Voorspel (2)

11+
Hoe lank gaan ek lees: 7 minute

deur Jan Pielewiet

Taalversorg deur Lusman

(Lees eerste episode HIER)

My soektog na my volgende navorsingsbestemming is in volle erns aan die gang. Ek het Indië sterk oorweeg omdat die Kama Sutra en Tantriese seks daavandaan kom. Maar hierdie filosofieë en tegnieke gaan oor die seksdaad, meer as oor voorspel. Daar is wel ook die Taj Mahal wat ‘n liefdesgeskenk was, maar ek glo nie dit sal my veel help nie. Toe wonder ek oor Amsterdam se mense, maar weereens … meer gekoppelde seks as voorspel. Derhalwe het ek toe op Italië besluit weens die Italianers se bekendheid as die wêreld se beste minnaars. Vandaar natuurlik die beskrywende bynaam “Italian Stallion.” En wat kan nou meer romanties wees as om op ‘n gondel te vaar in Venesië; of pizza en pasta te eet in die land wat daarvoor bekend is dat hulle dit die lekkerste maak.

By dit alles is daar die stukkie nostalgie om te weet daar is ook ‘n bietjie Italiaanse bloed in my are – komende van ‘n Italianer wat na die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika agtergebly het. Hy het op my oupagrootjie se plaas as ‘n bouer gewerk en toe later met my ouma getrou.

My vlug na Italië was betreklik onstuimig en by aankoms het ek sommer direk ingeboek by my hotel en gaan slaap.

Ek het die oggend vroeg wakker geword en die dag begin deur na straatkafees wat al oop is te gaan soek. Almal, lyk dit my, slaap laat; die strate is nog stil. Ek gaan sit dus onder ‘n boom en kyk na die Skewe Toring van Pisa. Dit staan net so skeef soos my toring staan. Ek bepeins of ek weer so gelukkig gaan wees as om met die eerste probeerslag ‘n leermeesteres raak te loop. Daar draf ‘n paar mense verby, meeste alleen, maar ook een groot groep wat seker ‘n klub se lede is.

Teen 10-uur gaan eet ek ‘n brunch in die hotel, net voor die kombuis toemaak. Dan gaan verken ek weer my omgewing.

Daar is ‘n oulike kroegie twee blokke van my af wat adverteer dat daar die aand ‘n karaoke-kompetisie is. Ek besluit dit kan dalk ‘n goeie opsie wees om mense te ontmoet. Op die plein loop ek net toeriste raak en die paar stalletjies met snuisterye is so toegepak met kliënte dat ek geen geselsies met die Italianers wat daar werk kan aanknoop nie.

Laatmiddag gaan eet ek pizza by ‘n restaurant wat tipies lyk soos dié wat mens in rolprente sien. Daar is ronde tafels met rooi geruite tafeldoeke en regop stoeltjies wat daarby pas. Ek gaan terug na my hotel toe om te skyt, skeer en stort, voor ek na die karaoke-kroeg toe gaan.

Ek kry vir my ‘n sitplek halfpad tussen die kroeg en die verhoog, effens aan die agterkant. Dis sodat ek ‘n redelike oog oor alles kan hou. Die eerste deelnemer sing “Piano man” van Billy Joel. Ek neurie saam. Dan is daar so ‘n jong lat met lang hare wat met sy weergawe van “Tougher than the rest” ‘n klomp vrouens laat swymel en gil. Beslis gaan hy nie vanaand alleen slaap nie …

Dan klim daar ‘n paartjie op die verhoog wat ek in hulle laat twintigs skat. Die vrou lyk soos ‘n jong Sophia Loren en hy soos ‘n mafiabaas se bedorwe eendstert-seun. Hulle sing “In a moment like this” baie beter as wat Chanée & N’evergreen dit kon doen in die Eurovision-sangfees. Dis amper soos goed soos onse Jay en Lianie May se weergawe.

Hulle kry ‘n staande applous van die skare en nadat hulle beskeie buigings gemaak het, mik hulle by my verby om by die kroeg te kan uitkom. Ek kan sien die kroeg staan bankvas. Ek beduie hulle is welkom om aan my tafel te kom sit. Na ‘n vinnige onderlangse loer na mekaar maak hulle hulself tuis aan die oorkant van waar ek sit.

Na ons so vinnig gegroet het is die volgende paartjie op die verhoog. Ek sing saggies saam aan “Islands in the stream.” Na ‘n paar minder bekende liedjies en ‘n paar power pogings,  stap daar ‘n ouerige man op die verhoog en begin “The gambler” te sing. Ek probeer myself beheer, maar wie kan nie hard saamsing as sy gunstelinglied gesing word nie. Die man oorkant my stel toe voor dat ek ook gaan optree. Ek dog ek gaan hulle verras en vra toe vir Gè Korsten se “Liefling.” Die platejoggie vra dat ek dit neerskryf … en wragtig kry hy dit op die net en laai dit af. Toe ek in Afrikaans lostrek, sien ek paar koppe nuuskierig opkyk. Nadat hulle eers bietjie onseker was, word ek toegejuig dat die dak lig.

