
Erotikaans: AWS-reëls vir los en vas skryf
deur Lusman
In ‘n vorige artikel het ons gekyk na die noodsaaklikheid, vir goeie begrip en eenduidige betekenis, om woorde in sekere gevalle vas aan mekaar te skryf (sien HIER). In hierdie artikel kyk ons na van die belangrikste reëls oor los en vas skryf, soos uiteengesit in die 11de Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS), in 2017 uitgegee deur Pharos Woordeboeke. Hierdie uitgawe van die AWS is die jongste.
Die eerste drie reëls oor vas en los skryf word bespreek aan die hand van voorbeelde in die AWS. Ons gee dan voorbeelde van hoe dit op die gebied van die erotiek gebruik kan word.
Reël 15.1 Afsonderlike woorde word los geskryf.
Die AWS verduidelik dat dit die eenvoudigste en algemeenste reël is en gee twee sinne as voorbeelde. Dit sê egter reeds hier dat ander reëls wat met vas skryf te doen het in sekere gevalle geld.
Op erotiekgebied is voorbeelde van sinne waar alles los geskryf word die volgende:
Hy voel dat daar ‘n roering in sy broek kom toe sy buk en haar kaal dosie onder haar kort rokkie uitsteek.
Haar stadige gery van sy piel terwyl sy bo sit en sy bors streel, is genoeg om sy asem te laat jaag soos lank laas.
Reël 15.2 Woorde in ‘n komplekse woord word vas aan mekaar geskryf.
Daar word in die terminologielys (‘n bylae agter in die AWS) verduidelik wat ‘n komplekse woord is. Daar is vyf subtipes, met een die sogenaamde samestelling. Ons gaan in hierdie artikel spesifiek op die samestelling inzoem.
Die AWS verduidelik dat ‘n samestelling ‘n woord is wat uit elemente bestaan wat in ander verbande as enkele woorde kan funksioneer, maar in die samestelling saamgesnoer is tot ‘n enkele woord.
Voorbeelde van samestellings wat die AWS gee is onder andere: aapstert, bobotieresep, bosbok, byekorf, deurmat, gloeilamp, goudgeel, grensgebied, hondsiek, kiembewus, koerantberig, kookwater, lugdienspersoneel, tweerigtingskakelaar, werksku en wetenskaponderwyser. Let op dat in hierdie samestellings elke woord in die samestelling ook apart kan funksioneer. Merk ook dat sommige van die samestellings uit twee woorde en ander uit drie woorde bestaan.
Om te wys dat die samestelling in Afrikaans heelwat anders funksioneer as in Engels en ook konsekwenter bereël is, gee die AWS die volgende voorbeelde: deurbeslag (door furniture), grensgebied (border area), poskantoor (post office), wetenskaponderwyser (science teacher), asblik/vullisblik (dustbin), beesstert (oxtail), hooimied (haystack), posmeester (postmaster), droogskoonmaak (dry-clean), dunvellig (thin-skinned) en klokbroek (bell-bottoms).
Ons gaan hier onder na samestellings op erotiese gebied kyk. Vele daarvan kom uit Kombiekiehier-verhale.
Tweewoordsamestellings
Die AWS verduidelik dat die meeste samestellings wat in die omgangstaal gebruik word, uit twee dele bestaan.
Tweewoordsamestellings in onlangse erotiese stories op Kombiekiehier, in alfabetiese volgorde, is: boudegleuf, boudspiere, genotsvrug, holopening klitknoppie, koeklippe, linkertiet, naakfoto, pelvisarea, pêntielyn (weens sonbruining), pielkop, poesiehare, poeslippe, pragblom (die een tussen die bene), rolspel, tietnaai, vaginaspiere en voorspel.
Om te illustreer hoe algemeen samestellings op die gebied van die erotiek is, sou ons die volgende voorbeelde, wat uit twee dele bestaan, kon byvoeg: ballasstimulasie, balsak, begerenswaardig, bevogtigingsjel, boerepiel, binnelippe, boudebeweging, buitelippe, driesaamnaaiery, ereksieprobleem, genotsgrot, genotsmiddel, genotservaring, huweliksbed, glymiddel, hangtiete, klitoriskappie, lewensmaat, liefdesous, liefkosingsplesier, naaihale, nooienstieties, peniskop, penisnyd, penissensitiwiteit, pielskag, pielstyf (‘n pielstyf kry), semenspatsel, spermproduksie, swiengerspartytjie, tepelklamp, vaginaknapheid, voortplantingsgesondheid, voorvel, vulvalippe, vulvavertroeteling, voortplantingsgesondheid.
Tweewoordsamestellings is vry algemeen in enige skryfwerk. Op erotiese gebied sou mens letterlik duisende kon opspoor – en, terwyl jy skryf, ook baie nuwes kon maak.
