
Die proposisie
deur Wille Will
Taalversorging deur Lusman
Hy droog homself vinnig af nadat hy so pas onder die stort uitgeklim het. Wanneer hy tussen sy lieste afdroog reageer sy meneer soos hy oor en onder dit heen en weer vryf. Hy glimlag as hy sy semihoring sien. Dan stap hy tot by die ronde tafeltjie langs sy bed en steek ‘n sigaret aan uit die pakkie wat daarop lê. Hy trek die rook behaaglik in as hy oorstap na die balkondeur en die gordyne wegswiep.
Hy stap uit en voel ‘n windjie wat koel oor sy naakte liggaam streel. A, dink hy by homself en gooi sy hoof na agter op sy skouers met ‘n oop mond en toe oë. Die skerp son verwarm sy wange.
“Dis mos nou die lekker lewe,” mymer hy hardop en neem weer ‘n lang teug aan die Gunston. Hy laat sak sy kop en kyk af na die parkeerarea. Hy bedek vinnig sy geslagsdele met albei hande wanneer hy ‘n vrou met lang swart hare langs ‘n geel Mini Cooper GT sien staan. Sy kyk op na hom toe. Die Gunston smeul op die vloer ‘n treetjie van hom af waar dit uit sy vingers geval het.
“Jam-m-mer as dit ‘n ongeleë tyd is, m-maar u sekretaresse het ‘n afspraak gereël vir 8 vm. U is mnr. Erlank?” Sy gee ‘n verleë laggie en hou haar hand bokant haar wenkbroue vir die son terwyl haar skrefiesoë opkyk na hom.
“O, maar gaan dan asseblief by die voordeur in, dit is oop. En maak u self gemaklik in die voorkamer … ek’s nou by u.”
Hy glip terug deur die balkondeur en druk dit toe agter sy rug. Hy staan ‘n oomblik stil en stoot sy hande deur sy blonde hare. Hy maak sy oë toe om sy gedagtes te herroep, maar hy kan nie onthou dat Lisa hom aan ‘n afspraak herinner het nie. Sy dik voël dobber teen sy lyf as hy vinnig na die laaikas stap, ‘n onnie uitpluk en dit, bietjie van balans af, aantrek. Hy trek ook gou ‘n ligte, wit slenterbroek aan en stoot sy paar voete in plakkies in wat langs die kas lê. Terwyl hy ‘n ligblou T-hemp oor sy skouers wurm, stap hy by sy slaapkamer uit.
Wanneer hy met die trappe begin afstap, stoot hy weer sy hand deur sy krulle. Fok, hy wonder hoeveel van sy naaktheid het sy gesien. Halfpad af met die trappe steek hy vas.
Hy het nou ‘n uitsig in die sitkamer in. Hy sien die besoekster op een van die Louis XIV-stoele sit terwyl sy deur ‘n tydskrif blaai.
Sjit, sy’s beeldskoon! Sy’s geklee in ‘n vlootblou snyerspak met ‘n hoë kraag. ‘n Wit sybloes en sykouse met donker hoëhakskoene voltooi die uitrusting. Haar raafswart hare is na die een sy oorgegooi en ‘n robynknopie skitter in die sigbare oorlel. Sy het hoë wangbene met ‘n aristokratiese neus bokant vol lippe, van dieselfde kleur as die oorknopie. Haar vel is ivoorwit, amper deurskynend en die ligte grimering verhef die vlekkeloosheid daarvan. Hy merk ook die lang, perfek gemanikuurde vingers op. Daar is ‘n robynsteenring aan een vinger van die regterhand. Haar bene is oormekaar gevou en die pakkie se romp het opgeskuif. Dit vertoon’n pragtige bobeen.
Haar sesde sintuig het haar seker bewus gemaak van sy teenwoordigheid. Want skielik draai sy haar gesig na die trappe toe en met groot, gletserblou oë onder haar lang wimpers, staar sy na hom. Hy sluk en met ‘n groot glimlag wuif hy huiwerig met die een hand vir haar, as ‘n groet. Hy stap-spring die laaste paar trappe af terwyl sy opstaan en die romp in posisie trek.
