Voorspel (3)
deur Jan Pielewiet
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Na slegs vyf weke van my boek oor my navorsing in Italië in die nommer-een-posisie, vra die uitgewer toe wel vir ‘n finale opvolg. Ek stres en begin lysies maak. Want hoe ewenaar ek die vorige twee boeke?
Die opsies wat ek oorweeg is Rusland, Spanje en Japan.
Wat Rusland betref, oorweeg ek die volgende: Die vooruitsig van vodka en hurkdanse is aanloklik. Die feit dat daar so ‘n ruk terug nogal redelike mediafokus was op die ingevoerde bruide uit Rusland het my baie geprikkel. Maar ek het nie kans gesien vir die Rooi Gevaar waarteen die skool ons gewaarsku het nie. En buitendien praat hulle ‘n Engels wat hulle self nie eens kan verstaan nie.
Spanje het ek oorweeg omdat dié land my laat dink aan aan die afrodisiakum wat as Spanish Fly bekend staan en wat, ten spyte van die bedenkinge van medici, seker die oudste sogenaamde lusmaker is wat daar op die mark is. Verder was daar die idee van Spaanse danseresse. Met hulle sensuele danse soos die flamenco en die tango en die kleurvolle rokke waarmee hulle so suggestief beweeg, het Spanje nogal aanloklik gelyk. Maar iets van die land skrik my af. Dalk is dit die vrees dat ek dit dalk so daar geniet dat ek nie wil terugkom nie. Ek kan nie my vinger daarop lê nie. Ek besluit om eerder verder te soek.
Japan het vir my uitgestaan as die land waar die vroue pragtig is as hulle jonk is, maar lelik as hulle oud is. Hierdie is my opinie. Ek het tot die gevolgtrekking gekom nadat ek ‘n paar besoeke aan webwerwe gebring het wat op die Oosterse nasies gemik is. My belangstelling is veral gewek deur ‘n video waarin 500 Japannese pare aan ‘n wêreldrekord-orgie deelgeneem het. Die hele poging is haarfyn beplan met almal wat alles dieselfde doen op presies dieselfde tyd. Hier teen fyndraai kon mens sien die manne en vroue begin meer oor hulle eie lekkerkry omgee, as oor ooreenstemming met die res van die groep. Dit het my laat dink ek soek spontaniteit en nie bevele oor wanneer ek wat moet doen nie. Verder het die Japannese seks-speletjies wat hulle op TV aanbied my ook baie lus gemaak vir die land. Maar my lus is sommer vinnig in die kiem gesmoor as ek dink aan die gebrek aan vleis daar.
Uiteindelik besluit ek toe op Australië. Alhoewel Australië geen hoë posisie in enige van die statistieke wys nie, teel hulle tog aan en groei die bevolking. Ek besluit toe om ondersoek in te stel na die rede: of hulle dalk ‘n geheim of ander versteekte plan het.
Hierdie keer gaan sit ek in Sydney in ‘n pub en besluit om eers bietjie die kat uit die boom te kyk. Daar kom toe ‘n man in wat op ‘n druppel na Crocodile Dundee lyk. Hy het ‘n leerbaadjie aan wat net-net sy bors toemaak. Sy gesig is vol plooie van die baie son en sy oë is ‘n dowwe grys. Hulle loer deur twee skrefies. Dit lyk asof hy sy lewe lank vir die son moes koes. Daar is ‘n hoed met krokodiltande op sy kop. Om sy nek hang nog ‘n paar tande, alles afgerond met ‘n denim wat amper te klein is. Dit beklemtoon die oorgroot knop voor in sy broek en laat hom net nog meer macho lyk. En natuurlik hang daar die lang Bowie-styl-mes aan sy sy …
Hy kom plak hom langs my neer op ‘n kroegstoeltjie waar ek langs die kroegtoonbank sit. Hy bestel gewone bier by die kroegmeisie. Ons groet beleef en som mekaar op. Ons drink ons glase omtrent gelyk leeg en ek bied aan om vir hom nog ‘n bier te koop. Teen dié tyd vind ons mekaar al redelik en die gesprek verloop ook sommer al lekker glad. Dis ons tipe mense, sou my ma sê. Ons bespreek die rugby en vat mekaar effens aan oor wie nou eintlik die Wêreldbeker verdien dié jaar.
Die kroegmeisie wat ons bedien staan nader. Toe sy vooroor leun om ons bestelling te kry, hang haar tietie swaar na onder. Haar borstegleuf verraai sy dra nie ‘n bra onder haar wit stywe T-hemp nie. Dit kan dalk net my verbeelding wees, maar ek sien donker kolle en net sulke effense bultjies waar die tepels moet wees. Die donkerrooi lipstiffie op haar lippe lok mens soos blomme ‘n heuningby lok. Dit skep verwagtinge van haar blom wat my ook lok en wat oop kelk vir my angel om haar te steek. Toe sy omdraai sien ek haar boude vul haar kort denimrompie mooi. Onder die soom steek die vroulike kurwes uit wat van ‘n gespierde bobeen na onder krom. Die toonbank verhoed dat ek die res sien, maar wat ek gesien het is genoeg om my verbeelding die res te laat volmaak.
My hande omsirkel haar van agter en ek brei haar tiete sodat die tepels orent beur. Sy leun terug en druk haar boude teen my vas. My hande sak en ek laat glip die rompie af. Toe dit los om haar bobene begin sit, laat val ek dit tot op die vloer. Haar swart G-string kom net so maklik los en as dit grond toe val, laat buig ek haar vooroor. Haar bors druk op die yskastoonbank. Ek laat my klipharde angel in haar blom wegsak. Dit is stroopsoet en nat en ek glip diep in. Ek hoor hoe sy kreun as ek haar nektar begin roer. Dan begin ek haar met lang, diep hale te steek. Die genot is beter as heerlik as ek haar nog ‘n keer raps.
“John, John,” hoor ek haar stem. Ek skrik uit my dagdroom wakker as my koue bier voor my neergesit word.
“Hey mate, where were your thoughts now? Seems like you were having a good one there … So tell me, what brings you to Australia?” vra Crocodile Dundee my. Op slag is ek nugter wakker geruk uit ‘n heerlike verbeeldingsvlug. Ek voel my onderbroek is nat waar die lus uitdrup. Maar dan verlep my angel as hy besef daar gaan nie nou aksie wees nie.
Weereens verduidelik ek die navorsingsprojek waarmee ek besig is en dat dit die rede is vir my besoek aan hulle land, naamlik om by hulle iets oor voorspel te leer. Ek verduidelik hierdie is my finale boek van die reeks en ek wil dit graag op ‘n hoë noot afsluit. Laastens vra ek hom wat hy kan bydra tot my navorsing.
“Oh. That’s easy mate.” Hy roep die kelnerin van my dagdromery nader.
“Hey Shirley, you wanna fuck?”
5 COMMENTS
Dit is meesterlik .. hou baie van storie lyn
Ek is mal oor hierdie storie se punch-line en hoe jy dit so andersom geskryf het Jan Pielewiet. 🙂
Absoluut
Dankie WilleWill.
Altyd goed om komplimente van n meester te ontvang. Ongelukkig is my uitgewer eers klaar met die reeks. Het darem nog n bydrae vir ons webmeesteres aangestuur.
En dankie aan Lusman wat die storie net so effens aangepas het om dit meer lesersvriedelik te maak.
O fôk nou moet jy jou uitmuntende storie onmiddellik voortsit ! ! ☺