Selfontwaking (1)

deur Aphrodite

Daar is nou maar net sekere vroumense wat mens outomaties tannie wil noem. Al is sy maar net sewe jaar ouer kom die tannie sonder keer by jou mond uit. Vir Anke was dit die geval met die ontvangsdame by Dr Swanepoel se spreekkamers. Sy wil nie vandag met haar oor die weer praat nie of hoor hoe suksesvol die tannie se seun is nie. Sy wil net hier sit en wag vir haar afspraak in stilte en dink aan ‘n piel. ‘n Foto van ‘n fokken ongelooflike stywe piel wat sy nou net op WhatsApp gekry het.

Elke keer as tannie Esta haar probeer intrek in ‘n gesprek moet sy haar gedagtes weer reg fokus. Sy weet sy moet die ligte klop in haar nat plesierpaleis probeer onderdruk en die beeld vervang met wat die tannie van praat, maar wat haar liggaam nou voel sal die tannie nie kan hanteer nie. Gelukkig weet sy darem hoe om ‘n show op te sit. “Ja, Tannie ons sal maar moet bid vir reën,” terwyl haar binneste weet bid gaan haar nie help nie.

Anke lyk weer ongelooflik mooi vandag. Altyd professioneel, hakke, sykouse, rompie, nie te kort nie ook nie te lank nie en ‘n rooi bloes wat net die begin van haar borsvallei vertoon. Niks te oop nie, niks te toe nie. Net genoeg om haar met respek te aanvaar, maar ook genoeg dat jy haar op ‘n onbeskofte manier oor ‘n stoel wil laat buig. Haar lang bene is gekruis en elke keer as nog ‘n boodskap deurkom op haar foon dan knyp sy haar bene stywer vas wat haar net natter laat voel. Sy is te bang om haar boodskappe oop te maak, want piele en hygwoorde hoort nie in die spreekkamer nie, maar hy soek haar, hy begeer haar.

Sy het tien jaar laas ‘n piel tussen haar lippe laat ingly. Haar lewe het na haar egskeiding net twee rolle gehad, om ma te wees en om te werk, hard te werk. Sy moes alleen sorg, geld maak en grootmaak. Daar was nie tyd vir mans nie en sy het lank geglo ‘n vrou moet respekteer kan word, ‘n ma moet voorbeeldig wees en ‘n enkelma mag nie orgasmes kry as die kinders na storietyd gaan slaap nie. Sy kom uit ‘n streng en gedissiplineerd Calvinistiese huis waar daar na jou spraaklose lippe verwys word as die verkeerde plek. Sy het nie veel aan seks gedink nie en op die ouderdom van 43 het sy gevoel niks sal haar diep gewortelde waardes verander nie. Sy was lief vir lees en haar vriendin Carla, wat Anke altyd beskou het as ‘n undercover seks godin, het geweet sy kon nie nee sê vir enige boek wat in haar hand gesit word nie. Vir haar negende egskeidingsherdenking het Carla vir haar twee geskenke gegee, ‘n boek en ‘n elegante swart boks. Die boek was geskryf deur Dr. Darrel Ray, Sex & God – How Religion Distorts Sexuality. Sy het die boek in twee dae verslind. Elke hoofstuk het ‘n verandering in haar geruk. Elke sin het met haar binneste gepraat, want die boek was vir haar geskryf. Alles wat sy geweet het, maar onderdruk het, het uit die boek se nate gebars. Alles wat sy geglo het, het weggesmelt onder die hitte van haar ontwaking. Sy was nie reg om daai boks oop te maak nie. Sy het geweet wat binne wag. Sy ken haar vriendin goed, sy ken haar stories, haar avonture en liberale uitkyk op die wêreld. Vir drie maande was die geskenk onoopgemaak weggesteek in haar onderklere kas. Sy wou eers haar kop skoon kry, haar konserwatiewe wortels uitruk.

Een Saterdagaand het albei haar kinders by vriende gaan oorslaap. Vir die eerste keer vandat die boks in die kas geklim het, was sy alleen by die huis. Sy het nie aan die boks gedink tot sy in die bad geklim het na die kinders weg is nie. Sy het afgekyk na haar nippels wat deur die badskuim gepronk het, sy het gehou van wat sy gesien het. Sy het eers saggies haar linker nippel geknyp en dadelik ‘n reaksie veroorsaak in die binneste van haar vrouwees. Sy het geweet, sy is reg, reg vir die boks.

