
Land van Melk en Heuning (1)
deur JouBok
Dit is laatmiddag. Met groot opgewondenheid draai ek van die N2-tolpad af. Minute later ry ek die King Shaka-internasionale lughawe se langtermyn parkeerarea binne. Met die druk van ‘n knoppie spoeg die parkeermasjien my parkeerbewys uit. Ek soek na die parkeerplek waar ek Desiree jare gelede agter in die kattebak vasgepen en haar steunend maak kom het voordat ons in die berge gaan vakansie hou het. Die enigste beskikbare parkeerplek is ver agter in die gebou.
Sonder moeite tel ek my bagasie uit die motor. Ek gooi my drasak oor my skouer. Die klik van die sentralesluiting bring goeie herinnerings van ‘n tyd lank gelede. Die wieletjies onder my tas rol krassend op die skurwe sementblad. Wanneer ek by ‘ons’ parkeerplek verbystap verbeel ek my ek hoor haar asem jaag. Vlietend maak ek my oë toe en sien haar kop agteroor buig met haar mond wyd oop. Ek sien weer daardie geel rok met my linkerhand diep daaronder. Ingedagte snuif ek die lug en hoop om haar parfuum en reuk waar te neem.
Groot glasdeure skuif geruisloos oop. Ingedagte stap ek na die koffie-en-bone eetplek en koop ‘n wegneemkoffie. Asof in ‘n waas loop ek eers op my spore na die ontvangslokaal en herleef die passievolle herontmoeting van ‘n paar jaar gelede.
Ek stap na die hysbak. Voor my skuif die vlekvrye staaldeure van die hysbak oop. Ek stap binne en druk die boonste knoppie op die paneel. Die deure skuif toe. Egalig begin die hysbak styg. Langs my staan ‘n ander reisiger wie se bestemming ook die internasionale vertreklokaal is.
Deur die glaspanele van die hysbak sien ek hoe ander reisigers op die grondvloer rondbeweeg. Ek raak intens bewus van my omgewing. Met ‘n glimlag dink ek aan die eksotiese plekke waar hulle was. Al die drome wat hulle bewaarheid het. Ek dink aan die sakke vol goeie herinneringe waarmee hulle terugkom. Daai tipe wat gereed lê om enige tyd herleef te word.
Ek sien ‘n jongman kop-onderstebo loop. Het hy dalk ‘n teleurstellings ervaar wat sy lewe onverwags verander het? Vir ‘n oomblik filosofeer ek oor die lewe wat soos ‘n stroom water vloei. Die lewe maak ‘n duidelike merk op elkeen van ons. Uiteindelik vloei dit uit in ‘n oseaan van niks. ‘n Oseaan van vergetelheid.
Die hysbak-deure skuif oop. My tas se wieletjies knars wanneer ek dit oor die gleufie tussen die hysbak en die vloeropening trek. Die wieletjies rol klik-klik oor die voortjies wat met bryvulling gevul is. Ek stap in die rigting van die ontvangstoonbank. Wanneer ek my tas oor die rooi mat voor die toonbank trek raak die wieletjies se geluid stil. Ek sluk die laaste bietjie koffie uit die weggooibeker. Die papierhouer val sag in die herwinning-houer wat voor die toonbank aangebring is.
Ek stap tot teen die toonbank. Die onberispelik geklede beampte groet vriendelik en vra na my kaartjie en paspoort. Ek boek sonder enige voorval in. My tas ry seepglad op die rubber-vervoerband deur die skandeerder na die ingewande van die bagasiesorteermasjien. Ek draai om en stap na die gemaklike sitkamer waar die besigheidspassasiers ontspan en wag op hulle vlug.
Die lugreëling werk hard om die groot lokaal se temperatuur en humiditeit gerieflik te hou. Daar is nie veel ander mense in die lokaal nie. Ek stap oor na die verversingstoonbank en bestel vir my ‘n Whiskey op ys. Met groot treë stap ek na een van die gemaklike stoele wat uitkyk oor die area waar die vliegtuie voor die lughawegebou staan. Ek glimlag wanneer ek dink aan die Engelse woord “apron” wat die stuk sement voor die gebou genoem word. Die prentjie van ‘n kaal vrou met net ‘n voorskoot aan oorheers my gedagtes. Met ‘n wakkerwordende ereksie dink ek daaraan dat ek en Desiree nog nooit kaal in die kombuis kos gemaak het nie.