Terug by die tafel word ek oorval deur mense wat wou weet of ek Kevin Leo is. Hulle ken sy musiek en meer spesifiek “Lied van die lewe.” Nou is die ys gebreek en word ek as een van die groep aanvaar. Ek verduidelik toe aan my tafelgenote dat ek eintlik navorsing kom doen het oor voorspel en nuuskierig is oor hoe dit in Italië gedoen word. Ek sê dis omdat hulle een van die mees romantiese nasies ter wereld is.

“O, that is easy. It is all in the food and music,” word ek deur my tafelgenote meegedeel. Hulle sê ek moet die volgende aand by hulle aansluit vir kos en musiek. Hulle sal sorg dat ek genoeg materiaal het om mee huis toe te gaan.

Ons skop die volgende aand af met ‘n besoek aan die opera. Dit is in ‘n klein intieme teater waar ons almal aan tafels sit met pizzas op planke voor ons. Daar is rooiwyn in ons glase. Die stuk handel oor ‘n arm seun wat verlief is op ‘n ryk man se enigste dogter. Dit vertel hoe hy haar hart probeer wen en hoe die pa alles probeer doen om die twee te verhoed om bymekaar te wees. Die romantiese gebeure tokkel my hartsnare en ek moet ‘n traan wegpink as hulle uiteindelik voor die kansel staan.

Ek besef na die stuk dat ek ook moer jags is. My gasheer en sy vrou neem my na ‘n klein bistro vir nagereg en ‘n aandkelkie voor ons huiswaarts keer. Ek word genooi om ‘n nagsopie by hulle te geniet terwyl ons die aand bespreek. Alhoewel dit al amper middernag is, is ek nog wawyd wakker en baie nuuskierig.

In hul klein woonstelletjie word ek deur die vrou bedien met ‘n likeur. Dan gaan sit sy voor die man op die vloer tussen sy bene, met haar rug na hom. Sy been vou om haar sodat sy hak mooi in haar mik rus. Ek sien sy streel sy been. Die liefde en lus is dik in die lug.

Die man verduidelik in sy baritonstem dat die mens se sintuie ingestel is om sekere waarnemings op sekere maniere te vertolk. Die Italianers is passievolle mense wat voluit lewe. Goeie musiek en drank maak deel uit van enige funksie, baie soos vir ons Suid-Afrikaners. Die verskil is net dat hulle die opera en die liefde aan mekaar gekoppel het. Derhalwe maak die opera ander gevoelens by hulle wakker as wat ons dit ervaar. Die wyn kleur byvoorbeeld die lippe rooi, wat subtiel ‘n herinnering is aan die bloed wat na die vrou se ander lippe vloei en dit voorberei vir die oomblik van penetrasie. Om dit beter vir my te demonstreer, sit die man ‘n klassieke operastuk op.

Wanneer die klanke uit versteekte luidsprekers die vertrek vul, trek hy sy vrou op. Hy begin haar voor my liefkoos en saam wieg hulle op die maat van die musiek. Later word die musiek verander en dan begin die vrou ontklee. Met elke stuk wat waai word ek al hoe jagser. Die man laat my egter duidelik verstaan ek is slegs daar om waar te neem en nie om deel te neem nie. Ek knik instemmend.

Die man raak saam met die vrou ontslae van sy klere en dan staan twee perfek geskape mense voor my. Die man se horing staan teen ‘n 30 grade-hoek weg van sy maag en is ongeveer vyf en ‘n half duim lank skat ek – dus effens kort. Maar dis redelik groot in omtrek. Sy het die perfekte uurglaslyfie en haar natuurlike blas vel laat haar eksotiese voorkoms nog sexier lyk.

Die man begin sy minnares liefkoos deur haar saggies te soen en dan al teen haar hals af te beweeg. Hy talm in haar nek voor hy afbeweeg na haar bors. Ek probeer so onopsigtelik moontlik vir Klein-Jan deur my broek kielie, want ek is self al amper op fyndraai van die lus.

Die man draai die vrou om en dan soen hy haar agter haar ore, terwyl sy onderlyf teen haar volronde boudjies skuur. Haar hand reik na agter. Sy vat sy paal vas en laat dit deur haar mik druk sodat die kop net-net sigbaar is van voor af. Sy buig effens vooroor. Hy beweeg stadig vorentoe en agtertoe sodat die rand van sy pielkop haar klit kan streel. Ek kan sien hoe haar natheid oor sy erekte glans versprei. Dan sak sy verder vooroor sodat hy haar van agter kan penetreer.

