Die Gemmerkat en die Chopperpilot
deur Ramkat Erasmus
Sy word wakker en is vir ‘n paar oomblikke nie seker waar sy is nie. Dan onthou sy. Op die dakbalk onder die grasdak sit ‘n geitjie vir haar en kyk. Dan skielik beweeg hy blitsvinnig oor die balk na ‘n gat in die muur en verdwyn.
Sy kyk stadig na haar linkerkant toe. Hy slaap, met sy mond effens oop, sy grys stoppelbaard langer as wat sy onthou. Sy trek die laken versigtig van haar af en sit regop. Dan swaai sy haar voete van die bed af en staan op. Sy loop na die badkamer toe en druk die deur agter haar toe.
Sy klim in die stort en wag dat die warm water die muwwigheid uit haar kop spoel. Sy was die taaiheid tussen haar bene sorgvuldig en druk haar vingers tussen haar lippies in om seker te maak sy is skoon. Sy onthou die gevoel van hom binne in haar. Sy piel is dik. Cokeblikdik, soos sy daarvan hou. Dit gee haar ‘n gevoel van volwees. Dit laat haar vinniger kom.
Hy’t by haar restaurant ingestap en ‘n alkoholvrye bier gedrink. Sy lenige lyf het haar dadelik opgeval. Die welige bos swart-en-gryswordende hare en sy grou oë het haar ook welgeval. Sy hande groot, sterk.
Hy’t ‘n verslete denimbroek gedra, met ‘n hemp waarop daar allerhande logo’s van vliegtuie en vliegmaatskappye aangebring is.
Hy’s ‘n helikoptervlieënier het hy vertel. Doen meesal anti-renosterstroop werk. Na nog ‘n bier het hy gevra of sy dalk wil gaan saamvlieg. Sy’t nog altyd van helikopters gehou en het ja gesê. Hy noem toe dat hy ‘n pakkie Skukuza toe moet vat, en as sy kan, kan hulle sommer nou vlieg.
Sy lag toe en verduidelik dat sy ‘n restaurant het om te bedryf en dat sy reeds verskeie besprekings het. Toe nooi hy haar om die volgende oggend vroeg saam te vlieg om die sonsopkoms uit die chopper te sien. Afgespreek.
Die volgende oggend het sy warm aangetrek. Leerbaadjie, wolhemp, leerbroek, serp, handskoene en ‘n kadotjie om haar weerbarstige rooi hare in toom te hou.
Toe haar Landy by die vliegloods stop het hy uitgestap gekom en haar met ‘n brëe glimlag verwelkom. Haar sommer ook ‘n terloopse soen op die mond gegee.
Toe’t hy haar na die kleinste helikoptertjie toe gevat, die deur oopgemaak en haar ingehelp. Hy’t haar gehelp om die sitplekgordel vasgemaak te kry en toe omgeloop na die ander kant toe, waar hy behendig ingeklim en sy gordel vasgemaak het. Hy’t vir haar ‘n stel oorfone gegee wat sy oor haar kop gesit het, en toe het hy onverstaanbare goed gesê vir iemand aan die anderkant van die lyn. Hy’t vorentoe gebuk en knoppies gedruk en toe begin die rotor bo hulle kop draai.
Hy’t die klein choppertjie eers ‘n ruk teen die aanloopbaan laat afgly en toe het hulle skielik al hoër en hoër begin beweeg. Toe hoor sy, sy stem in haar oorfone.
“Alles reg by jou?”
“Ja. Dis lekker,” het sy terug geantwoord.
“Kyk daai kant toe. Jy gaan nou die son sien,” het hy met sy linkerhand beduie. En ‘n minuut of wat later het die heldergeel son sy kop oor die horison gesteek.
Dit het haar asem weggeslaan. Die opkoms van die bosveldson was vir haar nog altyd spesiaal. Maar om dit so, hoog uit die lug uit te sien was regtig besonders. Hy’t nog ‘n rukkie na die opkomkende son toe gevlieg en toe het hy links gedraai en laer begin vlieg.
“Kyk daar!”
Sy’t gekyk na waar hy wys en die trop olifante gesien. Een of twee van hulle met hulle slurpe in die lug terwyl hulle die helikopter probeer verjaag. Hy’t verder gevlieg en nog diere uitgewys. ‘n Trop buffels, ‘n paar renosters, baie rooibokke en by ‘n watergat vier leeus.