Proe-proe teug ek die goue vloeistof. Met my regterhand trek ek my tablet uit my reisigerssak. Na ek die aan-knoppie gedruk het wag ek dat die verskillende applikasies in die elektroniese geheue gelaai word. My vingerpunte blaai deur die applikasies en stop by die vlug-status een. Op die skerm wys dit Desiree se vlugstatus. Sy vlieg van Auckland na Dubai waar ek haar sal ontmoet vir ‘n kort droomvakansie. Terwyl my vingers deur die foto’s van Desiree blaai verlang ek na ons en druk ongemerk my lekker ereksie om gemakliker in my broek te lê.
Oor die interkom blêr die aankondiging dat die vliegtuig gereed is vir die passasiers om aan boord te gaan. Ek stap eers gou toilet toe. Wanneer ek voor die urinaal staan en my gulp oopmaak val my half erekte penis uit. Dit staan reguit voor my uit. Ek krul my vingers om my skag en trek my voorvel terug en ontspan. Met my vingers druk ek my piel se kop effens ondertoe en mik na die plastiese sif wat oor die urinaal opening geplaas is.
My gedagtes dwaal wanneer my pie ‘n goue straal in die wit porselein bak spuit. Ek dink aan die keer toe ek en Desiree saam gestort het. Sy het laggend agter my gestaan met haar arms om my gevou en gesê sy wil voel hoe dit voel om soos ‘n man te pie. Sy het ook my voorvel teruggetrek en my straal pie teen die stortmuur gemik. Oomblikke later het sy uitspattig gelag en soos ‘n wafferse brandweerman my slang rondgeswaai. Sy wou sien hoe hoog sy kon spuit. Uiteindelik het sy die laaste druppels afgeskud en my voorvel ingedagte vorentoe en agtertoe getrek.
Ek druk en skud die laaste druppels van my voël af. Met my piel terug in my broek en my gulp toe stap ek na die wasbak. Ek spoel my hande onder die lopende water wat uit die outomatiese kraan stroom. Die deur na buite druk ek so met my skouer oop. My hande is steeds nat wanneer ek van die toilette na die ingangshek stap.
Met ‘n vriendelik groet aan die lugwaardin stap ek die ruim binnekant van die Airbus 380 binne. Ek is elke keer aangenaam verras oor die puik toestand waarin Emirates se vliegtuie is. Die lugwaardin stap voor my na my bespreekte sitplek. So in die loop bewonder ek haar twee perfekte boudjies wat binne haar netjiese uniform ritmies wip. So op my eie amuseer ek myself deur daaraan te dink dat dit baie lekker sou wees om ‘n loods te gewees.
Ek druk my handbagasie versigtig in die luik en maak seker dat die deksel se knip sluit stewig. Die sitplekke is ruim en gemaklik wanneer ek myself gemaklik maak vir die relatiewe kort vlug na die Dubai internasionale lughawe.
Minute later vergesel die lugwaardin ‘n aantreklike dame by my verby na haar sitplek. My medepassasier se sitplek is skuins oorkant myne. Haar gesig is weggedraai toe sy by my verbystap. Sy het lang donker hare. Die kajuit se helder lig weerkaats in die sagte golf wat haar hare oor haar skouers maak. Die skoonheid se hare-waterval stop net bokant haar boude.
Sy is duidelik ‘n besigheidsvrou. Sy het ‘n Prins van Wallis snyersbaadjie aan. Onder op die moue se manchette en onderaan die pant van die baadjie is daar pikswart omboordsel. Haar potloodrok is van dieselfde swart materiaal gemaak. Heupe en bobene lyk asof hulle gegiet is in die kledingstuk wat styf om haar lyf span. Haar romp se soom stop verleidelik hoog bo haar knieë. Onder haar romp steek ‘n godin se bene uit. Ek lus om haar te sê dat ek hulle wil aanbid, maar sluk en bewonder dit op ‘n afstand. Daai godin-bene is geklee in swart visnet-tights met ‘n goue naat wat ‘n loodregte lyn van onder haar romp oor haar perfekte kuite tot waar haar hakke wegraak in swart hoëhakskoene. Agter op die haak van haar skoen is die perfekte prentjie afgerond met twee goue strikkies.
Ek hou haar dop terwyl sy oorbuk om haar bagasie te bêre. Wanneer sy onverwags omkyk vang sy my dat ek na haar sit en staar. Ek weier om weg te kyk. Haar gesig is perfek gegrimeer. Ek hou haar blik gevange. Haar oë kyk ook nie weg nie. Sy glimlag en vra of ek lekker droom.
