Black box

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

deur Whale

Ek kry haar agter in die vliegtuig, besig om ‘n tydskrif te lees. Behalwe vir die egalige gedreun van die enjins is dit doodstil in die vliegtuig – dit is after all drieuur in die oggend en ons is iewers oor die Atlantiese oseaan. Maar ek moes bietjie opstaan en bene rek. Anuschka is die senior lugwaardin op hierdie vlug en is vandat ons in Sydney opgestyg het al besig om met haar effense mollerigheid, stywe boobies en vol boude (beklemtoon deur die stywe broek van die uniform) my bloeddruk te beproef. Die soet reuk van haar parfuum hang om haar en sy kyk skuldig op toe sy my sien staan.

“Toemaar, dis okay, ek het eintlik net kom bedel vir iets koels om te drink, die lank sit maak mens maar dors.”

Fok, selfs vir myself klink dit maar lame, maar dit is nou uit en ek moet maar daarmee deal. Sy glimlag, staan op en draai na die rak agter haar, buk af en grou in een van die trollies vir koeldrank. My oë het ‘n mind van hulle eie as hulle na haar agterstewe staar waar die lyne van ‘n vol panty effens sigbaar is in die flou lig. Ek sluk, dankbaar vir die skemerdonker en my swart broek wat my horing bietjie minder sigbaar maak.

Die blikkie koeldrank val en sy spring effens verskrik terug, haar hemelse boude skielik vol en ferm teen die knop in my broek. Sy gee ‘n klein gilletjie en kom skielik regop, rooi in die gesig en baie verleë.

“Ek is jammer, die blikkie…” probeer sy verduidelik terwyl ek knik soos ‘n swaap en probeer om ‘n grap uit te dink om die situasie te ontlont. Daar kom egter niks sinvols in my kop bymekaar nie. Ek mompel ‘n dankie en val amper oor my eie voete as ek weer die gangetjie afstap terug na my sitplek toe. ‘Fokkit, dit kom nou van jagsheid,’ trap ek myself binnensmonds uit. Want ek het met rede na haar gaan soek, by die vier ander lugwaardinne verbygestap wat die voorkant en middel van die 747 bedien. En nou is ek die een wat soos ‘n aap daar weg is. Maar terwyl ek my sitplek inneem, versigtig om nie die grapetizer op my wit hemp te mors nie, voel ek weer die sagtheid van haar agterstewe teen my meneer. Ek sug en kyk by die venster uit na die swart dieptes van die oseaan daar ver onder.

-0-

Drie ure later en twee ure voor ons in Johannesburg moet land kry ek haar weer agter in die vliegtuig, besig om die ontbyt voor te berei. Die son behoort binne die volgende 20 minute te begin opkom en die slapendes ontwaak. Hier en daar sit iemand reeds regop en ek sukkel om my lag te hou vir party van die verdwaasde uitdrukkings op die gesigte van dié wat pas wakker geword het. Iewers huil ‘n baba en verder aan hoes ‘n man. Maar ek hoor dit skaars, want ek is hier op grond van ‘n nota wat op die skryfblokkies wat in besigheidsklas uitgedeel word geskribbel is. ‘Kry my op dieselfde plek 20 minute voor die ontbyt’ staan daar in ‘n fyn handskrif, met slegs die letter ‘A’ onderteken. Ek frommel die nota senuagtig, skielik nie seker wat om te verwag nie, want vir die afgelope drie ure na ons gesprek in die kombuisie is haar liggaam en vroulikheid al waaraan ek kan dink. Sy kom uit die kombuis, glimlag as sy my sien.

“Kom saam,” is al wat sy sê voordat sy my aan die hand vat en dieper in die stert van die vliegtuig instap. Ek ken die deel van die vliegtuig, klein kompartemente vir die bemanning om in te rus is hier ingerig. Ek sluk, nie seker van haar plan nie, maar sy lei my selfs verby hierdie gedeelte.

“Kom ek gaan wys jou die black box,” bied sy skalks aan, haar stem skaars hoorbaar en baie suggestief bo die geraas hier agter in die stert waar al die vlugopnemers (of Black Box) gemonteer is. Behalwe vir ‘n flou liggie op die grond wat mens aan ‘n woonstel in Hillbrow herinner, is dit donker hier agter. Sy swaai skielik om, en vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde flits haar blou oë donker en sensueeel voordat sy hard teen my kom staan en haar onderlyf so te sê in myne inboor. Ek snak na asem en, vir ‘n derde keer op hierdie vlug, sukkel ek om genoeg woorde bymekaar te maak om ‘n sin te vorm.

“Ek het vroeër gevoel jy hou van my,” fluister sy in my oor voordat sy saggies daaraan knibbel. Ek snak weer, die geklop in my lendene nou ‘n duidelike tinteling wat aandui my horing is besig om te groei. Sy vryf daaroor, giggel skalks en vat dit vas.

-0-

Ek is benoud, jags, opgewonde en skaam terselfdertyd. Ek kyk af na die donker hare wat om Anuschka se gesig vou terwyl sy met die helfte van my voël in haar mond staan. Die geraas van die vliegtuig demp die slurpgeluide terwyl sy my voëlkop bewerk en ek het moeite om my bene reguit te hou, my knieë dreig kort-kort om te knak. Ek weet waarmee ons nou besig is is om meer as een rede taboe, maar die dwelm van haar mond op my manlikheid oorweldig alle rasionele denke.

Sy kom regop, maak haar broek se knippie los en staan en wag vir my. Die laaste bietjie selfbeheersing en beswaar in my verdwyn soos mis voor die son en ek druk my hand in die wit panty in, vat die welige bos hare effens hardhandig vas en kry hoendervleis vir die sensasionele snak wat uit haar keel ontsnap. My vingers vind dadelik die spleet, waar die nat soos warm heuning drup en ek druk drie vingers daarin. Sy kreun genotvol en ek is seker daarvan hulle kan dit tot bo in besigheidsklas hoor. Terwyl ek met my duim oor haar klitoris streel en my vingers stadig in haar beweeg, vat sy my skag vas en gee dit ‘n paar verwoed-jagse plukke. Dit is die strooi wat die kameel se rug breek en skielik is ek weer ‘n Neandertal … ek swaai haar om, buig haar vooroor en penetreer haar van agter af. Ek hoor haar kreun en begin haar met die oer-ritme van ‘n grotman ry. Ek hoor die klapgeluide soos wat my sak teen haar nat lippies slaan en skaars ‘n minuut in die aksie in begin die welbekende krieweling in my eiers. Ek gee nog drie stampe en ontlaai dan al my jagsheid van die afgelope drie ure diep in daardie nat koekie met sy bos pikswart hare terwyl sy self met ‘n rou kreet kom. Haar knieë knak en ek vang haar net betyds. Dan maak ons skoon, trek aan en stap doodluiters terug na waar ons vandaan kom, skaars drie minute nadat sy my hierheen verlei het.

In die kombuis gee sy my ‘n piksoen.

“Dankie kaptein, sien jou netnou weer. O ja, wat wil jy eet vanaand?”

Ek glimlag.

“Net wat jy maak my vrou, jy weet ek hou van enige kos wat jy maak, veral daai black box van jou,” verwys ek na haar koekie met sy bos pikswart hare en stap terug na die stuurkajuit om te gaan voorberei vir die landing in Johannesburg.

2 thoughts on “Black box

  • Wille Will

    haha…die punchline was amper teleurstellend vir my !
    Maar nietemin ‘n lekker storie, dankie, Whale.

    Reply
  • Ramkat

    Lekker punchline…

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)