Toe het hy weer iets onverstaanbaar vir iemand deur die mikrofoon gesê en ‘n rukkie later op ‘n oopte op ‘n koppie geland.
“Kom. Brekvis …” het hy gesê.
Hy’t ‘n klein luikie aan die kant van die choppertjie oopgemaak en begin om ‘n gasbraaier en ‘n koelboks uit te haal
Gou het hy spek, varkworsies, eiers en roosterbrood opgetower en toe ‘n fles met koffie uitgehaal. Hy’t vir haar ‘n verkyker gegee en sy kon die bosveldprag rondom hulle verken.
Na ete het hy alles teruggepak in die chopper se luik en haar weer ingehelp.
Twintig minute later land hulle weer by die dorpie se vliegveld en hy help haar uit.
“My bakkie word gediens. Sal jy omgee om my huis toe te vat?” het hy gevra na alles uitgelaai is.
“Natuurlik,” het sy gesê en aangestap na haar Landy toe.
Hulle het lekker gesels al die pad na sy huis toe, en toe hy uitklim het hy sy arms om haar gesit en haar weer op die mond gesoen. Sy stoppelbaard het bietjie gekrap, maar dit was vir haar lekker. Sy’s ‘n lang vrou, maar hy was net lank genoeg om te moes afbuk om haar te soen.
Toe die laaste gaste die aand die restaurant begin omtruim, lui haar foon. Dis hy.
“Onthou jy nog waar ek bly?” vra hy.
“Ja”
“Nou kom drink ‘n nightcap …”
Sy’t geglimlag en ingestem.
Sy huis is ‘n eenvertrek, grasdak, rondawel-tipe plek onder ‘n groot kremetart. Toe sy ingery kom loop hy by die voordeur uit.
Sy stop langs die boom en stap nader.
“My moer! Nou sien ek vir die eerste keer jou hare!”
Sy onthou dat sy die vorige dag ‘n doek om haar kop gehad het soos wat sy altyd in die restaurant dra en vanoggend die kadotjie. Haar hare is welig rooi en feitlik onbeheerbaar. Op laerskool al het sy die bynaam “Gemmerkat” gekry. Haar naam in Milaan, New York en London tydens haar modeldae was toe ook Ginger.
“Sorrie. Dit is wat dit is.”
“Ek is mal daaroor,” sê hy met ‘n glimlag. “Kom in …”
Sy plek is duidelik ‘n man se plek met hout en leermeubels, ‘n Groot TV en ‘n kroeg. Eenkant in die oopplanhuis in ‘n kombuisie, ‘n kroeg en ‘n trap wat na ‘n slaapvertrek lei. Sy kan ook ‘n deur op die verdieping sien wat vermoedelik na ‘n badkamer toe lei.
“Sit. Wat skink ek?”
“Het jy whiskey?”
“Ha. Het ek whiskey. Monkey Shoulder goed genoeg?”
Sy knik en hy gooi ‘n stewige dop in ‘n swaar kristalglas in.
Sy het die sterk, geurige vloeistof in haar keel laat afgly en vir hom gekyk oor die rand van die glas.
Defenitief haar tipe man.
Hulle het oor ‘n wye reeks onderwerpe gesels. Onder andere oor sy dae in die lugmag en haar tyd as model. Toe het hy opgestaan en ‘n boksie van ‘n rak afgehaal. Hy’t begin om ‘n sigaret te rol.
“Hoop nie jy gee om nie?”
Sy’t haar kop geskud. In haar modeldae het sy en haar vriendinne gereeld dagga gerook om die hongerpyne te verjaag.
Hy’t ‘n diep teug gevat en toe die sigaret vir haar gehou. Sy’t ook ‘n diep trek gevat en dit so lank as moontlik in haar longe gehou voor sy dit weer uitgeblaas het.
Na ‘n paar trekke het hy dit wat oor was doodgedruk in ‘n asbakkie en toe agteroor gelê in sy stoel.
“Dis nou fokken lekker …” het hy gesê.
Haar kop was deurmekaar, plesierig beneweld en rustig. Sy’t van haar stoel af gegly en na hom toe beweeg. Toe’t sy sy denim se gulp oopgeknoop, sy onderbroek afgetrek en sy voël uitgehaal. Hy was nog pap, maar na sy hom in haar mond geneem het, het dit nie lank gevat voor hy hard en dik in haar mond geword het nie.