Daai lyf het nou ‘n gesig bygekry. Sy het groen oë. Donker grimering rondom haar oë laat dit smeulend lyk. Haar gesig spog met hoë wangbene. Ek het verwag dat haar lippe dungetrek sou wees om by die besigheid-image te pas. Ek was lekker verras om te sien dat haar mond met ‘n pragtige glimlag haar nog verrukliker laat lyk. Haar vol rooi lippe kontrasteer mooi met haar perfekte tande.
Ek staan op en stap na haar toe en stel myself as Bok voor. Sy draai sodat sy reg voor my staan en steek haar hand uit. Ek sluk hard toe ek sien dat onder die snyersbaadjie het sy ‘n maaghemp aan wat net haar borste bedek. Haar maag steek onder die kledingstuk uit. Volgens die manier wat haar boobs effe bons is ek oortuig dat sy geen bra aanhet nie.
So binne haar hoëhakskoene is sy steeds ‘n sentimeter of drie korter as ek. Sy kyk effens op na my met haar groot, groen oë. Met al my sjarme-krane oopgedraai verklaar ek hoe bevoorreg ek is om op dieselfde vliegtuig as sy te wees. Met haar hand in myne sê sy: “Hello Bok, my naam is Melanie Malan.” Oudergewoonte buig ek vooroor en sê: “Milady – Jou naam is musiek in my ore.” In my agterkop memoriseer ek haar naam met ‘n geheue sleutel. (Malan Malan met ‘n ee en nie ‘n a nie. Maklik om te onthou!)
Ons staan en gesels in die gangetjie terwyl die ander passasiers opdaag. Melanie staan voor my. Terwyl ons praat merk ek hoe sy met die knewel wat in haar trouring geset is vroetel. Haar gesig het ‘n glimlag wat haar lagplooitjies saamtrek. Bo haar groen oë trek sy haar wenkbroue effe hoër. So nou en dan beweeg haar regterhand na haar hare en met haar wysvinger trek sy so deur een van die krulle. Elke sintuig en aanhangsel in my liggaam kom op aandag. Voor my is ek besig om die klassieke tekens te lees van ‘n opwindende vlug.
Die aankondiging oor die interkom gee ons instruksie dat ons ons sitplekke moet inneem. Sitplek-gordels klik in hulle hegstukke en al die passasiers trek die bande stywer om hul lywe. Melanie loer ‘n laaste keer om die skeiding wat die sitplek bietjie privaatheid gee. Sy gee my ‘n duim boontoe teken. Ons hoor hoe die kragtige enjins se toere versnel. Die dreuning bereik ‘n plato en oomblikke later kom die massiewe vliegtuig in beweging. Die krag waarmee die vliegtuig vorentoe beur druk ons terug in ons sitplekke.
Gemaklik leun ek terug in my sitplek en ontspan. Ek geniet die brute krag wat my vasdruk en ek wonder hoe dit vir ‘n vrou voel wanneer ek haar vasdruk. Hoe dit vir haar voel wanneer ek diep binne haar stamp en vorentoe beur vir al wat ek kan. Na ‘n paar minute plat die helling van die vliegtuig af. Die vlug raak kalm en gemaklik. Op die paneel lang my verdoof die sitplekgordel liggie. Die veiligheidsgordel gespe klik maklik los.
Oorkant my sien ek Melanie se voete by die skerm verbysteek. Sy het haar hoëhakskoene uitgeskop en die visnet-kouse vertoon donker oor die brug van haar voet. Melanie se tone wikkel binne die kouse. Haar tone en voete is proporsioneel net so mooi as daardie bene wat ek vroeër bewonder het.
Nadat ons aandete bedien is sien ek sy roep die lugwaardin nader. ‘n Rukkie later kry sy ‘n ligte reiskombers en sy gooi haar bene daarmee toe. So by myself dink ek hoe ‘n absolute verlies dit aan die mensdom is dat daai bene so weggesteek moet word.
Ek maak gou ‘n draai by die toilet en loer na Melanie waar sy toe-oë agteroor in die sitplek lê. Terug by my sitplek trek my tablet uit my sak. Ek stel my sitplek dat ek gemaklik agteroor kan lê. Eers aktiveer ek die applikasie op my tablet om te sien hoe Desiree se vlug vorder. Tevrede sak ek terug en maak my musiek speellys oop. Die luukse vliegtuig het ‘n Bluetooth verbinding sodat ek my musiek deur die hoë-kwaliteit klanksisteem kan luister. Gemaklik agteroor met die oorfone in my ore skakel ek die musiek aan. Ietsie van Alles is die speellys se naam. Ligte klassiekemusiek, jazz, ligte blues, mood en instrumentale musiek speel lukraak.