Wat Anke daai aand besef het was dat die orgasmes wat sy gedink sy gehad het met haar narsistiese eks-man, net ‘n klug was. Sy het uit die bad geklim met geen oor analisering van wat is reg of verkeerd is nie, sy was nie ‘n ma, ‘n IT bestuurder of ‘n vrou met ‘n libido wat onder beheer is nie. Sy was lus om verby al haar boundaries te gaan, haar self te ontdek.

Met ‘n handdoek om haar ongebruikte lyf het sy kas toe gestap, op die bed gaan sit en die boks op haar skoot gesit. Die analis in haar wou eerste die instruksieboek begin deurlees, maar die jagse dierlikheid in haar het die vibrator ontpak, batterye ingesit en dit dadelik aangeskakel. Die vibrasie in haar hand het haar laat snak na haar asem, want sy kon voel hoe haar klit uitroep vir eerste kontak. Sy het die nuwe speelding neergesit op die bed langs haar en haar liggaam bevry van die wit sagte handdoek. Sy kon haar refleksie in die spieëlkas voor haar sien, sy kon raaksien wat Carla al die jare van gepraat het. Haar lang, donkerbruin krulhare, haar sterk skouers en haar groot vol borste. Sy het gehou van die beeld, want vir die eerste keer het sy werklik gekyk. Sy druk haar palms sag op haar borste. Die gevoel van haar nippels wat hard word is ongelooflik. Die olies in die badwater het haar vel glad gemaak. Gehipnotiseer deur die ritme wat sy haar borste mee masseer begin sy dronk in haar kop voel, ‘n goeie dronk. Sy lyk goed, sy voel goed en sy glo dit.

Haar diep selfstaar word gebreek deur die vibrasie van die pers vibrator wat teen haar been gerol het en sy beweeg stadig haar liggaam agter toe, haar lang hare bedek die wit duvet en met haar regterhand gryp sy die nuwe speelding. Sy trek haar bene op en maak hulle wawyd oop. Sy beweeg haar nuwe pers vriend eers teen haar harde stywe nippels en gee ‘n sagte kreun. Haar klit en die binneste van haar nat doos klop en sonder enige vrees skei sy haar boonste skaamlippe oop met haar linkerhand en druk die pers genot teen haar klit. Die eerste vonk van hernuwing skiet deur haar liggaam en sy laat ‘n harde kreet van genot los. Dit het goed gevoel, dit het fokken fantasties gevoel. Sy druk die vibrator harder teen haar plesierknoppie en beweeg haar linkerhand af by haar kloof. Sy gly twee van haar vingers tussen haar nat lippe in, diep in haarself in, nat, natter as wat sy nog ooit was. Sy kon voel iets is besig om met haar te gebeur wat sy nie ken nie, ‘n gevoel wat opbou, ‘n gevoel wat haar mond laat oopval en geluide laat maak wat sy net nie ‘n wag voor kon sit nie. Die eerste golf tref haar van haar binneste af en sy kan voel hoe beweeg dit deur haar, om haar, binne haar. Dit was te intens, sy verstaan dit nie, sy beweeg haar lyf instinktief op na die bed kopstuk toe, weg van die vibrasie af. Sy ruk haar vingers uit haar nat plesierdeur uit om die intensiteit te verminder, maar haar regterhand, die sterk een, met die pers plesier in sy kloue, hou nie op druk teen haar nou geswelde klit nie. Dit het vir haar gevoel asof sy twee mense was, die dierlike een wat haar na hoogtes toe wil neem wat haar gaan verander en die ander een, die een wat nie daai deur wou oopmaak nie.

Nog ‘n vonk, nog ‘n draai, nog ‘n sametrekking van haar alles. Die een begin in haar keel opbou, dit is te groot, haar liggaam ruk en sy draai om, pers plesier nog teen haar vonk knoppie en voor sy haar self kan keer is sy op haar knieë en haar vryhand gryp die bed kopstuk. Sy gooi haar kop agtertoe, laat ‘n gil uit, maar dit is nie genoeg nie, sy moet woorde aan dit koppel en sy uiter onbeskaafd die kreet, FUCK YES, oor en oor terwyl sy die golwe van die seksgodin in haar ry, een na die ander.