Sy beantwoord sy glimlag met spierwit tande. Sy plaas die tydskrif weer terug op die tafeltjie langs die stoel.
“Jammer vir die oponthoud, maar ek moes eers gou verklee,” sê hy met ‘n laggie. Hy besef sy “verklee” klink nie baie oortuigend nie.
“Ek’t so opgelet,” antwoord sy en ‘n rooi blos verkleur haar wange. “Ek is Elma Verhoef.” Sy steek die lang vingers van haar hand met die robynring aan na hom toe uit.
Bliksem, het sy alles van my gesien? wonder hy terwyl hy sy hand na haar uitsteek. “Estiaan Erlank, soos jy seker reeds weet … bly te ontmoet,” antwoord hy en omsluit haar vingers met sy hand.
“Sit asseblief weer. Sal jy ‘n bietjie koffie of vrugtesap saam met my geniet?”
“Vrugtesap, pomelo verkieslik … sal lekker wees, baie dankie.” Sy gaan sit weer, ewe kuis hierdie slag en sonder om haar bene te kruis.
Estiaan gee ‘n paar treë na ‘n binnedeur en roep in ‘n effens hoë toon: “Eva, bring vir ons twee pomelosappe, in lang glase … na die sitkamer.” Hy gaan sit op die stoel aan die oorkant van die tafeltjie by haar.
“Waarmee help ek?” opper hy en plaas sy hande in mekaar gevou op sy gekruisde bene. Hy verdrink amper in die ligblou oë as hy haar stip aankyk. Sy laat sak haar wimpers, met ‘n ligrooi kleurtjie wat weer op haar wange verskyn.
“Ek het ‘n proposisie wat ek aan u wil voorlê … een wat ons wedersyds kan bevoordeel,” val sy weg. “Een van my ooms het vir my R5 miljoen nagelaat in sy boedel, met voorwaardes …” Sy gee ‘n laggie, gooi haar hande liggies in die lug en slaan die wimpers op na die dak.
Hy glimlag saam en vra, polsend: “Gaan gerus voort.”
Eva kom ingestap met die pomelosap en doen ‘n kniebuiginkie na albei met: “Môre, Meneer … môre, Juffrou.” Sy plaas die lang glase op die tafeltjie tussen hulle. Hulle groet beleefd terug en sy verdwyn weer na agter.
Albei leun vorentoe om hul glase op te tel. Wanneer Elma terugleun in haar stoel met die glas voor haar mond, kruis sy weer haar bene.
Estiaan sluk onbedoeld ‘n groot sluk van sy sap, want op daai oomblik het hy gesien Elma het, à la Sharon Stone in “Basic Instinct”, nie ‘n broekie aan onder die deftige snyerspak nie! Hy voel sy voël tintel, maar plaas sy hand wat die glas vashou op sy skoot.
“Heerlik!” smak sy haar vol, dieprooi lippe. “Ewenwel, waar was ek …o ja … u wil seker weet waar pas u in my onverwagte meevaller in.” Haar oë staar direk na syne. Hulle is soos hipnotiese sirkels wat hom wil intrek in hul misterieuse belonings.
“Hy het uitgestippel dat aangesien ek al 27 jaar oud is en – hoewel hy dit admireer dat ek loopbaangebonde is, en nog ongetroud is – dat hy verwag dat ek trou met iemand wat welgesteld is. Die persoon sal dus nie sy erfporsie benodig nie. Ek moet dan die erfgeld gebruik tot voordeel van ‘n moontlike kind uit die huwelik, om sodoende sy erflating in die Verhoef-familie te hou. Indien ek hieraan voldoen, is ek egter daarna vry om die oorblywende erfgeld na eie goeddunke aan te wend.”
Sy ontkruis haar bene weer om die leë glas op die tafeltjie te plaas. Estiaan vee oor sy mond om sy glimlag te verberg by die herhaalde aanskoue van haar mooi vrug met die dun vertikale strepie. Fok, hy word nou jags!
“En nou?” vra hy.
“Ek … my … ek bedoel …” Sy stamel oor haar woorde en staan skielik op. Sy gaan staan by ‘n dwergpalm in ‘n koperpot waarvan die blare so 1,5 meter hoog uitwaaier. Sy vryf ‘n groot blaar tussen haar vingers, om die tekstuur te voel.
