Spreuke van Kleinboer
Elke goeie “leserskring” het ‘n resident skrywer. kombiekiehier is so gelukkig om sommer ‘n paar te hê. Die aard van die werf veroorsaak egter dat baie van ons bydraers onder ‘n skuinaam moet deelneem, want koeke. (Soms krul my tone om van lekker as ek dink aan hoe wyd die lesers sal smile as hulle weet wie hulle almal skryf. 😉 )
Maar oor Kleinboer mag ons breëbors en openlik spog.
Dit is seker ‘n aanvegbare stelling om te maak, maar Kleinboer is imho tans een van ons heel beste Afrikaanse skrywers. (Hierdie is in elk geval die plek vir wilde stellings) Hy maak die alledaagse eroties. ‘n Facebook update van ‘n paar sinne word kuns.
Dit is waarom ons vir hom ‘n hoekie van kombiekiehier inruim. (Soek sy tab in die menu) Hier kan Kleinboer se onpubliseerbare spreuke voortleef. Want elkeen van daardie mymerings van hom bevat tog ‘n waarheid, opinie of beginsel (al bedoel hy dit dalk nie so nie).
Kleinboer het in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuut werk, Kontrei, ontvang. Sy nuwe boek, Werfsonde, het verlede jaar verskyn.
Volg die link om Werfsonde te koop.