
Bucket list
deur Pacman
“Jy moet eerder vra wanneer laas het ek verruklike of avontuurlustige seks gehad!”
Die vrou se reaksie op my voorbarige vraag van “Wanneer laas het jy goeie seks gehad?” slaan my totaal uit die veld. Ek het nie sò ‘n respons verwag nie. Sy staan met ‘n groot glimlag, en kyk my reguit in die oë. Haar gesig is naby myne. Ek hoor mense en musiek. Die restaurant is besig. Sy is ‘n pragtige vrou. Ek is stom, weet nie wat om te sê nie. Voel soos ‘n groot poepol. “Ek moet gaan. Lekker om te gesels,” sê sy en stap terug restaurant toe.
Terug by die tafel vra my broer of ek ‘n spook gesien het. Ons bestel nog wyn. Die laatmiddag son gee ‘n heuning-agtige goud en geel tekstuur aan die middag. Hulle sit by ‘n tafel regoor van waar ek sit. Sy sit reg oorkant my. Ouer mense, ek skat hulle so laat 50’s of vroeë 60’s. Twee paartjies. Maar hierdie is nie pensioenarisse soos my ouma en oupa was nie. Hierdie kan jy sommer op ‘n oog af sien is mense wat goed doen in die lewe en die lewe geniet. Hulle bestel duur champagne en eet kreef. Hulle klere en juweliersware gee ook ‘n duidelike indruk van hulle leefstyl.
Ek het haar raakgesien die oomblik toe ek aan tafel kom sit. Sy is baie mooi hare so ‘n mengsel van blond en platinum. Baie stylvol aangetrek. Kort somersrok in so ‘n khaki kleur, sandale en ‘n dik goue ketting om die nek. Niks oorbodig of uitspattig nie. Maar vol styl en klas. Ons oë het mekaar gevind ‘n paar keer. Die restaurant is vol Desember vakansiegangers en dis ‘n raserige storie. Maar wanneer ons oë mekaar vind voel dit soos ‘n elektriese skok wat my tref. Sy kyk reguit en lank, met ‘n glimlag om haar mondhoeke. Haar oë is groot, blou en spreek boekdele. Sy kom baie vol selfvertroue voor. Kop effe agteroor, mond half oop, trek haar vingers deur haar hare. Die boodskap wat ek kry is dat sy belangstel. Ek probeer nie te opsigtelik te wees nie. Haar man lyk bietjie ouer as sy en hy word later bietjie getrek en raserig. Maak grappies en lag die hardste vir sy eie grappies.
Op ‘n afstand lyk sy maklik twintig jaar jonger. Pragtige lyf, vol borste. Hierdie is ‘n vrou wat baie tyd en geld aan haar voorkoms spandeer. Sy het ‘n gesonde bruingebrande lyf. Lyk of sy elke aand haar hele lyf in olyfolie smeer. Fok, sy maak my jags!
Dis toe sy opstaan en regmaak om badkamer toe te gaan wat ek dink dis my kans om haar te ontmoet. Sy het kort tevore weer ordentlik in my rigting gekyk. Ek stap toe so twee minute nadat sy weg is ook badkamers toe. Dis buite die gebou, en jy stap met so ‘n paadjie tussen struike deur oor die duin. En toe loop ek amper in haar vas. Maar op daardie stadium is ek vol bravade. Ek wil haar onkant vang. En toe slaan sy my vir ‘n 6!
Terug by die tafel re-group ek. Maar ek sien sy kyk nog gereeld in my rigting. Sy bestel nog champagne. Manlief lag weer uit volle bors. Ek kan my oë nie van haar of haar lyf af hou nie. Daai bene! Ek vat ‘n sluk wyn, en toe ek weer in haar rigting kyk lyk dit of sy haar bene effens, maar net effens, oopmaak. Verbeel ek my? Het sy nie maar net bietjie geskuif op die bankie nie? Ek kyk op, en sy kyk weer stip in my oë. Ek weet nie hoe om te reageer nie. Die speletjie het my in ‘n web, ek kan op niks anders konsentreer nie!
Ek gesels bietjie met die mense aan my tafel, maar sukkel om sinvol saam te praat. En daar doen sy dit weer! Toe ek opkyk in haar rigting maak sy haar bene effens oop! Hierdie keer is ek meer oortuig daarvan dat sy dit opsetlik doen. Dis nie wa-wyd oop nie, maar genoeg om op teen haar dye te kan sien. En dan net wanneer ek seker is wat ek sien, maak sy weer toe.