“My baas is een van die bekendste makelaars in die land en daarom het ek toe by hom gaan aanklop vir raad.” Sy kyk intens na die blaar, asof sy oogkontak wil vermy.
“Hy het met verskeie opsies geskommel en kom toe tot die slotsom dat ek u moet kom sien, want hy slaan u hoog aan as entrepreneur en welvarende sakeman. Hy dink u sal ‘n goeie besigheidsplan nie onder u vingers laat uitglip nie.”
Estiaan kyk na haar volmaakte kuite en uitnodigende heupe soos haar gewig meer op een been rus as die ander. Dan kyk hy na die borste wat, alhoewel verberg, stewig uitpunt voor haar. Die ovaal gesig met die swart hare rond haar skoonheid af. Op daardie oomblik draai sy haar gesig na hom. Sy glimlag met kuiltjies langs die mondhoeke wanneer sy sy waarderende uitdrukking opmerk.
“Welgeval die prentjie jou?” vra sy reguit, maar daar kom tog ‘n blos op haar wit wange.
“U is baie aantreklik, juffrou Verhoef.”
“Noem my sommer Elma, asseblief.”
Hy staan op en stap tot by haar. Haar parfuum vlei sy reukorgane … gesofistikeerd maar tog uitlokkend.
“… en ek is Estiaan. Jy wil dus met my trou sonder dat ons mekaar enigsins ken? Wie weet of ons eers aangetrokke is tot mekaar… en dan moet ons nog ‘n kind ook opwek?”
In haar lyftaal deins sy effe terug vir sy oë wat nou in hare brand, maar hierdie keer kyk sy nie weg nie.
“Ek beklemtoon weer dat dit slegs ‘n saketransaksie is. Die huwelik word wettig gedokumenteer deur ‘n hof, die kind kan in vitro in die wêreld kom en ek is vyf miljoen ryker waarvan ek dan R2 miljoen in enige rekening van jou keuse sal oorplaas.”
Sy vervolg: “Ons hoef nie saam te bly of enigsins kontak te behou nie.” Haar oë en ‘n dun glimlaggie reflekteer ‘n toeslaanbod – een wat nie geweier kan word nie en net wag vir bevestiging.
Estiaan glimlag sjarmant en sê met ‘n drukkie op haar skouer: “Ek wil dit eers bietjie weeg en meet in my gedagtes, maar ek hou van die prinsiep. Kom eet en kuier vanaand hier by my en dalk klink ons ‘n glasie sjampanje.”
Hul oë meet en pas mekaar, geamuseerd, vir nog ‘n paar sekondes. Dan gee Elma hom ‘n drukkie op die skouer, gooi die pragharedos weer oor die skouer en hou haar hand weer uit na hom.
“Mont Blanc Brut?” glimlag Elma. “So 8-uur vanaand?”
Duidelik ‘n wynkenner, dink hy terwyl hy net knik. Hy stoot liggies in haar rug wanneer hy haar begelei na die voordeur.
***
Estiaan konsentreer terwyl hy sy bonsaiboompie snoei. Baie mense verstaan nie die kuns en etiek van bonsai nie. Dis vergelykbaar met die respek en liefde wat jy in ‘n verhouding vertroetel en aan skaaf en deurentyd afrond om die skoonheid daarvan uit te lig.
Hy’t ‘n gemaklike satynbroek aan met ‘n liggrys skakering, sonder onderklere, met rooi, sagte Chinese aangliptekkies wat, soos handskoene, knus om sy voete pas. Sy V-nek-T-hemp is van gladde materiaal, maroen in kleur met die woorde: “You’ve gotta be free” in goud op die bors geborduur.
Hy gee ‘n tree terug met die snoeiskêr in die lug gehou en draai sy kop skuins en weer skuins na die anderkant om die simmetrie van sy bonsaikuns met die oog te meet.
Sy konsentrasie word egter verbreek as hy die grom van die Mini Cooper GT by sy voordeur hoor. Hy plaas die skêr langs die wit potjie van die bonsai neer, vryf sy hande oormekaar vir enige stof daarop en stoot die St. Christopher-hangertjie weer terug in sy hemp. Met ‘n laaste innemende kyk na die bonsai stap hy voordeur toe.