Ek gee nie werklik aandag aan die snitte wat speel nie. Sowat twintig minute in die speelys in vloei die ritmiese verleidelike klanke van Vuurdans deur die luidsprekertjies in my ore. Dit is een van die mooiste liedjies op die Musiek vir die Maangodin CD. Ek verlustig my in die donker, dromerige sexy stem van Natasha Malherbe soos sy vertel van die oer-passie wat uitgeleef word rondom ‘n vuur. My gedagtes hardloop met my weg terwyl die musiek speel.
Ek word wakker deur die aankondiging oor die interkom. Verward skud ek my kop en besef dat ek aan die slaap geraak het. Ek kyk op die inligtings-skerm en besef dat ek die hele vlug deurgeslaap het. Iemand het ‘n reis-kombers oor my gegooi terwyl ek slaap. Baie dinge gaan deur my gedagtes. Ek onthou die musiek. Vaagweg onthou ek ‘n droom van tromme, uile en kooltjies vuur wat in die donker naghemel verdwyn.
Met die opkyk kyk ek vas in Melanie se geamuseerde gesig. Verleë trek ek die kombers van my af. Haar groen oë terg wanneer sy vir my sê dat sy gedink het ek is ‘n ‘bok’ vir sports. Ek bars uit van die lag wanneer sy sê dat sy gedink het dat ons gaan by die Mile High Klub aansluit. Gemaak vies sê sy dat ek eerder gekies het om te slaap. Dit is haar beurt om te verleë te lag wanneer ek haar vra wanneer ons weer gaan vlieg. Ek vra haar vir haar visitekaartjie en sy glimlag net.
Dinge gebeur vinnig na die vliegtuig land. Ons klim af, kry bagasie en stap na paspoortbeheer. Die doeane-beampte gaan my paspoort en visa na voordat hy dit stempel. Wanneer ek van die toonbank wegstap, soek ek na Melanie. Sy is nêrens te sien nie. Teleurgesteld stap ek deur die deure na die aankomssaal.
In die aankomssaal soek ek na die bordjie wat my naam vertoon. Mohammed glimlag vriendelik wanneer ons mekaar herken. Die vroeë-more lug is warm wanneer ons na sy motor stap. By die hotel aangekom boek ek in en neem ‘n vinnige stort en skeer. Met ‘n vars stel klere keer ons terug na die Dubai-lughawe en wag vir die vlug van Auckland om te land.
Wanneer Desiree die ontvangslokaal binnestap voel dit vir my of die son opkom. Ek het so verlang om haar lyf met haar kurwes te bewonder, maar hierdie keer is sy gekleë in ‘n lang donkergroen rok wat wyd uitklok tot op haar voete. Sy het ‘n serp half oor haar kop en om haar nek gedraai. Nieteenstaande die konserwatiewe kleredrag is sy beeldskoon vir my. Ek wens ek kon haar soen soos ou minnaars doen, maar in diè land en kultuur is dit moeilikheid soek.
Mohammed klap die motordeure agter ons toe. Hier op die agtersitplek van die motor is dit egter ‘n ander storie. Ek soen en druk haar asof ek haar die eerste keer ontmoet. Nieteenstaande die lugreëling in die motor is ons rooi in die gesig wanneer die motor voor die hotel tot stilstand kom. In my gedagtes wens ek dat ek eerder ‘n limousine gehuur het met eenrigtingvensters en ‘n glas-skeiding tussen die motorbestuurder en die kliënte.
Met ‘n stout glimlag praat ek Afrikaans met Desiree. Ek vertel haar van my gedagtes en wellus vir haar. Sy lag en slaan my speels teen die skouer. Laggend vertel ek haar van die limousine gedagte. Verder sê ek dat ons vir ten minste twee ure deur die strate van Dubai sou gery het, want dit sou my genoeg tyd gegee het om haar uit haar passion killer rok en skoene te vry. Sy kyk speels na my en sê: “Perhaps you would have needed three hours.” Ek kan nie help om haar in my arms te neem en haar ‘n beerdruk te gee nie. Mohammed kug agter ons. Onmiddellik staan ek weg van Desiree af. Hiér word oor sulke openbare emosionele gedrag gefrons. Ons stap agter ons gids aan na die hotel se ingangsportaal. Hy sleep Desiree se wieletjies-tas agter hom. Haar skouertas hang gemaklik oor sy skouer.
