Un hotel a Paris (‘n Hotel in Parys) 2/2
deur Saffie
Ek stap stadig deur die uitgang van Gard du Nord en draai links in een van die gure systrate wat die stasie omring. Ek haat die deel van my kuier. Ek’s net nooit op my gemak om poppers by ‘n agterstraat-handelaar te koop nie, maar die man is blykbaar die beste. Die transaksie word beklink met ‘n minimum woordewisseling. Hy glimlag vir my aksent en ek wou iets sê oor my Franse afkoms en taalgebruik, maar weerhou my met die gedagte in watter omgewing ek is. Ek druk die kapsules in die kantsak van my leertas en stap sonder ‘n woord verder.
Stiptelik om 19h30 arriveer ek voor ons hotel in die Pigalle distrik van Parys, bekend vir sy naglewe met klubs, kroeë en prostitute wat hul besigheid op straat bedryf. Dis nog lig buite en die bedompige somerweer laat my effens sweterig voel. Die hotel is ‘n agteraf plek in ‘n rowwe straat. Nie die soort waar ek en Arienne gewoonlik tuisgaan nie. Sy’t egter laat weet toe ek al op die trein was, dat vir vanaand wil sy ‘n slet wees. Sy wil haarself totaal aan my oorgee en kyk of sy die eerste keer in haar lewe deur manlike penetrasie ‘n klimaks kan bereik.
Reeds met die eerste smal trappies op na die derde vloer van die hotel kry ek die reuk van haar Clive Christian parfuum. In ‘n plek soos die, is die reuk van sulke duur parfuum baie prominent. Arienne hoor my opkom teen die krakerige trap en wag my in by die deur. Sy’s aangetrek in ‘n paar wit stywe jeans wat laag om haar heupe sit, haar heuwel duidelik prominent onder die kort gulp. Sy dra goue hoëhaksandale en ‘n goue belt om dit af te rond. Bo het sy ‘n skouerlose swart bloes aan wat styf om haar borste klem. Haar grimmering is swaar en haar lippe bloedrooi. Twee groot ronde oorringe raam haar nek en gesig.
Ek soen haar in die nek en fluister in haar oor dat sy soos ‘n slet lyk, maar ruik soos een van die dames van die paleis van Versailles. Ek sit my leersak langs die bed neer en met die omdraai omhels sy my en druk haar een knie tussen my bene en begin haarself haar skuur op my bobeen tot haar asem jaag. Sy lig my t-hemp op, trek die bloes oor haar borste af en druk haarself teen my vas. Haar asem snak toe ek my hande om haar sit en beide haar boude styf vasvat en haar hard nadertrek teen my. So lyk dit na byna drie maande se verwydering van mekaar.
Voordat ek haar kan soen, ruk sy weg en verduidelik dat sy iets vir ons gereël het. Daar’s ‘n ongemaklike spanning in my maag, toe sy my herinner dat ek die poppers moet saambring. Hand-aan-hand stap ons deur die agterstrate van Paris en eindig by wat lyk na ‘n klein restaurant. Die personeel ken vir Arienne en ons word gewink na ‘n tafel waarop daar reeds ‘n bottel sjampagne met twee glase staan.
Na ‘n paar glase sjampagne en ‘n ligte Franse slaai voel beide van ons heel ontspanne. Die gesprek raak meer intiem en Arienne skuif tot teenaan my en praat nader aan my gesig. Ek kan aanvoel dat beide van ons seksueel aangeskakel is en ‘n gevoel van afwagting hang in die lug. Nie lank nie of een van die kelners kom fluister in haar oor en met ‘n groot glimlag beduie Arienne ek moet haar volg. Ons stap deur ‘n deur wat duidelik “privaat” gemerk is en in ‘n klein donker gang met vier kamers aan weerskante. Arienne klop aan die eerste deur en ‘n swart vrou met ‘n kaalgeskeerde kop maak die deur eers op ‘n skrefie oop. Sy herken vir Arienne en die twee soen mekaar op die wang.
Ek voel hoe my hartklop versnel soos ons by die kamer instap. Wanneer sy die deur toemaak en sluit, sien ek die vrou die eerste keer in vollengte. Sy’s klein en petite gebou, soos Arienne en haar vel is pikswart. Sy’t donker oë en is naak, behalwe vir ‘n paar rooi hoëhakskoene en om haar heupe en bobene is ‘n swart leerharnas met ‘n rooi rubber dildo wat daarop gemonteer is. Die dildo lyk gevaarlik soos dit reguit voor haar uitstaan. Sy word voorgestel as Ann en sy verduidelik sy’s oorspronklik van die Ivoorkus. Haar tande vertoon spierwit toe sy glimlag, nadat ek haar op die wang gesoen het. Arienne oorhandig aan haar ‘n rol note en vra dat ek die poppers vir haar moet gee. Sy versoek dat ons beide van ons klere ontslae raak en beveel Arienne om op die kant van die bed te sit.
Sy maak Arienne se bene oop en gaan staan reg voor haar en druk die rooi dildo in haar mond en wink my nader. ‘n Anderwêreldse gevoel spoel oor my en ek voel op ‘n vreemde manier aangetrokke tot beide vrouens voor my. Die wellus druk my binneste vas soos ‘n onsigbare hand. Met die dat ek teen haar staan, druk sy haar pienk tong heeltemal in my mond en ek ruik en proe haar goedkoop parfuum en mondspoelmiddel. My kloppende ereksie pyn soos ek dit styf teen haar vasdruk.
Dit raak ‘n stadige aksie film waarin ek speel. Arrienne staan hande-vier-voet voor my op die bed en ons vorm ‘n mènage á trois waarin Arrienne my roggelend suig en Ann haar van agter met lang stote in haar anus met die rooi dildo penetreer. Soos die aksie driftiger word, prewel beide vrouens aanmoediginge in Frans. Arienne wil graag klimaks terwyl ek haar penetreer en vra my vervolgens om op my rug te lê. Sy kniel bo-op my en ek voel hoe my manlikheid deur ‘n ander hand in haar gedruk word. Sy hou my styf vas, haar kop langs my oor en sy fluister dat ek haar hard moet vat.
Ek stamp myself telke male harder en harder in haar. Toe hoor ek die eerste houe op haar kaal boude val. Ann het ‘n klein kort leerkarwats in haar hand en sy slaan eers liggies. Soos die houe harder word, voel ek hoe Arienne rukkend die pyn absorbeer en dit later in plesier verander. Sy dui aan dat sy reg is om te kom en Ann breek twee kapsules oop en hou dit onder ons neuse, sodat ons die poppers kan inasem. Die gesuis in my ore word harder.
Skielik kom die stadige aksie film tot stilstand en al wat ek sien is Arienne se betraande oë voor my en haar dowwe gille in my ore soos sy ‘n orgasme bereik. Ek voel die drukking in my testikels en spuit myself leeg binne haar lende. Toe word alles donker voor my.
Dis Saterdagoggend 11:30 en die trein trek stadig uit Gard du Nord. Voor my op die tafel staan ‘n yskou Stella Artois. Ek sit my oorfone in en skakel my iPod aan. Vanoggend is ek nie lus vir musiek van die puriste nie, want my gemoed is somber en my gedagtes maal om die gebeure van gisteraand. Met die eerste note van Whitesnake se “Ain’t no love in the heart of the city” vat ek ‘n lang teug aan my bier, kyk by die venster uit en begin glimlag.