
Partytjie
deur Siandra
‘n Paar jaar gelede word my vriendin, Steph, se man veertig. Groot fees op ‘n wynplaas. Ek vra of ek vir hom ‘n boks van Daai Blou Pille moet gee. Steph dink nie dis snaaks nie. Sy kalmeer eers weer toe ek instem om te help met die voorbereidings.
Ek gaan sonder ‘n date. Ek trek sommer ook ‘n ou romp aan; ‘n wye een, met ‘n spleet wat amper tot by my linkerheup kom.
Die partytjie is nogal lekker, behalwe vir een of twee getroude mans met boepense wat daarvan oortuig is dat al die meisies se tonge uithang van die lus vir hulle. Ek kry dus maar koers oor die plaas.
Ek stap deur ‘n groot kruietuin. Die laventel blom. Ek vryf ‘n paar takkies tussen my hande en stap ruik-ruik in ‘n plaaspaadjie af. Ek kom by ‘n stroompie en staan en kyk ‘n rukkie vir die water. Maar daar is paddas en goed wat raas en wat vlieg, en ek gril en draai om. Met die terugstap sien ek die dik, vierkantige hekpilare wat ek nie voorheen raakgesien het nie. Ek dink dit is sandsteen, maar ek is nie seker nie. ‘n Rankplant groei half oor die pilare. Dit lyk soos ‘n prentjie. Terwyl so loop en kyk, trap ek skeef. Ek struikel net, maar toe ek probeer verder stap, is die pyn so skerp dat ek my voet te gou oplig en val.
Ek sit plat op die grond, met my regterbeen onder my ingevou en hou my linkerenkel vas.
“Fok,” kreun ek, met my oë toe. “Fok, fok, fok, fok, fok.”
“Is jy OK?”
Ek skrik vir die sagte stem langs my.
“Ja, wat,” sê ek. “Net skeefgetrap.” Ek wonder of hy my gehoor vloek het, maar ek gee ook nie te veel om nie.
“Ek het gesien.” Hy kom hurk voor my en vat my enkel in sy hand. “Ek het jou gesien wegloop, en ek het die boonste paadjie gevat om ‘n ogie oor jou te hou. ‘n Mens weet nie watter karakters hier kan rondhang nie; ouens wat later iets uit die karre uit kan probeer steel of so.”
“Ja, wel, toe is ek self my eie grootste gevaar.”
Hy glimlag. “Dan word ek maar die ridder wat die meisie van haarself red.”
Ek stut myself op my hande en sit agteroor terwyl hy my enkel masseer. Hy lyk meer soos ‘n Middeleeuse swaardvegter as ‘n ridder. Sy lang, donker hare is in ‘n poniestert vasgevat. Hy dra ‘n losserige, wit linnehemp en ‘n donker langbroek. Hy het mooi hande; sterk, maar nie lomp nie, met lang, simmetriese vingers …
O, hel! Soos ek my enkel gesit en vashou het, het my romp oopgeval, maar ek het my nie daaraan gesteur nie. Nou besef ek skielik dis bene en panty net waar hy kyk! Ek voel hoe ek bloos terwyl ek my romp haastig regtrek, maar hy maak of hy niks gesien het nie.
“Hoe voel dit?”
“Dis nogal seer, maar dit gaan nie gou verander nie. Ek onthou van skooltyd af, ballet en netbal, dat ‘n skeefgetrapte enkel ‘n ruk lank seer bly.”
“Seerder as wat dit lyk,” glimlag hy, “wat beteken mense dink soms jy sit net aan, en wat jouself ook laat dink jy is sommer net kleinserig.”
Hy hou sy hand uit. “Wil jy probeer?”
Ek vat sy hand en hy help my regop. Ek toets my enkel. Die pyn skiet weer in my been op en ek lig my voet vinnig.
Voor ek mooi besef wat aangaan, tel hy my op. “Dit sal makliker wees as jy aan my vashou.”
Ek wil protesteer, maar hy maak my gou stil. “Jy weeg omtrent niks, en gun my tog nou een keer die ervaring om ‘n mooi vrou se voete onder haar uit te neem,” lag hy. “Dit sal makliker wees as jy aan my vashou. Jy sal minder skud.”