(In Islamitiese lande word ongetroude mense nie toegelaat om saam te woon nie – selfs die openbare druk en soen van getroude mense is taboe. By internasionale hotelle in Dubai word internasionale gaste nie uitgevra oor hulle huwelikstatus nie. Die personeel draai so ‘n blinde oog. Sekere hotelle verklaar dat hulle toeganklik is om deelkamers beskikbaar te stel, maar dit word nie wyd geadverteer nie.)
Terwyl ons aanstap skud ek my kop in ongeloof oor die godsdienstige engheid. Gedurende my voorbereiding het ek van ‘n geval gelees waar die hotel-personeel geweier het om ‘n taxi te reël vir twee gaste van verskillende geslag wat saam wou reis.
Ons gids het geweet ek en Desiree is nie getroud nie. Ek het gedurende my reëlings lank gesoek na iemand wat ons kan help om uit die moeilikheid te bly by die sede-polisie. Mohammed het ons aangeraai dat ons mekaar net as Husband en Wife aanspreek in publieke plekke. Vir ons is dit nie ‘n probleem nie. Alhoewel ons nie dieselfde van gehad het nie was ons een. Ek het Desiree meer lief as wat haar man haar het. In ons brand dieselfde wellus en begeerte na mekaar. Die normale model werk egter nie vir ons nie. Ons verhouding en lewens floreer deur mekaar ‘n paar weke per jaar te sien. Die res van die tyd vry ons die elektronies verbindings warm. Soms dink ek dat ons gesprekke van die elektroniese komponente sal uitbrand.
Mohammed vergesel ons na ons kamer.
Wanneer die hysbak se deure toeskuif sukkel ek om my hande te beheer. Hulle begeer om haar te gryp. Ek verlang om Desiree teen my vas te trek en elke kurwe van haar lyf teen my te voel. Op die paneel flits liggies. Soos wat verdiepings verbyflits dui die liggies die verbygaande vloere aan. Die hysbak ry stadiger en stop. ‘n Ping dui aan dat die hysbak die veertigste verdieping bereik het. Mohammed trek Desiree se tas in die rigting van ons bespreekte kamer. Terwyl ons oor die dik mat agter hom aanstap dink ek hoe die gedwonge skeiding suig. Ek wil met Desiree lag, gesels en knuffel. In haar oor fluister hoe ek met haar gaan liefde maak. Haar vertel dat ek haar gaan naai tot ek rou is. Ek wil vir haar skree dat ek nie vir haar wil wag om te kom nie, want ek is redeloos lus vir haar poesie.
Mohammed steek voor die deur vas. Hy plaas Desiree se drasak bo-op haar tas. Ons bevestig die tyd wanneer hy ons die volgende oggend kom oplaai. Hy gaan ons die besienswaardigehede in die stad van klatergoud wys. Hy groet vriendelik.
Desiree druk die plastiekkaart in die gleuf van die slot. Die elektroniese slot klik en die groen liggie gee ons toegang na ‘n kamer vol jagse passie.
Die deur het skaars agter my toegeknip toe ek en Desiree mekaar gryp. Hande gryp en betas elke moontlike plek is die kortste tyd. Monde en lippe vind mekaar. Ek kreun wanneer ek van haar spoeg uit haar mond suig en in my mond rondrol. My tong baai in die elixir van haar magiese spoeg. My gedagtes ontplof met die helderheid van 1000 openbarings. Ek moet in haar wees en ek smag om haar in my te ervaar.
Wanneer wie, wie se klere uittrek weet ek nie. Wat ek wel weet is dat wanneer ek tot verhaal kom staan Desiree kaal met haar rug teen die muur en haar bene is oor my heupe agter my rug gekruis. Ek het my saad reeds diep in haar uitgespuit. My asemhaling is hard en vinnig. Sy hang half aan my met haar arms wat om my nek gevou is. Haar kop lê op my skouer. Ek druk haar teen die muur vas om my balans te behou. Die spiere in my kuite brand soos ek half op my tone staan om my sagwordende piel in haar poesie te anker.
Die ongemak van ons posisie eis dat ons ontkoppel. Desiree druk haar liggaam teen myne soos wat sy effens sak wanneer haar voete op die vloer raak. Met my arms om haar maak ek seker dat ek haar begeerlike lyf styf teen my hou. Om ons lê ons klere op die grond en oor die meubels. Dit lyk of ‘n orkaan die plek getref het. Haar broekie lê eenkant en ek tel dit op. Die binnekant van die fyn materiaal is deurnat. Ek druk die nat teen my neus en sê: “Fok, ek het jou gemis!”