Dit was die begin van selfondersoek vir haar. Nie die tipe selfondersoek wat mens moet doen tydens refleksie van jou menswees nie, nee die self ontmoeting van jou liggaam. Om te weet waar jou aan knoppies is, om elke hoek van jou lyf te ontdek en te besef dit is goed, dit is fuck yes, lekker.

Nou sit sy in ‘n spreekkamer. Om ‘n dokter te sien net om ‘n eenvoudige voorskrif te kry vir ‘n pil wat haar gemoedsrus kan gee vir wat kom, of, for that matter, vir wie sy wil hê moet in haar kom. Vir ‘n jaar het sy haarself ontdek, haar self geniet. Tog het sy stadig maar seker gehunker om vir iemand haarself te wys. Vir iemand die deur oop te maak en die dier uit te laat wat agter die beeld van professionaliteit wegkruip. Sy wil flirt, sy wil haar liggaam deel, haar geluide en haar warmplek wat so vinnig nat kan word. Sy het haar orgasmes perfek bemeester en kon op pad werk toe met net haar gedagtes en ‘n sagte streel tussen haar bene die golwe ry, versigtig natuurlik, oog op die pad hand op die doos.

Sy was oop vir seks, reg vir penetrasie, maar het nie geweet hoe om iemand te kry wat sy kan vertrou nie en wat nie dinge wou kompliseer met liefde nie. Sy wou net iemand al haar knoppies wys, hoe haar borste op en af beweeg as sy die rukke van haar orgasmes beleef en ‘n piel diep in haar keel afdruk en dan wil sy verdwyn. Sy wil meer as een piel probeer, verskillende fok maatjies maak.

Carla het ‘n paar potensiële kandidate vir haar uitgewys, maar hulle almal was op een of ander manier gekoppel aan haar kliënte. Sy wou nie daai kans waag nie. Sy het maar altyd haarself oop gehou vir ‘n geleentheid wat veilig en anoniem kan wees.

Hy het haar die eerste keer gesien by ‘n IT-konferensie by die Gallagher Convention Centre. Hy is baie jonger, 12 jaar haar junior. Sy het soos altyd goed gelyk, ‘n swart stywe rompie, bene wat elke man om sy nek wil hê, hoë hakke en ook ‘n baie stywe lae snit donkergroen trui. Die kleur van die top het die groen in haar oë beklemtoon en Anke was nie bang vir oog kontak nie.

Gerhard het haar dadelik gesien toe sy by die ingang van die voorportaal instap en hy kon nie sy oë van haar afhou nie. Sy het met soveel selfvertroue haarself voorgestel aan ander konferensiegangers. Die konferensies bestaan gewoonlik 70% uit mans uit en haar teenwoordigheid was deur almal raakgesien. Veral tussen ‘n klomp IT-geeks. Sy staar was onverwags verbreek deur Danie wat langs hom kom staan.

“Mmmmm MILF, nice,” sê hy terwyl hy sy mond vol peanuts en raisins druk en na Anke kyk.

“Jissis Danie. Kan jy nie net bietjie tone-down nie. Waar die fok kry jy die peanuts?”

Danie gooi nog ‘n handvol in sy mond. “In die badkamer.”

Gerhard probeer kyk waar Anke is en sien sy is op haar selfoon, besig om in die stadium in te stap.

“Fok Danie, jy is walglik. Kom ons moet ingaan. Ons gaan nie sitplek kry nie”

Hy kyk dadelik of hy haar kan sien toe hy instap. Sy sit agter in die hoek, soos ‘n rebelse skoolkind. Daar is net een plek oop langs haar en soos hy Danie ken gaan hy met sy peanut en raisins asem daar wil inwikkel. Hy kon die mooi gevormde definisie op haar bobeen spier raaksien. Hy wil met sy vingers op die pad van plesier laat speel maar terwyl hy staar besef hy dat Danie ook staan en staar. Danie beweeg eerste om te gaan pis op sy terrein, maar die keer gaan Gerhard dit nie toelaat nie. Hy gryp Danie se bo-arm, ruk hom terug en fluister aggressief.

