Liedjiestorie: Baby did a bad, bad thing (2)

deur Ramkat Erasmus

(lees eerste episode HIER)

Die meisie op die verhoog het cowboy klere aan. Of miskien is dit eerder cowgirl klere…

Op haar kop is ‘n wit Stetson, sy’t ‘n geruite hemp aan in rooi en wit, ‘n stywe denim met sulke silwer strepe langs haar bene af. Wit steweltjies aan haar voete en om haar heupe twee holsters wat pienk plastiekrewolwers bevat. Oor die onderkant van haar gesig is ‘n swart bandanna soos ‘n rower in ‘n cowboy fliek.

Die gehoor gaan mal. Hulle gill en skree en klap hande vir ‘n vale. Die meisie begin stadig dans. Sy beweeg vir ‘n begin net haar heupe in daardie oeroue vorentoe en agtertoe wat meer van seks as van dans getuig. Sy rol haar heupe heen en weer, vorentoe en agtertoe en trap, trap ‘n effense skoffeldansie uit. Dan trek sy een van die plastiek rewolwers uit en skiet ‘n straal water na van die mans in die gehoor. Ek besef dis twee waterpistole en is maar baie bly dat ek heel agter sit. Sy sit die waterpistool weg en begin oneindig stadig haar hemp losknoop. As sy amper tot haar naeltjie losgeknoop het los sy die knopies en begin haarself om die paal in die middel van die verhoog vou. Sy moet vrek sterk wees om haarself so teen die paal op en af te kan trek. Dan rol sy af tot onder en gaan staan met die paal teen haar rug, wydsbeen vir die gehoor en kyk. Die musiek verander en dit word nou polsender, vinniger. Die gehoor klap ritmies saam. Sy maak haar bene wyer oop en sak af grond toe. Sy maak haar bene oop en toe en alhoewel mens niks kan sien nie is dit so eroties en so doelbewus uitlokkend dat die gehoor nou lekker raas. Sy trek haar weer teen die paal op en begin dan die ritueel van haar hemp heeltemal oopknoop, maar baie stadig en doelbewus tergend. Nou trek sy die hemp eers van die een skouer af en dan die ander. Elke keer kom die hemp laer af. Dan stop sy, draai haar rug op die gehoor en trek die hemp heeltemal uit. Sy laat dit val. Haar hande beweeg stadig agter om haar rug en maak die swart bra se knippie los. Sy wikkel haar wulps uit die bra uit sonder dat enigiemand in die gehoor haar boobs kan sien. Sy laat die bra val, dan buk sy en tel die hemp weer op. Nog steeds met haar rug na die gehoor toe, trek sy weer die hemp aan en dan eers draai sy om. Die hemp hang oop, maar mens kan niks sien nie, behalwe haar maagspiere en sweet.
Nou vat sy die onderpunte van die hemp en begin hulle heen en weer beweeg. Nes jy dink nou gaan sy haar borste ontbloot maak sy weer toe. Dan maak sy skielik of sy belangstelling verloor. Sy draai haar rug op ons, tel haar bra op, gooi dit oor haar skouer en begin van die verhoog afloop. Die manne jil en gil en geld begin op die verhoog neer reën.

Sy draai stadig om, kyk smalend na die geld en haal dan haar hoed af. Sy gooi dit eenkant toe, gevolg deur die bra. Dan begin sy geld optel. As sy twee handevol note het gooi sy dit in die hoed. Sy draai weer haar rug op ons en begin die hemp stadig, oneindig stadig teen haar kaal rug aftrek. Sy laat dit val en dan draai sy om, met haar hande oor haar boobs.

Skielik besef ek, en ek weet noddefok nie hoe nie, dat dit Crystal is.

Ek kry ‘n hol kol op my maag, my asem begin jaag en ek is intens bewus van die horing wat alweer teen my onderbroekrek begin druk.