Die glimlag op haar gesig is beloning genoeg vir elke rand wat ek spandeer het om hierdie jarelange droom waar te maak.
Ek neem Desiree aan die hand en begelei haar na die ruim en luukse badkamer. Sy gaan op die bidet sit en ek glimlag stout toe ek my regterhand tussen haar bene indruk en met my vingers ‘n bakkie onder haar poesie maak. Haar mond gaan oop om te protesteer, maar lag dan senuagtig wanneer my lippe oor haar mond sluit. Ek hou haar vas en voel hoe haar pie warm oor my hand en tussen my vingers deurloop. Lank na sy klaar is hou ek haar steeds so vas met my mond oor hare. Ek voel hoe haar heuwel teen my regterhand druk.
Met my vingers oor haar poeslippe begin haar heupe ‘n dans van hul eie. Ek herken die vorm van haar ryp vrug. My vingers weet waar om te beweeg. Elke vinger vind sy eie unieke sensasiepunt. My middelvinger gly deur haar nattigheid en my druppende kom. Oor die geswolle middelpunt van haar wellustige pompende liggaam tot diep binne haar genotsgang. Die punt van my indringervinger skuur oor die opgeswelde sponsweefsel binne haar vagina. Oor en oor herhaal my hand die plesier-tog. Vinniger en bietjie meer ferm vind my vinger die landingstrook agter haar bekkenbeen totdat ek nie meer my vinger uittrek nie. Ek begin Desiree se orgasme roep met ‘n kombietjiehier-beweging. Gewillig en met oorgawe breek in damwal in haar binneste wanneer ‘n vloed weereens oor my hand stort en sy saggies begin huil.
Ek trek my hand tussen haar hene uit en fluister in haar oor: “Soulmate, welcome home.”
Langs my glim die blinkgevryfde krane in die lig. Ek draai die krane oop sodat die bad vol water loop. ‘n Paar druppels van die borrelbad laat bolle skuim op die water vorm.
Desiree neem my hand wat ek na haar uithou. Haar verleidelike kurwes word verberg deur die skuimbad wanneer sy in die badwater insak.
Ek verdoof die ligte en stap na die kroegyskassie toe. In die yskas het ek haar gunsteling sjampanje laat koudword. Onwettig deur die doeane gesmokkel! Ek skink twee lang glase vol. Van die borreltjies vorm aan die binnekant van die glas. Ander borreltjies borrel in die middel van die glas. Hulle hou die lig gevange terwyl hulle na die oppervlak beur. Desiree neem ‘n diep teug van die vloeistof en haar verleidelike mond vorm die woord “thank you” na sy die koel vloeistof in haar mond rondgerol en gesluk het.
Ek klim by Desiree se voete in die bad en ons gesels. Ons gesels soos ou vriende kan. Wat my aantrek tot hierdie vrou is die gawe van haar lyf – wat my gevange hou is wat in haar kop aangaan. Ek is oortuig dat die Bellamy Brothers haar moes geken het toe hulle gesing het:
“... Poets always dwell on
All the things that can be seen
From her nose to her toes
And everything between
I’ll admit that
I’m a slave to her beauty
Let me say it two more times
The way she uses it to love me
I love her mind
Because she uses it to love me
I love her mind.”
Ons sit en gesels terwyl die badwater koud word. Drie keer tap ons warm water in die bad. Later trek ek haar uit die bad en help haar afdroog met ‘n tamaai wit handdoek. Ons val naak en moeg op die bed neer. Minute later is ons aan die slaap.
Voor die alarm ons seweuur die oggend wakker maak voel ek ‘n roering soos Desiree se hand oor my vroeë oggend ereksie beweeg. Haar regterhand se vingers voel-voel eers en sluit dan ferm oor my balle. Ek probeer regop spring, maar sy druk my saggies terug.
Desiree is mond-en-hande. Ek is ekstase.
Ek lê op my rug met Desiree half oor my. Haar hare is langer as die vorige keer toe ek haar gesien het. Laas was dit in ‘n korterige kapsel gesny. Soos ek nou na haar kyk val haar hare soos ‘n sluier oor haar gesig. Met my regterhand vroetel ek agter in haar hare.