“Dude, fok jou, ek gaan daar sit.”

Voor Danie kan reageer word hy teruggestoot en Gerhard skuif verby Anke wat haar bene weg beweeg het sodat hy verby kan kom terwyl sy praat op haar foon. Hy neem sy wenplek in langs die ongedelgde seksgodin.

Sy was nie bewus van Gerhard wat op pad is nie of sy pisgeveg met Danie nie. Haar baas wou haar aandag op die foon hê, maar die oomblik toe Gerhard verby haar beweeg kon sy hom ruik. Dit was ‘n aangename skoon-vars-uit-die-stort reuk, wat dadelik haar aandag op hom gevestig het toe hy gaan sit. Sy het hom ‘n halwe glimlag gegee toe sy sien hoe aantreklik hy is, close up. Hy het ‘n stoppelbaard, blou oë en ‘n ferm gespierde jong lyf met ‘n sexy gat wat in jeans gegiet is. Sy maak haar gesprek klaar, sit haar selfoon af en draai haar lyf na Gerhard toe. Hy steek sy hand uit na haar toe.

“Gerhard, aangename kennis.” Sy hand is groot en ferm en die oomblik toe sy haar hand in syne plaas, voel hy die elektrisiteit deur sy are hardloop. Sy is ongelooflik sexy, haar borste lyk sag en hy kan die uit lyn van haar nippels deur haar dun trui sien.

“Anke aangenaam. Welkom in my spasie.” Anke se woorde verras haar. Sy is nie gewoonlik so braaf met haar mond nie. Hulle breek nie die konneksie nie.

Hy glimlag en probeer nie sy staar in die rigting van haar borste weggee nie. Op daardie stadium het hulle altwee geweet woorde gaan nie vandag die praat werk doen nie. Die ligte flikker drie keer en demp dan stadig af. Eers toe die harde musiek die stadium vul breek hulle oogkontak en los hulle mekaar se hande, stadig en teenstrydig. Sy vou haar hande op haar skoot en Gerhard kyk af na haar romp wat nou net vyf sentimeters van haar bobeen wys. Haar bene is nie gekruis nie en sy beweeg haar knieë ‘n klein bietjie uitmekaar uit. Hy kyk onbeskaaf na die gaping tussen haar bene en wens hy kan sy hand daar indruk. Eers toe Anke met haar vingers haar rompie ‘n klein bietjie optrek besef hy dat haar groen oë op hom gevestig is. Sy weet hy kyk en gee nie om nie. Hy is stomgeslaan. Kan sy voel wat hy voel, kan hierdie die beste konferensie in die geskiedenis van konferensies wees?

Hy wil nie sy kaarte oorspeel nie. Anke lyk professioneel, stylvol en totaal en al out of his league. Hy is ‘n Dungeons en Dragons speler wat eers onlangs besef het dat hy nie all that bad looking is nie. Sy ondervinding met meisies is nie sleg nie, maar hierdie is ‘n volbloed, fucking unbelievable hot vrou. Hy besef hy is besig om dinge te oordink en trek homself terug in die oomblik in.

Fokkit Gerhard, vir eens doen wat jou binneste wil. Hy beweeg sy skouer nader aan hare en sy beweeg nie weg nie. Hy wens hulle was alleen, hy wens hy kan haar hier weglok, hy wil haar hand op sy piel sit sodat sy kan voel hoe dit begin swel, maar daar is net te veel mense langs hulle. Sy lig haar linkerbeen op, stadig en vir ‘n oomblik word die gaping groter. Hy wil sy kop daarin druk en haar klit onder sy tong proe. Fok, sy is hot. Sy kruis haar bene en trek haar rompie verder op, tien sentimeters bo haar knieg. Sy druk haar regterhand tussen haar bene vas en laat val haar linkerhand teen syne wat tussen hulle om die rand van sy stoel gevou is. Hulle pinkies raak liggies aanmekaar. Hy voel weer die elektrisiteit. Dit pomp deur sy are, af na sy piel wat nou wakker is. Sy kan haar effek sien op hom. Sy maak haar bene weer oop en kruis haar linkerbeen nou oor haar regterbeen. Haar rompie skuif nog op en van sy kant af kan hy nou haar hele bobeen sien. Hy kan homself nie keer nie en sê saggies, “Sjoe”.