Die Japannese simbaal van die voordeurklokkie eggo deur die vertrek net toe hy sy hand op die koper-voordeurknop plaas. Hy maak die deur wyd oop – en voel sy asem slaan weg!
Elma staan gegiet in ‘n goue lamé-rok wat tot by haar enkels kom en waar goue sandaaltjies aan haar voete uitsteek. Dit is ‘n halternek wat as gevolg van die noupassende snit haar vol borste met die perfekte rondings beklemtoon. Hy kan haar tepels sien beur teen die materiaal. Bokant die slanke wit nek is die sagte gesig pragtig gegrimeer met die hare in ‘n modieuse bolla agter haar ore, waarin daar smarag-rosies vir oorkrabbertjies skitter. Om haar hals hang ‘n donkergroen amulet gegiet in fyn goue draadjies.
“Naand Estiaan. Is die woorde op jou hemp ‘n voorbode van jou besluit?” Haar hand, wat ‘n ovaalvormige smaragring op die een vinger vertoon, is na hom toe uitgesteek. Haar donker stem en die glimlag met die spierwit tande roer iets in hom.
“Ha-ha,” gee hy ‘n laggie terwyl hy opsy staan sodat sy kan verbystap na binne. “‘Freedom is in the eye of the beholder’ het Gandhi gesê. Jy moet maar self besluit.”
Hy kan dit nie verhelp om haar seksueel te bewonder nie. Want haar heupe swaai sensueel terwyl sy voor hom instap.
“Ons sit sommer dadelik aan as jy nie omgee nie,” sê hy terwyl hy voor haar intree, “dan het ons meer tyd om jou gewigtige proposisie na ete met ‘n likeurtjie te bespreek.”
Die afgeronde, geurige maaltyd word voortreflik deur Eva bedien.
Toe Estiaan sy damas-servet op sy bord plaas en opstaan, sê hy: “Wil jy miskien die toiletkamer gebruik? Dis om die hoek van daardie muur waar die Claude Monet-skildery hang. Dan kan ons daarna rustig gesels in die vertrek waar ons vanmôre was.”
Met Elma se terugkeer is die ambrosyn-likeur reeds in kelkies geskink. Hulle staan langs ‘n kristalglas-kraffie op ‘n ou Romeinse skild wat as tafelbladjie dien. Dis gemonteer op gekruisde swaarde as pote. Estiaan sit op die Lodewyk XIV-ottoman.
Hy wip op en beduie sy moet daar kom sit en tel die twee kelkies op. Sy gaan sit en aanvaar die kelkie by hom met ‘n knopknik en ‘n glimlag. Sy’s effe verbaas toe hy langs haar kom sit en nie op een van die ander stoele nie.
Hulle klink glasies en hy vra: “Het jy darem jou ete geniet?”
“Voortreflik, voorwaar … my komplimente aan jou sjef.” Hulle teug albei met ‘n tongtippie aan hul likeur. Dan plaas Estiaan sy glasie op die tafeltjie en draai na haar toe.
“Jou proposisie het my eers geamuseer, maar by nadenke was daar een faktor wat die pendulum laat swaai het.” Hy neem haar glasie uit haar hand en plaas dit langs syne. Sy kyk verwagtend na hom en speel met die amulet met haar een hand.
“Ek kon nie die kans deur my vingers laat glip om minstens jou mooi lippe te soen nie.” Sy hand trek haar gesig na syne toe en die ander hand gly oor haar naakte skouer. Sy lig half verward en verbaas haar hand op om te keer, maar wanneer sy sy lippe voel wat sagkens om hare vou en sy ambrosia-tong wat met hare kontak maak en nog soek-soek, laat rus sy die hand op sy bors. Sy gee haarself oor aan die oombliklike sensualiteit en ‘n oerdrang wat êrens in haar lyf opstu.