Samestellings met meer as twee woorde
Samestellings wat uit drie of meer woorde bestaan kom ook voor. Die AWS gee die volgende voorbeelde: bosluiskoors, harsingvliesontsteking, kernkragsentrale, reënwaterafvoer en uitvoersteenkoolprystendense.
Soortgelyke samestellings op erotiekgebied is: boudebinnewange, binnebouddans, binnelipringetjie, binnepoesspiere, driewegvryery, driesaamvryery, geboortebeperkingspil, handverligtingsgenot, landingstrokieskaamhare, langpielman, selfdegeslagseks.
Samestellings het soms ‘n verbindingsklank. Voorbeelde wat die AWS gee, met die verbindingsklank tussen hakies, is: beklaenswaardig (-ens-), bevolkingsregister (-s-), distriksgeneesheer (-s-), etenstyd (-ens-), leeueaandeel (-e), kalwerliefde (-er-), leeueaandeel (-e-).
Uit die lys erotieksamestellings hierbo is daar die volgende samestellings met ‘n verbindingsklank: begerenswaardig (-ens-), bevogtigingsjel (-s), (boerepiel (-e-), geboortebeperkingspil (-s-), genotsgrot (-s-), genotsmiddel (-s-), genotservaring (-s-), handverligtingsgenot (-s-), huweliksbed (-s-), liefkosingsplesier (-s-), nooienstieties (-ens-), paringsdaad (-s-), voortplantingsgesondheid (-s-).
Reël 15.3 Samestellings word vas geskryf
Die AWS sê by hierdie reël: Die stamme waaruit samestellings bestaan kan tot verskillende woordsoorte behoort.
Die AWS verduidelik dan die patrone wat van toepassing is en gee voorbeelde. Ons gee vir elke geval eers die voorbeelde in die AWS en gee dan enkele voorbeelde van erotiese gebruik. In sommige gevalle word voorbeeldsinne ook gegee.
naamwoord + naamwoord (die kategorie wat die grootste groep samestellings vorm)
Uit AWS: ankertou, arbeidswetgewing, blombedding, bobotieresep, bosbok, deurmat, prokureursorde, reddingsboei, skroewedraaier, sonnestelsel en vredesverdrag.
Op erotiekgebied: bikiniwaksing (Sy gaan gereeld vir haar bikiniwaksing), genotstok (Ek staan reg vir haar met my genotstok in my hand toe sy by die badkamer uitkom.); groepswoeps (Dit was ‘n lekker groepswoeps saam met ons vriende.); koekopening (Sy neem sy trots in haar hand en bring dit na haar koekopening toe); lyfbeskieting (Een van haar fetisje is lyfbeskieting, veral deur manne wat ‘n groot vrag kan lewer.); naaiershulp (Dit was welkome naaiershulp toe ons in swiengklubkamer besig was en die rondleier die mense kom waarsku het om nie by die toe kamerdeur in te gaan nie.); pelvisarea (Sy is vandag erg bewus van haar pelvisarea; Jan kan hom maar regmaak vir aksie vanaand.); pielkop (Sy pielkop is pers en nat; hy’s reg vir haar.); poeslippies (Hy vertroetel haar poeslippes een vir een, eers die buitenstes en dan die binnestes); skêrposisie (Weens haar gesette lyf lig sy haar een been op, draai effens skuins, en beduie vir die man dat hy haar in die skêrposisie moet vat.); swiengergroentjies (Ons is swiengergroentjies en het nie ‘n benul van dinge hoe dinge by die swiengersklub werk nie.); trilsmul (Sy hou daarvan om hom eers ‘n trilsmul te gee, voordat hy haar ‘n moemfsmul gee.); voyeurkamer (Omdat hulle ekshibisioniste is, hou hulle daarvan om in die voyeurkamer, waar andere hulle kan sien, te naai.); wellusvuur (Na jou wellusvuur uitgewoed was, het ek brullend in jou dieptes gekom.)
naamwoord + voornaamwoord
Uit AWS: Jan-hulle, oom-hulle
Op erotiekgebied: Sarie-hulle (Sarie-hulle het besluit om saam te gaan na die swiengersbyeenkoms op die plaas.)
naamwoord + setsel
Uit AWS: beenaf, bekaf, bergaf, dagin en daguit, jaarin en jaaruit, kopaf, padlangs, pootuit, raadop, sonop, straataf, velaf, winduit
Op erotiek-gebied: broekaf (Sy het hom broekaf in haar suster se kamer gevang.); pootuit (Hy voel pootuit gevry toe hy laatnag by die huis kom.); velaf (Sy elmboë is velaf van die naaiery op die growwe mat.)