Crystal vryf haar hande oor haar boobs, dan laat sy eers die een tepel en dan die ander tussen haar vingers deur loer. Uiteindelik laat sy haar hande sak en die gehoor klap hande en juig. Sy paradeer vir ‘n wyle heen en weer oor die verhoog, druk haar boobs teen mekaar en wys dit vir die manne. Geld reën weer op die verhoog neer. Sy laat sak haar hande en gaan staan weer wydsbeen met haar rug teen die paal. Sy sit eers haar een hand, dan die ander op haar heupe. Dan begin sy haar hand na onder beweeg en ek besef die silwer strepe aan die kante van haar denim is ritsluiters. Soos wat sy die ritsluiters na onder trek begin die denim uitmekaaruit val. Sy trek hulle af tot by haar stewels, dan staan sy regop en met een pluk ruk sy die denim heeltemal van haar lyf af.

Ek word bewus van die die mooie Elana wat langs my staan met haar oë vasgenael op Crystal. Onder die denim het Crystal ‘n snakstringetjie aan met ‘n teiken voorop. ‘n Wit ring buite om dan ‘n bloue dan ‘n rooie en dan die wit “bull’s eye” in die middel.
Om haar heupe sit die holsters nog steeds met die waterpistole in. Sy trek hulle uit en skiet ‘n paar strome die gehoor in. Dan gooi sy die een pistool vir ‘n man wat op sy voete staan en hande klap. Hy vang dit en sy kom nader. Dan druk sy haar heupe vorentoe en beduie hy moet die teiken probeer raakskiet. Die man vat die pistool in twee hande, mik mooi en skiet, maar die skoot is maar power en tref haar teen die bo-been. Die skare lag hom uit. Hy wil weer skiet, maar dan is Spiertier by en vat die pistool by hom. Hy gee dit vir iemand anders en die ou probeer ook. Die keer tref die stroom haar op haar maag. Die pistool word nou aangegee en almal probeer. Dan skiet ‘n ou die teiken raak. Crystal beduie hy moet nader kom. Hy storm vorentoe en sy trek hom op die verhoog. Een van Spiertier se trawante bring ‘n stoel nader en Crystal laat hom sit met sy gesig na die gehoor toe. Sy gaan staan voor hom met haar rug na ons toe. Dan draai sy om en begin stadig die nat deurtrekkertjie aftrek. Dan buk sy vorentoe en wys vir die man in die stoel haar poesie. Die skare gaan mal. Die ou op die stoel gooi sy hande in die lug en pomp sy vuiste op en af. Crystal kom regop en trek weer haar broekie op. Sy haal die tweede pistool uit, gooi dit argeloos in die gehoor in en weer begin die speletjie. Die keer is dit ‘n vrou wat die teiken eerste tref. Crystal trek haar ook op die verhoog, sit haar arms om die vrou en gee haar ‘n diep oopmond soen. Dan laat sy haar sit en, dans ‘n bietjie om haar en doen dan weer die buk en onthul ding. Voor die vrou terugkeer na haar tafel toe, soen Crystal haar weer. Sy fluister iets in die vrou se oor en dan begin die vrou saam met haar dans. Crystal moedig haar aan en die vrou knoop haar bloes los en dop haar pramme uit om vir die gehoor te wys. Almal skree en raas en die vrou knoop toe en gaan blosend terug na haar tafel toe. Crystal beduie almal moet vir haar hande klap en hulle doen dit.

Nou verander die muisek weer. Die keer is dit “Mustang Sally”. Crystal begin om die paal dans en dan klim sy teen die paal op. Sy swaai en draai in ‘n manjefieke vertoning van soepelheid, krag en sensualiteit. Die gehoor is op hulle voete. Iewers in die roetine raak sy van die deurtrekkertjie ontslae…

Die musiek eindig. Crystal staan wydsbeen voor op die vehoog. Haar asem jaag en haar lieflike borste beweeg op en af. Sy het nou nog net die steweltjies en die bandanna masker om haar gesig aan. Die gehoor klap ritmies hande en iewers begin iemand “nou, nou, nou” skree. Die gehoor sluit aan en dan, eindelik, skree die hele gehoor. Ek moet opstaan om te kan sien. Elana klim op ‘n stoel om ook te kan sien. Crystal buk vorentoe en streel haar bene van onder tot bo. Dan vryf sy oor haar lyf. Haar hande gly oor haar maag, haar borste en haar nek en kom tot stilstand by die bandanna.