Haar tong begin terugspeel met syne en hul gaan nog dieper in mekaar se monde in. Haar hand maak nou ligte krapbeweginkies op sy bors en die ander hand gaan agter om sy hoof tussen die blonde krulle in en spoor hom aan vir meer. Sy hand stel die die knippie aan die agterkant van die halternek vry. Die rok val halfpad af oor haar borste.
Hy trek sy gesig terug uit die kus, kyk na haar hals en stroop die materiaal sagkens af tot onder haar buuste. Hy kyk op in haar oë asof hy toestemming vra, maar sy sluit net haar wimpers en gee hom dan ‘n drukkie met haar ander hand wat op sy skouer rus.
Estiaan kan aan die deining van haar tiete sien dat haar asemhaling versnel het wanneer hy sy lippe begin streel oor die maagdelike, fyn porseleinwit vel van die een bors. Terselfdertyd vryf hy met sy hand die ander bors ook saggies. Hy voel hoe die tepel harder word.
Haar hande is albei onder sy T-hemp in. Sy vryf met haar handpalms sy lyf weerskante van sy ribbekas op en af.
Toe hy sy mond ten volle oor haar een tepel skuif en die hardheid voel, titilleer hy die punt daarvan vinnig en aanhoudend met die tippie van sy tong. Hy voel hoe haar vingers ophou vryf en die naels in sy sye ingrawe. Hy knie nou haar ander bors met die tepel wat hy tussen sy duim en wysvinger vryf. Die oomblik is magies en albei besef dis die begin van hul erotiese voorspel.
Estiaan is bewus daarvan dat sy penis nou te volle erek is en dat dit klop tussen sy bene. Hy skuif die goue rok nou met altwee hande af, van onder haar borste tot om haar middellyf.
“Wag,” fluister sy en staan op van die ottoman. Sy buk en begin sy hemp optrek oor sy lyf. Hy hou outomaties sy arms bo sy hoof en sy trek dit daaroor en gooi dit op die vloer. Sy kyk in sy oë en skuif die lamé-rok af oor haar heupe en knieë, sodat dit in ‘n hopie verspilde goud by haar voete lê.
Elma kan duidelik sy penis fisiek nog verder sien uitbult in die sybroek … seker omdat hy haar nou in haar volle naaktheid sien. Sy vee selfbewus oor haar geskeerde koekie, maar trek hom dan op dat hy ook staan. Sy sak op haar knieë voor hom neer.
Sy haak die vier voorvingers van elke hand op sy heupe in die broek se borand in, om dit af te trek. Maar skielik is sy twee hande oor hare. Sy kyk vraend op na sy gesig.
“Elma, is jy seker jy wil hiermee voortgaan? Jou proposisie stipuleer niks van enige verpligte fisieke kontak nie. Ek het jou ook nog geen aanvaarding aangebied nie en jy sal nie my besluit beïnvloed met ‘n seksuele gunsie nie.”
Haar gesig ruk weg van hom met skok en vernedering. Sy staan onmiddellik regop en haar gesig is rooi van woede.
“Estiaan Erlank, ek is nog nooit in my lewe so beledig nie!”
Haar oë blits in syne met venyn en teleurstelling. Met ‘n vinger wat elke woord op sy kaal bors beklemtoon, sis sy: “Jou narsistiese vlak van egoïsme slaan meteens duidelik deur!”
Sy buk en trek die goue rok weer op oor haar lyf terwyl sy dit weer uitspoeg: “Ek het van jou sjarme en selfstandige uitkyk gehou en jou intellek bewonder. Soveel so dat ek ‘n drang gevoel het om jou fisiek ook te leer ken.”
Sy knip die halterknippie weer in by haar nek.
“So kry maar iemand anders om jou vergrote ego te streel; ek sal vir my ‘n ander kandidaat kry vir my proposisie.”
Met ‘n laaste weerligstraal uit haar oë op sy gesig, waarvan die mond letterlik oophang, swaai sy om en begin wegstap. Sy gooi die haredos verontwaardig oor haar skouers.
‘n Ferm hand om haar boarm stop haar vierkantig in haar spore. Estiaan swaai haar lyf terug na hom toe.