Keer op keer wanneer ek wil regop kom druk sy my terug op die bed. Desiree het my stokstywe piel se voorvel teruggetrek. Haar lippe sluit styf oor my akker. Met haar tong penetreer sy speels my spleet. Haar regterhand masseer my saadsakke wat nou styf teen my liggaam gekrimp het. Wanneer ek begin kreun druk sy my piel hard met haar duim en vingers onder my eikel. Ek sug my teleurstelling soos die ekstase uit my vloei. Teleurgesteld vra ek haar hoekom sy my nie laat kom nie. Sy kyk my speels-ernstig aan. Sy deel my mee dat dit my straf is omdat ek haar breins teen die muur uitgenaai het. Ek het nie aandag aan haar plesier gegee nie. Met ‘n lieflike glimlag voeg sy by dat ek goed opgemaak het met my bevrediging van haar behoeftes terwyl sy op die bidet gesit het. My lang kuier in die bad het ook bygedra tot ‘n paar bonuspunte waarvoor sy my wil beloon.
Sy los my voël en seil-gly oor my liggaam. Ek maak my bene wyd oop. Haar liggaam lê oor myne. Met haar vingers trek sy sirkels in my borshare. Sy byt aan my regtertepel wanneer my regterhand oor haar hare streel. Met my linkerhand probeer ek meer van haar tieties in die hande kry as die bietjie wat beskikbaar is wat tussen ons vasgedrukte lywe uitsteek.
Sy druk haarself skielik weg van my af en hurk wydsbeen oor my. Effe hardhandig gryp sy my spies met haar linkerhand. Sy mik my piel na haar nat grot terwyl haar lyf laer sak. Poes en piel ontmoet in ‘n smeltkroes van plesier. Soos ‘n supernova deur drukking en hitte kosbare elemente vorm brand haar oond in ‘n skeppingsproses. Sy begin my hard ry.
My regterhand klem oor haar linkertiet. My vingers druk hard in haar sagtheid. Dit lyk of haar tepel skuins tussen my vingers uitpeul. Ek probeer om my linkerhand se vingers tussen ons gekoppelde lywe onder haar skoongeskeerde heuwel in te gly. Sy druk my hand weg. Haar vingers gly in daardie genotvolle gaping tussen ons. Met hernude gedetermineerdheid ry sy haar vingers en my horing diep in haar. Ek gryp haar regtertiet met my linkerhand en klem. Sy kreun en steun en haar asem begin te jaag. Haar gesig, nek en bors kleur rooi. Sy is opgewonde en ek is jags.
My heupe beur van die matras af weg. Ek wil dieper en dieper in haar druk. My verstand weet dat hierdie nie my bederf is nie, maar my piel verstaan dit nie. Desiree ry my met ‘n dringendheid soos wat ek in jare nog nie ervaar het nie. Haar mond rek in ‘n klanklose kreet wat my hart en wese verstaan. Sy kom! Haar heupe wat my liggaam en haar vingers naai gaan vir ‘n oomblik uit ritme. Haar liggaam hervat haar dryf na ekstase vir ‘n tweede en derde keer. Ek weet uit ervaar dat sy vantevore sewe keer in een sessie gekom het. Ongelukkig weet ek dat ek dit nie gaan maak om solank uit te hou nie.
Wanneer Desiree se lyf vir die soveelste keer teen my beurende heupe verstyf gryp ek haar aan haar heupe. My hartklop jaag met my asemhaling resies. Ek hou haar lyf hardhandig vas terwyl ek in haar stamp. My piel pomp kokende kom diep in haar brandende-oond. Instinktief verstaan haar lyf my lyf se oerbehoefte om te verstyf. Met haar vingers dryf sy haarself na ‘n laaste orgasmiese verrukking terwyl die spiere rondom my uretra vir oulaas spasties saamtrek.
Totaal uitgewoed val Desiree op my bors neer. Ek hou haar vas terwyl die nagloed van haar passie uit haar vloei.
Na ‘n heerlike stort en ontbyt ontmoet ons Mohammed vir ons dag se besigtiging. Die dag verloop sonder enige voorvalle met ons gids wat toesien dat ek en Desiree nie die kulturele reëls oortreë nie. Ons verwonder ons aan die prag en praal waarmee die geboue versier is. Die mensgemaakte palm-eiland met die miljoen-dollar huise waar die super-rykes woon. Ons is bevoorreg om in die Burj Khalifa gebou op die honderd- agt-en-veertigste vloer te staan terwyl die son asemrowend oor die woestyn ondergaan.
Desiree vra Mohammed om vir ons sy gunsteling straatkosgereg te koop terwyl ons terug ry hotel toe.
Wanneer die hoteldeur agter ons toeknip gryp ek Desiree en trek haar gewillige liggaam teen my vas. Ek verduidelik dat ek die hele dag uitgesien het na die geleentheid. Desiree vra om te gaan stort.