Die man langs Gerhard is onbewus van wat langs hom aangaan, want sy dik brille is gefokus op die Telkom LTE spoed toets wat op die groot skerm wys en die saal is donker genoeg om dit vir hom weg te steek, maar helder genoeg vir Gerhard om te sien. Sy sit haar hand stadig op syne en skuif dit tot teen haar bobeen. Hy kan voel hoe warm, sag en ferm haar been is teen die kant van sy hand, maar hy durf nie sy hand oorspeel nie. Baie versigtig beweeg hy sy pinkie op teen haar been. Sy glimlag. Dis goed, maar dis genoeg. Hy is bang hy lees die tekens verkeerd. Hy vat sy hand weg. Sy glimlag en maak weer haar bene oop. Sy los hulle oop net genoeg, nie te veel nie, maar die keer kruis sy dit nie weer nie. Sy wieg dit oop en dan toe, stadig. As hy maar net geweet het dat sy hom in die parkeerarea gesien het toe hy sy kar parkeer het. Dat sy hom eerste dopgehou het. As hy maar net geweet het dat sy dadelik ‘n warm gevoel vir hom gekry het en eers haar vinger diep binne haarself gedruk het voor sy uit haar kar geklim het. As hy maar net geweet het hoe nat en lus sy is. Klaar opgewarm.

Sy sit haar hand op sy skouer, fluister in sy oor “kom” en staan op. Sy kyk af na hom en glimlag weer. Vir ‘n oomblik wil Gerhard omdraai en kyk met wie sy praat, maar die oomblik toe sy omdraai en wegloop staan hy ook op. Sy loop ongeveer tien tree voor hom en hy kan nie help om sy oë op haar ongelooflike boude te hou nie. Hulle is nie groot nie, maar ook nie klein nie. Hy kan sien hoe beweeg hulle en wonder hoe lyk sy kaal, oorgebuig, nat en oop.

Al die mense is in die stadium en die ingangsportaal is so te sê leeg behalwe vir ‘n paar laatkommers. Sy lei hom na ‘n leë ouditorium toe. Net die verhoog se ligte is aan, maar dit is nie waarnatoe sy hom wil vat nie. Sy het al ‘n aanbieding hier gedoen en weet wat is agter die gordyne. Hy versnel sy spoed, want hy is so bang sy is net ‘n visioen en as hy sig verloor is sy weg verewig.

Sy trek die gordyn wat agter die verhoog is oop en draai na hom toe. Dit is ‘n backstage room. Sy glimlag en die oomblik wat hy naby genoeg is om haar soet reuk in te asem beweeg sy in die klein vertrek agter die verhoog in. Hy gryp die gordyn net voor dit weer toemaak en sien hoe sy op ‘n leer bank gaan sit. Hy kyk af na haar bene, haar heupe, haar borste en dan haar oë. Hy wil ‘n lig aansit sodat hy elke stukkie van haar kan sien, maar hy wil nie nou oogkontak verloor nie. Die venster se blinders agter die bank is half oop en die sonstrepe speel oor haar liggaam. Haar bene is weer gekruis en sy sit gemaklik agteroor. Hy is onseker van wat hy wil doen. Sy alles skreeu, bespring haar, ruk haar bene oop en klim met alles in haar, maar hy kan sien sy het ander planne. Sy is in beheer. Sy beweeg vorentoe, haar hand gly by haar been af tot by haar skoen, sy trek eers die een uit, kyk op en dan die ander een. Sy gaan sit weer agteroor en kyk na die man wat nie sy intense blou oë van haar kan afneem nie. Sy beweeg haar hand stadig na haar borste wat brand om uit te kom. Haar vingers is wyd uitmekaar uit en sy gryp haar borste hard. Sy beweeg hulle, druk hulle, vryf hulle.

“Haal hulle uit,” sê Gerhard sonder om te dink. “Ek wil jou sien, ek wil jou proe.”