Ek skuif een arm agter sy rug in. Sy lyf voel hard deur die hemp. Ek dra kami’s, nie bra’s nie, en ek is baie bewus van sy vingers gevaarlik na-aan my boob. Gerusstellend na-aan my boob. Lekker na-aan my boob. Hy ruik na leer en speserye en hout. Ons maak die gewone klein praatjies oor name en werk, en ek lê met toe oë in sy arms en geniet die draery terwyl my hart al vinniger klop.
Ons kom by die eerste ry karre en ek vra dat hy my moet neersit. Hy laat sak my stadig.
“OK?”
Ek toets weer die enkel. Hierdie keer is ek meer versigtig en hoewel dit seer is, kan ek op die voet trap.
“Dankie,” sê ek. Ons staan tussen twee 4×4’s. Ons begin gelyk stap, en bots teen mekaar. Ons vra gelyk om verskoning en begin gelyk lag daaroor. Dan droog die lag op. Ons kyk na mekaar. Hy sit sy hande sag op my skouers. Ek lig my kop terwyl hy syne laat sak.
Sy lippe is ferm, maar sag, op myne. Dan trek hy my teen kom vas. Die soen word dringender, warmer. My lippe gaan vanself oop. Ek voel sy harde bolyf teen my boobs, en my nips begin opswel. Sy tong beweeg stadig oor my lippe. Hy geniet die soen net soveel soos ek, en my lyf begin sing toe ek dit besef.
Sy vingers skuif van my rug af. Ek draai my bolyf effens. Ek voel die vingertoppe liggies teen die kant van my boob. Hy streel my saggies. Ek raak haastig om sy hand op my vel te voel.
Dan bars die deur oop en ‘n paar mense kom lag-lag uit die huis uit. Hulle drentel om die hoek van die stoep, waar hulle gaan staan en rook.
Martin sug. “As ek ‘n gevalle vrou mag aanhaal,” sê hy, “fok, fok, fok en fok.”
Ons lag. Ek leun teen hom en ons stap huis toe, met ons arms om mekaar en sy vingers baie na-aan my boob. As ek groter tieties gehad het, kon hy in die stap met hulle gespeel het. Hy help my teen die trappies aan die kant van die stoep op. Daar is ‘n tafel skuins onder ‘n venster. Ek gaan staan daar en leun effens vooroor om die gewig van my enkel af te neem. Martin kom staan skuins agter my. Die vensterbank is omtrent skouerhoog; ons gesigte is in die lig, maar die res van ons lywe nie. Sy asem is warm in my nek.
Ons staan nog ek kyk vir die mense aan die binnekant, toe is Steph by die venster.
“A, daar is julle! Ek sien julle het ontmoet. Ek het gedink ek wil julle aan mekaar voorstel.”
Terwyl sy voortbabbel, skuif Martin nader. Ek hoor die beweging, maar Steph is besig om te vertel hoe verlig sy is dat alles so goed afloop. Dan voel ek sy hand saggies om my boob vou. Ek besef dat dit skuins onder die venster is; Steph kan niks sien nie. Buitendien kyk sy uit die lig in die donker in. My nip spring onmiddellik orent, en dis ‘n wonderlike verligting toe sy handpalm oor die knoppie streel.
“Nee,” hoor ek hom sê, terwyl sy vingers my boob verken, “ek en Siandra het nog nie daaroor gepraat nie. Vertel my ‘n bietjie.”
Ek kan skaars hoor wat Steph sê. My boob is in sy hand, en dit pla hom duidelik nie dat ek klein tieties het nie. Ek voel skielik die koel naglug teen my bene as hy die spleet in my romp oopgooi. Dan is sy hand op my boud. Sy vingers beweeg oor my vel. Hulle skuif stadig af. Ek staan effens wydsbeen, en daar is niks wat sy vingers kan keer nie. Daar is ook niks wat sy vingers wil keer nie. Toe sy vingertoppe oor my panty gly, bevestig dit hoe nat ek reeds is.
Ek loer vinnig na ons regterkant. Die rokers staan nog om die hoek; ek kan net hul skaduwees op die stoep sien.
Die stadige tempo waarin hy my mond verken het toe ons tussen die karre was, is iets van die verlede. Sy vingers glip onder my panty in. Hy huiwer ‘n oomblik toe hy voel hoe glad ek geskeer is. Dit maak my nog natter. Dan druk hy nog vingers onder my panty in.
Ek haal deur my mond asem en konsentreer daarop om my gesigsuitdrukking normaal te hou. Hy hou Steph aan die praat terwyl sy vingerpunte met my drupnat binnelippe vroetel. Hy vryf, druk, trek en streel, en ek voel die eerste vonkies van plesier deur my skiet.