Ek sit op die toilet en kyk na haar naakte liggaam terwyl die warm water die glasdeur opstoom. Wanneer sy klaar is trek haar vinger ‘n hartjie teen die glas met ‘n skewe Cupido pyl en die geskribbel B luv D.
Wanneer ek die handdoek vir haar aangee oorweldig my wellus my en ek druk haar in die rigting van die vensters wat oor die stadliggies uitkyk. Ek druk haar oor die gemakstoel se rugleuning. My stywe piel gly sommerso deur my broek se gulp in haar in. Ek begin in haar stamp. Na ‘n rukkie trek ek uit en trek my broek en hemp uit. Desiree het nie opgestaan toe ek agter haar wegtreë nie. Sy het geamuseerd oor haar skouer na my gelê en kyk. Wanneer my swaard reguit na haar skede mik skud sy verleidelik haar boude. Sy kreun haar genoegdoening wanneer my piel sonder hulp die teiken vind en bal diepte in haar poesie wegsak. In die weerkaatsing van die glas sien ons onsself met die stads-liggies wat kilometers voor ons flikker. In en uit! Druk vir druk! Stamp vir stamp ontmoet haar boude my. In ekstase stort ek elke druppel lus diep binne haar. Later kom Desiree. Nog later kom ons saam.
Uitgeput en tevrede raak ons in mekaar se arms aan die slaap.
Vroeg die volgende oggend eet ons ontbyt op die balkon. Die son kom oor die horison op. Veertig verdiepings onder ons ontwaak die stad.
Mohammed sal ons ontmoet om ons na die stasie te neem vanwaar ons bus vertrek om ons na Egipte te neem. Die portier klop saggies aan die deur om ons bagasie te haal. Vir oulaas lei ek Desiree na die bank en gaan agter haar staan. Haar hare ruik vars wanneer ek haar teen my trek. Die tikkie parfuum wat om haar sweef bedwelm my. Ons kyk uit oor die stad. Ek soen haar op haar kop. ‘n Liefde-danksê vir die voorreg om hierdie ervaring met haar te deel. Met ‘n laaste blik oor die stad en geboue draai ons om en stap by die deur uit.
Die portuur wag vir ons by die hysbak.
(Lees volgende episode HIER)
7 COMMENTS
Weer eens Meesterlik .. kan net saam met Wille Will stem
Buiten my terugvoer het ek vergeet om Annelise te bedank en te komplimenteer vir ‘n “ereksie bevorderende foto (grrrr!) wat hierdie storie perfek komplimenteer ♥
Dit is baie waar. Besonderse foto…
Ek het net ‘n appeltjie te skil met die baie onnadenkende ‘editor’ van die foto wat die helfte ‘uitgekrop’ het.
Terwyl ek vir ons Madam dankiesê – ‘n spesiale vermelding vir haar uitstekende vermoë om my geskribbel leesbaar en ‘lekker’ te maak. Jy het dit gemaak. Dankie
“Is jy seksueel gefrustreerd”
“Is jy seksueel gefrustreerd”
Ek dink JouBok skryf met goue ink want elke stukkie skryfwerk van hom word ‘n stafie GOUD !☺
Sy vakmanskap is onberispelik: Sintaks, taalkennis, spelling, grammatika ens.
Sy aanbieding is lesers vriendelik: Lekker loslit maar behou ‘n spannings lyn.
Hy is kreatief: Die kleinste detail word nonchalant ingevoeg wat die milieu pragtig inkleur en die verhaal visueel maak asof deur ‘n video lens en nie woorde op ‘n PC skerm nie. Pragtige vergelykings & stellings viz “wat my aantrek van hierdie vrou is die gawe van haar lyf – wat my gevange hou is wat in haar kop aangaan”
Daarby bou hy ‘n spanning op met Melanie en homself se voorspel voordat hy by die coup d’ ètat van hy en Desiree se vuurspel loslaat/
Dankie, JouBok – ‘n merkwaardige stuk leesgenot waarvoor ek opvallend nie kan wag om te vervolg nie!
ns. Lees & kommentaar gerus ook weer op sy vorige ode aan ‘n minnares getitel
Wille Will. Niemand gaan my glo as ek sê dat ek jou nie betaal het vir die besonderse terugvoer nie. 🙂
Dankie hiervoor.
Die belangrikste is dat jy en die ander lesers die storie(s) geniet. Hierdie was ‘n baie lekker storie om te skryf.