Sonder om ‘n woord te sê staan Anke op. Sy gaan staan twee tree van Gerhard af. Sy lug haar trui oor haar kop en haar hare val oor haar skouers. Sy het ‘n swart satynbra aan. Hy kan haar harde nippels deur die satyn sien. Fok, die goed is mooi. ‘n Vol C moontlik ‘n D. Sy beweeg haar hande agtertoe en maak haar bra los. Die oomblik toe haar bra op die grond val, val Gerhard se mond oop. Haar tepels is pink, hard en styf ingetrek. Sy glimlag vir sy reaksie en vir ‘n oomblik kan sy sien hy weet nie of hy net vir nou wil kyk of dadelik wil gryp nie. Sy beweeg vorentoe en neem sy regterhand in hare. Sy druk sy warm klam palm teen haar bors en sy linkerhand volg getrou die ander hand se voorbeeld. Hulle voel so goed. Die ereksie in sy broek druk teen sy Jeans en sy kyk af na die glorie van dit. Haar hand gly teen die bult af en sy hou van wat sy voel – hy is groot maar, nie so groot dat haar onbetrede doos ‘n angsaanval gaan kry nie. Sy is nat, en dit voel asof die g-string wat sy aanhet binne in haar wil verdwyn. Hy sit sy mond oor haar tepel en sy kan ‘n sagte plesierpyn in haar binneste voel. Hy beweeg af en trek haar romp uit. Hy gryp haar g-string en trek dit op en die dun materiaal split haar lippe. Sy is skoongeskeer. Iets wat sy begin doen het na haar eerste groot orgasme. Die gevoel laat haar agtertoe beweeg en met die aksie stoot hy haar teen die bank vas. Sy val op die bank en haar borste hop toe sy die sagte leer tref.

“Fok, jissis jy is hot,” sê Gerhard net voor hy sy kop tussen haar bene indruk. Hy skuif die g-string uit haar lippe uit en vou haar oop. Hy moet haar proe, maar hy wil eers hierdie prentjie in sy brein in vasbrand. Haar klit is donker en haar voue blink van die nat glans. Hy kan sien hoe haar gaping beweeg in afwagting. Hy lek haar klit saggies eenkeer en kyk op na haar toe. Haar borste is in haar hande. Sy knyp haar tepels en haar mond laat ‘n kreun uit. “Nog, asseblief nog …”

Gerhard druk drie van sy lang vingers diep in haar ryp doos in en haar rug vorm ‘n plesierboog. Hy begin haar klit lek, suig … en lek. Sy vingers beweeg ritmies in haar en dan uit, in en dan uit. Sy ruk van plesier. Haar reuk is ongelooflik, die smaak van haar geswelde klit in sy mond is die smaak van seks, skoon, sout. Hy wil sy penis in haar druk, maar hy eet ongelooflik lekker en sy geniet dit. Elke oomblik daarvan. In sy binneste weet hy sonder dat hy haar ken dat hierdie oor haar moet gaan. Hy wil haar dien, haar uiteet tot sy vol is, vol van die glorie van plesier.

Haar kreune word harder, en haar bene beweeg nader aanmekaar. Sy gryp Gerhard se hare met albei hande en dit voel vir hom asof sy gaan ontplof in sy gesig. Haar liggaam ruk en sy kom regop, dit dwing hom om sy kop op te lig, maar hy hou sy vingers in haar nat doos, want hy kan voel hoe alles saamtrek. Anke druk haar voorkop teen syne, haar mond oop. Hulle lippe naby mekaar en sy kreun in sy mond, FUCCKKKK.

Haar linkerhand het ‘n nog ‘n bos van sy hare in en sy trek sy kop agtertoe terwyl sy haar regterarm agter haar liggaam plaas om haarself te balanseer. Sy druk haar heupe vorentoe sodat sy vingers dieper binne in haar insuig. Sy verloor haar balans val agtertoe en trek hom saam met haar. Haar liggaam is natgesweet en haar asemhaling is vlak. Sy kan Gerhard se ongelooflike harde ereksie voel teen haar liggaam. Sy soek hom binne in haar.