Die gehoor moedig haar nou baie luidkeels aan. Geld reën op die verhoog neer. Spiertier en sy trawante beweeg vorentoe en gaan staan voor die verhoog. Hulle maak seker dat niemand dit waag om op die verhoog te spring nie. Die ligte verdoof stadig. Die musiek is nou stil. Die kollig word al kleiner totdat uiteindelik net Crystal se gesig in die lig is. Sy vat die voorpunt van die bandanna en begin dit optrek. Dan pluk sy dit oor haar kop. Haar gesig is opgemaak soos die Joker in die Batman moewies. ‘n Vrou gil. Dit word stil. Vir twee of drie sekondes bly sy in die kollig, dan is sy weg. Die skare is stil. Dan begin die allemintige gejuig, applous en weer reen geld op die verhoog.

Die saal se ligte kom aan, ‘n stem verduidelik dat die aand se shows nou verby is, maar dat daar nog baie lap dances en table dances beskikbaar is.

Elana klim van die stoel af. Sy gee my ‘n soen op die wang. “Nog iets om te drink?” Vra sy, maar ek skud my kop.

“Nou ja, laat ek my geld gaan verdien. Miskien moet ek vannaand ‘n lap dance aan ‘n vrou probeer verkoop.” Met die stap sy heupswaaiend weg.

Ek sluk die laaste bietjie van my whisky weg en en stap uit. Buite in die parkeerterrein loop ek rond en soek na Crystal se Datsuntjie. Daar’s geen teken van die kar nie en ek wonder hoe sy by die huis gaan kom. Ek gaan klim in my kar en ry nader aan die agterdeur wat net vir personeel bedoel is. Ek parkeer in ‘n skadukol en wag. Mense stroom nou by die voordeur uit en karre vertrek. Dan kom drie meisies by die verhoogdeur uit, een van hulle Crystal. Twee van die meisies klim in ‘n Polo en ry. Crystal kyk rond, trek ‘n gesig en haal haar selfoon uit. Ek klim uit en stap nader. Sy praat oor die foon.

“Boeta, waar de fok is jy met my kar…”

Ek gaan staan. Sy kyk op en sien my. Haar gesig verstar. Dan sê sy vir haar broer dat alles okay is, sy het ‘n lift. Sy druk die foon dood en sit dit in haar handsak, die groot gymsak oor haar skouer. Sy ruik na babaolie en sweet.

“Ek het kom kyk of jy oukei is…”

“Dankie,” sê sy. “My broer het parte nodig wat hy eers more kan kry. En hy kan nie ‘n ander kar geleen kry om my te kom haal nie. Maar ek gaan sommer Uber…”

“Nie nodig nie. Ek is mos nou hier.”

“Baie dankie.”

Vir ‘n ruk staan ons vir mekaar en kyk. Dan maak ek die kattebak oop, sit haar sakke in en maak vir haar die deur oop.

Ek skakel aan en ry hek toe.

“Gee jy om as ons gou hier by die roadhouse stop. Ek vrek van die honger.”

Ek knik en sy beduie hoe ek moet ry. Om ‘n hoek of twee kry ons die padkafee en ek stop. Die kelner kom nader en ek vra hom of ek ‘n bier kan kry. Hy skryf dit in sy boekie en stap om na Crystal se kant toe. Sy bestel ‘n dubbel kaasburger met ekstra tjips en baie pienk sous. Sy wil ook ‘n melkskommel hê om te drink. Hy skryf dit neer en stap weg.