naamwoord + werkwoord
Uit AWS: asemskep, perdry, pretloop, ysskaats
Op erotiekgebied: tropnaai (Die ses mans staan nader om die seksnimf te tropnaai.); broeknaai (Hulle broeknaai met haar wat wydsbeen oor sy skoot sit; hy moet net nie kom nie, want as haar ma aankom sit hy dalk met ‘n kol aan sy broek.); handvry (Sy handvry haar kwakkie gereeld as haar kêrel op reis is.); mondvry (Sy hou daarvan om sy piel te mondvry.); tietnaai (Met daai groot tiete van haar, hou hy daarvan om haar te tietnaai.)
naamwoord + byvoeglike naamwoord
Uit AWS: gebruikersvriendelik, kiemvry, vuurvas,
Op erotiekgebied: aalglad (Sy piel is aalglad van haar spoeg.); hoepelkrom (Sy penis is hoepelkrom as dit styf is, maar gelukkig hou sy vrou daarvan.); hondjags (Hy word hondjags as sy daai sexy boodskappies oor sy foon stuur.); kliphard (My penis is kliphard van die geskommel); kondoomveilig (Die smeermiddel is kondoomveilig; dit verswak nie die lateks nie.); penregop (My piel staan penregop toe sy my klaar getrilsmul het); poedelnakend (Sy is poedelnakend toe hy die kamer binnekom); wawyd (Sy lê met haar bene wawyd oop op die bed en vrikkel haar koekie flink met haar voor- en middelvinger.)
naamwoord + deelwoord
Uit AWS: prosesgeoriënteer, sneeubedek
Op erotiekgebied: dildobevredig (Goed dildobevredig raak sy aan die slaap.); semenbedek (Haar hele poesie is semenbedek nadat hy uitgetrek en daaroor gekom het.); poesgefokus (Ek gaan hierdie vakansie poesgefokus wees, neem ek my voor.); saadbeskiet (Haar lyf is erg saadbeskiet toe hy klaar is, sy piel nog steeds in sy hand.)
werkwoord + werkwoord
Uit AWS: brandmerk, hangsweef, stortreën
Op erotiekgebied: hangnaai (Sy hangnaai graag in die liefdeswaai wat haar man in hul slaapkamer teen die plafon geïnstalleer het.); stortreën (Die saad van die manne stortreën oor haar toe almal omtrent gelyk kom.)
werkwoord + byvoeglike naamwoord
Uit AWS: kraakvars, stinkryk
Op erotiekgebied: druiplus (Hy is druiplus en moet haar net eenvoudig vanaand in die bed kry.); naaivriendelik (Daardie nudistestrand is nie naaivriendelik nie; jy kan kaal wees, maar verder mag jy niks doen nie.)
werkwoord + naamwoord
Uit AWS: baaikostuum, breekyster, eetgoed, gloeilamp
Op erotiekgebied: kafoefelbegeerte (Die kafoefelbegeerte maak dat hulle dringend na ‘n hotel begin soek.); naailus (Die naailus het haar nou beetgepak; sy wil dringend huis toe.); swiengaand (Dit gaan hul eerste keer by hul vriende se swiengaand wees; hulle is baie opgewonde.)
byvoeglike naamwoord + naamwoord
Uit AWS: dikmelk, donkerkamer, wildebees
Op erotiekgebied: buiteseks (Hulle hou albei van buiteseks en gaan daarvoor gereeld plaas toe.); donkerkamer (Hulle hou daarvan om in die donkerkamer te speel.); kaalgat (Sy is kaalgat toe sy uit die kamer kom.); naakfoto (Hulle ruil graag naakfoto’s met ander pare.); voorbinder (Dit sal die eerste keer wees wat sy die bi-skierige vrou met ‘n voorbinder bedien; sy sal dus voorlopig die een met die kleiner dildo aanbind.)
byvoeglike naamwoord + byvoeglike naamwoord
Uit AWS: blougroen, domastrant, helderrooi, ligblou, stomverbaas
Op erotiekgebied: maljags (Hy is maljags en kan nie wag om by haar uit te kom nie.)
byvoeglike naamwoord + werkwoord
Uit AWS: blinkvryf, koudlei, rofstoei
Op erotiekgebied: binneseil (Sy voel dat sy penis haar vagina gladweg binneseil en weet hy het dit goed gesmeer.)
bywoord / byvoeglike naamwoord + setsel
Uit AWS: andersom, buitelangs, dwarsoor, langsaan, linksom, regaf, regsom, ronduit, voluit, vooraan, voorlangs, vooroor
Op erotiekgebied: andersom (‘n Bejaarde kan ‘n jonger mens vleeslik baie geniet; andersom ook.); linksom (Hy draai haar tepel ‘n paar keer linksom en toe weer regsom.); regop (Sy piel staan regop toe sy haar mond wegneem); ronduit (Hy vertel haar ronduit hy wil haar naai.); voluit (Hulle geniet hul sekslewe voluit); vooraan (Dié twee is heel vooraan as dit gaan oor rof vry.); voorlangs (Hy vryf voorlangs oor sy broek en voel daar is steeds ‘n knop.); vooroor (Toe sy vooroor oor die kombuistafel leun, vat hy gretig haar boude vas en maak reg om in te sit.)