Sy beweeg haar hand na sy volbloed stywe piel en die oomblik toe sy haar hand voor in sy Jeans indruk hoor hulle hoe die deure van die ouditorium oopgaan.

Anke ruk haar hand uit en Gerhard spring regop. Sy bult duidelik, groot, vir haar, nie vir wie nou hier gaan instap nie. Hy tel vinnig haar bra, trui en rompie op en help haar om aan te trek terwyl hy sy oor op die geluide in die ouditorium hou. Die geluide kom nader en Anke begin saggies giggel. Gerhard kan nie help om dit ook amusant te vind nie. Hulle voel soos twee stoute kinders.

“Ek kry nie my skoene nie,” fluister Anke terwyl Gerhard versigtig deur die gordyn loer. Hy kyk na haar wat giggelend op die vloer rond soek.

“Ek het dit,” sê sy verlig en glip vinnig in haar hakke in. Sy is weer ten volle geklee. Sy gaan staan langs Gerhard en sien saam met hom hoe ‘n jong dame bottels water op die tafels plaas. Terwyl Anke kyk na wat buite aangaan kyk Gerhard na haar. Haar wange is rooi en haar krulhare deurmekaar. Hy vat een van haar krulle wat oor haar gesig hang en skuif dit in plek. Sy kyk na hom. Hy glimlag.

“Jy is steaming fucking hot, Anke,” sy woorde swem deur haar liggaam. Dit bevestig alles wat sy van haar self wil glo.

Sy fluister terug; “Jy is ongelooflik talentvol met daai mond van jou. Wens ek kon jou piel binne my gevoel het, wens ek kon vir jou gesorg het.”

“O fok, hotness, jy verstaan nie. Ek wens jy kan jouself proe, wens jy kon sien wat ek gesien het. Om vir jou te sorg was die fokken warmste ding wat ek al ooit gedoen het.”

Anke beweeg tot teenaan Gerhard, hulle lippe raak en sy druk haar tong diep in sy mond in. Hy kan voel hoe die ereksie wat hy weggeskrik het weer begin opbou. Sy trek haar tong terug, breek die soen en sit haar hand op sy borskas.

“Mmmm ek proe glad nie sleg nie,” fluister sy net voor sy hom deur die gordyne in die ouditorium instamp. Die gordyne maak agter hom toe en die dame kyk hom verward aan met twee waterbottels in haar hande. Hy weet nie wat om te doen nie. Hy soek haar nommer, haar van, fok haar karregistrasie, iets, hy wil haar weer sien. Hy wil sy piel so diep binne in haar druk dat sy nie kan loop vir ‘n week nie, maar as hy die gordyn weer oopmaak, gaan die dame weet wat hy daar agter gedoen het.

Hy loop verleë na die waterdraer toe en vra dat sy hom gou wys waar die konferensie is. Dit sal Anke tyd gee om gou ongesien uit te glip. Was dit haar plan? Het sy geweet hy sal homself verneder om haar te beskerm? Gaan hy haar ooit weer sien?

Hy het eers later daai aand sy antwoord gekry toe hy na sy kar toe stap, moeg gesoek na iets wat hom ‘n leidraad kan gee van wie sy werklik is. Daar op sy voorruit, is ‘n nommer met ‘n eyeliner geskryf. Dit kan net Anke wees, maar hoe die fok het sy geweet watter kar is syne? Die vraag het dadelik sy piel laat styfspan.

En dit is hoe Gerhard haar nommer gekry het. Dit is hoe hy dit reggekry het om haar nat te maak in die dokter spreekkamers. Hy en sy glorious piel. ‘n Piel wat sy nog nie behoorlik aangeraak het nie, geproe het of toegelaat het om haar binneste oor en oor te stamp nie.

Na die konferensie is Gerhard terug Kaapstad toe. Skype en WhatsApp is al wat hulle vir die afgelope drie weke kon gebruik vir voorspel, maar hy is op pad. Hy is volgende maand terug in Gauteng. Net vir haar.

“Dokter sal jou nou sien, Anke.” Al die gedagtes, stywe piele, harde tepels en nat, pap nat plesier lippe moet nou eenkant toe skuif. Sy staan op en loop deur na Dr Swanepoel toe.