Crystal sê sy dink daaraan om ‘n nuwe kar te koop. Ons gesels oor wat beskikbaar is en wat sy kan bekostig. En dan kom ons bestelling. Die kelner hang ‘n draadmandjie aan my venster en ek gee Crystal se bestelling vir haar aan. Sy laat nie op haar wag nie, maar gryp die kaasburger en begin eet. Sy duik in daai burger in asof sy ‘n week laas kos gesien het en na vyf of ses groot happe is hy weg. Dan sluk sy helfte van die melkskommel weg en sit dit in die holtetjie tussen die sitplekke neer. Tel vat die tjips en begin eet. Die keer stadiger, maar met dieselfde trek van genot op haar gesig. Haar vingers is vol pienk sous en daar sit pienk sous op haar ken en om haar mond. Ek suig aan my bier en sit skuinsgedraai en kyk hoe sy eet. As die tjips klaar is, lek sy haar vingers af en vat dan die klein servetjie en vee om haar mond skoon. Ek vat die leë bakkies by haar en sit dit op die draadmandjie. Sy sluk die laaste van haar melkskommel weg en gee vir my die leë glas aan. Ek sit dit ook op die mandjie en sluk my bier af.

“Flikker jou ligte. Die waiter sal kom haal,” sê sy. Ek maak so en kelner kom aangestap. Hy vat die mandjie en gee vir my die rekening. Ek begin skielik paniekerig raak. Ek weet nie of genoeg geld oor het nie en vat ‘n plek soos die ‘n kredietkaart? Kan ‘n mens dit waag?

Crystal vat die rekening by my, maak haar handsak oop en vroetel daarin. Dan kom sy met ‘n tweehonderdrandnoot te voorskyn. “My treat,” sê sy. Die kelner vat die houertjie en stap weg. Na ‘n ruk kom hy terug met Crystal se kleingeld en sy gee hom ‘n fooitjie. Ek skakel aan.

“Waarnatoe?” vra ek.

Sy kyk vir my. “Dis ‘n moerse ent daar na my ma toe. Kan ek by jou bly vannand. Ek sal op die bank slaap.”

Skielik suis my ore, en sien voor my geestesoog hoe Crystal haar tepels deur haar vingers laat glip.

“Uhn… Ja! Sure…. Jy kan in Sus se kamer slaap. Sy pas olifante of iets op die naweek…”

***

Ek sluit oop en sy stap in. Sy gaan gooi haar sak in Sus se kamer neer en kom uit. Ek maak seker daar’s skoon handdoeke en toiletpapier en vra of sy iets wil drink. Sy sê as ek wit wyn het sal sy ‘n glas vat, maar sy wil eers stort. Sy gaan haal ‘n sakkie en japon uit haar sak en maak die badkamerdeur agter haar toe. Ek krap in ‘n kas en kry wonder bo wonder ‘n bottel wit. Ek haal ys uit en sit die bottel in ‘n ysemmer hopende dat die ding nog drinkbaar is. Dan gaan sit ek op die bank en luister na Crystal wat stort.

My senuwees en verbeelding gaan op hol met my en om my senuwes te kalmeer tel ek ‘n kitaar op en begin speel. Na ‘n ruk hoor ek hoe sy die krane toedraai en na nog ‘n ruk kom sy uit, die wit japon styf om haar gedraai, haar hare nat en plat teen haar kop gekam. Skielik besef ek ek is besig om Mustang Sally te speel. Sy kyk my met ‘n effense glimlaggie aan en lig een wenkbrou…

Ek vlieg op en gooi haar glas wyn in. Ek skink vir myself ‘n whiskey. Sy gaan sit op die bank en trek die japon nog stywer om haar.

“Uhmmm… Kry jy koud?” vra ek.

Sy skud haar kop en suig aan die wyn.

“Jy was daar, nê?”

Ek wil eers protester, maar dan sien ek hoe sy weer haar wenkbrou lig en ek knik.

“Hmmm” sê sy. “Wie’t vir jou die lap dance gedoen?”

“Hoe weet jy?”

Sy lag. “Daar’s blinkertjies aan jou nek.”

Ek voel verboureerd aan my nek en vee van die blinkertjies af.

“So? Wie was dit? Tracy? Jacky? Trienie?”

“Elana….”

“Ah… Die rooikop met die groot tiete….”

Ek knik.

Daar’s ‘n lang stilte terwyl sy my oor die rand van die glas beloer. Dan lag sy. “Was dit darem lekker?”

Ek knik.

