
Kombiekiehier en 2018
Liewe Kombiekiehierleser,
Ek kan nie glo dat ons alweer langs mekaar aan die einde van nog ‘n prikkelende en sensuele jaar staan nie. Hierdie was nogal ‘n besige jaar vir Kombiekiehier en ons syfers groei nog steeds maand na maand.
Die van julle wat oplettend is, sal sien dat die “menu” in Kombiekiehier sowel as Kombiekiehier Vreesloos so bietjie herrangskik is. Ek is nie seker of enige van julle ooit die menu gebruik om al die baie stories en artikels in die argief te gaan lees nie, maar as jy doen hoef jy nie bekommerd te wees dat iets weg is nie. Alles is net so bietjie beter gerangskik sodat die webwerwe bietjie skoner lyk. Kliek gerus op die verskillende opsies en kyk wat alles in die “drop-down menu’s” beskikbaar is.
Ek beplan om jou in Januarie so bietjie op ‘n toer deur die Kombiekiehiersfere te neeem, net om jou te herinner aan alles wat jy dalk nie raakgesien het nie.
Hierdie jaar het Kombiekiehier Vreesloos vlam begin vat. Vir die wat nie weet nie – Kombiekiehier Vreesloos is Kombiekiehier se wilde sussie. Daar is die stories so bietjie waaghalsiger, die foto’s meer eksplisiet en die video’s blouer.
Kombiekiehier het in 2018 baie nuwe erotiese skrywers gepubliseer terwyl die ou bekendes ook lesers laat aanhou hyg het. Ons het ‘n nuwe afdeling begin waar verskillende soorte kinks beskryf en verduidelik word. Die meeste van die kinks wat so in Kombiekiehier behandel word, word ook op Vreesloos bespreek, maar met minder kuise foto’s. 😉
Die kinky filosoof het ook deur die jaar kommentaar gelewer op seksuele kwessies in ons samelewing terwyl die week op albei die webwerwe gereeld met stomende video’s afgesluit is.
Die hoogtepunt van 2018 was natuurlik die toevoeging van Gemeenskap tot die Kombiekiehier-ruiker. Gemeenskap is Kombiekiehier se sosiale netwerk. Op Gemeenskap kan jy ‘n profiel opstel waarop jy selfs foto’s kan deel. Daar is opsies vir private boodskappe tussen Gemeenskap se lede sowel as ‘n chatfunksie wat ons Klitsklets noem. Gemeenskap word elke week so bietjie beter gemaak en daar kom ook stadig maar seker nuwe lede by. Dis gratis vir vroue – kontak my net by kombiekiehier@gmail.com met jou besonderhede dan maak ek dit vir jou oop.
Kombiekiehier se forum word ook op die sosiale netwerk gevind. Jy sal nie glo watter onderwerpe al bespreek is nie. Die stigterslede (eerste groep wat lede by Gemeenskap geword het) is die sexyste, oopste, mees bevryde, warm, nie-veroordelende, vriendelikste, aangename mense wat jy kan kry. Hulle het selfs al ‘n ontmoeting by ‘n swingersklub gehad wat almal (blykbaar) 😉 baie geniet het.
Dit was ‘n goeie jaar vir Kombiekiehier. Ons het die 5 miljoen “hits” merk oorgesteek en op Twitter het ons reeds amper 10 000 volgelinge wat elke dag dadelik weet wanneer iets nuuts op die werf gepubliseer word.
Kragonderbrekings
Die beurtkrag het ‘n invloed op Kombiekiehier en die ander webwerwe. Ek kan nie altyd “post” op die gewone tye wat ek sou nie en ek kan nie altyd probleme dadelik uitstryk of navrae beantwoord nie. Dis nie die ergste nie, want ek kom op die einde tog wel daarby uit.
Die onderbrekings het egter soms op ander maniere ‘n negatiewe invloed op die webwerwe. Krag wat so orals oor die land uitgaan en aangaan beinvloed goed wat die webwerf beinvloed. Dit beinvloed servers en hosts van die webwerf asook van jou internet. Dit beinvloed Telkom en selfoontorings. Dit het selfs ‘n slegte effek op jou rekenaar. In die week waarin ons elke dag beurtkrag gehad het, kon mens agterkom dat dit
‘n invloed het. Soms vat die webwerf baie lank om oop te maak, soms is hy vir ‘n rukkie skynbaar vir sommige mense nie beskikbaar nie, soms log dit jou uit. Ongelukkig het meeste van hierdie soort probleme niks met my direk te doen nie en kan ek dit nie regstel nie. Ek vra om verskoning daarvoor, maar moet net soos almal vir Eskom wag om ‘n stabiele kragnetwerk daar te stel sodat ons kan netwerk.
Baie dankie dat jy verstaan. Kontak my gerus met probleme. Op die minste kan ek saam met jou in spanning wag dat dit weer regkom.
Vakansie
Daar is gewoonlik heelwat minder lesers in Desember. So Kombiekiehier gaan ook so ‘n bietjie stiller word vir so twee en ‘n bietjie weke. Ek gaan iewers wees waar die sein nie baie betroubaar is nie.
Ek het al die lidmaatskappe by Gemeenskap en Vreesloos vir die wat aktief daar betrokke is, na 10 Januarie 2019 verleng sodat daar nie ‘n onderbreking in die toegang behoort te wees nie. Ek sal steeds kommentaar goedkeur en probleme oplos, maar dit gaan ongelukkig net baie, baie stadiger gebeur.
Baie dankie vir die jaar. Ek is so versot op Kombiekiehier se lesers. Julle is sexy en oopkop , nuuskierig en positief. Presies die soort mense wat iemand hulself mee sou wou omring. Baie van julle word na al die jare eintlik al vriende – met my en met mekaar.
Anders as baie van die ander toksiese sosiale netwerke is hierdie is ‘n gesonde, sensuele, volwasse en vrolike ruimte en dit is omdat die mense wat hier lees en deelneem dit so maak. Ek het weereens baie planne vir volgende jaar. (‘n Baie opwindende ene wat ‘n leser voorgestel het vir Gemeenskap as ek net kan uitfigure hoe om dit te doen. 😉 ) As ek elke dag, week, maand of jaar net een ding bietjie beter kan maak of kan toevoeg, sal die webwerf nie vervelig kan word nie.
Baie dankie vir jou ondersteuning, lojaliteit en aanmoediging deur die jaar. In 2019 maak ons weer so, met so paar vars cherries op die koek. 😉
Hoop jou feesseisoen is vol liefde en drukkies, warm lywe en diep soene. Ek wens vir jou ‘n nuwejaar vol verleiding en sensuele avonture toe – al kom kry jy al daardie net hier by my. 😉
Met lus en liefde..
Annelise
6 COMMENTS
Dit is verseker onse Annelise se pragtige Bate!
Fokkit om jags te wees is nie maklik nie!
Daai ge-“tan”de tiete moet asb. vir ons kom wys word. Bruin brood is gesonder as wit !
Geniet elke welverdiende minuut van jou vakansie, ons wag vir jou met liefde.
Annelise – hoe lui die engelse spreek woord nou weer – “If yiu have it flaunt it”.
Geniet jou vakansie, baie dankie wat jy vir ons doen en ek hoop jou “all over tan: is fabilooslik lekker.
en jy moet weet aan wie behoort daai boob ! !
En nou hoe dink hulle nou moet ons die stukkie nuus lees met so ‘n boob by die titel?
??