Hy groet haar by die deur, “Môre en hoe gaan dit met die Stander gesin?”

Net voor Anke antwoord hoor sy hoe nog ‘n WhatsApp deurkom. Sy glimlag.

“Dokter, binnekort, baie goed.”

(Lees die tweede episode HIER)

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

18 thoughts on “Selfontwaking (1)

  • September 14, 2017 at 10:47 am
    Permalink

    Absoluut puik geskryf!!! Stuur my nog asb

    Reply
  • September 13, 2017 at 9:42 pm
    Permalink

    Dit was nou ‘n lekker storie! Maak mens sommer BAIE lus… welgedaan, skryf nog!

    Reply
  • September 10, 2017 at 5:13 pm
    Permalink

    Sjoe!! Uitstekend en baie realisties… En die lus loop nou rond… 😉

    Reply
  • August 30, 2017 at 2:48 pm
    Permalink

    Julle terugvoer is ongelooflik. Maak my sommer lus…..vir nog skryf. Baie dankie! Ek sal verseker die verhaal opvolg.

    Reply
  • August 30, 2017 at 12:49 pm
    Permalink

    Aphrodite….Aphrodite…..uhmm…..ek is sprakeloos (en lus). Beslis een van die beste, smeulendste, erotise stories wat ek al gelees het. Hoop iemand maak ‘n rolprent daarvan…..Kan nie wag vir jou opvolg of volgende verhaal nie…

    Reply
  • August 30, 2017 at 11:18 am
    Permalink

    ‘n Uitstekende storie. Ek kan nie wag vir die opvolg nie.

    Reply
  • August 30, 2017 at 11:03 am
    Permalink

    Baie goed geskryf en net weer ‘n bewys dat vrouens ook belustig raak. Bou voort op hierdie goeie poging

    Reply
  • August 30, 2017 at 8:28 am
    Permalink

    Hi, dankie dis puik geskryf, en weet hoe om jouself te geniet……
    Daar moet beslis n opvolg wees want volgende week is hy terug in gauteng net vir jou…..

    Reply
  • August 29, 2017 at 10:38 pm
    Permalink

    Wat ‘n lekker storie! Ek hoop dat dele of selfs alles op die werklikheid gebaseer is. Ek hou ook van jou humor – “spraaklose lippe”. Ek hoop jy skryf nog baie sulke stories in die toekoms – en dat jou bron van inspirasie nooit sal opdroog nie.

    Reply
    • August 30, 2017 at 8:27 am
      Permalink

      Sy het gesê ek kan dit onder “Memoirs” sit, Uther. SO ek glo jou hoop is waar. 😉

      Reply
  • August 29, 2017 at 8:51 pm
    Permalink

    Dit was amazing – extra amazing want ek is self in IT. 😉

    Reply
  • August 29, 2017 at 8:28 pm
    Permalink

    Sjoe Aphrodite dit was nou n vreeslikke goeie storie. Ek hoop wraggies dat ons n vervolg eersdaags kan lees. Wel gedaan.

    Reply
  • August 29, 2017 at 2:33 pm
    Permalink

    Wow. Duidelik geskryf deur iemand wat weet van die lekker in die lewe. Great storie.

    Reply
  • August 29, 2017 at 2:16 pm
    Permalink

    Dubbel WoW ! G’n wonder jou skuilnaam is Aphrodite nie !
    Dankie, puik werk♥

    Reply
  • August 29, 2017 at 2:12 pm
    Permalink

    Jou aanmerking bevestig wat ek ook al lankal sê. As jy ‘n storie geniet terwyl jy dit skryf kom dit deur op die eindproduk.
    Baie geluk en dankie vir ‘n uithalerstorie ! ♥

    Reply
    • August 29, 2017 at 2:53 pm
      Permalink

      Dankie vir jou willie wil! Ek dink dit is hoog tyd dat ons vroue skrywers die bul by die horings pak op hierdie platform. #punintended

      Reply
  • August 29, 2017 at 1:28 pm
    Permalink

    Aphrodite… Wow! Uitstekend…

    Reply
    • August 29, 2017 at 1:33 pm
      Permalink

      Baie dankie, het dit baie geniet om dit te skryf.

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)