Die restaurant begin nou leegloop, en hulle vra ook vir die rekening. Dit voel of my geleenthede om hierdie pragtige vrou te ontmoet deur my vingers glip!
Hulle begin regmaak om te gaan. En toe draai sy haar bo-lyf om haar handsak op te tel, en sy maak weer oop! Hierdie keer sien ek die wit panty duidelik. Sy is definitief besig om met my te speel! Sy kyk in my rigting en smile. En daar staan sy op en hulle stap uit. My fok!
My broer en sy vrou kry ons rekening en ons drink klaar. Ek sê ek wil bietjie op die strand gaan stap. My mense groet en loop kar toe.
Ek probeer tot my sinne kom en probeer onthou wat die laaste drie ure gebeur het. Die wind het opgetel, maar dis heerlik verfrissend op die strand.
En toe lui my selfoon. Dis my broer. “Nick, waar’s jy? Hier’s mense wat vasgeval het op die paadjie van die restaurant af dorp toe. Kan jy gou kom met die Cruiser en hulle help. Dis ouer mense.”
“Ja, ok, sê vir hulle ek is op pad.” Ek is sommer de moer is. Hoekom ry die mense so kak?
Ek is in die bakkie en ry terug dorp toe. Nie ver nie, en hier staan die Volkswagen SUV plat op sy maag in ‘n moddergat. Die spore om die gat is duidelik, maar hierdie dronkgat het besluit om te probeer reguit deurry. Ek ry om hulle, stop en klim uit. Soos ek nader stap begin my hartklop jaag. Daar sit sy! Die vrou wat haar panty vir my geflash het, agter die stuur! Sy glimlag toe ek nader stap.
“Goeie middag, ek hoor julle het hulp nodig.” Die ou man slaap in die passasier sitplek.
“Ons sal dit baie waardeer, dankie,” sê sy met ‘n groot glimlag.
Ek trek hulle uit, en hulle is baie dankbaar.
“Ek is Monica,” sê sy, en steek haar hand uit.
“Nick,” sê ek. Ek wil die oomblik uitrek, langer maak. “Ek weet nie hoe om dankie te sê nie, ons sou seker tot more oggend hier vasgesit het.”
“Geen problem nie, gelukkig het ek na julle vertrek.”
Ek staan voor haar en ek kan voel sy wil meer sê, ook die oomblik gebruik vir meer. En toe maak ek ‘n fokken goeie move.
“Hier is my besigheidskaartjie. Bel my as julle weer vasval. Miskien is ek naby!”
Sy vat die kaartjie en ek voel haar vel teen myne vir ‘n oomblik. Sy ruik eksoties. Ek wil haar naai.
“Dankie, ek sal dit naby hou vir noodgevalle!”
Ons groet en hulle ry. Bliksem, die vrou het my in ‘n beswyming al is ek ten minste twee dekades haar junior!
Twee dae later, middeloggend kry ek ‘n boodskap op my foon.
Hi. Dankie vir jou hulp Saterdag middag. Ek moet seker vir 4×4 lesse gaan, veral as my man te veel drink oor etenstyd! Gelukkig het ‘n ridder in ‘n Land Cruiser te voorskyn gekom om te help! Groete. Monica.
OK fok, hoe reageer ek nou? Nog voor ek klaar gedink het, kom die volgende boodskap. Jammer ons kon nie die ander meer belangrike vraag aanspreek nie. En daar is so ‘n duiwel gesiggie aan die einde van die boodskap.
Ek reply Nooit verlore nie. Ons kan dit altyd weer aanspreek. Send.
Netso! Kom haar reply.
Ek gaan kombuis toe en skakel die ketel aan.
So wanneer laas? Stuur ek. Stilte. Vyf minute gaan verby. Fok, het sy nou weggehardloop?
Baie, baie lanklaas…. Kom haar antwoord.
My penis roer. En daar is ‘n paar goed wat ek nog nie eers ervaar het nie. Soortvan ‘n bucketlist. Voordat hierdie ou tannie oor die muur is.
My hande bewe. Wil jy dit met my deel? vra ek.
Vraag is wat kan jy daaraan kan doen … kom haar respons.
Ek het nou ‘n klipharde penis. Voor ek nog reageer kom die volgende boodskap: Het jy gehou van wat jy gesien het Saterdag in die restaurant, weer met ‘n duiwel gesiggie.
Het nie genoeg gesien nie, maar die bietjie was verruklik! Stuur ek terug.