“Wag nou net so ‘n bietjie, Juffrou. Ek het my integriteit op die spel geplaas – níé my ego nie, toe ek jou proposisie oorweeg het. Jou aantreklike voorkoms, gepaard met jou vriendelike, intellektuele uitkyk, het my geprikkel en ek wou dit ‘n graad hoër neem. Maar ek wou ook verseker dat jy die omvang van alles begryp en nie later verwyte sal hê nie.”
Haar oë bly eers neergeslaan. Hy versag sy houvas op haar arm wanneer hy haar stadiger sien asemhaal. Hy vryf sy hand nou liefderik oor sy vasgrypplek.
Wanneer sy stadig weer opkyk in sy gesig sê hy: “Ek respekteer jou eerlikheid en het te veel agting vir jou om jou ooit te beledig of te verneder. Ek dink dit was net wankommunikasie.”
Hy trek haar lyf weer saggies tot teen syne en lig haar ken op en plaas sy lippe oor hare. Hulle tonge raak weer huiwerig aan mekaar en sy plaas haar twee arms om sy nek. Hulle tonge verken mekaar nou meer versigtig. Hy skuif sy handpalms af oor haar rug tot hy haar twee boude stewig in sy hande het. Hy trek haar lyf na syne toe.
Elma voel sy harde ereksie dring teen haar maag wanneer Estiaan haar nadertrek en sy haak nou haar duime in die broekband, weerskante by sy heupe. Hy trek bietjie terug wanneer sy nou die broek begin aftrek. Skielik wip sy meneer in die lug in na die broek daaroor afgeskuif het. Daar is ‘n klein aarseling in haar aksie en hy hoor haar sagte, donker stem uiter: “Sjoe!” Dan het sy die broek tot op sy enkels. Sy staan weg soos wat sy weer regop kom.
“Ek sien jou erns,” sê sy, skaars hoorbaar, voordat sy weer uit die rok uit klim.
“Lê asseblief op jou rug op die ottoman, met jou linkerbeen oor die rand, jou voet op die mat.”
Sy plaas een van die kussinkies onder haar hoof soos sy haarself neervly. Haar vulva staan opgeswel uit tussen haar nou wyd oopgesperde bene. Dis soos ‘n maanblom se voue wat oopsprei. Haar hare hang oor die linkertiet en sy speel daar met die haarpunte van haar een hand. Die ander tiet swel op in die lug in, met die tepel wat, reeds hard, smeek vir aandag.
Estiaan sak op sy een knie neer langs haar. Hy vryf met die een hand oor die binnedy van die been waarvan die voet op die mat rus. Met die ander hand streel hy haar ander dy. Haar regterhand vou om haar oop regterbors en stimuleer die stywe tepel tussen haar middel- en voorvinger.
Hulle oë bly vasgenael in mekaar, sonder vrae – net doelgerig om genot te ervaar.
Hy buig sy hoof vorentoe en kring met sy nat tong al om haar naeltjie. Terselfdertyd maak hy met die vier vingers van elke hand nou naderkruip-beweginkies op haar bobene, na haar middelpunt toe. Hy sleep sy tong op na haar borste wanneer sy vingers in haar twee lieste op en af begin kielie.
Elma se asem word hoorbaar ingetrek wanneer hy eers die een erekte tepel, en dan die ander een, beurtelings soen-suig. Haar hande vroetel albei tussen sy hare in en druk op sy hoof, asof sy hom aanspoor.
“Dis ongoddelik, Estiaan,” kreun sy saggies uit.
Hy vryf nou met sy duime op en af oor haar nat spleet en haar onderlyf ruk met die aanraking van die dieper dele van haar vulva. Haar linkerhand gaan af na haar vrug en sy vryf haar klitknoppie.
Estiaan skuif nou half regop, op albei knieë. Hy sien hoe sy met haar onderlyf nader aan die rand van die ottoman skuif, die regterbeen nou ook oor die rand en afsakkend na die vloer. As haar regtervoet met die vloer kontak maak, is die bene wawyd oop. Haar vulva is nat en glinster in die dowwe lig, haar vinger steeds op die klit
Steeds op sy twee knieë, neem hy sy tot barstens toe gevulde penis in sy een hand. Hy trek aan die vel oor sy akker, sodat dit terugskuif en die akker ontbloot. Dan smeer-vryf hy die kop teen die een lies en klap daarmee ‘n paar keer op haar poeslippe. Haar poes gaap nou halfpad oopgeblom.