Sy’t hom eers net gesuig en toe hy begin kreun het sy haar tong van bo na onder oor sy skag laat gly. Sy’t aan die sagte vleisies net bokant sy balle geknibbel, sy kanters in haar mond genaam en saggies gesuig., Toe weer na boontoe en sy, nou pers-geswelde, pielkop omvou. Terwyl sy hom lek en suig het sy haar hand teen sy skag laat op en af beweeg.
Hy’t diep gesug en haar mond vol geskiet. Sy’t gesluk en gesluk en toe verder gesuig tot sy seker was dat hy heeltemal leeg is.
Toe’t sy hom aan die hand opgetrek en teen die trap opgelei.
Sy’t hom eers uitgetrek en toe op die bed neergedruk. Toe’t sy vining van haar klere ontslae geraak. Sy’t sy piel vasgevat en hom gepluk tot hy weer styf was. Toe’t sy oor hom gaan sit en sy dik vleispaal in haar sopnat poesie ingedruk.
Sy’t stadig vorentoe en agtertoe begin beweeg en toe effens op en af. Die gevoel was intens. Sy het nooit as model seks gehad na sy dagga gerook het nie, en die benewelde lekker en lus van sy cokeblik in haar het haar vinnig orgasme na orgasme laat kry.
Toe hy uiteindelik weer kom het sy van hom afgerol, haar arms om hom gesit en aan die slaap geraak.
Iewers in die nag het sy wakker geword van sy tong op haar poesie en weer en weer gekom. Toe’t hy haar bene oopgedruk en haar ordentlik en hard genaai.
***
Die stort se water spoel oor haar en wat ‘n reinigings oomblik was word toe sommer gou-gou ‘n seksdaad.
Sy vryf haarself tot sy weer rukkend ‘n klimaks bereik.
Sy klim uit die die stort uit en droog af. Dan loop sy terug slaapkamer toe.
Haar chopper-pilot lê nou op sy rug, sy ereksie duidelik sigbaar onder die laken. Sy trek die laken af en buk oor hom. Sy onthou die eerste keer toe sy Sergei se piel gesuig het. Sy, die jong onskuldige meisie van die platteland in Suid-Afrika. Hy, die gesoute mode-fotograaf uit Praag. Hy’t haar gevolg, blomme gekoop, na die duurste en beste restaurante toe gevat en uiteindelik in sy bed ingepraat. Hy’t haar van haar maagdelikheid ontneem en haar toe geleer hoe om te naai. Sy eerste les was om haar so ver te kry om sy voël in haar mond te neem. Daarna het hy haar geleer hoe om te suig an al die ander dinge waarvan ‘n man hou.
Sy was verknog aan hom, maar toe ‘n nuwe, jonger, meer onskuldige meisie op die toneel verskyn het hy haar met ‘n glimlag laat val.
Die volgende paar mans in haar lewe was almal ryk, gesofistikeerd en aantreklik. En sy het hulle piele gesuig met al die kennis wat Sergei haar gegee het.
***
Terug in Suid-Afrika het sy met ‘n boerseun getrou. Dit het nie lank gehou nie, want na hy haar die eerste keer geslaan het, het sy hom met sy eie pistool weggejaag en ‘n saak teen hom gemaak.
Toe’t sy haar restaurant oopgemaak, dit die “Gemmerkat” genoem en rustig met haar eie lewe voortgegaan.
Die chopper pilot is die eerste man in drie jaar.
***
Sy ry hom en ry hom tot sy oë oopsper en hy met ‘n diep brul binne in haar kom.
Dan val sy vooroor en vind berusting in sy grys borshare en sy lyf.
5 COMMENTS
Die bors op die foto het my die storie weer laat lees…
Altwee items het weer my sinne opgewerk…lekker.
Ramkat werreens absoluut meesterlik.
Uiters sexy foto ook daarmee saam! Dankie Annelise♥
Hierdie girl weet wat sy wil hê. Sy’t die ondervinding en chutzpa om haar lewe te lei soos wat sy daarvan hou.
‘n Karaktertrek wat algemeen by mans voorkom maar hierdie een van ‘n vrou se kant was uiters vermaaklik.
Dankie Ramkat jou eie stempel daarop afgedruk en dit ‘n juweel gemaak~
O my word! Wens ek was n pilot.