Miskien verras ek jou nog. Wyn het my baie braaf gemaak … Ek moet groet, ek is op pad gym toe.
My hart klop en my penis wip in my broek. Moenie te lank wag nie, stuur ek terug. Beelde van die bruin bene en die wit panty flash deur my brein. Ek verbeel my hoe dit voel om my kop te laat sak tussen daai bene, liggies haar dye te soen, haar te ruik. Fok!
Drie dae lank hoor ek niks van haar nie. Miskien was sy net getrek en flirtatious en het gehou van die aandag, maar nou tot haar sinne gekom. Ek begin aanvaar ek gaan nie weer van Monica hoor nie.
Dink jy nie selfone maak dit deesdae baie makliker vir mense om te kommunikeer nie? Dit haal die ongemak uit moeilike situsies. Boodskap van Monica af.
Ek dog jy het besluit om nie weer met my te praat nie! Skryf ek terug.
Inteendeel … sê sy. Ek het baie gedink oor jou en Saterdag (weer met so ‘n duiwel gesiggie).
Sal wat wil gee om te hoor! skryf ek.
Ek gaan jou so bietjie toets haha! Kom die boodskap.
En as ek slaag? Bietjie stilte.
Toe kom daar ‘n foto van haar deur. Kop en skouers. Kan nie sien of sy iets aan het nie, maar kaar skouers is kaal. Sy is selfs mooier as wat ek haar onthou.
Jy het nou my volle aandag, skryf ek met bewende hande.
Wat dink jy soek ouer vroue in terme van seks? Ek wonder waarheen sy op pad is.
Opwinding, avontuur, iets nuuts, probeer ek.
Klink of jy ondervinding het! En ek kan nie glo ek is besig met hierdie gesprek nie! Haha!
Ek moet mooi dink voor ek skryf. Ek dink die probleem is baie vroue het nie iemand om dit mee te deel nie.
Weer stilte. Ek wil haar nie afskrik nie, maar ek wil ook nie haar belangstelling verloor nie.
Jy beïndruk my!
Ek vaar goed, dink ek. Stap vir stap met iemand waarmee jy gemaklik voel kan jou dalk ‘n ander sy van jouself laat ontdek.
Weer twee minute stilte. Toe kom die volgende foto deur. Weer haar bolyf, en sy het definitief nie iets aan nie. Kan nie haar nipples sien nie, die foto is net te hoog geneem. Maar daai pragtige vol borste hang soos ryp mango’s, haar vel ligbruin en room-sag. Shoe! Maar jy is beeldskoon!
Weer stilte voor haar respons. En jy laat my dinge doen wat ek nooit gedink het ek sou nie!
Kophou, Nick, kophou, sê ek vir myself hardop. Ek sal dit aanvaar as ‘n kompliment. Het ek die toets geslaag?
Sy vat nie lank om te reageer nie. Met lof!
Weer dink ek, kophou, kophou. En my belonging?
My foon vibreer. Jy verdien ‘n groot belonging. Maar ek sal dit later vir jou gee (weer die duiweltjie prentjie).
Ek is frustreerd. Nog ‘n boodskap kom deur. Ek moet gaan, ons gesels weer. Dankie!
Ek gaan badkamer toe, trek my broek af. My penis wip orent. Die pers kop glinster nat. Monica, Monica, dink ek. Ek maak weer die foto’s oop. Ek begin die vel op en af trek. My penis is kliphard styf. Ek dink aan Monica se borste. Ek dink hoe ek Monica se dye soen en my pad opwerk na daai wit panty. Hoe sy dan stadig oopmaak en agteroor lê, haarself oorgee aan my mond en vingers. Ek dink hoe haar rug op-buig. Ek hoor haar asem versnel. Ek ruik haar deur die panty, ek ruik hoe nat sy is. En dan voel ek hoe my hamstrings begin trek, my rug trek onwillekeurig krom, en ek skiet toue wit kom. Ek ruk en pluk, en val amper om. Monica, Monica!
