het. (Altyd met ‘n dik kondoom aan) Die meisies het almal gesê dit was lekker en dit was spesiaal. En miskien was dit…. Vir hulle. Ek het elke keer so ‘n bietjie terleurgesteld daar weggeloop. Van cunnilingus en felatio was daar geen sprake nie.

Elana lag weer. “Nee poephol, ek bedoel ‘n lapdance virgin.”

Sy trek die gordyne toe, sit die geld in ‘n sakkie wat om haar enkel vasgemaak is. Dan sit sy musiek aan. Dis “Bridge over troubled water” maar ‘n instrumentele weergawe. “Onthou. Ek mag vat, maar jy nie. As jy vat en ek waarsku jou en jy doen dit weer gaan ek skree en dan gaan Geoffry-hulle jou kom donner.”

“Wie’s Geoffry?”

“Die fris ou wat die geld opgetel het.”

Ek knik. Ek het geen behoefte dat Sterkman en sy trawante my donner nie.
Elana begin dans en ek kan nie help om te kyk vir haar prgatige tiete nie. Sy sien waar my oë is en begin hulle saggies vryf. Dan trek sy haar donkerbruin tepels en vryf hulle tussen haar duime en voorvingers.

“Is dit vir jou mooi?” vra sy. Ek knik net.

“Is dit sexy?” Die keer kreun ek.

Sy kom sit wydsbeen op my skoot met haar voorkant na myne toe, en vat my whiskey van die tafeltjie af. Dan druk sy haar een tepel in die glas en hou dit voor my mond. Ek leuen vorentoe maar sy trek weg. “Jy mag nie vat nie. Ek sal skree…”
Ek sit terug. Sy vat die tepel in haar mond en suig die whiskey af. Sy herhaal dit met die ander een. Dan hou sy die glas vir my en ek vat ‘n slukkie. Sy sit die glas neer en staan op. Sy dans weer stadig en sensual voor my en dan draai sy haar rug op my. Sy begin voetjie vir voetjie met haar boude in my rigting beweeg en dan sak sy op my skoot neer en begin haar boude teen my horing vryf. Ek kreun en sit my hande onwillekeurig op haar heupe. “Los!” gebied sy en ek tel my hande op.

Sy staan op en dans weer ‘n bietjie. Ek kan myself nie help nie en probeer my horing regtrek wat nou baie ongemaklik in my broek vasdruk.

“Lyk my jy het hulp nodig… Kan ek hand bysit Meneer Virgin?”

Ek skud my kop.

“Dis jammer… Onthou ek mag vat, maar jy nie…”

Ek knik. Elana kom weer nader en vryf my een wang met haar een tepel, en dan die ander een met die ander tepel. Dan laat sak sy haar hand en streel vlindersag oor my gulp. Rillings van lekkerkry ruk deur my. Sy lag. My oë is nou toe.

“Maak oop jou oë, Meneer Virgin, jy mis die show…”

Ek maak so en sy staan met haar rug na my toe. Dan buk sy vooroor begin, soos die meisies op die verhoog haar broekie stadig uittrek. Die rooi materiaal gly stadig oor haar vleklose spierwit boude. Net voor sy haar koekie ontbloot trek sy weer die broekie op.

“Ek mag nie eintlik my broekie uittrek as ek lapdances doen nie… Sê maar nou net Geoffry loop in… Of wil jy hê ek moet dit doen?”

“Asseblief” kreun ek dit uit.

“Geoffry gaan jou moer….”

“Fok hom. Asseblief!”

Sy lag, draai weer om en begin die broekie stadig, oneindig stadig oor haar boudjies trek. Millimeter vir millimeter trek sy hom af tot haar skaamlippe heeltemaal ontbloot tussen haar bene sit. Ek verbeel my ek sien ‘n nattigheid om die lippies. Ek sit en wag dat sy die broekie weer optrek, maar sy hou aan om dit af te trek totdat dit om haar enkels sit. Dan staan sy regop, skop die stukkie lap eenkant toe en draai om.

Ek dog ek vrek net daar. Sy het ‘n klossie skaamhare net bo haar poeslippies. Dis dieselfde kleur as haar hare en ek wonder hoe kry sy haar haarkapper om dit te kleur…

Die musiek het nou al twee keer verander en ek besef ons is op die derde liedjie, iets wat ek herken, maar waarvan ek nie die titel kan onthou nie.

Elana stap nader, ‘n misterieuse kyk in haar bruin oë. Sy beweeg stadig tot sy by my is, dan buig sy haar bene, gooi haar kniëe oop en sit op my bo-bene. Haar oë wyk nie vir ‘n oomblik van myne af nie. Sy skuif nader en nader en dan raak haar tiete aan my gesig en kort daarna, haar bekken aan my horing.

Sy beweeg haar heupe stadig vorentoe en agtertoe en die musiek hou op. Sy beweeg harder en dan kom ek in my onderbroek. My liggaam ruk. Haar arms is om my kop, my gesig in haar tiete. Sy hou my vas tot ek ophou ruk en staan sy stadig op. Sy leuen vorentoe en soen my op die mond.

“Kom. Geoffry gaan nou kom kyk wat aangaan.” Haar gesig is rooi, haar asem jaag en sy sukkel om die broekie aangetrek te kry met die platform haksoene wat sy aan het.

Sy gryp ‘n sneesdoekei uit ‘n boks en vee haar binnebene af. Dan gooi sy die sneesdoekei in ‘n blikkie wat eenkant staan.
Die gordyn gly oop en Geoffry staan my en aangluur.

“No problem Geoff” sê Elana. “Just making sure my client is comfortable…”

Ons stap uit. Geoffry maak die gordyn toe en Elana lei my na my tafel toe. Sy sit my whiskey neer, gee my ‘n piksoentjie en beweeg weg.

Die ligte verdoof. Die musiek begin weer pomp en ‘n meisie verskyn op die verhoog…

(Word vervolg)

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Liedjiestorie: Baby did a bad, bad thing

  • September 8, 2017 at 7:55 am
    Permalink

    Dis vir my opvallend hoeveel stories wat ons hier lees soms in die werklikheid met my gebeur het. Stem van ons ander skrywers saam ?
    Hierdie storie v. Rankat het lekker herinneringe weer teruggeroep. Briljant geskryf, dankie Ramkat ☺

    Reply
    • September 8, 2017 at 5:34 pm
      Permalink

      Ek se niks —– absoluut niks. Want as ek my mond oopmaak is ek in diiiieeeepppp gemors. So sssssjjjj…..

      Reply
  • September 7, 2017 at 8:32 pm
    Permalink

    Ramkat sjoe dis nou n goeie storie wat nog bitter ver is van klaar vertel is. Ons wag in spanning.

    Reply
    • September 7, 2017 at 9:48 pm
      Permalink

      Die opvolg is nie ver weg nie

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)