Haar kop druk teen die bokant van ‘n poef voor haar. Haar pragtige tiete hang na onder sodat die nippels amper ook aan die poef raak. Die man is nog steeds besig om haar stadig te penetreer. As hy volkome in is, begin hy haar stadig te ry op die ritme van die musiek, wat nou sagte, sensuele klanke bevat. Duidelik geniet sy dit. Haar hand vind haar klit om dit veersag te kielie, todat sy naderhand hard en vining oor haar boontjie vryf. Sy los sagte gilletjies soos sy haar orgasme kry. Na nog ‘n paar diep, stadige stote haal hy sy voël uit en skiet sulke lang blertse oor haar rug.

Die vrou draai om en gaan sit op die poef. Sy neem hom in haar mond en suig sy piel skoon. Teen dié tyd voel dit my ek kan net daar in my broek kom, maar ek het mos belowe ek sal my gedra. Ek groet dus maar die twee en bedank hulle vir die insiggewende aand.

Net voor ek loop nooi hulle my om saam met hulle op ‘n gondelvaart te gaan. Dit is drie ure te trein na Venesië, waar haar ma woon. As ek dalk wou saamgaan, dan kan hulle my die stad wys. Natuurlik kan ek so ‘n uitnoding nie van die hand wys nie en aanvaar dit met graagte en grasie.

Terug by my hotel moet ek maar my lus in eie hande neem. Terwyl ek sagte agtergrondmusiek op die TV laat speel, melk ek myself op die maat van die musiek. Die stadige ritme veroorsaak dat ek nie vinniger gaan teen die einde nie. Die geleidelike maar ferme opbouing van my orgasme tot die laaste moment maak dat ek amper ‘n gat in die bed se kopstuk skiet toe ek uiteindelik ontplof. Dit was beslis een van my beter solo-sessies, sou ek sê.

Vroeg die volgende oggend ontmoet ek die egpaar en ons klim op die trein. Die drie en ‘n half ure treinrit na Venesië is ‘n ongelooflike ervaring. Hulle vertel my allerhande interessanthede en staaltjies van die plekke waarby ons verbyry. Op die plekke waar ons stilhou word daar vinnig bene gerek en ietsie vir die pad geneem voor ons verder ry. Ek het intussen agtergekom albei is in die toerismebedryf, vandaar hul wye kennis oor al die interessanthede wat hulle uitwys. Ek verkyk my aan die netjiese wingerde. Die vreedsame atmosfeer wat heers stem my diep gelukkig.

Op die stasie in Venesië word ons deur haar moeder ingewag. Sy is tipies wat ek myself voorgestel het – ‘n middeljarige Sophia Loren. Na ‘n heerlike naweek keer ons terug.

Alhoewel niks verder gebeur het wat betref die seksuele nie, het ek ontsettend baie geleer van die Italianers en hul familieverbintenisse.

Tuis is my opvolgboek, wat die invloed van klanke en kosse op menslike ingesteldheid teenoor seks het, weereens ‘n treffer. Ek is heimlik bitter bang die uitgewer vra weer ‘n opvolg.

Ek is al klaar bekommerd waarheen volgende. Rusland?, Spanje?, of Japan? Of dalk iewers anders? Hopelik sal die tyd leer.

11+

4 thoughts on “Voorspel (2)

  • Avatar
    Nov 23, 2019 at 1:45 pm
    Permalink

    Jy Mag maar geniet jou stories terdee

    Reply
  • Avatar
    Nov 18, 2019 at 11:18 pm
    Permalink

    Voorspel, voorspel, voorspel…
    Vandat julle opstaan, deur die dag met oproepe of boodskappe, ‘n soen of vat, deur die huiskom, saam kosmaak, skoonmaak, bad en dan bed toe.
    En as dit reg gespeel word, is die eerste orgasmes vergete teen die tyd wat die spel eindig…
    as dit eindig…

    Reply
  • Avatar
    Nov 15, 2019 at 12:45 pm
    Permalink

    Dankie Jan.
    Wat vir my opvallend is in beide episodes is dat albei deelnemers deel geneem het aan die voorspel.
    Daar word algemeen altyd stereo-tipies gebeeld dat die man die vrou moet “voorspeel” voordat die daad plaasvind.
    Maar die voorspel moet nog sterker as die daad self gespeel word waarna ‘n bevredigende klimaks vir albei die hoogtepunt is.
    Ek en van my seks maats het al baie teenoor mekaar herken dat die pre-coitus voorspel orgasme’tjies lekkerder was as die hoofaksie!
    Wie stem saam?

    Reply
    • Avatar
      Nov 17, 2019 at 7:09 am
      Permalink

      Will
      Ek kon dit nie beter bewoord het nie. Ek stem saam dat veralnin ons hoë druk, gejaagde lewens, voorspel vanaf beide kante noodsaaklik is vir albei.
      En hoe beter die voorspel hoe beter die orgasme natuurlik.
      Dankie vir jou inset,waardeer.

      Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)