Laat aand, na 11 uur vibreer my foon weer. Ek is al amper aan die slaap. Die kamer is donker. Die foon se lig is skerp. Meer as een boodskap van Monica af. Foto’s. Eerste foto lê sy op die bed, die kamer is effe donker, en net die bedlampie is aan. Sy het ‘n handoek om haar kop gedraai. Sy lê met haar bo-lyf half regop gestut teen kussings. Net ‘n wit panty aan. Sy smile. Sy lyk eksoties mooi. Haar borste hang, maar dis meer sexy en vroulik as enig iets anders. Haar nipples is nie groot nie, maar dis donker van kleur en hulle staan regop. Die foto is nie van naby af geneem nie. Ek kan haar hele lyf sien. Fok, sy is beeldskoon. Volgende foto is nader, net kop, skouers en borste. Volgende foto laat val my amper van die bed af. Van naby af geneem. Jy sien haar maag, en haar een hand binne die panty. Die vinger daar binne is opgekrul, want die stukkie lap is opgetrek, en die panty is effens weggetrek eenkant toe. Jy kan net-net ‘n paar donker haartjies sien. Ek bewe van opgewondenheid. Kan my net indink hoe daai vinger in daai nat spleet op en af gly.
Ek reply Wow! Dis ‘n heerlike verassing!
Dis weer stil voor haar boodskap deurkom. Ek kan nie glo wat ek doen nie!
Ek vra hoe sy daaroor voel?
Avontuurlustig, stout, bervrydend! Soos dit moet wees!
Ek bedank haar, Dis ‘n kompliment dat jy dit met my deel, dankie. Ek hoop om nog baie sò verras te word!
Dan is sy stil. Ek wonder later of sy aan die slaap geraak het. Na 10 minute wys haar profile dat sy nog online is. Dan vibreer die foon weer.
OK, here goes! Kan nie glo ek doen dit nie! Maar hier is my bucket list!
My hande bewe.
Die volgende boodskap kom deur: Ek het nog nooit ‘n ander man se penis in my mond gehad nie (en nie eens my man s’n in 20 jaar nie); Ek het nog nooit ‘n man gesien wanneer hy ‘n orgasme het en sy sperm skiet nie; Nog nooit het ‘n man ‘n orgasme in my mond gehad nie; Ek was nog nooit met iemand anders in die bed as my man nie, sal graag met meer as een person op ‘n slag wil probeer; Ek het nog nooit ‘n orgasme gehad van iemand wat my met die mond of tong stimuleer nie, ek fantaseer soms oor hoe ek myself blootstel, my bene oopmaak en ‘n man eet my saggies en ferm soos ‘n oorryp vrug. Ek sal graag ‘n kort video clip wou maak (as jy verstaan wat ek bedoel); Ek het nog nooit op ‘n ander plek seks gehad as in die slaapkamer nie, sal graag buite of in ‘n kar wil probeer. Ek droom soms daarvan om bietjie geblinddoek te word, en bietjie gedomineer te word. En dan natuurlik die een groot taboe … (jy weet seker, om op die ander plekkie gepenetreer te word… ) Die boodskap eindig met baie duiwel gesiggies.
Nou is ek wawyd wakker!
Die foon vibreer weer. Daar het jy dit! Die bal is in jou hande! Lekker slaap!
Ek kan die res van die nag nie slaap nie.
12 COMMENTS
Absoluut puik ! Skree vir opvolg
Dankie Pacman !
Ek hoop die bucket list word n fuckit list!!!
Fantasties…. ons wag in spanning … en ….. vir hoofstuk 2
Moenie op mekaar wag nie …..
Fantasties…. dis mos n storie wat smeek vir hoofstuk 2………. alles is daar……. ons wag….
Shoe, dankie vir die komplimente! Ek het nie gedink die storie gaan gewild wees nie. Ek het dit inderwaarheid voor Dirty Old Man geskryf maar was nie seker of dit sou aanklank vind nie. Daar is wel ‘n opvolg op pad…
Magtig ou Pacman, dis nou n storie en n half met nog n sterrestelsel se opvolg moontlikhede. Wragtig pragtig.
Magistraat! Maar dit was ‘n lekker storie.
Blikemmer Pacman! Dis nou sommer ‘n groot ervaring!
Sien uit na die verdere verloop..
Jissie dis wraggies puik storie. Sal graag ‘n opvolg wil lees
Ek het só ge-ID met die storie dat ek dit nou al 4 keer herlees het !
PUIK, absoluut puik !
Dankie Pacman !
Ooglopend met al die items op die bucket list gaan jy ons nog meer vergas met opvolg stories…asseblief ! Dalk stel die dame nog in bdsm ook belang ?
Kannie waggie, doen so voort Pacman.
Nou toe, ek is haar ouderdom min of meer. Ek wag wag vir die opvolg.
Julle weet dis Pacman wat die Dirty Old Man storie geskryf het, ne? 🙂 Net toe julle vra, toe stuur hy ‘n nuwe ene in. 🙂