Ek steek my hand skuins agtertoe uit en kry gou die harde bult in sy broek beet. Hy trek sy asem skerp in en maak dan ‘n soort hoesgeluidjie om Steph om die bos te lei. Ek hoor haar stem iewers, maar ek gee nie aandag aan wat sy sê nie. Ek trek sy gulp oop, wurm my hand in sy broek in en trek sy kloppende, warm voël uit sy broek uit.
Ek glimlag vir Steph, knik instemmend vir wat sy ook al sê, en maak bewegings met my polsgewrig. Hy kreun en hoes weer liggies.
Sy vingers beweeg vinniger tussen my lippe, terg my ingang en flits dan weer hoër op. Ek sukkel om my asemhaling te beheer en glimlag baie dankbaar vir Steph toe sy van die venster af wegdraai.
Martin se lippe is nat en warm teen my nek. Party van sy vingers fladder terug na my ingang toe, terwyl die ander rondom my klit speel. My hart klop vinniger en vinniger. Alles word donker rondom my, donkerder en donkerder en donkerder, en net wanneer dit nie donkerder kan word nie en ek wil verstik in die donkerte, ontwikkel ‘n klein kolletjie helder lig, wat vinnig groter en groter word en skielik dans duisende feëtjies op reënboë van genot deur my hele lyf.
Wanneer ek weer aarde toe kom, voel ek nog sy harde piel in my hand. Ek vou my vingers stywer om die warm, polsende skag en beweeg my hand vinniger op en af.
“Oppas,” kreun hy. Sonder om op te hou, draai ek om, vat sy eiers in my ander hand en druk saggies. Sy piel ruk in my hand. Blink strale spuit uit hom uit, en ek melk hom droog.
Hy blaas sy asem lank en hard uit. Hy haal ‘n sakdoek uit sy sak en maak sy mond oop om iets te sê. Ons sien byna gelyk die skaduwees beweeg voor die rokers om die hoek kom. Hy draai vinnig sy rug op my en vroetel sy voël terug in sy broek in. Ek hoef net my been effens te skud om my romp weer te laat regval.
Die deur gaan oop voor die rokers daar is. “Siandra, bokkie!” Anneri pyl entoesiasties op ons af. “Ek soek jou al die hele aand, en hier staan en kruip jy op die stoep weg!”
Ek en Martin kyk na mekaar en sê gelyktydig, saggies: “Fok, fok, fok.”
17 COMMENTS
Dankie, Will.
‘n Skokkende verhaal van sedeloosheid en losbandigheid. Sulke kru taal! En dit van ‘n dame!
Ek is beindruk.
LM aan haar vemoëens twyfel nie na hierdie storie nie. Welgedaan ! Selfs die omies met boepies sal die storie geniet.
Ek hoop die trol wat my aanhou pla om sy “privaat chat maatjie” te word, twyfel ook nie aan my vermoe om sy naam in ‘n Gemeenskap-thread op KBH te noem nie.
Hoekom doen jy dit nie? Dan kan ander gebruikers van die site mos besluit of dit aanvaarbaar is dat hier gebruikers is wat ander, en veral vroue, pla.
Want ek het ‘n beter plan. Leidraad: ip adres. Praat later verder.
Het die probleem nog nie opgehou nie? As dit nie opgelos word nie, laat my help? (Het gehoop dit sal ophou na jou vorige comment daaroor. 🙁 )
Antwoord: Werkgewer! Praat later.
Nie nodig nie, dankie, matriarche du site; ek, ‘n outjie saam met wie ek soms werk en Siandra Sonstraaltjie het hierdie een onder beheer 🙂
Ek gaan nie in daai strik trap nie. Maar baie dankie vir die positiewe kommentaar.
Lekker storie. Voel of ek daar is……
Baie dankie. ‘n Mens kan “voel of ek daar is” nogal snaaks interpreteer … 😉
Baie nice storie.
Baie dankie, Johan.
Ek het nog altyd gewonder hoe dit vir ‘n vrou voel om ‘n orgasme te beleef. “en skielik dans duisende feetjies op reenboe van genot deur my lyf”
Briljant!
Dankie, Ramkat. Ek was bang dit klink corny.
Heerlike storie !
FoK FoK Fok en Fok ☺