Sy sit terug en die japon val van haar bene af. Sy maak dit nie toe nie. My keel is droog en ek is intens bewus van haar nabyheid.

“So gaan jy vir almal vertel?” Daar is ‘n efense bewing in haar stem.

Ek skud my kop. “Nooit. Ek belowe…”

“Die varsity mag my nie uitskop omdat en na-ure werk om my fooie te betaal nie. Maar ek kan doen sonder die publisiteit.”

“Is dit hoekom jy met die bandanna dans en die make-up. Joker?”

Sy knik en suig weer aan haar wyn. Ek weet nie wat om te sê nie en hou dan maar my bek. Na ‘n ruk sluk sy haar wyn af en staan op. Sy kyk my lank aan.

“Jy is baie intelligent, en jy’n regsbrein wat skrik vir niks. Ek swot my gat af om die beste punte te kry, maar jy breeze net daardeur. Jy het alles wat jou hart kan begeer. Die woonstel, jou kar, ‘n fokken kredietkaart. Watter student het ‘n kredietkaart?”

Ek probeer protesteer, maar sy gee my nie ‘n kans nie.

“Eendag gaan ek nie meer nodig hê om my klere uit te trek vir geld nie. Eendag gaan ek ‘n kantoor hê met mense wat vir my werk. Ek gaan ‘n kar ry wat nie deur my broer met bloudraad en ‘n tang aanmekaar gehou word nie. Eendag…”

Ek besef skielik dat daar trane in haar oë is.

“Crystal… Whao…. Ek dink jy moet sit en ontspan…” kry ek dit uit. “Ek sal vir niemand sê nie. Ek belowe.”

Sy gryp ‘n pant van die japon en vee haar oë af. Met die trek sy die dun material weg van haar lyf af en een van haar pragtige borse val uit. Ongeërg trek sy dit toe. En dan hou sy die glas na my toe uit. Ek gaan haal nog wyn.

As ek terugkom sit sy weer op die bank, maar die japon is nie meer so styf om haar getrek nie.

“Jammer” sê sy. “Ek is nie gewoonlik ‘n tjankbalie nie”

“Dis okei…” Ek hou die wyn na haar toe uit en gaan sit langs haar op die bank.

“Speel vir my iets toe.”

Ek leuen oor en trek die kitaar nader. Ek tokkel eers ‘n bietjie ronde en dan begin ek met Joe Cocker se “You can leave your hat on.”

Sy sug, vat ‘n sluk wyn en lê agteroor. Die japon val oop. Sy trek dit nie toe nie.

As ek klaar is, sit ek die kitaar neer. Sy sit die glas neer en hou haar arms vir my uit. Ek trek haar regop en dan soen ons mekaar.

(Word vervolg)

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

12 thoughts on “Liedjiestorie: Baby did a bad, bad thing (2)

  • October 25, 2017 at 6:41 pm
    Permalink

    Ramkat….hoop jy is al besig met die opvolg….ek is deel van die volk wat nie kan wag nie….uitstekende stukkie werk!!

    Reply
  • October 25, 2017 at 6:53 am
    Permalink

    Ek ook. Kannie wag om meet te lees nie.

    Reply
  • October 24, 2017 at 4:38 pm
    Permalink

    Netjies gedoen Ramkat, uiters netjies. Die volk wag in spanning vir die volgende stuk van die storie.

    Reply
  • October 24, 2017 at 2:57 pm
    Permalink

    Pragtig en stylvol. Ek sien uit na die opvolg episode

    Reply
  • October 24, 2017 at 2:20 pm
    Permalink

    Dankie Ramkat.
    …hou asem op Nico, Ramkat sal die storie opvolg….hy weet Geoffry en die Spiertiere wag vir hom as hy dit NIE doen nie…☺

    Reply
  • October 24, 2017 at 12:58 pm
    Permalink

    Liewe ouers. Lanklaas só meegevoer deur n storie. Pragtig.

    Reply
    • October 26, 2017 at 2:32 pm
      Permalink

      Ek’s bly. Hoop om die volgende episode oor die naweek te skryf

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)