“D-dê-mmit, wat doen jy a-an my!” roep sy en haar kop lig om af te kyk na die aksie. Die vinger van die linkerhand op haar klit vryf nou al hoe vinniger. Hy stoot die groot pers glans van sy voël hoër, al glyend oor haar geswelde nat lippe. Die peniskop stoot haar hand weg van haar klit. Hy stootvryf sy lat verder opwaarts, oor haar skaamhare, haar maag en ribbes. Dan kom dit tot ruste tussen haar buuste.
Sy druk dadelik haar borste na mekaar met haar twee hande sodat sy penis daartussen vasgedruk is. Dan begin sy die stywe orgaan met haar tiete in haar hande geklem op en af vryf. In reaksie begin hy sy meneer heen en weer stotend op en af tussen die tiete skuif. Hy is in pas met haar bewegings en dit word ‘n volwaardige tietnaai. Die rooi-pers knop van sy lat begin ritmies tussen die globes uitloer soos die aksie versnel.
“Jy het stunning tiete, Elma,” hyg hy opreg en kyk op na haar oë. Sy laat los albei haar borste en neem sy staaf in albei hande en vryf dit op en af … en bring dit nader aan haar gesig.
“En jy het ‘n awesome bliksem tussen jou bene,” glimlag sy ook met Engels-besprinkelde vleitaal terug.
Haar aksie versnel nou. Met die vinnig heen en weer bewegende hande oor sy kolos word met rasse skrede vordering gemaak. Dan kom dit half smekend van haar: “Skiet oor my gesig en in my mond … asseblief!”
Hy gooi sy hoof agteroor met toegeknypte oë en geknerste tande. Dan kyk hy weer af. “As jy dit wil hê …” sê hy en sy gesig verkleur rooi wanneer hy die terughou van sy klimaks skietgee. Die eerste skoot saad spat ‘n skuins streep oor haar een wenkbrou en neus. Maar dan kry sy die mik met haar gesig reg sodat die volgende spuite sekuur in haar mond is. Die wit lê op die binnewand van die onderlip van haar oop, laggende mond en haar tong, voordat sy dit afsluk.
Sy pers sy voël met haar twee hande dat die laaste druppel uitkom. Dan lek sy alles op oor sy voël en met helpende vingers ook dié langs haar mondhoeke en op haar ken.
Hy sak uitgeput weer terug dat sy boude op sy kuite rus en hy neem haar gesig tussen sy hande. Hy plaas sy mond oor hare. Hy proe sy kom. Dan lig hy sy lippe weg van hare en staar in haar ligblou kykers.
“Dit is een van die ontploffendste orgasmes wat ek al ooit gehad het … jy is een van die enigste vrouens wat my hele lyf laat bewe het na ‘n klimaks.”
Haar wimpers sak halfskaam en sy druk sy hoof saggies af dat dit teen haar boesem rus.
“Dit het die reëls van die voorgestelde proposisie bietjie oorskry,” fluister sy in sy oor.
“Jou rol daarin moet ek nog vir jou gee,” antwoord hy filosofies. Sy een hand skuif af oor haar een heup en val na binne tussen haar bene. “Eers wanneer ek vir jou ook ‘n kruinpunt van plesier gegee het, kan ons saam besluit of die proposisie deur ons albei aanvaar word.”
5 COMMENTS
Ai ai…. dit sal altyd in die stories gebeur … sy kan met my ook trou
En daar doen die ou Meester dit wraggies weer – absoluut fantasties!
Weer eens meesterlik…
AHa Will. Dis ‘n lekker storie met lekkerder moontlikhede.
Wat sê die manne (en dames)? Sal jy so ‘n sexy girl met kuiltjies in haar wange “vat” vir Twee miljoen… ?
(ek het ‘n gevoel dat baie sal soos ek, gewilliglik die geldjie uithaal … sodat sy kan uithaal en wys 😉 )
Daar kom soms oomblikke en lywe waar al die miljoene in die wêreld nie genoeg is om dit te kan en mag geniet nie ♥