bywoord + werkwoord
Uit AWS: binnekom, neerslaan, regkom, teregwys, wegspring
Op erotiekgebied: binnegaan (Ek wil net die pragtige koekie sien voor ek haar binnegaan); neersyg (Ek lag van plesier as ons, na ons orgasmes, op die bed neersyg.); uitspuit (Sy straal saad wat uitspuit trek dwars oor haar lyf.); uitstaan (Hy kyk na haar binnelippies wat ver uitstaan.); byhou (Hy kan nie byhou by haar seksuele eise nie.)
setsel + werkwoord
Uit AWS: aanbied, afdank, inteel, teenwerk
Op erotiekgebied: aanbind (Haar oë rek groot as sy sien dat die vrou ‘n dildo aanbind); aanbreek (As haar orgasme aanbreek, begin haar lyf ruk.); aanbring (Hy kan altyd maklik ‘n orgasme by haar aanbring deur net ‘n paar diep, vinnige steekhale te gee.); aanvly (Sy hou daarvan as hy met sy kaal lyf teen haar aanvly.); afdwing (Hy onthou hoe die oom hom op hom probeer afdwing het.)
setsel / bywoord + naamwoord
Uit AWS: agterdeur, deurpad, omweg, voorarm
Op erotiese gebied: agterdy (Haar bene is opgetrek en die agterdye lê in die waaie van sy arms terwyl hy haar met lang, ferm stote naai.); agterwand (Hy steek ‘n paar keer stadig afwaarts met sy voël om die agterwand van haar vagina te streel.); deurtrekker (Sy het vanaand haar deurtrekker, wat haar baie sexy laat voel, aan.); omgang (Op hulle ouderdom het hulle het nog gereeld, ten minste twee keer per week, omgang.); voorvel (Sy hou daarvan om, wanneer hulle begin speel, sy voorvel terug te trek sodat sy eikel ontbloot is.)
telwoord + naamwoord
Uit AWS: duisendpoot, tienkamp, tweegesig, vyftal
Op erotiekgebied: driehoek (My hele driehoek is nou nat van my aktiewe vingers.); drieweg (Sy sien uit na die drieweg wat hulle vanaand gaan hê; die eerste keer dat daar ‘n vryery met sy en haar man en haar vriendin gaan wees.)
bywoord + naamwoord
Uit AWS: agterblad, bykos, nie-eienaamgedeelte
Op erotiekgebied: byplesiertjie (Dat sy hom elke keer na hul sekssessie afsuig is ‘n welkome byplesiertjie.); bosittery (Hy geniet elke keer haar bosittery terdeë.)
setsel + setsel
Uit AWS: bo-oor, langsaan, tussendeur
Op erotiekgebied: bo-oor (Hy mik vir haar gesig maar skiet skoon bo-oor haar kop.); langsaan (Hy voel haar warm lyf terwyl hy langsaan haar lê en sy hand gaan instinktief na haar borste.); tussendeur (Tussendeur haar kermgeluidjies lig ek kort-kort my kop op en kyk na haar gesig.)
Ten slotte
Ons hoop ons kon ons skrywers en lesers ‘n bietjie van ‘n oorsig gee oor die eerste drie reëls in die AWS oor los en vas skryf. Dit mag vir sommige dalk ingewikkeld klink, maar as mens jou eers daarop begin toelê om die reëls te verstaan, kom dinge in baie gevalle vanself. Dit verskaf groot vreugde as jy begin voel jy skryf reg. Want na alles wil mens jou so goed as moontlik kan uitdruk – met soveel begrip by jou lesers as moontlik. Fynere nuanses van taalgebruik kan beswaarlik begryp word as beide die skrywer en die leser nie darem breedweg die belangrikste spelreëls ken nie.
Soos voorheen, wil ons Kombiekiehier-gangers aanmoedig om die AWS aan te skaf of te reël vir elektroniese toegang. Die woordelys alleen is ‘n fees vir spelverbetering en is uiters maklik om te gebruik. Dit mag klink of ons deur die AWS aan te beveel iets daardeur verdien; hoegenaamd nie. Dis bloot ons passie dat die lekkerkry, hopelik orgasmes, van julle deelnemers hoogty vier – weens goeie begrip!
In die toekoms sal ons aandag gee aan ander spelreëls.
Julle kommentaar is altyd welkom. Laat weet ook waarvan julle meer wil sien.