Soet

deur Desiree

My lover is jonk en o, so soet.

Ons sit op sy bed in sy eenvertrek tuinwoonstel en drink bier en eet tjoklits. Buite is dit donker en koud. Hier binne flikker die lig soos die beelde op die TV teen die muur verander. Dit is hormoonwarm in die klein vertrek.

Hy breek vir my nog ‘n stukkie van die donker tjoklit af. Ek jaag dit met ‘n slukkie bier en onthou skielik die middernagfeeste wat ons gehad het toe ons klein was.

Daar was altyd iets om te eet en iets om te drink. Deur die dag het mens stilletjies die eetgoed uit jou ma se koskas gesteel, dit weggesteek en planne gemaak vir die skelm middernagtelike plesier. Die opwinding, geheimsinnigheid en ontoelaatbaarheid van alles was wat ‘n gewone blik perskes en glas melk iets spesiaal gemaak het.

Dis ‘n bittersoet herinnering – soos die bier en die tjoklits wat my lover vir my vanaand voer.

Ons gesels raak op omdat ons albei weet ons wil nie regtig nou praat nie.

Ek sit my bier op die tafel langs sy bed neer; draai terug na hom toe.

My lover is jonk en o, so soet.

Sy mond is heuning. My tong soek-soek-ondersoek sy lippe, tong, die binnekant van sy mond vir enige spoor van die bitteraalwyn wat jare se wrede woorde en sinisme kan deponeer, maar ek kry niks. Ek glimlag in sy oë en word sag teen hom.

In die TV-lig lyk sy rooi hemp amper swart. Ek trek sy hemp uit sy langbroek en gly my hand teen sy lyf op.

My lover is jonk en o, so soet.

Sy liggaam is soos ‘n leë bladsy van ‘n notaboek. Ek wil daarop skryf, honderde lyntjies daarop skribbel. Met die ink van ondervinding wil ek liefdesgedigte en gewaagde limerieke, vuil voorstelle en warm-sensuele ballades op sy lyf grafeer. Ek wil hom van die nou laat vergeet en vir ewig laat onthou.

Die bed is al deurmekaar soos ons oorhaastig van ons klere ontslae geraak en half binne en half buite die duvet tot beland het.

My lover is jonk en o, so soet.

Sy lang vingers wat eintlik instrumente moet bespeel speel oor my borste. Ek hou hom dop terwyl hy die pad wat sy hande volg dophou. Weereens soek ek vir iets … afkeur? Is hy nonchalant, blasé? Sy hande vou om my borste en hy mompel iets terwyl hy sy kop daaroor buig. Hy suig my tepel en ek voel hoe die warm stroop van sy mond af deur my lyf versprei.

Ek trek my vingers deur sy sagte hare en prewel sy naam. Natuurlik smaak sy naam so soet soos spookasem.

My lover is jonk en o, so soet.

En hy strooi sy suiker oor my lyf terwyl hy teen my afbeweeg. Hy is jonk-honger en jonk-gulsig. Sy klaviervingers neem my lyf oor. Sy tong, o sy tong … dit gly oor my naeltjie en dan laer en ek maak myself oop en dan vloei die vuurwarm molasse eers huiwerig, ondersoekend en dan met oorgawe tussen my bene in.

Die soet-soet meng met my eie soet as hy sy tong diep-diep in my opsteek.

“Jy smaak lekker, soet,” sê hy en ek glimlag saam oor sy ontdekking en woordkeuse en dan laat sak hy weer sy kop.

****

Hy lyk asof suiker nie in sy mond kan smelt nie, wanneer hy weer teen my lyf opskuur. My hart klop teen duisend myl per uur en my hele lyf is naalde en spelde. Sy mond en sy vingers het twee orgasmes uit my getoor en nou deel hy sy nuwe smaakervaring met my deur my diep en lank te soen. Vir so rukkie fluister ons hormoon-belaaide worde in mekaar se nat, warm monde terwyl ons lywe en hande die kole aan die gang hou.

My lover is jonk en o, so soet.

En ek het nog nie naastenby genoeg van hom gehad nie. Dit is tyd om my merk op daai leë bladsy van sy onthouboekie te maak.

Ek gly my been oor syne en kom regop sodat ek wydsbeen bo-op hom sit. My natheid is op sy maag en dan skuif ek af tot ek hom styf teen my poesie voel druk. Ek smeer my begeerte teen die lengte van sy skag op en af totdat hy begin kreun. Sy heupe wil oorneem by myne, maar ek laat dit nie toe nie.

Sy hande is weer op my lyf.

Maar ek soek nou eers sy lyf. Ek wil proe. Alles. Ek wil my lippe oor sy stoppelwang vee totdat my mond sensitief-seer is. Wil my eie vingerpad loop – oor sy skouers, teen die kant van sy lyf af. Ek wil sy tepels proe, dit regop laat staan. Ek wil my tong oor sy heup trek en af teen sy been. Ek wil sy voet soen. Ek doen al hierdie terwyl hy sy hande deur my hare te vleg, sy lyf oop en ontvanklik.

Van sy voet af beweeg ek weer met my mond teen sy ander been op tot ek uiteindelik tussen sy bene stop.

My lover is jonk en o, so soet.

‘n Druppeltjie nektar blink aan die voorpunt van sy penis. Ek weet reeds hoe dit gaan smaak. Eers lek ek die druppeltjie liggies-liggies af. En dan vat ek hom heeltemal in my mond. Hy kreun. Sy hande in my hare beweeg nou onwillekeurig. Ek suig hom diep in my mond in en proe die laaste onbekende stukkie van my liewe, soet lover. Soet, hy is soet, deur en deur.

En dan, om een of ander rede, wil ek hom net so bietjie corrupt. Want niemand kan vir altyd net soet bly nie. Hy is op die randjie van ontplof. Sal ek my warm poesie oor hom gly, met my hand klaarmaak?

Ek onthou sy woorde, eendag op ‘n veilige plek vertel waar niemand gedink het fantasie en werklikheid sal ooit ontmoet nie.

Dit vat net so ‘n paar bewegings. My borste is weerskante van sy penis wanneer hy kom. Sy orgame is geweldig en uitspattig en wonderlik. Hy is iewers tussen ekstase en pyn terwyl hy groot vla-spatsels oor my borste skiet.

Hy roep my naam en dan begin hy lag.

My lover is jonk en o, so soet.

Sy soet is taai en warm. Ek smeer dit oor my borste en lyf voor ek styf teen hom in sy arms gaan lê.

Ek dink ek is verslaaf aan suiker.

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

One thought on “Soet

  • November 8, 2014 at 11:11 am
    Permalink

    Baie insig! Daai bladsy (bladsye?) sal later onder sy skatte tel.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)